Na 500 jaar.

Quan Zhongli, was ‘n onsterflike vanuit die Han dynastie gewees. Hy was besig om sy student Lu Dongbin die les van hoe om staal in goud te verander te leer. Dit was deel van sy opleiding in alchemie. Dit sou gebruik word om die armste van die armes te help.

Uit die bloute vra Dongbin: ” Sal die goud ooit weer terug verander na staal toe?”

“Na 500 jaar sal dit weer terug verander in staal, en sy oorspronklike vorm aaneem.”  sê Quan.

Dongbin anwoord toe sy leermeester: “Dan wil ek die les nie leer nie, want na 500 jaar gaan die goud skade berokken aan wie dit ookal mag besit.”

Dis ‘n baie ou buddiste storie wat eendag aan my vertel is deur ‘n monnik van die Nan Hua Tempel naby Bronkhorstspruit.

Zhongli was bereid om vir Dongbin ‘n baie groot les in Alchemie te leer, maar  Dongbin het besef dat wat hy vandag doen gaan ‘n effek op more hê.

Toe hy hoor dat die goud se transformasie nie permanent is nie het hy besef iemand wat iewers oor 500 jaar gaan wakker word met stukkies staal in sy beursie is nie cool nie.

Vandag is meeste van ons  so besig met die eie ek  dat ons nie regtig dink aan die rippel effek wat elke woord, en daad het nie. Roger Waters sing in ‘n baie mooi lied van hom dat ons al ons vrese in ons kinders injaag. “Momma’s gonna chase all of  her fears into you…”

..hoe waar is dit nie.

Zhongli sê toe vir Dongbin: ” Om onsterflik te word, moet jy 3 000 goeie dade doen. Wat jy nou gesê het kan net iewers diep in ‘n goeie hart onstaan. Jou 3000 dade is vervuld.”

Dis iets om oor te dink…

Advertisements

15 Responses to “Na 500 jaar.”


  1. 1 flippiefanus Desember 29, 2009 om 5:18 vm

    Baie treffend. Dit is nogal ‘n baie waardevolle beginsel in vandag se tyd waar ons so geneig is om te leen by die toekoms. Al die negatiewe effekte wat ons tegnologie op die omgewing het is goed waarvoor ons nasate ons voor gaan verwyt.

  2. 3 demoerin Desember 29, 2009 om 7:22 vm

    3,000 sê jy… sjoe, ek sien julle dan weer almal aan die einde van 2010… 😆

    Yip, daardie wag voor die mond, die dink voor jy sê of doen.

  3. 4 ingrid Desember 29, 2009 om 7:28 vm

    Waar wat jy praat, demoerin is positief vir 3,000 in een jaar, dalk moet ons try, probleem is dit die een hand mag nie weet wat die ander doen nie so ons sal dit maar stil stil moet doen 😉

  4. 6 Plaasjuppie Desember 29, 2009 om 8:02 vm

    Ek is nogal baie skuldig daaraan om dinge te sê wat kwets voor ek gedink het. Dis een van my vele swakplekke.
    Ek dink ek gaan settle vir slow and steady op my 3000. Ek glo dat charity begin by die huis, en dat jy niks kan liefhê as jy jouself haat nie. Begin dus om elke dag net iets goed vir jouself te doen, op daardie manier sal jy jou 3000 dade afhandel in net meer as 8 jaar. Onsterflikheid sal jy bereik in die gees en harte van die mense met wie jy in aanraking kom, want as jy vir 8 jaar lank elke dag jou liefde vir die self versterk het moet dit oorspoel iewers heen.

  5. 8 Antie Koekie Desember 29, 2009 om 10:46 vm

    PJ, maar jy’s DIEP vandag——- maar dit wat jy sê is so waar.Die Groot Boek sê: Wees lief vir jou naaste soos jouself. As jy jouself nie liefhet en aanvaar, hoe de flip gaan jy jou naaste sy plekkie is die son gun.
    Ek dink die meeste van ons is so besig om heeltyd defensief op te tree,teen ander se veroordeling en kritiek, dat ons vergeet ons is eintlik awesome!
    Toevallig lees ek net vanoggend in Ps.139:14: “Ek loof U omdat ek so vreeslik wonderbaar is.”
    En daai 3000 dade? As ons miskien net die “pay it forward” idee aanneem, sal ons daarby uitkom.
    Geez, ek raak so filosofies op die ou jaar, ek wil sommer my hare gaan kam en lipstiek aansit!

  6. 10 Xena Phoenix Desember 29, 2009 om 11:01 vm

    n Goeie daad wat jy met jou eie mond ontdaan maak, tel nie. Op die oomblik is my mond ver voor!

    Die tempel is besonders. Die een keer wat ek daar was, was my kamera se battery pap. Ek moet dus terug gaan.

  7. 13 koeksister Desember 29, 2009 om 11:45 vm

    3000 goeie dade…. wonder waar trek ekke nou? Seker nie te vêr nie. 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: