Dom vraag.

Nou die dag gaan koop ek ‘n sak EPOL hondekos by Pick ‘n Pay en terwyl ek so
in die ry staan, vra ‘n vrou agter my of ek ‘n hond het.

Sommer aspris, sê ek vir haar: Nee, ek het nie ‘n hond nie – ek begin weer met die EPOL diëet.
Ek sien sy kyk my so snaaks aan, maar ek gaan aan:

“Eintlik weet ek dat ek nie weer op die diëet moet gaan nie, want laaskeer het ek in die hospitaal
beland – wakker geword in die intensiewe eenheid met pype wat uit elke
gaaitjie in my lyf kom . Maar ek het 22kg verloor en dit was die moeite
werd.”
Ek vertel haar dat die EPOL diëet eintlik volledig voedsaam is met al die
vitamienes en minerale wat mens nodig het. En dis so maklik!

Al wat jy doen is om jou broeksakke vol te maak met EPOL nuggets en jy eet een of twee
wanneer jy ookal honger voel.
Teen hierdie tyd luister al wat ‘n persoon is na my storie – veral die ou
wat agter die vrou staan.

Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal beland het van
voedselvergifting.

Ek antwoord toe: “Nee, ek het in die straat gesit en my gat lek, toe ‘n
kar my raakry!”

PS: E-pos se dinge die.

Sal jy kan?

Kyk, ek ken van in die mall wees en jou magie besluit dis tyd. Of dis op die bus, nog erger! Nou toe sien ek die blink toilet, en ek wonder hoe gemaklik sal ek wees as ‘n Antie aan die buitekant kom staan en lipstick aansit terwyl ek kluite druk….

Lyk vreeslik mooi en skoon. Modern ook.

Dis net ek sal worry iemand sien iets…..

Flintie se “Pool Party Flop” Deel 3

So daar sit ek toe nou, tjoepie  in die een hand, wynbottel in die ander. Hare ‘n “mess”, want Biker Chicks trek hare. Gmph, at least mine is real, daar sit nog  ’n stuk van die een se “weave” in my boot vas.

Bloed stroom oor my gesig, ek het opgehou om dit te probeer keer. En waaroor ek die meeste upset is op daardie oomblik is die feit dat ek nou moet loop vertel straight VROUENS het my gedonner.

Die gay- wêreld sal frons. Ek sal sleg wees. So ek besluit toe maar om dit alles ‘n geheim te hou.

Dis natuurlik makliker gesê as gedoen met vier steke op jou voorkop.

Dis toe ook net my geluk dat die intern wat na my moet omsien by die hospitaal ‘n gillende hasie is, en ek ken hom. Die pelmet het losgekom vertel ek hom.

Hy frons en las my oogbank weer aanmekaar met gut en ‘n breinaald.

Die Baarde is ook nou weer reg, en nou wil ons gaan wonde lek. Die probleem is geen mens wil met ‘n dik, blou oog iewers instap nie. Baard no.2 onthou van ‘n theme party, en ons almal kry koers daarna toe.

Die aand was op die ou einde ‘n sukses. Maar daar was ‘n les om daaruit te leer…

Respek gaan beide kante toe. Jy as gay persoon kan nie verwag dat ‘n straight persoon jou moet respekteer as jy nie sy oortuigings respekteer nie. Niemand hou daarvan om kak vertel te word nie, maak nie saak of jy man/vrou of “confused” is nie.

Noem hulle “breeders”, en jy GAAN ‘n “moffie” genoem word. Noem ‘m girl vet, en sy gaan jou klap dat jou tande by jou alie uit “march”

Respek is die een ding wat ons almal sal leer om in harmonie saam  te leef.

Flintie se dieretuin.

Ok, julle wen. Ek is van “nie eintlik ‘n kat mens nie” tot die eienaar van twee in minder as twee weke. Ja, die een wat self hier aangekom het word nou Thabo genoem. Hy is weg op loop vrou soek. Ek hoor die katte snags, en ek voel trots om te weet my kat sien om na die buurt se dames se belange. Ek verwag hom nou enige dag hier instrompel. Die vorige eienaars sê hy doen dit. Loop net weg vir ‘n week. Ek weet van beter. My ma het my vertel van blommetjies en bytjies, en die is gin wegloop nie. Dis sy huis die.

So nou kom hier vandag toe nog ‘n kat aan. Haar naam  is Lisa, en sy kom van Johannesburg af.  Skoonouers bel vanoggend uit Jozi uit om te vra of ons die kat soek. Ek is nou nie mooi seker waar die kat vandaan kom nie. Dis of van ons aangetroude famile af, of die woonstelblok waar hulle bly af. Dit was ‘n ja voordat hulle die foon kon neersit. As iemand ‘n dier wil weg gee, gaan hulle begin lelik raak met hom want hulle soek hom nie meer nie.  So nou staan die telling as volg.

1 x Aap. (Gogga)

1 x Vis (Kat)

3 x Honde (Thandi, Vodoo, Cindy)

2 x Katte (Thabo, Lisa)

Tog loop soek ons nie die diere nie. Hulle kom almal met hulle eie storie hier aan. Snaaks hoe hulle weet dat jy hulle nie gaan verjaag nie. Hulle is binne minute tuis, en vol ge-eet, en uitgekam.

Hehehehe. Flintie is mos nie eintlik ‘n kat mens nie…

Demoerin se Birfdai Gift.

Ek glo in praktiese geskenke, mens kan net met soveel badsout in jou badkamer sit voordat jy begin sug as die nuwes aankom. Maak nie saak hoe fraai dit toegedraai is in gekleurde plastic, en linte nie.

So demoerin, tjomma, hier is jou gift vir jou verjaarsdag van 30.7018 + 14% BTW

Lekker eet!

So, tjomma, ek hoop jy kry die een klaar ge-eet voor jou volgende verjaarsdag!!

Hêppiê Hêppiê!!!

Flintie se “Pool Party Flop” Deel 2

Heya julle, ek moes in drafts bêre toe “publish” ek en sien dit eers vanoggend toe die comments al hier begin het. So hier gaan die storie aan. Die eerste deel kan jy hier lees.

“Watse swembad?” vra Baard no. 1.

“Erm, pool party?” dinge maak nou nie meer sin nie. Ek begin dink ek het te veel weed gerook by skool sokkies of iets. Ek kon sweer ons het party by ‘n swembad.

“Pool soos in die tafel en balle my bra” sê Baard no.2.

“Hoekom het julle nie so gesê nie?” vra ek. “Wat gaan ek doen met ‘n strandsak in ‘n bikersbar, en fokken weet jy wat ek aanhet?”

Visions van bloed en haat geweld speel voor my af. Ek sien hoe ou ooms wat pruim en spoeg my “oogle”, en jong manne hulle moue oprol. In my geestesoog speel my dood voor my af.

“Kom van simpel probeer wees” dink ek so by myself. Wil mos konsert hou, en op daardie oomblik sou dit beter gewees het as ek  maar  net ‘n PT swembroek aan getrek het.

Nog nooit het ek so gewens ek het nie hare gehad soos daardie dag nie. Ek vat my sak, druk ‘n ekstra bottel wyn in hom, en maak reg om gallows toe te stap. Hier word ek vandag gedonner soos daardie dag in Pretoria Wes.

“Jy trek nog altyd vreemd aan” antwoord die Baarde.

“Ek gaan gedonner word” sê ek.

Hulle lag.

“En die wyn in jou sak?” vra een van die Baarde.

“Mens weet nooit” sê ek. “Hopelik stop hulle my by die ingang”

Ek klim toe maar uit die kar uit. Haal diep asem, en bekyk die klomp wat my nou ook aanstaar.

“Hoekom kuier bikers BUITE die club?” wonder ek.

“Wat de fok is dit?” hoor ek iemand sê.

Nou julle ken my, as die moer begin pluk hou die brein op met werk.

Flintie klim in sy handsak, en “Sister Porn Again” klim uit. Sy is ‘n bitch, en ‘n kommen platvloerse teef. Sout van die aarde.

Ek draai om en kyk na die poephol wat die blinkse uitspraak van sy lewe sopas gelewer het.

Hy kyk na my, en stamp so aan sy vriend se skouer.

“Dis ‘n fairy” sê hy, en almal lag soos net ‘n klomp blankes vir Julius Malema kan lag.

“Ekskuus?” vra ek.

“Jy het gehoor” sê hy.

Die Baarde staan nou langs my.

“Jou moer man, ek lyk beter as jou dikgat cherrie” sê ek en gooi my mooiste glimlag.

Toe bliksem hulle vir my, met my twee Baarde en al.

Dit sou nie so erg gewees het as dit die ouens was nie, maar dit was die chicks wat my dik geskop het…

Flintie se “Pool Party Flop”

Ja, glo dit of nie. Soos enige ander girl daarbuite was ek nooit die verleentheid gespaar nie. Jy sien, dit gebeur as jy in ‘n wêreld rond beweeg wat bestaan uit vriendinne, dragqueens, “wigs” en make-up.

Ek was so 19, ‘n fyn ou dingetjie, as ek nog een maagvirus gehad het sou ek sekerlik ‘n stok gewees het. Hare in ‘n “chinese-bob”, en geklad in “fake-leather” en “fake-fur”. Knee high boots. Sjoe broekie. Die hare was omtrent al wat eg aan myself was, maar daar het jy dit. Lyk soos iets uit ‘n horror fliek, maar dis Flintie op pad na ‘n “pool  party.”

Kyk, daar is nie ‘n manier wat ek in ‘n swembroek gaan verskyn voor ‘n spul mense nie. Ek gaan om konsert te hou. Iemand moet ander se kak uitsorteer, en dis gewoonlik ek.

Het ek al aan julle genoem dat ek ‘n tiener met issues was?

Anyway, daar mince ek in by die garage winkel, gewapen met twee lesbeens, en die hulp van ‘n paar bottels wyn vroeer die aand. Dis mos normaal om wyn te drink terwyl jy aantrek vir ‘n makietie, of is dit nou weer net ek? Ek kom by die toonbank.

“Yes, ma’am, what can I get you?” Vra die oukie agter die toonbank, Smile met tanne wat jy net in Afrika sal sien. Dis werklik iets besonders. Amper soos ‘n grondpad.

Niemand antwoord nie. Hoekom nie? Die dag as ‘n butch antwoord op “Ma’am”, moet dit of “roll-play” wees, of ‘n gewapende roof. nou kyk ons maar vir mekaar, en ek voel so hier in my nek dat hier ‘n ding kom.

“Gunston 20, and a redbull please” sê ek in my man stem. Fok, ek rook nie eers Gunston nie.

“Joh” sê Tanne. Ogies groot. Daai “look” so eg aan ons “heritage”.

Ek vat my siggies, ruk vir *Cindy* uit die handsak, en daar gooi ek my strut. Die vriendinne agterna.

Terug in die kar, speel die musiek, dinge gaan goed. Ek rook maar Gunston en voel hoe die plooie oor my gesig verdiep met elke teug. Borshare skiet uit in klossies.

Tot op my voorkop.

Net voor my linker long platval, stop die kar. Ons is in Sunnyside.

:shock:   Watdefok …

“Hoekom stop ons” vra ek en tel my Donald Duck Tjoepie op wat afgerol het met die skielik stop. Die kar ruik na die see omdat my sak onlangs nog daar was.

“Ons is hier”  sê Baard 1.

“Het jy die stokke onthou?” vra Baard 2

“Huh?” vra ek en kyk so skerp regs. Dis Vests, en Bikes, en girls met groot boobs. Dis bierblikke in die hand, op die grond even tussen van die boobs.

“Waar’s die swembad?” vra ek.

Women drivers – Uit die boks

Ek kry die vanoggend in die inbox. Dit sê dis geskryf deur Nataniel, maar ons sal nou nie weet nie. Of sal ons?

Lekker lees!

Vanoggend terwyl ek (minding my own business-as men normally do) op die snelweg ry, kyk ek oor my skouer en sien ‘n vrou hier langs my … in ‘n splinternuwe Polo, met haar gesig tot teenaan die tru-spieëltjie gedruk, besig om maskara aan te sit.

Kan jy dit glo?
Ek het net vir ‘n paar sekondes weggekyk, maar toe ek my weer kon kry, is sy halfpad oor in my baan, nog steeds besig met haar blerrie maskara.

Nou kyk, as ‘n man skrik ek normaalweg nie maklik nie. Maar die vroumens het my so die horries gegee dat ek my elektriese skeermes uit my hand laat val het, wat op sy beurt die “Steak & Kidney pie” uit my ander hand laat glip het en ‘n gemors op die “gearlever” laat los het.
In die hele deurmekaarspul – terwyl ek die kar probeer stuur met my knieë -glip die selfoon toe weg van my oor, drop in die vuurwarm Wimpy koffie tussen my bene, verbrand vir grootseun en die tweeling dat ek gil van pyn en natuurlik my sigaret voor in my hemp laat val.

Die gevolg: my selfoon in sy moer, my broek papnat, my nasaat masjien uit aksie vir wie weet hoe lank, my beste hemp vol gate gebrand en ek het boonop ‘n belangrike oorsese oproep verloor.

Blerrie vroumens-bestuurders…………………

Man 2 Man.

As ek soms so na jou sit en kyk wonder ek hoekom jy juis vir my so lief het. Nog nooit hoef ek vir een oomblik in jou te getwyfel het nie. Jy is my rots, my sekuriteit teen die nare aanvalle wat die lewe soms na ‘n man se kant toe gooi. In storms wat om ons woed is dit net jou aanraking wat nodig is om my toe te vou in ‘n kombers van rustigheid.

Die lappieskombers (wat ons die lewe noem) wat ons deur die laaste paar jare saam geweef het, is kleurvol. Teksture wat wys waar ons grondpad gery het en die naalde nie mooi wou saamwerk nie. Waar die moere gepluk was, is die weefwerk dalk bietjie stywer, maar nooit was dit nodig om enige iets los te trek nie.

Jy is my hart.

As ek soggens sien hoe jy wakker word, en jou apie ogies begin te lag as jy my sien. Dan weet ek, jy is my “Toemaar-man”. Niks is ooit so erg dat jy jou staan verloor nie. Ek ry mal op die rug van emosies rond, en jy bring altyd vrede met die woorde: “Toemaar my ding, dit sal alles regkom” My buie, en die wiplank waarop ek dinge ervaar, een uiterste tot die ander, is vir jou net nog ‘n ou oulike ding omtrent my.

Jy lag vir my as dit nodig is, en ek sien dan hoe laf ek regtig is.

Ek het jou lief my man. Jy sê ‘n duisend woorde deur net na my te kyk. Ek het nog nooit alleen gevoel vandat ek jou ken nie. Jy is my hero. My “bosgod”  op wie se rug ek veilig ry deur die gevaarlike paaie waarop ons soms op eindig. Jy het nog nooit probeer om my te verander nie. Al is ek soms iets vreesliks.

Vandag toe jy moeg by die huis aankom, en ek bars in trane uit oor die @lantic storie, het jy net vir my gelag omdat ek al afskeid briewe skryf. Dis so tipies ek. Doen nou, dink later. Praat nou, sit netnou met die gemors. Skryf, en gee nie ‘n hel om nie. Jy verstaan dat die lewe te kort is vir doekies omdraai, en jy verstaan dat ek eendag eerder spyt sal wil wees oor ek iets gesê het, as wat ek dit nooit gesê het nie.

Jy is die een mens wat my waarlik ken.

Weet jy dat ek die grond aanbid waarop jy loop. Gaan slaap jy elke aan met die wete dat ek jou met my menswees wil dien? Dat ek nooit aan enige iemand anders wil behoort nie.

Dat ek jou liefhet met alles wat ek is?

Ek kan blywees vir ‘n lewensmaat soos jy my tjom. Jy is die maatstaf waaraan ek myself meet. Jou hart is goed, jou hart is groot.

My hart is joune.

Flintie sê totsiens.

Jammer hieroor, maar @lantic het my weer geslaan met ‘n rekening van oor die 3000.00. Ek kan dit nie meer bekostig nie. Dankie vir elke comment wat julle hier gelos het, en dankie dat ek so lekker kon lees daar by julle.

demoerin, keep the SOGS up boeta!

Antie Koeks, moerse drukkie vir jou.

Sonkind, jy bly die beste.

Girlvandiesuburbs, ek weet nie wat om te sê behalwe dat ek hoop alles werk vir jou mooi uit nie.

Griffel, jy is moer snaaks, en dankie vir jou inloer ook.

Nanuscka, hou aan blog. Jy skryf baie mooi, en dis lekker om te lees.

Weggie, dankie vir die inloer van tyd tot tyd.

boernig, vir jou gaan ek moerse baie mis.

dellie, *drukkie* (woorde is te min)

Andrew, jy en jou stervis, mooi loop tjomma.

Charms, keep it up girl.

Koeksister en die res, gaan julle ook goed.

Ek is nou te hartseer om te dink, as ek iemand vergeet het is ek jammer.

Tata julle,

Flintie

En toe word ons dronk…

Dis Maandag, dis tyd vir werk. Jy moet nie hier lees nie, jy moet jou sleutelbord  laat sing onder syfers en jou brood in die sweet van jou aangesig verdien. Jy moet vir jou baas smile, en hom ‘n moerse pit in jou mind’s eye druk. En as jy die baas is , wel, sorry hey.

Anyway….

Hier moes ek nou ‘n pose kon gooi, en my “Patrica Lewis haarskud” ding gedoen het, want die hemel weet, ek voel gay vandag. Lus vir lewe, lus vir draf (kan jy dit glo?), maar dit sal seker weg gaan sodra ek die klaar getik het. By the by, is Patrica Lewis dalk ‘n dragqueen? Goeiste, die vrou raak nie ouer nie en lyk elke dag meer en meer soos Divorced Barbie. Ek is amper seker as ek my “Bitch-Radar” se knoppie aanskakel dat sy iets in daardie lippe inspuit.

Sy is nou in my oorlede oupa se woorde :” Gebou soos ‘n goeie stoet koei, sterk bene en vol spene”

Hy was ‘n man van min woorde.

Terug by my storie, wat ek sien nou eers nog nie begin het nie, sorry :oops: ,

Nou die dag se storie oor vriendskap wat op skool begin het, het my laat dink aan my ou vriend Clive. Vir meer as ‘n dekade kom hy maar elke jaar, twee of drie keer van Engeland af om te kuier. Dis gelukkig meestal besigheid vir VSO, so moet nou dink hy is met ‘n silwer lepel in elke denkbare gat gebore nie. Die man het ‘n hart van pure goud, en ‘n siel wat ‘n duisend jaar oud is. Dog vreeslik “engels” in die ware sin van die woord, is hy nie snobisties nie. Praat net jou ore van jou kop af in die rooi taal.

En dan  is my man nog ‘n bliksem en vertel my al vir jare lank hy verstaan nie engels so mooi nie. Dit vertel ek vir Clive. ‘n Paar aande later gaan bad ek, ek hoor stemme. Ek dog dis Clive op die foon maar nee, daar sit manlief en gesels hond uit ‘n bos uit in die rooi taal asof hy so gebore is. Groot woorde ook nogal. Verstar staan en “scan” ek alles wat ek deur die week voor hom gesê het :oops:  Darem alles goed gewees.

So eindig ons by my sussie in Pretoria op gedurende een van die kuiers saam met Clive. Manlief gewapen met ‘n bottel P10c, en ek met ‘n bottel en Coke. Clive het voorgestel hy gaan sy bottel wyn drink. Ken hy my familie? Julle verstaan nie…

So begin hy ook met sy bottel wyn. Nogal so ewe in ‘n glas. As ons partykie hou, doen ons dit in “plastic”. Jare se foute het ons so geleer, want iemand gaan netnou iets oor iets uitbliksem. Dis gewoonlik ek, en oor my sus se nuwe banke of iets. Sy lag terwyl ons kuier, maar die volgende dag ry ek vroeg. Moet nie vir ‘n oomblik dink dis omdat ek sleg voel nie, nee wat, as jy wil partykie hou moet jy voorsiening maak vir baie dinge. Ons is almal tussen 20 en 30, dinge word wild.

Dis omdat sy die een girl is wat vir my sal ore aansit. Ek vat haar nie aan nie. Maar wag, terug by storie…

So staan ons almal om die braai. Ons is mos Afrikaans, ‘n vuur trek ons soos ‘n klomp stom motte na hom toe. Steek ‘n vuur aan en ‘n afrikaner wil “party”. Dis magic.  Niemand kan dit verduidelik nie.

Clive staan so langs my en ek vertaal nou al die hele aand die gesprek, in die begin was dit ok, maar nou praat die manne dat dit wit sit. Hulle kan nie meer  tussen hand, dop, vertaal,vloek en sluk wissel nie. Nou sluk en praat hulle maar net. My vertaling is toe nou op die stadium ook nie meer watwonders nie. Clive frons meer as wat hy praat, maar sy wyn is ook klaar.

Ek besluit toe maar dis die leë glas wat die stomme man so laat frons, en gaan gooi vir hom ‘n bierglas vol P10c met ys is.  Dalk help dit.

Intussen drink ek ook maar verder, en die vertaling raak nog vreemder, Clive frons en sluk. Die manne het intussen onthou hulle praat mos ook engels.

“So Clive, you trawel from ower da see hey?” sê een.

Clive begin met sy storie, Manchester en London, Vso, en ek besluit dis tyd om my stem te rus. Ek gaan loer by die girls in. Kry my man in ‘n blonde pruik en twee meisies oor hom in elke denkbare posisie, en twee wat cheer.

Ek word nie kwaad nie, gay wees het sy “perks”, en hulle speel “twister” voordat julle nou snaaks dink.

Nou raak mens aan die kuier daar en wat voel soos ‘n paar minute later word ek geroep. Ek stap uit en Clive staan en ek kyk my reg in die oë volgende oomblik slaan hy neer  in die middel van sy sin.

Almal bars uit van die lag en ek staan vas gepen in my spore.

Ek dog dis ‘n grap, maar ek is so geskok ek lag nie. Dit skemer tot my deur dat hy wragtig netso “uitgepass” het. Kop  amper in die visdam.

Ek word net daar, op die plek mal,  want hy het net sy ou botteltjie Shiraz  wyn en een glas  P10c gedrink.  Ons almal weet P10c is net ‘n “sletsappie” so dit tel nie.

Ek hardloop na hom toe.

Kom daar, en wat kry ek. Die P10c is net mooi in die tuin in gesmyt toe ek my rug draai, toe gooi die manne vir hom, wat hulle noem:” ‘n REGTE dop.”

‘n Bierglas vol mampoer…

:shock:

Quand les autres ne comprennent pas.

Vous avez trouvé qu’il était très facile de parler votre esprit, quand d’autres n’ont aucune idée de ce que vous dites. Quand vous faites cela il vous fait honnête au sujet de vos sentiments, et d’une manière il est plus facile de dire les choses comme elles sont. Je n’ai aucun ami qui pouvait parler français, à cet effet et je suis dans l’écriture, ce dans la plus belle langue connue à l’homme. Mon nom est Flint, mon arrière grand-père venait de France et la Grande épousé ma grand-mère-grand, qui se trouve avoir été réglée German.They cap de Bonne-Espérance, puis les agriculteurs dans Franchhoek. Je porte fièrement mon héritage. Je regarde fièrement retourne d’où je viens. Pourquoi ne puis les autres à faire de même? On m’a dit aujourd’hui que je ne suis pas africain. J’ai été informé par un chat Internet du site que je ne suis pas en Afrique. Pourquoi est-ce que c’est? N’ai-je pas né ici? Ma mère et le père marchait pas que sols profonds, riches?. Je me bats si proche de mes frères noirs et susters. Cependant, je ne suis pas africain. Permettez-moi d’arrêter. Être en colère, ne me fait partout. Vont bien mes amis. Sachez que Je t’aime profondément.

Flint.

Pyn se morfien deur Katryn

Ek is bietjie vlak as dit by digkuns kom. Al daai draaie waarmee hulle die punt probeer maak, maak my net deurmekaar. Nogtans het die gedig my vasgehou tot op sy einde. Oopbek het ek gesit en lees, en na die tyd, toe wonder ek….
Hier volg die gedig,vir die wat te lui is om te kliek. Lekker lees!

Liefde is die lewe se heroien
Dit is die sintuig -onderdrukking dwelm van die siel.
Dit laat jou dryf op die dooie see van emosie,
Waar jy geen gevoel van pyn, spyt of skaamte sien
Dit is ‘n slapende heelal wat elke atoom van jou liggaam binnedring
‘n Onverantwoordelike vrede en stilheid wat vasmessel in jou hart
sonder bangheid of die vrees vir pyn, dalk vir more se smart

Jy besef soms te laat jy is verslaaf
Wanneer die lewe dit wreed uit jou hande ruk
Wanneer dit voor jou gehou word, jou grypende hande desperaat vir nog ‘n laastekeer
Wanneer dit sy rug draai op jou en jou los
In ‘n donker kamer van realiteit
Wanneer die alleenheid -monster van elke hoekie nader kruip

As jy jou emosies moet vasbind aan rante van jou hart se bed
As jy jou trane moet keer met ‘n muilband,
en jou seerkry se skreeu moet stop
Wanneer jou hart voel soos ‘n stekende lem
Wanneer alle funksies van jou liggaam soek na ‘n pynstiller
En trane die enigste morfien is wat jy ken

Wanneer die trane kom, is dit in die vorm van houe
wat neeslaan op jou reeds gekneusde hart
Die snikke los oor die hele wese van jou bestaan wonde rou
Trane begin in die hart, maar ons veloen ons hart soveel keer
Dat wanneer hy praat, ons nie net een
stem hoor maar honderde skree
Ego’s van ons seer in die diepte van ons hart se dal
Al is huil nie ‘n swakheid, maar juis waar ons sterkte le
Ontwortel dit jou, sodat jy elke keer ontnugterd aarde toe val

Oppas vir liefde..
Dit kruip weg in die hoeke van jou hart,
en bly by jou elke dag
Ongesproke, stil tot dit homself sleep
Soos ‘n olifant homself sleep na sy eie graf

The truth about sex.

Sex is interesting, but it’s not totally important. I mean it’s not even as important (physically) as excretion. A man can go seventy years without a piece of ass, but he can die in a week without a bowel movement. by Charles Bukowski

It is not sex that gives the pleasure, but the lover. by Marge Piercy

Sexual love is the most stupendous fact of the universe, and the most magical mystery our poor blind senses know. by Amy Lowell

Sex and beauty are inseparable, like life and consciousness. And the intelligence which goes with sex and beauty, and arises out of sex and beauty, is intuition. by David Herbert Lawrence

Sex is a momentary itch, love never lets you go. by Kingsley Amis

Sex without love is a meaningless experience, but as far as meaningless experiences go its pretty damn good. by Woody Allen

Remember, sex is like a Chinese dinner. It ain’t over ’til you both get your cookie. by Alec Baldwin

Sex pleasure in woman is a kind of magic spell; it demands complete abandon; if words or movements oppose the magic of caresses, the spell is broken. by Simone de Beauvoir

Sex is the last refuge of the miserable. by Quentin Crisp

Sex is God’s joke on human beings. by Bette Davis

Sex can still be great, even without an orgasm. by Kristin Davis

Sex is a big question mark. It is something people will talk about forever. by Catherine Deneuve

Sex lies at the root of life, and we can never learn to reverence life until we know how to understand sex. by Henry Ellis

Fast sex, like fast food, is cheap, but it doesn’t nourish the body – or the soul. by Suzanne Fields

Sex is on the minds of most people, especially those who shouldn’t be having it. by William Glasser

Sex in a woman’s world has the same currency a penny has in a man’s. Every penny saved is a penny earned in one world and in the next every sexual adventure is a literary experience. by Harry Golden

Sex is the gateway to life. by Frank Harris

Sex without love is merely healthy exercise. by Robert A. Heinlein

Sex is a discovery. by Fannie Hurst

Sex is funny and love is serious. by Stephan Jenkins

Sex is a two-way treat. by Franklin P. Jones

Sex, a great and mysterious motive force in human life, has indisputably been a subject of absorbing interest to mankind through the ages. by William J. Brennan, Jr.

Die kat speel model.

Volgende Blad »


Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Creative Commons License

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Argiewe

Views since November 2009

  • 10,095 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

--Sonkind--

Volg op Vleisbroek