Drogbeeld

My lewe lank nog het ek gesoek na ‘n plekkie van rus. ‘n Skadukol waar daar lafenis wag. ‘n Koel bergstroom waar ek my voete kan was. ‘n Plek waar ek kaal kan hardloop, sing, en dans. Gelukkig kan wees.

Ek het al voorheen gedink ek het die ou plekkie gekry, maar dit was net ‘n droom.

Met tye moes ek oor dorings loop, kaalvoet skerp rotse aandurf met die hoop dat toevlug aan die einde van die pad sal wag. Mede reisigers het naamloos by my verby gedryf. Skimme, wasem……mis.

Een of twee van hulle het begin vorm kry, ek kon amper aan hulle vat. Iets tasbaar sou dit makliker maak, maar die lewe se “tong-in-die-kies” manier van doen het hulle soos dou-druppels in die son laat verdwyn.

Liefde is so, dit is ‘n drogbeeld wat in die verte sigbaar is, maar nooit besit kan word nie.

Ek het jou amper omhels. Ek was so naby aan my hart voor jou voete werp, my siel aan jou bloot lê. Ek is ‘n dromer, ook ‘n realis. My drome is dit wat my aanspoor om my realiteit te verwesenlik.

Hoor mooi wat ek sê.

My lewe, My realiteit, My hart.

My droom vir jou is alles wat mooi is, mag jy jou lafenis vind, en in iemand se “omgee” skadu rus.

Ek kan sien hoe jy oor die horison verdwyn, en ek weet dis verby…

Advertisements

6 Responses to “Drogbeeld”


  1. 1 mnr.muller November 16, 2009 om 9:55 vm

    Knap geskryf, maar ek’s effens verward. Ek dog jy staan op trou? Dan is jou liefde mos allermins ‘n drogbeeld? Of mis ek nou iets?

    Nietemin, wat van ‘n about page? 🙂

    • 2 flintstoned November 16, 2009 om 11:25 vm

      Hehehe, nee jy verstaan reg, ek is amper getroud. Ek skryf maar soms net omdat skryf, skryf is. 🙂
      Omtrent die about page, ek is nog baie nuut met die blog ding maar ek sal kyk daarna. dalk kry ek dit reg!!!

  2. 4 bierpens November 16, 2009 om 3:56 nm

    Lekker gelees … dankie … ek het dit opgetel op die afrikaans tag wat jy ingesit het …

  3. 6 Sky November 18, 2009 om 8:42 nm

    Baie nice. Ek is impressed. Alhoewel jy dit net geskryf het vir skryf se onthalwe is daar wel heelwat in wat met my praat. Hou so voort 🙂


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: