Nog net ‘n week.

As alles volgens plan verloop het sou ek ‘n Baywatch Babe geword het, maar ons liewe Vader het ander planne vir my gehad….

My oorlede pa was ‘n motorwerktuigkundige, ons het n Ford Cortina gery, en hy het brandewyn en water gedrink. Hy was ‘n”rêkkie” in die army en het geswem vir die NSRI in Mosselbaai. Sy idee van pret was om gesuip raak, en dan die witwaks uit almal om hom te bliksem slaan. Dit aleen behoort vir jou te sê dat hy maar ‘n moeilike man was. Ek dink as ek dit sou maak tot puberteit in sy teenwoordigheid, sou hy my in elk geval dood gedonner het omdat ek gay is.

Kom ons sê net my ma het hom 10 jaar te laat gelos, maar sy het nooit regtig weer gelag daarna nie.

Maar ek het maar kop hoog gehou en deur geluk en genade het ek opgeiendig hier waar ek nou by die eetkamer tafel sit en die ou stukkie neertik. Ek trou vandag oor ‘n week.

YaAaAaY ❗

Ek is moer op my senuwees. As ek net daaraan dink kry ek sulke vlinders  op my maag, en my stuikie trek styf. Gay huwelike is nog so nuut, daar is nie eers ‘n boek beskikbaar wat ‘n ou kan help met die dinge nie.

Iets soos: ” Marriage for moffies 101″ sou nou baie handig gewees het.

My vriende wat gay is, is nog nie getroud nie, so ek kan nie regtig by hulle hoor of dit normaal is om so op my senuwees te wees nie.

Onthou meisies word grootgemaak met die idee van ‘n van wat verander, dat dit gaan gebeur. Ons seuntjies word opgebring om die “naam” voorentoe te vat. Soos wat my geluk mos nou maar is, is ek ook die oudste kleindkind. Praat van “perform under pressure”…

Wel, maar hier staan ek nou en as ek terug kyk na waar ek vandaan kom, weet ek, ek is deur die diepste wroegings van menswees, die donkerste hoeke het ek gesien, en as ek moet eerlik wees is my lewe niks minder as ‘n wonderwerk nie.

Ten spyte van al die senuwees en vlinders en cream dougnuts (wat ‘n bitch op die heupe is), weet ek wel die volgende.

Julle  kry my nie in ‘n rok nie.

14 Responses to “Nog net ‘n week.”


  1. 1 boervrou November 28, 2009 om 9:03 vm

    So die dag as die skool sluit is jy amptelik mev. mmm of is jy mnr. mmm? Sterkte die reelings is seker hectic!

  2. 3 waterstroom November 28, 2009 om 10:50 vm

    Hey!
    Ek wil ook kom skattie!!
    Ek weer love rokke.
    Be blessed in jul gay huwelik!
    Great man!
    Mhwah!
    Gaynora

  3. 5 Sonkind November 29, 2009 om 12:37 nm

    Toemaar, moenie stres nie, baie vroumense sou ook eerder in ‘n broek getrou het as hulle kon. Dit gee nuwe betekenis aan daardie uitgediende gesegde van wie die broek in die huis dra! Anyways, geniet jou troue gate uit, fok die senuwees – mens doen dit net eenkeer vir die eerste keer. Trou nou, bedoel ek 😉

    En ek hoop daar wag ‘n funky honeymoon!

  4. 6 Plaasjuppie November 30, 2009 om 8:41 vm

    Die senuwees is universeel sou ek reken. Baie geluk en mag die huwelik vir julle twee vreugde ongekend bevat.

  5. 8 Girl van die Suburbs November 30, 2009 om 9:07 vm

    Ek dink ‘n rok kan werk… was Saterdag by Sisters with Blisters en daar het darem “dames” vir jou parade in rokke… Balrokke… STUNNING! met sulke killer hakke ook nog!

    Gaan ons darem ‘n kiekie te siene kry?

  6. 10 demoerin November 30, 2009 om 9:49 vm

    OK, nou nogge paar dae nader!
    Ek dink ook die senuwees is universeel, daar is geen verskil nie… onthou selfs met ‘n bruidegom/bruid is albei op hul senuwees, nie net die bruid nie.

    Ek dink jy het teen die rok besluit toe jy daardie kiekie gesien het…. liewe ma!!

  7. 13 lindzie November 30, 2009 om 12:38 nm

    Ja maatjie, ek kan nie wag dat jy in hierie hectic familie in trou nie en jou van wat gaan verander na DIE van , ek voel jou pyn… Hehehe.. hoop net ek word wakker om jou wakker te gaan maak, ag maar ek glo ek sal ek is so opgewonde mens sou sweer ek trou.. Ag eks so bly.. Jy gaan gelukkig wees ek weet..


Lewer kommentaar op flintstoned Kanselleer antwoord




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 771 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf