Daar’s ‘n Gay Pastoor in my kop.

“Die kontroversiële saak van homoseksualiteit in die kerk vorm die kern van die boek. Die outeur het aanvanklik geweier om sy homoseksualiteit te aanvaar en was uiteindelik oortuig dat dit slegs ‘n duiwel is wat uitgedryf moet word. As jongman ontmoet hy ‘n vrou met wie hy later trou, hy word pa en ook ‘ suksesvolle AGS Pastoor in Johannesburg. Maar as mens bly hy ontevrede en onvervuld. Die hart van die storie dui hoe sy vrou van hom skei, hy uiteindelik sy homoseksualiteit aanvaar en vrede en geluk vind in sy verhouding met Johan.

Die boek is ‘n duidelike maar ook pynlike uitbeelding van die wroeging wat ‘n gay man ervaar……..Philip Liebenberg is huidiglik pastoor by Die Kapel in Melville, Johannesburg” – Daar’s ‘n Gay Pastoor in my kop geskryf deur Phillip Liebenberg.

Natuurlik koop ek mos toe die boek. Dis min dat ons hier in my dorpie op gay-lit afkom. Behalwe vir die haarkapper (oviaas) is ons die enigste gay ouens hier op die dorp wat braaf (en ja dis die regte woord) genoeg is, en die “audacity” het om ‘n verhouding te hê.

“Oi wei!” Skree die kerk en maak groot oë. Snaaks genoeg was die Pastoor van wie ek in my skrywe Pastor say:”God can’t accept you if you’re gay.” geskryf het ook ‘n ou AGS fosiel gewees. Eers was ek baie, baie kwaad vir hom.

Hy het dit amper reg gekry om ‘n baie opregte en intense soeke na God morsdood te slaan met sy woorde:”Jy is nie welkom voor God nie. Kies tussen God en jou aanstaande, dan kom jy terug na my toe as jy God gekies het.”

Dit was natuurlik gesê met die mooiste glimlagie op sy lippe, en ek kan met alle eerlikheid vandag sê dat ek GEEN van God se liefde in daardie pastorie gevoel het nie.

Oom Pastoor, ja, jy wat so lekker oor jou belt borrel. Ek voel ek wil vir jou ook ‘n paar dinge sê.

Jy weet, jy is al in die 30 jaar getroud. In daai tyd het jy nog nie een aand alleen gaan slaap nie. Jy het ‘n seun. Jy gaan eendag kleinkinders en agter-kleinkinders hê. Jy word nooit snaaks aangekyk nie. Daar word nie van jou verwag om elke dag “konsert” te hou terwyl jou hart siek is van alleen wees nie.

Ek is gelukkig, ek KAN vir myself dink. Ek besef hoe verkeerd jy en jou kerk is teenoor gay mense. Ek weet darem dat die kerk nie God is nie. Duisende ander gay persone besef dit wel nie, en dis oor hulle wat ek wil jy moet dink.

Hoeveel gay mense het nie soos ek voor ‘n Pastorie se deur te staan gekom, net om verwerp te word nie? Hoeveel van hulle het nie daar en dan omgedraai en nooit weer terug gegaan nie? Is jou werk nie om God se kinders (en dis ons almal, glo dit of nie) voor die kruis te kry nie?

Ek is nie ‘n teoloog nie, so ek gaan nie verse begin rondgooi nie. Ek weet wel dat daar net ±5 versies in die hele bybel is wat homoseksualiteit aanspreek. En altyd in die konteks van welus, of iets soortsgelyks. En dan is daar ‘n vetalings kwessie, en die konteks waarin die vers geskryf was, wie die skrywer was, wat sy bedoelinge was. Duisend en een dinge wat dit kon beinvloed.

Jy het my weg gewys by God. Jy het gesê ek is nie welkom by God nie want, en hoe was jou woorde nou weer? “…want die kerk, en ek self ook voel so”

Die God wat ek as kind leer ken het, voor ek van seks iets af geweet het, was ‘n God wat vir almal lief is. Wat sy seun gestuur het om vir sondaars te kom sterf (nl. Ons almal. Jy ingelsuit) Hy was ‘n God wat nie onderskei het tussen sondes nie. Of miskien was daai een die God vir hetroseksuele mense? Hoekom dink ek nie so nie?

God is nie jou besitting nie Oom Pastoor, hou op om Hom net aan jou en die wat soos jy dink toe te eien. Hy is daar vir ons almal, en ons is Sy besitting.

Advertisements

18 Responses to “Daar’s ‘n Gay Pastoor in my kop.”


  1. 1 demoerin November 25, 2009 om 6:50 vm

    Weet jy, ek wil nie sê dit is net AGS Pastore nie, want dit sal ‘n lelike veralgemening wees… maar snaaks genoeg was ek so ‘n rukkie terug by ‘n ou werkskolega se begrafnis – En met wat daardie pastoor kwytgeraak het, het ek slegs in daardie diens bly sit uit respek vir Jan se familie. Ek was so geskok dat iemand ‘n persoonlike siening as die Bybelse waarheid kon verkondig… nee los liewer, ek raak sommer klaar weer die bliksem in.

  2. 3 Plaasjuppie November 25, 2009 om 8:44 vm

    Ek kan ongelukkig nou nie bybeltekse aanhaal soos die geleerde dominees en pastore om my punt te staaf nie, maar ek voel tog ek wil vir jou dievolgende sê.
    Die bietjie wat ek wel geleer het van die Bybel en van God, way back when toe ek in die NG kerk eksamen geskryf het om te mag hemel toe gaan, sê baie duidelik dat die oordeel ons as mense nie toekom nie.
    Dus met dit as agtergrond, plus die feit dat my gay broer en ons gay vriende nie welkom is in die kerk nie, aanvaar ek by dat ek ook nie welkom is nie (deur assosiasie) en sit ek nie my voete daar behalwe as ek daartoe gedwing word nie.

  3. 7 demoerin November 26, 2009 om 8:17 vm

    Ek is saam met PJ op die een. Een van die hoekstene van verdraagsaamheid is juis die feit dat ek as mens geen ander mag oordeel nie. Dit sluit in Pastore, Dominees en die Pous. Dit is hartseer dat een persoon kan veroorsaak dat ‘n ander een totaal verwerp voel.

    Ek is egter ook seker, dat daar wel kerke en/of gemeentes is daarbuite waar almal welkom is, want waaroor gaan dit ultimately – jou keuse om te loof en te aanbid, en dit saam met mede-gelowiges te doen.

  4. 8 Vlam November 26, 2009 om 12:37 nm

    Ja-nee, dis ‘n cliche, maar die oordeel kom ons nie toe nie. Each to his own, is my motto.

  5. 9 rosalindfranklin November 26, 2009 om 4:02 nm

    Ek is nie ‘n teoloog nie my sogenaamde kennis le elders, maar ek is wel ‘n mens met ‘n vrye wil en denke.
    Nou as ek die bybel en die menigde ander tekste oor regligie so lees is almal se boodskap: liefde.
    jesus is nogal ‘n nice ou gewees, hy het al die uitgeworpendes en randfigure liefgehad. en dink nie hy sou gay mense verstoot het nie, inteendeel.

    terug na liefde, om mense weg te stoot, te veroordeel en eenvoudig mislik met hulle te wees, soos die meerderheid kerke met gay mense is (gay is die nuwe rassisme) is bloot verkeerd, as mens die heilige tekste reg lees.

  6. 10 George Maru November 26, 2009 om 8:16 nm

    Mense wat so luidkeels met die Bybel onder die arm loop om gays te veroordeel vergeet gerieflikheidshalwe van Matteüs 8:5-13 waar Jesus die hoofman se slaaf met wie die hoofman ‘n seksuele verhouding gehad het, genees.

    En nêrens sê Jesus: “Gaan en sondig nie meer nie.”

    En is verse 11 en 12 tog nie te ironies nie 🙂

  7. 13 George Maru November 27, 2009 om 3:56 nm

    Daar is ‘n kort opsomming van die vertaalprobleme met “pais” op Religious Tolerance se website en ‘n langer uiteensetting op Gay & Lesbian Review se website oor die slaaf wat toe al die tyd dalk meer as net ‘n slaaf was.

  8. 15 katjiepiering Desember 15, 2009 om 11:01 vm

    ek gan myself net eenoudig welkom maak in die kerk, ek meen , hulle sal nie my lieflike smile kan weerstaan nie, ooo ek dink daars baie wat ek kan doen.. eks ou nie meer so jonk nie en ek weet ek wil as christen sing en bid en als ook gelowige en met liefde en lig, eks ook taamlik taai van vel deesdae
    ja ek dink ek gan die gay groep innie kerk vannie grond af lig met ‘n gedig
    oe eks so ogewonde

  9. 17 Hans Matthysen Januarie 4, 2010 om 9:00 nm

    Jesus het geen een verwerp oor hulle sonde nie en tog het Hy nie sonde goed gepraat nie. Hy het wel die wat in die tempel handel gedryf het, met ‘n sweep bygekom. Ek dink dus, hulle wat kerke en geloof gebruik om hulself te verryk, is die wat ergerlik sondig.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: