Ek vra hulp asb.

Ek sal baie graag ‘n blogroll wil maak van blogs wat handel oor gay-wees of geskryf is deur gay-mense. Mans en vrouens. Indien julle so gaaf sal wees om die links vir my hier te los sal ek baie dankbaar wees.

Die rede hoekom ek dit wil doen is omdat ek baie vriende het wat van facebook af lees, en hulle sê dat hulle sukkel om gay leestof in Afrikaans  op die net op te spoor omdat ons nie altyd ‘n gay tema gebruik vir ons skrywes nie.

Ek hoop nou nie ek trap op iemand se tone nie, ek het net gedink dit sal help.

Advertisements

20 Responses to “Ek vra hulp asb.”


  1. 2 Antie Koekie Desember 22, 2009 om 7:14 nm

    Sal so maak, alhoewel ek eintlik net my gereelde groepie kuierplekke het.
    Miskien struikel ek oor iets.
    hoekom kty ek die idee, onder ons klompie, is ek die oudste?
    Is daar nog bo 50 jarige bloggers, mans of vrouens?
    Stuur dit weer aan na my kant toe OK?
    Sal lekker wees om nie so antiek (Ha.Ha.Antie -K!!)te voel nie.
    Alhoewel ek in my diepste binneste WEET julle jonges LEEF vir die wyse woorde van goud wat elke dag oor my ingesonke lippe val, soos pêrels.
    Is mos, nê? 😆

  2. 3 flintstoned Desember 22, 2009 om 7:57 nm

    Ja, nes Antie daar seg. Ons jong ouens leer mos maar so by die ouer mense. Ek het nog altyd gesê ons geskiedenis en kultuur lê weg gesluit in ouetehuise omdat ons te min luister na die ouer geslag.

  3. 4 alleman Desember 22, 2009 om 8:41 nm

    Behalwe wat BiB daar se, is die eerste, en mees interessante blog van ‘n gay man waarvan ek weet, seker George Maru se blog by http://riviersonderend.net
    Hy het wel lanklaas oor gay sake geblog, maar kyk veral na sy vroer inskrywings.
    ‘n Ander gay man wat baie interessant blog, is Pierre de Vos by http://constitutionallyspeaking.co.za/
    Hy skryf nie veel oor gay sake nie, maar sy blog is nogtans baie interessant (al is dit ongelukkig Engels)

  4. 5 Antie Koekie Desember 22, 2009 om 9:32 nm

    Flinti, te duiwel met geskiedenis en kultuur—— ek praat van doodgewone survival tegnieke.
    Ek bedoel, wat ons tot hier gebring het in een stuk, moet julle nog self uitfigure.
    En soos jy op ‘n ander plek gesê het, wenke en idees oor trou en skei, wel die het ek nogal genoeg van 😆 Lekker aand verder, en sê vir jou Liefie dié ou antie sê “Hallo”

  5. 6 flintstoned Desember 22, 2009 om 9:35 nm

    Hehehehe, amper gedog ek het Antie ontstel oor my trou comments…..

    Ja is waar, ons het nog baie om te leer, en Liefie lees elke dan en wan wat hier aangaan, so hy ken die Antie al Goed!!

  6. 8 meermin Desember 23, 2009 om 6:57 vm

    Ingrid Venter se blog dalk ? My seun is ook gay! Dit was sy kersgeskenk aan my laas jaar … “ma ek is gay” dit het my gebreek, maar raai wat, ek het dit aanvaar, en leef maar daarmee saam!! Jou kind bly jou kind gay of nie gay nie!! Bloed is dikker as water, en geen ma behoort haar kind weg te gooi omdat hy gay of sy lesbeen is nie!!! Dit was Jaco se keuse om so te wees nie myne nie!!

    • 9 ingrid Desember 23, 2009 om 8:43 vm

      Dankie meermin, die kombuis pryk reeds hier, maar onthou my blog gaan nie net oor gay wees nie, ons is mense met gewone en soms net ekstra obsticales om deur elke dag te kom.
      Wat jy van jou kind se maak dat ek jou vandag ‘n bloedrooi pointsettia wil gee, ene in ‘n pot wat sal aanhou groei. Jy’s ‘n ma duisend en ‘n ster, ek sien die seer van families wat hulle kinders versaak net omdat hulle nie die maat kies wat vir hulle aanvaarbaar is nie en dit maak my kwaad maar ook seer vir hulle part. Mooi so!

    • 11 flintstoned Desember 23, 2009 om 10:04 vm

      Meermin, my Moeder het jare gevat om oor my gaywees te kom, maar sy het oorleef en die Bybel gebere na ‘n stryd wat ek nooit sal kan oorvertel nie.

      Sy het besef (alhoewel ‘n bietjie laat) dat my gay geite niks is wat sy veroorsaak het, of kan verander nie.

      En nou, jare later, hoor ek haar sê dat die ander neefs en niggies nie ‘n “match” was teen die k@k wat ek aangejaag het nie. 😆

  7. 12 Vlam Desember 23, 2009 om 8:01 vm

    Hou van jou nuwe heaser. 😉

    Kan jou nie help nie, sorry hoor. Weet net van jou en Ingrid, alhoewel ek dink daar is meer gay bloggers op my blogroll.

    Maar hoekom spesifiek gay bloggers soek? Moet mens nie eerder soek na bloot lekker leesstof nie? 🙄

  8. 15 Sonkind Desember 23, 2009 om 8:31 nm

    http://blogs.litnet.co.za/LieweLettie

    Ek wil net byvoeg – jou gaywees is maar net ‘n klein deeltjie van wie jy is. Daar is straight mense en daar is gay mense met wie ek nie een minuut van my tyd sal spandeer nie, want hulle is not likeable people. Dit wat ek sover hier oor en van jou raakgelees het, laat my glo ek sal kan kuier saam met jou, omdat jy “my kind of person” is en dit het “sweet boggerol” uit te waai met jou seksuele voorkeure 🙂

    Ek dank elke dag my ma en pa wat my grootgemaak het om verby velkleur en gaywees te kyk en die mens daar agter te leer ken. Gaan lees hierdie by my wanneer jy tyd het (ek het dit nog destyds op wordpress geskryf)

    http://sonkind.wordpress.com/2008/03/06/oom-fred-en-oom-harry/

    Geseende Kersfees!

    • 16 flintstoned Desember 24, 2009 om 12:05 vm

      Sonkind,

      Ek stem 100% met jou saam. Ek glo ook ek is baie meer as net gay. Dis ‘n klein deel van wie ek is. Dankie vir die link. Die rede hoekom ek links soek soos ek gese het is regtig net om dit vir die oukies makliker te maak. Ek dink nie dat ek enige voorkeur het oor wie wat geskryf het nie, solank dit lekker lees.

      Dis erg, maar behalwe vir Ingrid se blog lees ek nie enige blogs wat ek weet gay is nie, dit sou simpel wees. Ek wil lees van mense. Hulle skryf en ek leer hulle ken. Ek sien so stukkie van hulle siel en wereld. Ek krap tussen woorde en kom by ‘n mens uit.

      As alles net gay gay gay was sou ek mos mal word vriendin. Van gaywees gaan niemand my niks leer nie. Ingrid hulle is onlangs getroud soos ons, en ek vereenselwig met hoe mooi die wereld nou vir haar lyk. Ek sien myne ook so. Indien Ingrid straight en pas getroud was sou ek steeds gelees het, want niks sou verander het nie.

      Ek dink jy voel dieselfde hieroor, dit maak ons ietwat befok as mense nie die “mens” kan raaksien nie.Wat maak dit saak wie slaap in jou bed?

      ..en wat ek nou sê gaan my seker in die sop bring, maar ek self is glad nie op die “scene” nie. Ek hou nie van konserthou nie.

      P.s: ALMAL kan gerus daai skrywe van jou gaan lees.

      Pss: As ek geweet het ek gaan ‘n opstel skryf sou ek jou gemail het. 😆

      Geseende Kersfees!!

  9. 17 Cupcake Desember 29, 2009 om 6:04 vm

    Hi Flinti! Lees al so rukkie hier by jou en geniet dit, eerste comment. Wil jy my nie ‘n lyntjie gooi nie, daar is iets wat ek vir jou wil stuur, jy kan self besluit of jy dit wil opsit?

    Hoop jou Kersfees was lekker en die aanloop na Oujaar vol pret.

  10. 19 Kobus Coetzee Januarie 5, 2010 om 9:54 vm

    Flintstoned, lees dan gerus ook my blog – ons comunity groei en groei. Ek het ‘n artikel wat Henk van Staden in ‘n tydskrif publiseer het. Jy moet hom dalk vra daarna, en dit plaas op jou blog. Uitstekend. http://www.nuwebegin.wordpress.com

  11. 20 flintstoned Januarie 5, 2010 om 1:22 nm

    Dankie Kobus, jy is op die blogroll, en ek sal binnekort begin loer daar. dinge gaan net nou bietjie rof met ‘n vriend wat hier kuier uit engeland uit. Jy sal my nog BAIE sien ….. 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,035 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: