As ‘n engel val…

Ironies dat dae verby vlieg, en dan skielik gaan staan tyd stil. Die skielike stop breek amper jou nek, en waneer jy stadig tot jou sinne kom besef jy dat jy amper niks gemis het nie. Dis soos ‘n sepie wat net aanhou en aanhou. Dalk het ek ‘n les iewers gemis, die een wat verduidelik hoekom ek hier is, en wat die wenstreep waarna ons so jaag nou eintlik inhou.

Hierdie getrap soos ‘n mal hamster op ‘n wiel is nie my idee van pret nie. Dis sinneloos. Iewers moet daar ‘n kompas wees wat jou lewe in die regte rigting wys. Die “kompas” kom seker in baie vorme en word genoem op baie name, en hy is moeilik om te vind.

Ons jaag en jaag, vertrap mekaar in die proses, vergeet om asem te haal. Wat doen ons wat werklik ‘n verskil maak? Dis een ding om op jou sitkamer bank te sit en “oooh” en “aaaaah”, en iets heel anders om n vigs-wesie se doek om te ruil. Ons soek na self, jaag wind, en vok die res. Ons is imuun teen ander se hartseer en verlustig ons aan luukshede wat ons nie toekom nie.

Dik gevreet sit ons met blink boepies en kla terwyl ons die witbrood onder die arm wegsteek.

Terwyl ek hier sit en skryf val daar iewers n engel uit die hemel neer, en ek wonder:”Is daar werklik iets soos perfeksie?” Gekniel sit hy met  ‘n traan wat saggies oor sy wang rol, en ek besef dat ons te vinnig en te hard oordeel. Ons is te hard op ons self, en ook op ander. Presies waneer het ons, ons menslikheid prys gegee? Waarvoor het ons, ons siele verruil?

Ons draai om en stap weg van ander se pyn af, glimlag selfvoldaan terwyl 30 muntstukke in ons sakke klingel.

Die mensdom maak my siek. Ek is so keelvol vir die valsheid ek kan kots. Hoeveel keer moet ‘n seun ontnugter word voordat hy homself ‘n man kan noem? Volwassenheid kom teen ‘n prys, en meestal kos dit jou onskuld. Die een ding waarsonder jy nie kan droom nie.

Om te lewe word ‘n werk, en opregte lag word iets waarna ons nostalgies verwys. Dit breek my hart.

Dit is nutteloos om klaagliedere daaroor te skyf, ek weet. Deur die eeue het ons geleer dat daar geen verandering kan plaasvind sonder pyn nie, en ons as mens het nog nooit stagneer nie, maar beteken dit nou ons moet wroeging en hartseer as ons noodlot aanvaar net omdat dit so te sê geneties deel van ons is? Ons kan dan nie eers oudword aanvaar nie.

Intussen raak ‘n generasie weg in ‘n vervloekte siekte, en die wat oorbly hardloop na die naaste “dealer” toe.

Advertisements

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,035 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: