Ek is alweer gatvol.
Op my blog het ek nog net 4 spam comments gehad, en drie van hulle was oor die feit dat ek gay is. Ek vra julle nou, sê ek iets wat die hetero gemeenskap ontstel?
Ek verstaan die meeste wat hier comment is straight mense. My vriende wat hier lees,
lees van Facebook af, en comment nie hier nie, maar op Facebook.
Ek verstaan dat daar moegoes is wat net nie kan verstaan dat ons gay oukies nie kan verander nie, ons kan net nie anders wees nie.
Ons, wel ek, kan nie straight gebid word nie, ek gaan nie straight gebliksem word nie. Laasgenoemde het ek geleer uit ondervinding. Onthou my pa was ‘n rekkie, so maak nie saak hoeveel keer jy my “slapgat”, “moffie”, of “trassie” noem nie…”I’ve heard it all before”. En dan van iemand af wat die mag gehad het om my seer te maak. Jy het nie ‘n effek nie.
Vader man, ek pla jou nie. Ek ken jou nie eers nie, en jy ook nie vir my nie. Bly weg en spaar jou internet vir pornografie of iets dergliks soos dit.
Jy gebruik vals e-mail adresse om my te kom ontstel, lafhaard. Jou nuutste naampie wat jy gebruik het was QueerHater en jy het hier kommentaar gelewer. Ek dink jy is ‘n slegte karakter wat tien teen een jou vrou en kinders bliksem as jy saans gesuip by die huis aankom. Dis wat mense vol haat doen, en glo my, van haat kan jy my niks vertel nie skat.
Soos wat Girl van die suburbs eendag iewers gecomment het : ”Bou ‘n brug”
Dis wat ek vir jou wil sê.
Nee ek lieg….
Wat ek vir jou wil sê is dat ek dalk soos my Mamma stap, maar trust my, ek donner soos my Pappa. Blêddie poephol….
Mooi so! Ons het nie sulke idiote onder ons nodig nie—– ons second thoughts, ons het ni sulke idiote in die lewe nodig nie.Punt.Jy’s gay, dus is jy openlik in ‘n boks, waaraan ‘n etiket hang. Ek’s (baie!)straight, en ek is dalk baie meer “flintstoned” as jy, want ek was 100x getroud; ‘n slegte huisvrou wat dit haat om kosbare leestyd in die kombuis te mors. Maar ek pas ni in ‘n duidelike boksie nie, daarom kry ek nie die veroordeling wat jy kry nie.
Dis so opgefoeter! Maar die veroordeling van die ouers se kant, kan ek en jy saam miskien ‘n boek oor skryf, en miskien ook die helfte van almal wat hier blog.
Sterkte, keep up the good work.
LOL @ 100x getroud!!!
Jy sal die arme ou Liz Taylor laat skaam kry, Charlize moet op sy staan, die nuwe Suid Afrikaanse seksgodin is hier 😉
Hallo daar Flintstoned, so vinnig kom inloer, het jou raak gelees daar op Bierpens se blog, sal weer so draaitjie kom maak. Wil gou bietjie lees wat skryf jy alles 😉
Dit moet die ougatste Smurfi foto wees wat ek ooit gesien het!!
Lees lekker, hoop jy lag darem so bietjie vir hoe ek spel 😆
Ek skenk ‘n vrag bakstene vir die QueerHater. Hy moet nie sukkel met die brug nie.
Flint,die ou is net bang jy stel nie in hom belang nie. Daarom dat hy nou al vol draadwerk is. Dan kan jy hom nie verwerp nie.
Ja jong, dalk moet ons nog net Manto se brein ook aan hom skenk, iets is beter as niks.
Ek skenk die sement 🙂
😯
Zee, bly om jou hier te sien!
Met al die skenkings bou die ou dalk ‘n huis en skiet wortel hier by ons, dit sou nice wees. Ek kan dan elke dag op sy site gaan liefdes boodskappies los. Fight fire with fire? Bullshit, you fight fire with water… 😉
😆
Sies, moenie so lelik wees nie; namens al die vroue van SA maak ek kapsie @ die feit dat jy Manto se brein so wil misbruik.Miskien is hy ‘n muisklein ou mannetjie wat getroud is met 2m lange, baie butch vrou, wat hom al sy hel gee! LoL!!
Ja nê, mens mag droom 😉 ❗
lollers….
Daar’s ‘n ou gay gesegde wat so lees:
“I’ve got the mind of a women and the strenght of a man, f$ck with me…”
Mannetjie, ignore! Sy vrou het hom seker gelos, hy soek aandag! Ek sê altyd gays los at least kinders uit…heavy shit ek weet, sorry maar dis hoe dit is. Hoeveel straight, kerkgaande mans kan nie hulle hande van kinders af hou nie? Okker!
Tannie van plaas LOL! 😉
😉
Weet jy wat? …… as driekwart van die manlike geslag net so ‘n bietjie gay was, was die wêreld ‘n beter plek en daar sou baie minder egskeidings gewees het! ‘n Vrou kan mos met julle mense praat – julle verstaan ‘n vrou se hart! Van my beste vriende is gay. Mense op wie jy altyd kan staatmaak en altyd daar is vir jou. Skop daai gemors wat agter spam wegkruip onder hulle gatte!
Ek blog nie eintlik omdat ek iets op die hart het nie. Ek blog net oor goed wat vir my mooi is.
schabbers, dankie vir daardie een 😉
Ek het jou blog se link onder jou url ingesit so nou kan iemand jou mooigoed gaan loer as hulle op jou fotokie click.
Hoop nie jy gee om nie, maar as ek dit nie doen nie merk dit jou as spam.
Daar is ongelukkig geen verskoning vir ‘n gebrek aan maniere nie, selfs al hou jy nie van gays/straight mense/Jacob Zuma nie. Blixemse neanderthal. They live amongst us only because it’s illegal to kill them.
Moving along . . .
LOL, ja, maar weet jy wat? Hy sê sleg en val aan, sonder om rede te gee, dit laat my wonder of daar nie ‘n issue of twee is waarvan hy wegskram nie. Ek hoop hy kry waarna hy soek, werklik ek doen, want dit moet hel wees om met soveel haat in jou hart rond te loop.
Daar sal ook altyd ‘n drol in die drinkwater ronddryf! Hulle is oral en die beste is om dit net te laat vaar…
Flints, dit waarteen mense die hardste baklei, is gewoonlik dit waarvoor hulle die bangste is. En baie keer is hulle bang, omdat dit te na aan die been sny. Die ou is dalk self nie van die straightste nie en om jou aan te val, is al wat hom laat voel hy is in beheer. Hy is “man”. Jy moet hom vertel dit vat ‘n grote om ‘n kleintjie raak te sien! 😆
Ek het nog nie vantevore ge”comment” nie, omdat ek nie eintlik gevoel het ek kan iets van waarde sê nie. Maar ek wil net nou sê dat ek jou blog geniet en hoop jy bly. Aan die poepholle kan ons niks doen/verander nie en ons sal hulle altyd by ons hê. Ongelukkig.
Geseënde Kersfees vir julle.
Baie dankie Twilight. Nee wat, ek hardloop nie sommer weg nie. Ek sal nog ‘n hele ruk hier wees. Geseende Kersfees aan jou ook 🙂
http://altandrea.wordpress.com/2009/12/20/88-die-rowe-is-af-en-dit-bloei-weer/#comment-452:
Hi. Eks terug! Ek stem nie heeltemal saam met wat jy sê nie. “sonder uitsondering gevind, en ek kan dit bewys, dat feitlik elke straight blanke man, wat ‘n issue met gays het, net so veel ‘n issue met rassisme het” Dis lelik en onregverdig. ‘n BLANKE BOER hier is saam met ‘n SWART vrou. (En nee ek lieg nie ek sweer dis die waarheid). Ek kan jou ‘n foto stuur.. Baie gelukkig, hulle altwee werk hulle self simpel SAAM. Anyway om ‘n lang storie kort te knip. Hy het nie tyd vir gays nie! EN believe me, hys geen rassis nie!
Weereens wil ek jou daarop wys dat mense wat issues met gays het nie, nie rasse issues het nie, dis totaal en al verskillend. Hier op ons plaas was ‘n oukie’ Swart en gay. Die Swart mense wat saam met hom gewerk het, het vir hom gelag en hom verwerp. Niks met sy ras uit te waai nie…
Ek is gatvol dat alles in ‘n rasse-ding ontaard! Dis bull-dinges!
Dankie Boervrou, die comment hier bo is die gesprek wat verder aangaan op Antie Koekie se Blog. Die artikel deur Tannie Koekie is by die link wat aangedui is te vinde. Dankie dat jy dit gestuur het Boervrou. 🙂
Plesier mannetjie. http://boervrou.wordpress.com/2009/12/20/die-13-dinge-ding-en-14-is-spesiaal-vir-mannetjie/
Hehehehe @ al jou kommentators . . . solank jy jou nie regtig steur nie en aanhou skryf, is ek fine. Ek geniet jou posts en jou comments oral. Jy’t so ‘n “mensch”-wees aan jou, ek gee jou sommer ‘n stywe druk!
Ag dankie man!!
Kyk Noord!
Elk geval, ek kan nie verstaan dat iemand so verskriklik baie te sê het… maar dan agter ‘n skuilnaam en vals e-mail moet wegkruip nie. Dit is seker swaar om so lafhartig te wees.
Ai Kersiepit… Ek het nou die dag by Ingrid gelees hoe hulle haar ook aangeval het oor haar lewenstyl en keuse. Dis seker maklik om te se draai om en stap weg, want (dankie tog) ek is nog nooit aangevat oor my kak verlede nie.
Ek reken mense soek skoor oor hulle weet hulle gaan reaksie kry. Blok hulle as jy moet…
But whatever you do… Moet nooit ophou in liefde optree nie want dit maak wie jy is… ‘n Regte man.