Dinge van ‘n kind

Die ding met Kerstyd is dat dit my altyd laat onthou en wonder…

Ek was die tiener uit die hel gewees. Ek sit vandag en terug dink aan die tyd toe die poliesie ons by die skool kom haal het. Ons is nou vir my en Thys.

Thys was in St.7 en ek in St.8. Thys was wel ‘n jaar ouer as ek, en so mooi soos ‘n engel. So een aand stap ek en Thys terug huis toe van die Spur af. Ons het altyd Vrydag aande daar bymekaar gekom saam met ons buddies, en ek en hy voel toe dat dit ‘n goeie tyd is om te gaan kuier by die enigste kroeg in ons ou dorpie. Tropicana was die naam van die ou plekkie gewees.

Jy hoef net daar in te stap om depressief te word, maar die wêreld lyk nuut op die rype ouderdom van 16 en ons bestel ons biere en gaan sit in ‘n donker hoek.(Mens weet nooit waneer Mnr. Stonehouse besluit hy is dors nie en as hy jou vang word jy Maandag voor die skool uitgeroep by die saal byeenkoms)

So word ons dronk. Op ons jong fikse ouderdomme het dit nie veel gevat om ons so te kry nie, en so tussen die badkammer toe slinger deur stap ons in sy neef vas. Die was duskant 40, en Thys se voog.

Hy was toe nie so kwaad as wat jy sou dink nie, en ons kuier saam met hom verder. ‘n Rukkie later tik Thys my op die skouer en wys my sy neef se kar sleutels. Nou ek hoef nie te verduidelik dat enige seun op 16 wil bestuur nie. Natuurlik glip ons weg en gaan soek na die kar. Horing dronk natuurlik…

Nou, in 1996, was die spesifieke Mercedes nogal ‘n baie moderne kar, en dis wat op ons wag toe ons daar kom. Ons was nat. Ons klim in, Thys eerste, en daar gaan die ou voor ons se agterste bumper, en ons voortse een. Thys en ek kyk mekaar, en ons ruil sitplekke sommer so binne die kar.

Ek reverse, en daar gaan ons agterste bumper, en die ou agter ons se voorste een. Ek probeer weer, en kom uit die parkering uit minus ‘n voorste bumper, en ‘n baie mooi sparkler wat agter my aansleep deur die hoofstraat agv die agterste ou se bumper wat nog vas sit aan ons sin.

Ons stop nie want netnou kan ons nie weer weg kom nie. Ons ry en iewers vrek die kar omdat ons clutch control nog nie so goed is nie. Thys vat oor.

Hy ry daai bonnet vir jou so knak deur die middel teen ‘n muur vas.

Ons los toe maar die kar daar, en stap die twee blokke terug kroeg toe, en gaan sê so ewe nag vir sy neef voordat ons na my huis toe gaan. Wel, Maandag is Thys nie by die skool nie. Ek bel maar kry nie antwoord nie. Voor tweede pouse word ek kantoor toe geroep en daar staan twee ooms in blou, en ‘n baie befokte mamma vir my en wag.

Ek het net geweet ek gaan bars. My Dad, vreemd genoeg, het half verlig gelyk. In na denke besef ek dat dit dalk was omdat hy op daardie stadium al woes begin stres het oor my “voorkeure” van lewensmaats, en hy het dalk hoop gesien omdat ek ook aanjaag soos ander laaities.

Dit het hom iets anders gegee om oor te gesels met sy braai tjommies. Ek neem hom nie kwalik nie, geen ou wil gaan afshow met hoe mooi sy seun hare blaas by ‘n bierdrink braai nie. Wel, nie waar ek vandaan kom nie.

My Dad het gegaan en mooi gepraat met Thys se neef, seker maar die kinders is kinders ding gewees, ek weet nie. Daar was toe darem nie sake nie.

Hy het nog mooier met my bemoerde ou moedertjie gesels, maar dit het minder resultate gehad. Ek hoor dit vandag nog. Veral as sy my twee jonger broers vasvat sê sy graag:”Ek het jou boetie gekry tot waar hy is, kardiefstal en al, ek skrik nie vir julle mannetjies nie!”

Die ding is, ek praat hier van my stiefpa, maar ek onthou nooit die stief deel nie. Hy was Pa. Hy was kwaai, maar hy was cool. Vandag nog is hy iemand waarvoor ek lekker kan lag.

Ek wonder wat het van Thys geword?

Advertisements

24 Responses to “Dinge van ‘n kind”


  1. 1 Jo-Ann Desember 22, 2009 om 11:00 nm

    Lekker gelag… die dinge van kinders.

    Ek was boringly voorbeeldig…. tot op ‘n dag. Eendag bieg ek miskien.

    My arme ma het baie gou huistoe gebel as die brandweer se sirenes in Walvisbaai afgegaan het… my een boetie was vlamverskrik en het ‘n slag die rietbos buite Walvisbaai per ongeluk aan die brand gesteek met sy vuurhoutjiespelery… en die manne in blou het natuurlik vir my ouers kom kuier. Dieselfde boetie het amper ‘n woonstelgebou afgebrand… het met vuurhoutjies gespeel onder ‘n bed met ‘n klapperhaarmatras en daardie matras het vlam gevat…

    Ons het hom oorleef…. hy is nog altyd lief vir vlamme – hy is ‘n meester braaier.

    Lekker aand vir jou!

  2. 2 meermin Desember 23, 2009 om 6:59 vm

    Ja die goeie ou dae!!

  3. 3 ingrid Desember 23, 2009 om 7:05 vm

    Kinderkattekwaad op die platteland, laat my sommer ligjare terug dink 😆

  4. 4 Antie Koekie Desember 23, 2009 om 7:21 vm

    Ek dink dis omdat ek hierdie voorbeeldige Babsie Boekwurm was, en nooit ooit stout gewees het, dat ek as volwassene, op 29, heeltemal die dam onder elke eend uitgeruk het.
    Maar darem nog nie met die bloubaadjies te doen gekry.
    Sjeez, tussen jou en Sonkind en DiMin, sit ons met ‘n klomp (gerehabiliteerde) kriminele!!
    Jo-Ann, kom nou, ons is mos vriende, vertel………!

  5. 5 demoerin Desember 23, 2009 om 7:26 vm

    😆 Yip, ons sit as neefs en niggies nog gereeld en terugdink aan die kak wat ons aangevang het. Sekere dinge is wel al beken…. daar is egter dinge waarvan ons ouers NOOIT sal weet nie,

  6. 6 Skoor Desember 23, 2009 om 8:29 vm

    Nostalgiese verhaal! Dink ek nou terug aan my nefie wat kiertsregop agter ‘n Renault 9 se stuurwiel staan met sy voet plat op die pedaal dat daai Renault se gat so swaai-swaai op die grondpad! Hy was nog op laerskool. En ek was veronderstel om die kinders in toom te hou…

  7. 8 Girl van die Suburbs Desember 23, 2009 om 8:55 vm

    Jong…. Daai Spur… Deel… Ek het begin waiter op 15 in die eindste local spur… Die manne in blou moes my een aand huis toe stap om my nugter te kry. Ek reken as mamsie en pappie weet wat hul oudste en enigste dogter aangevang het met alkohol as inspirasie…. wag dis dalk beter dat hulle nooit sal weet nie! :mrgreen:

  8. 11 demoerin Desember 23, 2009 om 12:42 nm

    😆 Ek en die neefs en twee niggies wou een aand my niggie se pa se kar “leen”. Dit was een of ander moerse groot Ford kar. Ons het gereken sy is die oudste, en het learners, so dis mos ok. Sy verwar toe effe reverse en eerste en ons is vorentoe die garage muur is.

    Ons het gaan slaap, en die volgende oggend ewe getrou my oom gebel (hulle was weg vir die naweek) en hom vertel iemand het die kar probeer steel… die polisie en alles was daar…. en tot vandag toe weet niemand behalwe ons vier nie.

  9. 16 kaalvoetinireen Desember 23, 2009 om 3:04 nm

    As ek nonsens aangejaag het, was my pa die eerste een wat ek vertel het, want hy moes my ma kalmeer. Ek dink hy het verstaan omdat hyself as kind soveel kak aangejaag het. Ek sal liewer niks se oor my dae in die koshuis nie…

  10. 20 BB Desember 24, 2009 om 6:59 vm

    Ek het ook my ma se Golf geleen eendag (in St 7) – ek wou gougou kafee toe ry… toe ek wegtrek is ek in reverse pleks van in 1ste – en ek laai toe ‘n lapapaal in die boot in 😳 vertikaal! Ek het amper 6 maande lank Saterdae in ‘n coffeeshop en Sondae in ‘n restaurant gewerk om die skade te betaal.
    My ma vertel nou nog hoe hulle gesukkel het om die kar daar weg te kry sonder om die lapa in duie te laat stort.
    Ek slaan steeds in koue sweet uit as ek iemand hoor sê ‘ek ry gougou’ – ‘gougou’ se eeehhhhmmm is daar ‘n ander woord vir ‘moer’ 😕

  11. 22 Girl van die Suburbs Desember 24, 2009 om 9:45 vm

    Voor ek jou erens mis my fairy maaikie!

    ‘n Geseende Kersfees vir jou en jou familie! Mag julle geseen word met onmeetbare liefde en vreudge vir altyd!

    **mwah**

    :mrgreen:

    Girlie!

  12. 24 demoerin Desember 24, 2009 om 11:07 vm

    Ek gaan nou stadigaan my portrette en servette oppak. My beste wense vir ‘n Geseënde dag more. ‘n Dag vol saamwees, liefde en vrede.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: