Mevrou die President.

Ek kan nie slaap nie, so nou is ek lus vir nonsens praat. Ek het vanaand my hele blog se look verander, en vir die eerste keer hou ek van hoe hy lyk. Daar is ‘n ietsie van my daarin. Dis mos goed, is dit nie?

Nou dat dit klaar gedoen is, wil ek graag bietjie droom. Net vir so oomblik. Ek gaan President wees eendag…

Eerstens , sal ek my hare moet laat doen, ‘n ander klerekas vol outfits moet koop (‘cause a girl’s gotta look good), en my naam moet verander na ietsie eksoties. Dis mos Afrika afterall. Ek sal moet leer loop op onsedelike hoë hakke ook.

Dan sal ek begin met die dinge verander. Eerstens die Unie Gebou. Al daardie staal wat hom deesdae omvou is te veel vir my. Ek onthou ek het een aand so amper 10 jaar terug daar gaan vry, en jy kon tot bo by die voordeur loop.( Ok, die kar se radio is daai aand daar gesteel, so dit was seker toe al nie so goed daar rond nie). Maar ek voel ek sal nooit gemaklik daar kan sit en niksdoen as ek moet vrees my sykouse gaan skeer nie.

Ek sal pratige proteas langs ons snelwee plant, en ek sal boere weer laat boer want ek sal om die dood toe nie my manicure opneek nie.

Dan sal ek mense aanstel wat weet wat hulle doen. Malema is uit, of nee wag, ek hou hom as “court jester”, want dis nou een mens wat my laat lag. Hy sal anyway baie goed lyk met ‘n klokkie op sy kop, en dalk doof die klokkie sy stem.

** Nota aan self: Vervang die klokkie met n sirene…

Advertisements

7 Responses to “Mevrou die President.”


  1. 1 demoerin November 27, 2009 om 9:36 vm

    Dit is 9.30am op ‘n Vrydag…. jy is nie veronderstel om te slaap nie.
    As mens die flippen army en polisie kon vertrou om hullle jobs ordenklik te doen, was daardie vieslike tralies om dei Unie-gebou nie nodig nie.

    • 2 flintstoned November 27, 2009 om 10:12 vm

      Hey!

      Ek slaap gin die tyd van die dag nie, ek het die vanoggend drie uur se kant geskryf. ‘n Ou sukkel om te slaap met die hitte wat so skielik op ons toegesak het. Ek stem saam oor die polisie en weermag, maar deesdae moer hulle mekaar mos, of skiet die sewe soorte wit waks uit mekaar uit…

  2. 3 Girl van die Suburbs November 27, 2009 om 10:41 vm

    Oe… Proteas langs die pad!

    Jy sal baaaaaaiiiiiiiiiiiiieeeeeeeeeeee moet plant want ek reken ‘n hele paar gaan net verdwyn! Jis… enige iets is beter as kosmos! 😉

  3. 6 flintstoned November 27, 2009 om 2:29 nm

    Dis my droom DMI

    *SLAP*

    In my drome sal ek eerder sterf voor ek goedkoop is 😆

  4. 7 Krista November 27, 2009 om 4:36 nm

    Easy maar nie cheap nie? 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: