Ai, die familie darem…

Iets wat nogal baie in ons familie gebeur, omdat ons so naby aan mekaar bly, is spontane “Braai-Aande”. Gister aand was een van daai aande…

En so sit almal weer in ‘n kring om n tafel, “mix and match” stoele en dop in die hand. Die “diep” dinge gaan binnekort deur Oom Callie bespreek word, en my ou, glo my, dis ‘n gedoente. Van sy vorige “debates” was gewees oor die volgende:

Mercedes en Gholf word in Roslin Pretoria in dieselfde fabriek gemaak. ( Die outcome: ‘n MOERSE bakleiery)

Bloubulle….en dis n sagte plekkie vir ons, maar hy wil mos toe nou durf sê die Cheetas is baas. (Ons kon nie juis die een verstaan nie, want ons weet nie wie die cheetas is nie)

**Nota aan leser:

😛 Indien jy weet wat die Cheetas is, laat my groot asseblief weet. 😛

Anyway, die outcome? Ek is vir ‘n jaar nie welkom in sy huis nie. Hoekom? Ek het gesê dat jy jouself net ‘n volbloed Cheeta ondersteuner kan noem as jy iets verskrikliks met jou eie ma doen.

Bloed is dikker as water, so dit waai toe na amper twee kersfeese oor. En hier sit ons toe nou weer almal saam. Toe oom Callie so begin kug. Sy glas neersit en in my oe kyk, toe weet ek. “Boetie vanaand is dit jy”.

En so was dit toe ook. Toe hy my so in die oe kyk en sê: “Nou gat jy in ‘n rok trou?” Toe weet ek dat ons dalk toe nou nie die kersfees saam gaan wees nie.

Needless to say, ek vind die idee absoluut belaglik. Ons is mos nie vroumense nie, wil ook nie wees nie, maar het niks teen hulle nie. Allermins, elke suksesvolle vrou het n gay maaitjie 😛

Maar oom Callie se kop hardloop nou volstoom oor die trourok ding. Ek lag maar, en gesels met tannie Babs.

Sy noem my heeltyd my op my neef se naam. En ek sê vir haar die vreeslikste dinge omdat ek weet sy gaan vir almal vertel dis hy wat dit gesê het.

Oom Hansie loer vir die weduwee tannie. Die antie se tanne lyk soos die agterkant van popcorn, maar oom Hansie se oe is nie meer so lekker nie. Ek is ook nou nie iemand wat ‘n ander man se drome befoeter nie, so ek bly maar stil.

Ek het net begin vergeet van oom Callie, toe kom sit hy regs langs my. Nou wil hy weet wie is die seuntjie en wie is die dogtertjie. Die gesprek het ons al gehad, maar nou ja.

” Oom. Ons is twee mans.” sê ek vir die soveelste keer. Die man wil tog nie verstaan nie.

Met die kom my verloofde om die hoek gestap, en hy glimlag daai super glimlag van hom. My hart smelt.

Op daardie oomblik weet ek dat ander se “ignorance” omtrent gay liefde (wat geensins anders is as straight liefde nie) nooit in my pad sal staan om hom lief te hê nie.

Advertisements

13 Responses to “Ai, die familie darem…”


  1. 1 rosalindfranklin November 23, 2009 om 5:08 nm

    “Die langste tien jaar in ‘n vrou se lewe is tussen die ouderdom van 29 en 30.–23 hours ago ”

    Ek was lank terug daar en ek stem SO saam. Daai oorgang was hel, en toe ek eers 30 tref toe is alles sommer beter. Bly te kenne en welkom in die blog-wereld. Ek hoop jy is sommer nog lank met ons.

  2. 3 boerinballingskap November 23, 2009 om 6:00 nm

    Hierdie was nogals vir my humoristies! 🙂

  3. 5 Harry November 25, 2009 om 6:22 vm

    Jy skryf mooi, meneertjie. As jou boyfriend dieselfde met jou hart doen as wat ‘n sekere grltjie met myne doen, dan kan daar mos nie fout wees nie. Oom Callie (En oom Hansie) like seker sy brandy 😉

  4. 7 boervrou November 27, 2009 om 3:55 nm

    Baie baie goed geskryf. Die oliemeter-storie werk nie heeltemal vir my nie. Eks eerlik, en nee ek judge jou nie op grond van jou seksaktiwiteite nie,want dis mos nie fair nie….
    Gays is meestal moer snaaks, so skryf nog stories dat ons kan lag, mens kan nooit te veel lag nie!!
    Lekker blog en welkom!!

    • 8 flintstoned November 27, 2009 om 4:35 nm

      Oliemeter-storie? Daai een is reg bo my verby 😉

      Maar kom ek vertel jou gou ietsie, so gaan ek en snuffel op jou blog rond, daar sien ek op jou blog roll snaakse gay mannetjie en NATUURLIK gaan ek mos daarop kliek. So val ek amper van my stoel af toe ek weer op my eie blog opeindig.

      Bwahahahahaha!!!!!! 😆

      Dit was so cool, en blêdie oorspronklik.

      Great gedoen, en baie baie dankie! Ek hoop jy kom draai sommer gou weer hier.

  5. 9 boervrou November 27, 2009 om 4:47 nm

    Bly jy hou van die naam, het soooo gehoop dit affênd jou nie. Enige iemand wat my laat lag het ‘n plekkie in my hart! Lekker blog !

  6. 10 rosalindfranklin November 27, 2009 om 4:48 nm

    Boervrou se gay mense is snaaks? Nou dit verstaan ek nie lekker nie?

    • 11 flintstoned November 27, 2009 om 4:55 nm

      Ek dink sy bedoel sê ons het ‘n unieke manier van dinge sê, en van dinge hanteer. Ek stem saam met haar. Ons bloed is nie novocain nie, maar weet jy, alhoewel ons diep voel as ons seerkry, soos enige iemand maar doen, is lag iets wat alles doodvee.

  7. 12 boervrou November 27, 2009 om 8:36 nm

    Presies nes Flintie daar sê. Hulle laat my lag, deur die manier wat hulle dinge sê. Hey Rosa het jy al vir ‘n gay ou hopeloos te veel wyn gegee?? Girl ek het die volgende dag amper blokkies op my maag gehad van al die lag!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: