My gesig praat…

Ek kom gereeld in die moeilikheid omdat mense kan sien wat ek dink net deur na my te kyk.

My gesig vertel sy eie storie. Dis nie mooi nie. Dis gewoonlik waneer ek die ergste goed dink. Dis waneer ek my moer so pluk dat ek NASA moet bel om dit te herstel.

Nodeloos om te sê dat Kerstyd altyd ‘n goeie tyd vir my is om my gesig te probeer stil hou. Na al die jare sê ek vir myself dis oefen tyd. Na elke Kersfees voel ek, ek moet nog oefen. Dat ek nog ver van die wenpaal af is. Die Kersfees was nie anders nie.

Winkels is gewoonlik waar dit begin.

Die vrou met die baba op die rug, wie se trollie DWARS oor die gangetjie staan. Die “cashier” wat altyd uit kleingeld uit hardloop as dit my beurt is om te betaal. Die pakker wat my tamaties platdruk met die melk bottles. Die karwag, wat ek gewoonlik vir die eerste keer sien as ek my inkopies in die kar pak.

Die poephol met die groot bakkie wat ry asof hy die pad besit.

Meisies, ken julle vir my?

Ek ry sommer vinnig voor hom in en maak of my kar vrek. Ek maak seker my kar “vrek” so dat hy nie links of regs kan verby nie. Dan klim ek uit, en ek maak seker ek is die grootste moffie in die “parking lot”.

Ek kyk daai engine van alle hoeke af, vat natuurlik glad nie, en ek frons. Ek gooi my hande in die lig, en bring hulle veilig (en skoon) op my heupe te lande.

Ek waai vir poephol.”Vreeslik jammer!” skree my gesig. Dan trek ek my skouers op. Soek my sel in my handsak (die grote natuurlik, handsak bedoel ek nou).

Poephol frons.

Ek bel manlief.

“Hier is alweer ‘n poephol in ‘n bakkie” sê ek.

“Jy gaan gedonner word” sê manlief.

Ek loer oor die bonnet. Poephol sit nog en vuur blaas in sy bakkie.

“Nee wat, hy is ‘n bang gat” sê ek.

“Kom huis toe” sê manlief

“Ok, ek wil net eers klaar rook” sê ek en groet.

Die sel bly natuurlik stewig teen my oor soos ek weer oor die bonnet loer. Mev. Poephol se draad lyk ook nou al baie kort. Stadig sit ek dan my sel terug in my handsakkie en stap oor na Meneer en Mevrou de Poephol toe.

Ek maak seker ek stap soos Cindy Crawford op ‘n goeie dag. Ek “strut”, soos ‘n skou perd, handsak klingel-klingel oor die skouer.

“Ek is vreeslik jammer my skat” sê ek vir Meneer Poephol.

Hy frons en sy staar.

“Take ‘n photo, it’ll last longer” dink ek.

“Iemand sal moet help stoot” sê ek vir die man.

My gesig sing ‘n lied van absolute verleentheid. My gehoor luister aandagtig.

En dan, as ek so in my truspeeltjie kyk hoe hy sy vetgat uitsleep en begin stoot, dink ek: “Kry vir jou”. My siel lag weer.

My gesig sê net dankie.

25 Responses to “My gesig praat…”


  1. 1 Antie Koekie Desember 25, 2009 om 8:25 nm

    O, Kersiepit, jy’s WICKED!! Well done, ek wéns ek kon so iets regkry! Maar ek sou my plestiek-verstandtande gegee het om die petalje dop te hou—– veral daai Cindy Crawford strut! 😆
    Sies, girlfriend, dis mos nie die Christmas spirit daai nie!Kan net dink wat daai ou te sê gehad het! HaHaHa!
    Maar nou’t Antie darem weer lekker gelag.

  2. 2 Plaasjuppie Desember 25, 2009 om 9:06 nm

    The dark side is strong with this one 😉

  3. 3 Sonkind Desember 25, 2009 om 9:37 nm

    Bwahahaha! Ek gaan daai een onthou as ‘n bitch met ‘n 4×4 my weer irriteer. Anyway, ek trek weer my mond. Ek hoor gereeld my bektrek spreek boekdele, veral as ek afgepis is!

  4. 6 Krista Desember 26, 2009 om 7:20 vm

    Oe maar jy’s funny, ek sal by jou moet kom lesse neem in spitefullness! Jy’s ‘n meester!

    • 7 Krista Desember 26, 2009 om 8:11 vm

      Ek moes bygesit het: gewoonlik as ek uit die Kapokkie klim (Bantampie) met die piksteel in die hand, het die mense gewoonlik GEEN issue nie – “nee mevrou, geen probleem, vat solank as wat jy nodig het . . .”

      Asshole!

  5. 8 flintstoned Desember 26, 2009 om 9:24 vm

    Bwahaha @piksteel, ek sou net so tegemoedkomend gewees het as ‘n girl met ‘n piksteel op my afstap, glo my…

  6. 9 Dellie Desember 26, 2009 om 10:37 vm

    Whahahahaa! Classic! Ek sien die prentjie en luuuvvv daai ‘strut’ … 😆

  7. 11 maxie Desember 26, 2009 om 7:51 nm

    😆 😆
    Jy is ‘n treat.
    Hierdie het absoluut my dag gemaak, dankie!

  8. 12 boervrou Desember 26, 2009 om 11:39 nm

    “strut”, soos ‘n skou perd. Ongelooflik! Ek sien daai stywe boudjies wat so swaai swaai loop! Die lippe wat lyk of hulle aan ‘n rasberry suig…Ek sien die hele prentjie! Bravo!! 10/10

  9. 14 kaalvoetinireen Desember 27, 2009 om 11:51 vm

    😆 Laat hulle vir hul kry…
    Ek sien die scene in my geestesoog afspeel en wat ek nie sou gee om jou in aksie te sien nie!

  10. 16 Trixi Desember 27, 2009 om 9:00 nm

    Oh hemel daai wou ek sien! You go girl! Jy het beslis my n idee gegee nou! MWA!

  11. 18 demoerin Desember 28, 2009 om 8:10 vm

    😆 … strut soos ‘n skouperd… bwahahahaha
    Klink of die gereeld gebeur ❓

  12. 19 ingrid Desember 28, 2009 om 11:41 vm

    Whahahahahahaha, wens ek kan op so ‘n scene afkom ek sweer ek lag dat die ou dalk net perongeluk agterkom dis ‘n set-up. Dank iets wat ‘n ou soos Leon Schuster kan gebruik. Maar damm wat doen jy as die man in sy spare tyd ‘n mechanic is en in jou binnegoeters wil kom vroetel? 😆

  13. 21 rosalindfranklin Desember 31, 2009 om 12:12 vm

    ek kom gereeld in die moeilikheid omdat my gesig stuurs en nors lyk, terwyl ek nie so voel nie. weird 🙂

  14. 22 Charms Februarie 7, 2010 om 8:23 nm

    Ag was ek maar ‘n vlieg op jou bonnet…… Dankie, ek het nou so lekker gelag.

  15. 23 ellablou Februarie 10, 2010 om 11:56 vm

    hahahaa! Ek het nou so lekker gelag. Ek wil ook so parmantig wees as ek eendag groot word! 🙂


  1. 1 Onvergeetlik Terugskakeling op Januarie 31, 2010 om 8:41 nm
  2. 2 Die begin van die einde « Kouevuur Terugskakeling op Desember 1, 2010 om 6:44 nm

Lewer kommentaar op Krista Kanselleer antwoord




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 771 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf