Die man.

In my soeke na jou, het jy jou gesig verloor.Jy het slegs die man geword wat ek moes vind, maak nie saak wat nie.Sewentien jaar is n lang tyd.Ek het man geword, jy het oud geword.

Toe ek jou die eerste keer sien het ek gewonder of ons ooit weer pa en seun gaan wees.En ek is daardie dag daar weg sonder om enigsins nader aan jou te voel. Ek het gevoel dat ek my deel gedoen het, ek het jou opgespoor.

Toe bel hulle om te se dat jy siek is, en ek is weer na jou toe. Hoe bly is ek vandag dat ek wel gegaan het. Jy was so swak en broos. Daar was net vel en been oor van die man wat ek onthou van kindsbeen af. Toe ek jou vashou en jou ribbes steek vol woede in my bors vas, het ek geweet ek is lief vir jou. Ek onthou hoe jy my leer swem het, en hoe ons gaan jag het op die plaas. Ek onthou dat jy enige motor, trok of trekker kon regmaak.

Ek onthou hoe ons soggens die sons opkoms van die strand af dop gehou het.Ek onthou jou lag as ek wen, en jou troos as ek sou verloor.Ek ruik jou Boxer twak en ou pyp in die kamer as ek kom more se.Ek onthou jou as die sterk pa wat jy was, wat monsters onder die bed verjaag het en einas weg getoor het met comic band-aids.

Ek onthou hoe ons see-kos gaan uithaal het, en jy dit in see-water gekook het.Perekuil, mossels en perlemoen.In asyn het ons dit in gelê, met klein uitjies wat gedurig deur een van ons twee uit die bottel gesteel is. Ek onthou, pappa, ek onthou….

Nou is dinge anders, jy is weg. Ons het mekaar nooit weer werklik leer ken nie, tyd was te min. Ek het eers gedink dat dit n probleem gaan wees, maar dit is nie. Die ingebore Pa/Seun-band is nog daar. Jy was minstens deel van my vormings-jare. Jy het my leer loop en lees…

Ek wens so dat jy net nog n bietjie langer kon lewe. Toe ek jou vertel het dat ek gay is het ek het verwag dat jy sou kwaad wees, maar toe jy se dat ons na mekaar moet omsien en mekaar moet waardeer wou ek jou net omhels en soen en dankie se. Ek onthou nou dat jy nog altyd baie oopkoop was in baie dinge, maar dan weer so vereng in ander.

Jy is die man wat vir 17 jaar in my drome gespook het. Ek dink ek was verkeerd. Ek het jou nooit ophou lief-hê nie…

Advertisements

11 Responses to “Die man.”


  1. 1 demoerin Desember 10, 2009 om 7:48 vm

    Sekere bande sal nooit breek nie. Ons maak onsself dikwels dinge wys, wat nooit waar is/was nie. Die brein is dikwels jou eie grootste vyand.

  2. 2 Vlam Desember 10, 2009 om 9:08 vm

    Eintlik ‘n blooming sad storie. 😦

  3. 5 Girl van die Suburbs Desember 10, 2009 om 9:32 vm

    Sjoe…. Dis regtig hartroerend!

  4. 6 Plaasjuppie Desember 10, 2009 om 11:06 vm

    Dit is sad, maar terselferdtyd laat dit ook ‘n warm gevoel. Om te besef jy was/is lief vir hom ten spyte van alles, laat jou toe om hom vir altyd met deernis te onthou.
    Ek is net bitter spyt en het nie 16jaar voor sy dood eerder as 16 jaar daarna tot daardie besef gekom nie

  5. 7 boerinballingskap Desember 10, 2009 om 3:15 nm

    Mooi geskryf. Ek is bly vir jou onthalwe oor die positiewe herinneringe.

  6. 9 kepinghidup Desember 12, 2009 om 2:59 vm

    Regards from Asia..

  7. 10 Antie Koekie Desember 25, 2009 om 10:08 nm

    Kersiepit, ek’s moes vanaand so van dag 1 af kom oplees. Hierdie is MOOI!
    As iemand met ma-issues, kan ek verstaan wat jy sê—- ek wens net ek en my pa kon vrede maak voor sy dood.
    As ek net een keer kon weet of hy ooit vir my lief was……………..

    • 11 flintstoned Desember 25, 2009 om 10:19 nm

      Antie Koeks, ek dink nie ‘n ouer kan kies of hulle ‘n kind lief het nie. Hulle kies wel hoe om dit te/of nie te wys nie. Ek is seker jou pappa was sommer baie lief vir jou, dalk het hy net verhoudings issues gehad, jy weet, gesukkel om te wys (lees connect).

      Ek voel dat(en dis nou op myself van toepassing, maar dalk pas dit jou ook) dat die vraag eendag nie gaan wees of hy ‘n goeie Pa was nie, maar of ek ‘n goeie kind was.

      In die groter prentjie van dinge maak dit nie regtig saak wat hy was nie. Ek maak net seker ek maak nie sy mistakes nie.

      Ek gee om wel baie toe. Deur jare se dinge met hom, het ek ‘n mens geword wat diep in ander se siele lees. Ek weet waar om te kyk, en dan weet ek wie om te laat smile.

      Dit maak seer, maar ek glo (en die is een van die reels waarby ek lewe) dat daar geen groei sonder pyn kan wees nie.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: