Flintie doen nou Brits.

Daarsy, ek gaan nou so ‘n bietjie in engels ook skryf. Ek het maaikies daar ver oor die see wat baie moan en groan omdat hulle niks kan verstaan nie.

So Richard, daar in Shri-Lanka, en Clive Ingelby, en Maria Santos, en al die ander, kan nou hier kom lees, die afrikaanse vriende en vriendinne, is ook welkom om daar te loer, want dis gewoonlik nie dieselfde skrywes nie.

Ok dan, lekker dag vir almal.

11 Responses to “Flintie doen nou Brits.”


  1. 1 Antie Koekie Desember 29, 2009 om 9:07 nm

    Hi Kersiepit, sorry as ek nou ‘n onsigbare reël oortree het, maar ek was so flippen impressed met jou awesome werk, dat ek weer geskryf het sonder om te dink!

  2. 3 boervrou Desember 29, 2009 om 9:42 nm

    Hi mannetjie
    Ons het ‘n hele FB gemeenskap. Jy kan join as jy wil. Soek boervrou of af.wordpress op Facebook. Bye

  3. 5 Sonkind Desember 29, 2009 om 11:15 nm

    Solank jy net nie kakieklere en two-tone hemde begin dra nie 😉

  4. 8 Girl van die Suburbs Desember 30, 2009 om 12:27 vm

    Flintie doen Brits… Jis ek skuif net reg want toe dog ek hier kom die sequel op Debby does Dallas of One night in Paris. :mrgreen:

  5. 10 Nikita Desember 30, 2009 om 1:21 vm

    Bly te kenne! Oppas net dat die Kakies jou nie vang terwyl jy Brits doen nie… 🙂 Ek het Brits begin doen juis vir my skaaktjomme – om hul beter oor sA in te lig en nou doen ek beide – jy moet sommer net hier ‘n Ingilse bladsy inbring vir jou tjomme. Mense gee nie om(veral as hulle jou blog lank lees) dat jou blog beide tale omvat nie. Ek skryf meer in Ingils om hierdie ongeligte Ingilse die kant bietjie beter in te lig oor sekere dinge van SA…andersins lief ek my taal! Voorspoedige Nuwe Jaar vir jou!

    • 11 flintstoned Desember 30, 2009 om 2:06 vm

      Dankie Nikita! Selfde vir jou.

      Jong, ek het hom juis daar begin want dis wat hulle ken, so mens gee mos nie n klip nie jong, ek sou ook verkies het om alles op een plek te he, maar nou ja.

      Nogtans, ek leef in my taal. Dis wat ek ken. Ek sal dit nooit afsweer, of weggooi nie. Ek het so abie stories in my, ek sal vir altyd en n dag kan aanhou woorde vleg. Dis wat my laat glimlag. 🙂


Lewer kommentaar op Sonkind Kanselleer antwoord




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 771 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf