Ek is…

Indien jy ooit sou wonder wie ek is, of jouself sou afvra wat my dryf, dan wil ek die volgende vir jou sê. Ek is in besit van ‘n komplekse siel, met fassete wat ek self nog nie almal ondek het nie. Ek twyfel of ek self my diepte ken.

Wat ek wel weet is dat ek n hart het. In die kern van my menswees is daar sleg sowel as goed. Ek lag en huil in gelyke mate. Omdat trane nie altyd rol as ‘n wond diep in my hart oopskeur nie, wil nie sê dat ek nie voel nie. My bloed is nie Novocaine nie.

Ek het ter wille van my eie behoud en oorlewing geleer om nie te veel op dinge te dwaal nie. Dit mors kosbare tyd. Dit tel nie net vir hartseer nie, maar vir alles behalwe gelukkig wees. Hartseer ; Kommer; Teleurstelling; Pyn; Woede; Spyt en alles wat soveel van ‘n mens se kosbare tyd opneem, roof jou van kosbare tyd om te lag.

Tyd is vir my ‘n groot en waardevolle komoditeit. Ek weet hoe dit voel om te weet die lewe, veral my eie, tik konstant by my verby. Ek dink nie te vêr vooruit nie. My doelwitte is altyd naby, daarna maak ek nuwes. En deur dit alles probeer ek om te lag.

Advertisements

9 Responses to “Ek is…”


  1. 1 demoerin Desember 15, 2009 om 9:41 vm

    Ok, jy noem dit ‘n komplekse siel…. ek noem dit my koppie wat raas. Same thing. Ons is eintlik maar almal komplekse wesens, die mens is nie ‘n lego-mannetjie nie. Ons hanteer net dinge verskillend.

  2. 3 Girl van die Suburbs Desember 15, 2009 om 11:02 vm

    Ek is verseker my eie grootste vyand… By verre!

  3. 7 Sonkind Desember 16, 2009 om 9:17 nm

    Ek het die storie al mooi belees – dis meesal komplekse siele wat blog en wie se blogs dan wel die moeite werd is om te lees. En dit sluit julle almal hier bo in 🙂

    Ek en Andrew het ‘n gedeelde gesegde gehad – ons almal het ‘n kraak weg, party se krake is net dieper as ander s’n. My kraak weeg nogal swaar op die Richterskaal 😈

  4. 8 flintstoned Desember 16, 2009 om 9:44 nm

    Sonkind, ek dink ek stem saam met jou op die een. Ek het eendag ‘n kursus bygewoon waar die lektor gesê het dat ‘n persoon wat skryf ‘n pad vol draaie moet loop voordat hy sy saak so kan stel dat amper almal dit verstaan. Dis al hoe jy leer om ‘n “ander” perspektief oor ‘n saak te kry sonder om beinvloed te word deur ander se teorie. Dit beteken natuurlik nie dat jy ander se idees oor n saak moet afjak nie, maar ondersoek self die saak en kom op jou eie antwoorde af.

    En laastens wil ek sê dat ek jou kraak bewonder, want jou skrywes raak iets diep binne in my as leser. Dalk eendag as ek groot is kan ek ook so skryf soos baie van julle hier.

  5. 9 Antie Koekie Desember 25, 2009 om 10:20 nm

    Jy hoef nie nog baie groter te word nie——— jy het ‘n raakvat manier van ‘n ding sê, wat ‘n mens binnekant vasvat.
    Keep up the good work.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: