So, nou is ek getroud :)

Wel, ek glo vandag dat daar met goeie rede, en baie wysheid, deur onse Hemelse Vader deurgegee is dat ons net een keer moet trou, en so moet bly. Trou is nie vir sussies nie, en ‘n bitch op die senuwees.

Die oggend was bietjie rof gewees, maar “God bless” my haarkapper, die man was weer gereed met ‘n oplossing soos gewoonlik. Toe ek instap sê hy:” Skat, jy lyk stressed out” *flap-flap met skêr*,

” Hier drink” en gee vir my  ‘n pilletjie.

Wel, toe ek by daai binnelandse sake uitstap ( moes daar trou, julle ken my geskiedenis met die kerk) toe soek ek net ‘n bed. Ek kon skaars onthou ek het my naam geteken. Dis ‘n goeie ding ons funksie was eers die aand gewees want ek moes omtrent 5 ure slaap voordat ek weer mens was. As daai ‘n bruid pilletjie was soos hy gesê het, dan  het bruide die gestelle van Brahmaan bulle.

Moeg maar Gelukkig

Die oggend soos ek sê was baie rof gewees, ek was ‘n mess nadat my ma uit die kaap gebel het (Sy het so bietjie vergeet ek trou), en my sussie hulle se kar het besluit hy breek.

My arme vriendin, sy blog hier, moes my nukke ontgeld, en ek moes hard jammer sê na die tyd.

En almal vra:” Voel jy anders?”, ek neem aan hulle bedoel noudat ek getroud is, en die antwoord is ja. Toe daardie tannie met haar ponytail wat uitmekaar bliksem die huweliks dingetjie aflees, en my man sê “Ja”, en ek sê: “Ja” het ek besef dat ons nou ‘n lewe saam het. Ek dink alles het eers op daardie oomblik ingesink.

Die tannie met die ponytail het ons vertel ons is couple 17 (same-sex union) en al die voriges was meisies, waarvan net een nog saam is. Goeiste dink ek toe by myself, dis nou encouraging van haar om sulke statistieke aan ons voor te gee minute voor ons trou. Ek het myself daaraan getroos dat ons darem al drie jaar saam is, en meeste van dit saambly, so ons het so bietjie oefening agter die rug.

Ek noem dit oefening, maar na die troue sien ek my ou liewe ouma (die diva) het ‘n ander siening oor dit. “Ja, ek is bly om te sien julle tweetjies leef nie meer in sonde nie” was haar woorde. Is sy nie die coolste vrou ooit nie?

Ek raak nog gewoond aan die nuwe van, sal seker ‘n rukkie vat, maar my nuwe man veruil ek vir niks. Ek besef nou meer as ooit hoe lief ek hom het.

Advertisements

16 Responses to “So, nou is ek getroud :)”


  1. 1 Vlam Desember 8, 2009 om 9:40 nm

    Baie geluk! Nou begin die 7 sakke sout opetery… 😉

  2. 3 Sonkind Desember 8, 2009 om 10:43 nm

    Darem eers honeymoon en strawberries en cream voor die sout! Buitendien, maak soos Sannie, eet die sewe sakke sout sonder swaarkry 😆

  3. 7 Xena Phoenix Desember 9, 2009 om 8:18 vm

    Baie geluk! Ek hoop dat julle altyd die dag sal koester en nooit sal berou nie. En dat julle die 7 sakke sout darem met 70 sakke pop corn kan meng.

  4. 9 Girl van die Suburbs Desember 9, 2009 om 12:33 nm

    Kyk net hoe rooi is daai ogies!

    Nou watter een is meneer dan nou? Of mevrou… ek meen jy? 😉

    Links of regs?

  5. 13 BB Desember 15, 2009 om 7:22 vm

    Hurrrrraaaaa vir daardie ouma van jou!!!

    En wat is ‘n wedding sonder goeie raad:

    To keep your marriage brimming,
    With love in the loving cup,
    Whenever you’re wrong, admit it;
    Whenever you’re right, shut up.
    😉

    Be Blessed!

  6. 14 flintstoned Desember 15, 2009 om 12:12 nm

    BB, amen….

    Dankie 1000! Goeie advies 😉

  7. 15 lindzie Januarie 6, 2010 om 1:03 nm

    Julle het stunning gelyk!!!!! Bestel ‘n biekie weer van daai bruidspilletjies ag tooooeee!!!!! Love you

  8. 16 flintstoned Januarie 6, 2010 om 1:08 nm

    Gots, daai pilletjies het amper my hele dag opgeneek, LOL, slaap amper die onthaal mis en alles….

    Wys jou, MOENIE MY ALLEEN IN DIE HAIRDRESSES LOS NIE!!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: