Elton John is from the devil?

Ek snuffel nou so op die net rond, steeds besig met die doring in my vlees. Die vraag oor God en Gay. Ek weet dis nou al holrug gery, maar ek MOET mos altyd my eie antwoorde soek. My eie demone aanvat…

En so kom ek op die juweeltjie af. Kyk hier, nou het ek alles gesien.

My eerste giggel het begin met die aanhaling wat hy op sy sidebar het.  Ek plaas dit met graagte vir julle hier om te lees.

“Suffering is one very long moment. We cannot divide it by seasons. We can only record its moods, and chronicle their return. With us time itself does not progress. It revolves. It seems to circle round one centre of pain.” Oscar Wilde (reformed homosexual ) —-WTF?

Hy was so skeef soos ‘n 7 tot hy die dag sy kop neer gelê het.

Toe is dit natuurlik die artikel self wat my na valiums laat gryp.

Mammas, asseblief, geen ELTON JOHN om jou kinders nie. Jou seuntjie gaan jou kas bestorm en soos Patricia Lewis op die stoep dans.  Die bure!!

Brand daai Elton CD van jou anders gaan jou dogter ‘n tattoo kry en met haar wiskunde juffrou trou. 😯

..net nie dit nie.

Ok, nou moet ons begin stres. Britney Spears is ook op die lysie sien ek.

Dit beteken daar is duisende 14 jarige lesbene daarbuite.

Geen meer L.O vir jou dogters nie. Hulle moet maar opstelle skryf of iets anders doen in daardie tyd.

Ek het al gehoor van “Gateway Drugs”, maar “Gay Gateway Music” is iets nuut vir my.

“We Strongly recommend that you burn the CDs. Make sure your child is watching. Make sure they can feel the heat. It is crucial that the image remains emblazoned in their young minds. They need to know that if they continue to listen to these bands” they may Burn eternally as well.

Wat sê mens nou daarop? Sulke wyse woorde…

En dan natuurlik die pragtige sang, deur die skrywer natuurlik, as die “safest band for your family” nogals. Kan jy nou meer.

Ag eintlik wou ek net graag sê:

” Donny Davie, kiss my pink butt”

Advertisements

35 Responses to “Elton John is from the devil?”


  1. 1 Anoniem Desember 28, 2009 om 6:23 vm

    please translate thanks

  2. 3 Girl van die Suburbs Desember 28, 2009 om 8:17 vm

    Gesiggie… Wat presies wil jy uitvind rondom gay en God?

    • 4 flintstoned Desember 28, 2009 om 9:39 vm

      Heya Girl, ag sommer alles. Ek wil maar net uitvind of die kerk ‘n punt h et of nie, maar dis darem nie meer ernstig nie, eerder ‘n tipe van ;n stokperdjie 🙂

      • 5 flintstoned Desember 28, 2009 om 10:00 vm

        …en natuurlik maak dit my gewoonlik eers moerig, en dan laat dit my lag, as op iets soos die boonste site afkom. Wat is die mense se issues?

        Hulle gaan aan asof Gay kindermolestering is. Ek meen kom aan vriendin, wtf?

        Ek sal in my lewe nooit aan ‘n kind vat nie, ek dink ek slaan die ou morsdood wat aan ‘n kind vat wat ek ken/of nie ken nie.

        • 6 Sonkind Desember 28, 2009 om 6:18 nm

          Flints – gaan lees die tien gebooie. Is dit dan nie vir ons gegee om volgens te lewe nie? En ek lees NIKS, ZILCH, FOKKOL daarin van “jy mag nie gay wees nie” op watter manier ook dan nou uitgedruk!

          Maak die boek toe, my vriend, en geniet jou menswees en jou partner!

          • 7 flintstoned Desember 28, 2009 om 8:58 nm

            Heya Sonkind;

            Vriendin, ek geniet elke oomblik van my lewe, glo my gerus. My partner geniet ek nog meer 😉

            Ek stem nogtans saam met jou. Mens weet as jy verkeerd optree, ek glo dis ingebore in ons almal. Ek het geen gevoel wat sê ek is verkeerd nie. Jou verhouding met God, is juis dit, JOU verhouding met God. Geen boek, persoon of kerk gaan jou eendag blaamloos voor Hom laat staan nie.

  3. 8 demoerin Desember 28, 2009 om 8:27 vm

    😆 O fok 😯
    I am doomed.. dit lyk my 3 van die op die op die lys is waar jy begin invloed ondervind (fok weet hoe dit werk…) maar ek wonder, ek is darem nou al 34… nou hoe lank vat dit voor die songs my soos ‘n moerse seekat aan sy tentakels in die wêreld van gay-wees gaan intrek…. Wat ‘n pot kak…..

    Ek sal moet ophou musiek luister want al die beste bands is op die lys (en ek luister ten minste een keer ‘n week na die volgendes).. Rolling Stones, The Cure, The Doors, Metallica, Nivana, Nickleback, Coldplay, Depeche Mode, RHCP, The Killers….

    Kyk, hierdie oom is dubbel en dwars, aanhoudend, oor en oor en oor en oor met die windmeul gebliksem. Dit pis my so af as iemand sulke kak kan kwytraak, en dan is daar seker mense wat aan sy lippe hang.

  4. 11 George Maru Desember 28, 2009 om 10:20 vm

    Ek weet nie of jy al in jou interwebs-omswerwinge op Soulforce afgekom het nie? Hulle het heelwat resources (http://www.soulforce.org/) oor die onderwerp.

    • 12 flintstoned Desember 28, 2009 om 10:30 vm

      Dankie George, ek kyk nou so na daardie link, en ek moet bieg ek was nog nie daar nie, sal so bietjie gaan loer daarso. Ek sien hulle het selfs videos wat jy aanlyn kan kyk. Ek sê dankie mater!!

  5. 13 flippiefanus Desember 28, 2009 om 11:32 vm

    Daar is baie van hierdie groepe waarna ek luister. Coldplay is my gunsteling. Dit herhinner my aan die afgesaagde ou storie dat alle populere musiek van die Bose is.

  6. 20 ingrid Desember 28, 2009 om 11:39 vm

    Ag nee jong, ons IT ouens het besluit ek mag nie die link oor Elton lees nie. Any case ek het so amper ‘n jaar terug ook die vrae ook God en Gay wees gevra en gaan antwoorde soek, op die einde van die dag het ek besluit, ons doen niemand skade nie, ‘n volwaardige dominee met ‘n toga en al het ons getrou, ons is lief vir mekaar en vir ons kinders en ek is gelukkiger waar ek nou as waar ek ooit was, so hoe de f*k kan dit dan verkeerd wees?

    • 21 flintstoned Desember 28, 2009 om 3:25 nm

      Ingrid, vriendin, baie waar.

      Ek sê dit altyd so.

      Wat was my opsies gewees? Ek kon vrou vat en my familie ‘n moerse stryd gespaar het. (hulle issues, nie myne nie). Dan kon ek die vrou na ‘n paar jaar gelos het, met kinders, omdat sy my in die bed gevang het met n ander man.

      Sy het dan lewe lange issues, want hoe de hel aanvaar ‘n vrou so iets? Sy sal wonder en haar eie vrouwees in twyfel trek.

      OF

      Ek kan wees wie en wat ek is. Dis my lewe, ek pla niemand nie. En as iemand seerkry is dit of ek, of die ander ou, wat soos ek geweet het waarvoor hy hom inlaat.

      Ek glo dat kinders nie ‘n hel omgee wie is hulle versorgers nie, twee mammas, twee pappas, wat maak dit saak? Dis liefde wat hulle soek. Ek glo ook dat gay ouers ‘n kosbare rol in ‘n kind se lewe kan speel, netso ook str8 ouers.

      Mense moet net begin ophou om te onderskei tussen gay en straight. ALMAL is mense. Seksuele orientasie is net ‘n klein deeltjie van die hele mens. ‘n Ma is ‘n Ma, Gay of te nie. Selfde vir Pa’s.

      So, na die amperse opstel, wou ek net eintlik sê dat daar niks verkeerd kan wees nie.

      En…

      Mense besef nie altyd dat ons ‘n pad geloop het om tot aanvaarding van onself te kom nie. Dis gewoonlik nie ‘n maklike pad nie, maar ons stap hom amper daagliks. Daai skewe kyk van die man en vrou in Spur? Die opmerkings wat agter bakhande gemaak word. Ons sien dit. Ons is nie blind nie. Maar maak ons moeilikheid daaroor?

      Laat almal by almal leer, en ek voel mense (almal) moet ophou om dinge wat hulle nie verstaan nie, sleg te maak.

      Ai, vriendin, NOU is dit ‘n opstel. Lekker dag vir jou en vroulief, en julle PRAGTIGE kinders!!

  7. 22 koeksister Desember 28, 2009 om 1:59 nm

    Bob Dylan is ook op die lysie,onfokkenmoontlik!.

    Jeerder Flint! hoe hou jy dit uit met al hierdie klomp crap wat daagliks in jou rigting gegooi word, bloot omdat jy gay is.????

  8. 23 flintstoned Desember 28, 2009 om 2:06 nm

    Ek is gelukkig geseen met ‘n sin vir humor koeksister, indien ek moes kwaad word vir elke keer as ek op so iets afkom, of elke keer as iemand my ‘n moffie noem, sou ek sekerlik ‘n BAIE ongelukkige hasie gewees het. Maar ek glo ‘n kas vir klere, so die wat issues het moet maar ‘n bruggie bou en aanbeweeg.

    Sarah McLachlan, ek bedoel, werklik?

    Ek begin wonder of daai site nie opgesit is as ‘n April fools joke nie.

  9. 27 kaalvoetinireen Desember 28, 2009 om 2:22 nm

    Wat ‘n belaglike lysie!
    Ek wonder hoe lank dit dan nou vat voor die musiek jou gay maak. Ek het met baie van die musiek grootgeword en ek is verseker nog lank nie gay nie.
    Die mense ly aan verbale diarree!

  10. 28 flintstoned Desember 28, 2009 om 2:24 nm

    Jong, my ma se gunsteling liedjie was altyd gewees:

    “You make me feel like a woman”

    Dalk is dit die dat ek so van mooi goed hou en vrek oor kuns en mans.

    :mrgreen:

  11. 29 Plaasjuppie Desember 28, 2009 om 3:49 nm

    So volgens dié vaalseun se redenasie is die rede vir my woede tantrums eintlik die screaming queen in my wat wil uitkom omdat ek te veel metallica geluister het?
    Ek meen metallica???? Well dip me in shit and roll me in breadcrumbs.

  12. 32 Xena Phoenix Desember 28, 2009 om 9:00 nm

    Liewe Ouers

    Na wie moet die kinders luister as al die gay kunstenaars uit is? Hoe skewer hulle is, hoe beter die musiek. Behalwe natuurlik in ABBA se geval, maar hulle is nie verniet gay ikone nie.

    As die mense ophou om die duiwel in alles te soek, sal hulle dalk hoop in die toekoms sien.

    Flint, ek sit in die Boendoes. Verskoon maar as ek effens stil is. Ek loer gereeld in, maar dit vat net te lank om die kommentaar oop te maak.

  13. 33 flintstoned Desember 28, 2009 om 9:02 nm

    Hello Xena!

    Jy moet jouself mooi oppas daar in die boendoes jong, en dankie vir die inloer en moeite, dit was lekker om weer van jou te hoor. 🙂

  14. 34 demoerin Desember 29, 2009 om 7:18 vm

    Ek wil net weer kom sê ek kan dit nie fokken glo nie.

  15. 35 Antie Koekie Desember 29, 2009 om 10:07 vm

    Nes ek my flippen rug draai en bietjie besig raak met oorlewings-goed, dan mis ek al die flippen pret!
    Just my luck!
    Kersiep[it, ek het ni nou die hele berig gelees nie, maar ek sal verseker daar inloer.
    Die ou sit die pot so ver mis.Ek vrek oor Nataniël en Rian van Heerden en “Sweet toxic Love’ van Boy George is een van die mooiste, hartroerendste songs wat ek ken, maar ek beloof jou, dié Antie se computer is so straight soos 12! Miskien is ek ook gay—– ek vrek oor ‘n man——–die reuk van sy vel, die voel van sy sterk arms om jou…….o, tog, laat ek liewer verder gaan werk!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,035 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: