Gatvol.

Ek hoop ‘n ou mag vloek op n blog, want kyk hier, ek is gatvol.

Ek is gatvol vir die IDIOTS wat ons land probeer regeer. Ek bedoel, kom nou, wees eerlik met jouself. Almal in die politiek is bederf deesdae. Geen “official”  doen wat dit belowe nie. Ons land is in sy moer. En ek, die afrikaner man, moet daaronder ly. Vir wat vra ek?

Kom ek sê eers, voordat ek aangaan, ek is 29 jaar oud. Toe Mandela president word (begin van al die kak) was ek 14 jaar oud. Wat weet ek van apartheid en rasisme af? Dit wat ek voel is deur SELF ONDERVINDING  gekweek, nie deur political slogans en KP vergaderings nie. En dis hoe ek weet dat daar vir my, in hierdie land, nie ‘n plek is tensy ek vuislaan vir hom nie.

Moving on….

Ek is gatvol daarvoor dat ek ‘n teiken van misdaad is, net omdat ek wit is. Ek is gatvol daarvoor om gehaat te word omdat ek iets in die lewe het, ek het tog gewerk daarvoor. Ek is gatvol daarvoor dat ons vrouens, en kinders in “tronke” met mooi gordyne moet grootword terwyl Tá tog te lekker lê en hoender vreet in die tjoekie.

Klink ek bitter, nee my ding, ek is DIE BLIKSEM IN!!

Ek is gatvol dat ons net so gaan sit en sê :” Skop my asseblief weer deur die bek, ek is wit, en jou nie werd nie” as ons slegte diens kry. Dinge was nooit voorheen so nie. Of was dit?

Dalk was ek te jonk om te onthou, en dalk kleef ek net met ‘n dream-like houding vas aan ‘n kindwees wat nooit werklik was nie. Maar ek onthou ek het toktokkie gespeel sonder die vrees dat die oom binne die huis my gaan vrek skiet omdat hy dink die ou wat sy suster verkrag het staan nou voor sy deur. Ek onthou simpel dinge wat mense saam gebring het, volkspele, bosveld braais, voortrekkers, en die hele lot ander goeters.

Stadig, maar dog seker, word ons as nasie dood gedruk. Word wakker, ek is die generasie van “oorgang”. Hier waar ek nou staan was ek een helfte van my lewe in die oud, en een helfte in die nuwe. Dis genoeg om van mal te word. Waar is my plek as Afrikaner man in die “Nuwe Sot Afrikaa”

Hoekom moet ek terug staan vir n blixem dom ou met ‘n slegte cv, net omdat ek wit is. En dan BOONOP dit, veg ek nog om aanvaarding vir gay-wees ook. As ek korrek is, moes ek voorkeur gekry het juis as gevolg daarvan 😛

Maar nou ja, witwees is seker groter sonde as gaywees.

Malema praat nie, hy kots. Punt.

Malema is ‘n poephol. En dan kom “Geagte mnr. Die President” en noem die idiot ‘n :”Leader of the future”. Die Idiot dreig my as blanke dan elke keer as hy sy mond oopmaak? Moet ek nou staan en aanhoor hoe hy op alles wat ek glo en lief het braak? My oupa draai dalk in sy graf om as hy weet ek moet vandag vir hulle sê meneer,maar  hy staan op as hy moet weet wat Julius alles kwytraak.

Hoekom is ons as blankes amper te bang om volkstrots te hê? Is daar dan iets fout daarmee? Of dalk glo ons maar net die media, wit kak, swart goud. Finish en klaar.

Ek vra weereens om verskoning vir my taal in sommige area’s van die skrywe, maar wees gerus dit het BAIE terughouding geverg om nie meer te vloek nie. En indien dit jou vreeslik baie pla, voel asseblief vry om net die skerm toe te maak.Niemand hou jou hier nie.

Advertisements

3 Responses to “Gatvol.”


  1. 1 boerinballingskap November 17, 2009 om 1:47 nm

    Jy hoef geensins om verskoning te vra vir jou taal nie. Hoe kan mens oor die goed skryf en jou taal suiwer hou?

    • 2 flintstoned November 17, 2009 om 6:01 nm

      Vra ek ook, maar daar is die wat n eier te lê het daaroor. Nietemin, ek het jou blog besoek, en dit was soos om in my pa se arms te wees. Boer, ek hoor jou ou maat. Jou woorde trap diep spore.

  2. 3 hendrik Maart 19, 2010 om 8:44 vm

    ek is net so gatvol vir die klomp politiekepoeste wat in beheer is van ons land ek dink beespiel deur hulle gevrete is wat goed sal wees steel verkrag moor plunder algemene opfok is waarvan hulle hou mense stem vir die konte ongeletterde werfetters wat ons almal mee moet saamleef hulle gaan die land bankrot steel die hele afrika lyk so die wat in beheer is is skatryk multi miljeners die ander lyk soos brandsiek honde van ons rykes werk n leeftyd hulle steel oornag malema is n ongeletterde dom poes skatryk ons volgende hoofkont oor sewe jacob steek net want wat moet hy anders doen hy weet self nie red bulle kan jou balsak laat oortyd werk vir al as jy heeldag fokkol gedoen het nie ons betaal vir al sy pomppery ons het opgefok dit is ongelukkig so maar ek wonder wat nou ek voel bang kwaad irreteerd bedonnerd en lus vir oorlog sal almal asb bid dat politiekepoeste sal kopkry anders sal hulle dit dalk verloor dankie jammer en totsiens


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: