Gesigte.

Ek het so ‘n paar maande terug, vir die eerste keer werklik kennis gemaak met die swaar wat baie ander elke dag moet baasraak. Ek was geskok om te sien dat blankes ook sonder kos gaan, en in karavane sonder vensters bly. Tente. Die kyk in een ou tannie se oë het my amper tot trane gedryf. Ek het nie geweet vir wie ek moet kwaad wees nie.

Die antwoord. Ons is die skuldiges. In die swart kulture is daar ‘n sterk respek vir die ouer mense se gesag en wysheid. Ons laat ouer mense net aan hulle noodlot oor. Ons verwag dat die regering (oor wie ons amper nooit iets goed te sê het nie), vir hulle moet sorg. Dit laat my skuldig voel.

Ek weet ‘n ou kan nie die wêreld red nie, maar ek is seker ons mag seker probeer om net die woord daaroor uit te kry. Probeer om mense te laat fokus op die probleem. Dis tog ons mense, en ons is verantwoordelik vir hulle.

Ek weet net nie waar om te begin help nie, daar is soveel organisasies, en NGO’s wat veronderstel is om te help, maar selfs die onder Afrikaanse name skenk honderde duisende aan swart gemeenskappe. Ek sê nie dat die swart gemeenskap die hulp minder nodig het nie, ek sê net daar is swart mense om na hulle te kyk.

Ek weet dis ‘n simptoom van grootword in die nuwe Suid Afrika, maar ek voel altyd ek kom “regs” oor, en dis die laaste ding wat ek is. Ek voel net ons moet eers ons eie mense help, voordat ons probeer om guns te vang by n groep wat so gewoond aan ontvang is, dat hulle dit miskyk. Meestal skree dit in elk geval net na ‘n publisiteits-toertjie.

Dit sou werklik wonderlik gewees het as ons almal saam vir almal kon help, maar ons as Afrikaner word mis gekyk alhoewel ons ook hulp verleen, en belasting betaal.

Ek kyk dalk iets mis. Dalk oor ‘n paar jaar voel ek anders. ‘n Man leer mos maar soos wat hy deur die lewe stap.

Advertisements

7 Responses to “Gesigte.”


  1. 1 Krista November 20, 2009 om 4:51 vm

    Baie goed gestel.

    Dit is so, ons kyk nie eers na ons eie mense nie, hoe kan ons dan na ander kyk? En verwag dat hulle ons mense moet help?

  2. 2 mnr.muller November 23, 2009 om 9:51 vm

    Hm. Dis jammer dat jy onderskeid tref tussen ‘n kunsmatige “ons” en ‘n “hulle”.

    ‘n Vriendin van my vertel hoe sy elke dag om die beurt met ‘n kollega ingery het werk toe, verby talle haweloses wat bedel. Hy was blind vir hulle armoede, tot die dag dat hy drie witmense by ‘n verkeerslig gesien het – toe kon hy nie uitgepraat raak oor die onreg nie.

    Maar in sy oë was daar steeds slegs drie armmoediges.
    My vriendin is bruin. In haar oë was daar duisende.

    Ek hoop ons bereik ‘n punt waar ons waarlik nie meer ras koppel aan sosio-ekonomiese status of simpatie of woede nie. Waar ons nie meer net jammer is vir sekeres nie.

    In daai sin beskou ek myself ook nie eens as ‘n “blanke” nie.

  3. 3 flintstoned November 23, 2009 om 1:54 nm

    Mooi gestel Mnr.Muller, ek sien jou punt. Nogtans voel ek dat daar vir my mense te min gedoen word. Ek as blanke weet amper nie eers van blankes se noodlot in ons eie land nie. Wie blameer ek? Die media? Die regering?
    Daar op my “hoekom blog ek bladsy” vertel ek ek skryf omdat ek n idee wil kan omsit in woorde. Dalk het ek gevaal in die skrywe.

    Ek het gehoop om die volgende oor te kry.

    Ek is ‘n burger van my land, ek is lief vir my land en al sy mense. Wit en swart. Ek sien die swart gemeenskap se noodkreet elke dag op die nuus, langs die pad, oralste. Ek het nie geweet daar is wit mense wat ook so sleg daarvan af is nie.

    Dit was vir my nuut. Ek woon in ‘n klein dorpie, ons sien dit nie hier nie. Dit sal dalk verduidelik hoekom ek gefokus het op blankes. Ek is ‘n emosionele mens, en ek voel dinge nogal intens. Daarom begin ek al hoe meer en meer voel dat die swart gemeenskappe nie altyd kyk na wat vir hulle gegee word nie. Ons ou RDP huisies hier is al amper almal sonder vensters, en dan praat ek nie van kos wat langs die huise gegooi word en dan ook gelos word om vrot te word nie.

    Hoekom sal ek wil aanhou help, en belasting betaal om te help, terwyl my eie mense se lot stil gehou word?

    Netso gaan dit vir ander dinge, soos as ‘n swart man deur ‘n wit man aangerand word, dan is dit rasisme. Maar n ou blanke oom en tannie wat op die plaas doodgemaak word, is net ‘n plaasmoord. Jy lees nie sommer die koerant opskrif sê: ” Rassistiese aanval op blanke boere” nie, nee, dit word altyd versag. Bietjie afgewater.

    Ek glo ons land kan beter wees as wat hy nou is. Ek glo dat ons uniek en besonders is. Wit en swart. Maar as ons almal wil gelyk wees, moet dit deur die bank so wees.

    • 4 mnr.muller November 24, 2009 om 3:18 nm

      Nee, tereg so. Veral t.o.v. plaasmoorde – dit behoort ‘n nasionale krisis te wees, maar die media swyg al lank daaroor.

      Die “arm blanke probleem” is destyds aktief deur die ou ou-regering aangespreek, juis as probleem van onze nasie; toe daar nog ‘n beslisde “ons” en ‘n “hulle” was.

      Noudat die welsyn toegespits word op almal, neem die getal arm witmense uiteraard toe – hulle word netsoveel/min gediens soos die Ander.

      Nietemin, as daar teen arm witmense gediskrimineer word, dan moet jy dit beslis aanspreek! Dis goed om ‘n stem te gee aan enige en alle onreg!

      …maar ek vermoed die sopkombuise probeer werklik almal se kosbakkies volskep; nie meer net “ons mense” s’n nie.

      En dis vir my reg.

      Maar ek voel saam met jou daaroor dat armes vanoor alle rasse (en selfs nasionaliteite) menswaardig hanteer moet word, en so ver as moontlik van behuising en basiese dienste voorsien moet word.

      Daarvoor vul ek, met graagte, my SARS-vorm in.

  4. 5 boerinballingskap November 23, 2009 om 5:59 nm

    Ek dink dis ‘n algemeen aanvaarde beginsel dat mens maar eers voor jou eie deur vee, voor jy iemand anders se huis wil gaan skoonmaak. Dit maak nie die Afrikane (vis-a-vis Euro-Afrikane) se leiding meer, minder, beter of slegter nie. As mens nie eers jou eie mense help nie, hoe moet jy dan nog andere help? Ek voel baie keer dieselfde oor mense wat sendingwerk doen in vreemde lande.

  5. 6 Vlam November 24, 2009 om 1:03 nm

    Ek was redelik kleurblind in die verlede, nou dink ek ook my mense het my hulp nodig. Ons is die ‘previously advantaged’, ek dink wit armoede word heel laaste aangespreek, indien wel.

  6. 7 deedgecrasp Januarie 2, 2010 om 12:50 nm

    I am always looking for brandnew informations in the world wide web about this subject. Thanx!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: