‘n Briefie aan Ingrid

Jong,  soos julle weet het die skrywe nogal ‘n reaksie veroorsaak. Selfs hier moes ek lees daaroor. Party van ons mede bloggers bly net weg en ek vind dit lagwekkend. Werklik ek doen.

Hoekom blog jy? Om dagboek te hou van jou lewe? Dis great! Doen so voort, en doen dit goed. Dit is wel nie my rede nie. Ek skryf vir heel ander redes. Nou hoekom is my skrywe dan verkeerd? Ek sal graag wil weet waar ek in daai hele skrywe gesê het ek  ondersteun pornografie?

Glo my liefste Ingrid, ek het nie pornografie nodig nie, alles werk mooi net so sonder hulp.

Ek is 29 skat, natuurlik het ek vuil gedagtes, en dis baie erger as enige blou film.

Dit daar gelaat. Nou is my volgende vraag, hoekom voel ander hulle mag oordeel op ander se sieninge? Dis mos nie jou sienswyse nie, dis die skrywer sin. Goeiste, lees jy net dit waarmee jy saamstem? Indien jy dit sou doen, is dit werklik jammer. Dit maak jou wêreld baie klein.

Gaan loer bietjie hier, dis ‘n oulike gay blog. Mooi prentjies van half kaal mans, en skrywes oor alles en nog wat. Die skrywer maak vir homself ‘n plekkie in die lesers mark, met sy “Hottie of the day” pic elke dag. Wie de moer is ek of enige iemand anders om te sê hy mag nie?

Wel, ek het net EEN PARAGRAAF aan pornografie afgestaan, en daar was skok golwe. Wat gaan nou met die ou gebeur?

Dan natuurlik oor Steve, kry dit tog asseblief net reg. Ek praat van die man se ogies. Ek besit regtig nie een van sy cd’s nie. As jy so bietjie terug blaai op my blog gaan jy sien ek skryf daar ek skryf nou in engels ook vir MY VRIENDE, wat nie afrikaans kan lees nie. Verstaan tog dis nie internet maaitjies nie, dis regte mense wat ‘n pad saam met my gestap het. Natuurlik gaan ek daar meer ontspanne gesprekke hê. En so what?

Dit bring my weer by die hele wie is ons om ander te oordeel ding. Al sê jy wat voor jy jou oordeel vel, bly dit oordeel.

Flintie voor ek verder skryf, ek veroordeel jou of niemand anders nie, jy ken my nog nie, so jy weet dit dalk nie, maar dinge begin hier bo rondhol later vinniger as ‘n hamster op Bioplus en dan vat my vingers oor en alles wat hier bo so deurmekaar gehol is beland hier.

Nou wonder ek oor die hele ding van porn. Hoekom wil gelukkige pasgetroudes porn kyk?

So Ingrid, my “Nuwe huwelik” het absoluut niks met my skrywes uit te waai nie, ek het al voorheen gesê ek lees jou blog omdat ek kan vereenselwig met hoe jy die lewe NOU sien. Onthou ek is ook pas getroud met my man. En ek sal aanhou lees, al haal jy my van jou blogroll af.

Die ding is, ek skryf omdat  ek wil skryf. Nie om vriende te maak nie. Die mense wat ek hier ontmoet het is almal great. Jy ingesluit. Nogtans glo ek mens praat/stry/baklei ‘n ding uit voordat dit in iets ontaard wat almal net met n slegte smaak in die mond los.

Lekker dag vir jou en vroulief. Mag julle net liefde ken.

Groete

Flintie

Advertisements

102 Responses to “‘n Briefie aan Ingrid”


  1. 1 Plaasjuppie Januarie 5, 2010 om 7:46 nm

    Welkom by Afrikaans op die internet. Alles toelaatbaar behalwe seks, geloof, politiek, Steve Hofmeyer en om die son oor jou mede blogger te laat skyn. Beskou jouself as ge-inisiëer.

    P.S. Wie bly weg? Na die eerste handvol storms-in-‘n-teekoppie verkies meeste van ons om eerder die bekgevegte op ‘n afstand te beskou en dan te re-surface as die stof gaan lê het. It is what passes for entertainment around here.

    • 2 flintstoned Januarie 5, 2010 om 9:43 nm

      Jong ou PJ, dan sal die blog wereld moet regmaak vir iets nuuts. Ek skryf oor wat ek wil Boeta. Iemand moet my probeer stop. 😉

      Hoop alles gaan nog goed aan daai kant met jou en wyfie en almal!!

  2. 3 George Maru Januarie 5, 2010 om 7:56 nm

    Ag nee wat. Porn? Dat dit die mense nou sou kan opklits. Mense is verskillend. Vir party werk dit, vir ander nie. Porn binne die konteks van ‘n verhouding kan werk, afhangende van die partye se ingesteldheid teenoor dit. Mens kan eintlik heelwat daaroor skryf, wat eintlik te veel is vir kommentaar op ‘n pos (eintlik is ek nou net te lui).

    Ek dink wel mens kry etiese porn en onetiese porn. (Hoe die akteurs behandel word ensomeer.) Miskien moet ek tog eendag ‘n bloginskrywing daaroor maak.

    Mense moet besef dat mense verskil. Daar is noodwendig iets fout met jou as jy nie porn kyk nie, net soos daar nie noodwendig fout is met iemand wat wel porn kyk nie.

  3. 4 George Maru Januarie 5, 2010 om 8:00 nm

    NIE!!! ek het die NIE!!! vergeet (en NEE dit was NIE ‘n Freudian glips NIE). Die sin moet lees:

    Daar is NIE noodwendig iets fout met jou NIE as jy nie porn kyk nie, net soos daar nie noodwendig fout is met iemand wat wel porn kyk nie.

  4. 6 Dellie Januarie 5, 2010 om 8:18 nm

    Ag, ek kyk soms en soms nie. My kop is oop, maar my breins lê noggie oppi grond nie. Dit hang maar af van jouself … en hoe jy dit sien.

    Maar Flinty – me like you besonders baie 😉

  5. 8 Xena Phoenix Januarie 5, 2010 om 8:51 nm

    Ou Flintie

    Jy moet maar vir jou ‘n renostervel pakkie aanskaf. Almal kry dit soms nodig.

  6. 10 flippiefanus Januarie 5, 2010 om 8:57 nm

    George??? 😆 nou het ek lekker gelag.

    Flint, ek dink ook jy trek jouself die ding te sterk aan. As die en ou van porn hou en die ander nie, dan is dit nou net so. En as die een ou nie daarvan hou dat ‘n ander ou van porn hou nie, dan is dit ook nou maar so. Hier in die woeral (blogosphere) is daar nie wette wat se waaroor mens mag skryf en nie skryf nie (binne perke seker). Dus moet mens maar aanvaar dat daar diegene gaan wees wat nie met jou saamstem nie. Dis onmoontlik om almal die hele tyd gelukkig te hou. Jy kan nie terseldertyd saamgesels met jou vrinne wat die gebrek aan gratis porn betreur (ek terg net) en aan die ander kant al die mense wat porn as uit die bose beskou gelukkig hou nie. Maar moenie dat dit jou ontstel nie. ‘n Goeie menigsverskil brand die denkkanale bietjie oop en vry vir ‘n verandering. Dis immers wat ek voel.

  7. 12 Sonkind Januarie 5, 2010 om 9:18 nm

    Flintie, jy moes vroeer laas jaar begin blog het, dan sou jy erger skandes raakgelees het as ‘n ou bietjie porn. Maar wag, dat ek slapende honde laat rus. Steur jou nie, man. Laat die wat sonder sonde is, die eerste klip gooi, dan ‘duck’ ons ander met ons winkeltrollies vol sondes solank en gaan sit onder die brug en drink Tequila! Of bloutrein en brood 😈

  8. 15 Jo-Ann Januarie 5, 2010 om 10:12 nm

    Jy het verseker die hits gekry war jy gesoek het. Snaaks hoe mense die titel sien en tog kliek en lees. Wenresep vir hits as jy Steve se naam bysit.

    Ek is teen porn en alles wat plasties is – ek verkies dinge natuurlik en kan goed genoeg sorg vir my eie opwinding. Ek glo egter dat elke mens vry is om keuses te maak en net hoef te antwoord aan die een in die spieêl en as hy gelowig is aan God. As daar met kinders gelol word sal ek natuurlik kaalhand moord pleeg as ek die gemors in die hande kon kry.

  9. 16 flintstoned Januarie 5, 2010 om 10:19 nm

    Dis so Jo-Ann, kinders is ‘n ander storie. Daar pleeg ek saam met jou moord.

  10. 17 henkvstaden Januarie 5, 2010 om 10:45 nm

    Mense is eng in hulle sienings en deur hulle kleinlikheid maak hul weer maar net nog ‘n generasie groot van homofobe. Maar dis aan die eenkant ok want gay kinders kom uit straight huwelike. So dankie ouers dat julle ons populasie laat groei.

    • 18 flintstoned Januarie 6, 2010 om 1:46 vm

      Henkie, ons Ingrid is ‘n gay dame. Dis wat my so raak, dit en om my so openlik aan te vat oor iets wat sy duidelik nie heeltemal gelees het nie. Die stuk waar die begin het, se werklik net los ander om te doen wat hulle wil. Moenie fokken oordeel nie, aarde ek voel al kan dit toe ogies tik.

      Oulike blog daai van jou, ek my manlief pop elke dag daar in om die mooi manne te sien. Ons slaap nou nie rond nie, maar mooi was nog lelik nie. Jaloesie verwoes net verhoudings.

      Doen jou ding, en doen dit met alles in jou! Fok wie wat se.

  11. 19 Smurfi Januarie 5, 2010 om 11:51 nm

    Ingrid is mos nog met verlof of nie? Sy sal nie nou jou brief kan lees nie. Ek glo darem nie dat Ingrid kwaad is vir jou nie.

    Soos ek voorheen gesê het ek het nie die “porn” gelees nie, so ek het geen idee waaroor die “porn” storie nou eintlik gaan nie. Ek kyk anyway eerder ‘n goeie comedy as porn 😆 Ek is nou regtig nie gepla wie kyk of kyk nie porn nie.

    Flintie, jy kan maar enige tyd ‘n mooi foto van ou Stevie plaas spesiaal vir my 😉 Ja en soos Sonkind hierbo sê “laat die wat sonder sonde is die eerste klip gooi en dan duck ons almal met ons trollies vol sonde”, waar niemand ons dan kan sien nie . Is dit nou nie die waarheid nie nê??

  12. 21 meermin Januarie 6, 2010 om 6:40 vm

    Weet jy hierdie is jou blog wat jy hier skryf is jou eie woorde, ‘so go for it’ elkeen maak op sy of haar blog wat hulle goed doen, die wat dit nie wil lees nie, tatta … ek lees nog nie lank jou blog nie, maar hel dit wat ek al hier gelees het is wow!! HOU DIE BLINKKANT BO EN DIE STINKKANT ONDER!!

  13. 22 BB Januarie 6, 2010 om 7:21 vm

    Hmmm… nou wonder ek ook – is daar ‘n ding soos die porn-Oscars? En waarvoor word jy genomineer? 😕 Jou acting talents?
    Laat my onthou van my eerste blootstelling aan ‘n eeehhhmmm ‘blou moewie’… so nooi ‘n goeie vriendin my eendag oor virre ‘fliekaand’ (video) – ek dink dis was nog in die betamax dae, want “ons het ‘n duitse fliek uitgeneem…” en BB is mos duitser, so vir die chips en dip en drinks moet ek in ruil kom ‘vertaal’, sien.
    Cool.
    Daar sit ons toe. Vyf van ons. Die vriendin se liefie en nog ‘n ander couple wat vriende is van hulle – onbekend aan my, maar nice enough people – en ek vermoed geen onraad nie. Ek is heel lekker relaxed, drink my voggies, vreet my dik aan die lekker platters en so word die video met groot ophef in die masjien gedruk.
    En die storie begin in ‘n butchery, waar die slagter staan en messe slyp en die goedbedeelde toonbankassistent vertel something van die vorige aand – en ekke vertaal vir al wat dit werd is, Flint.
    En daar kom ‘n customer in en die moan oor haar man gister by ‘n ander slagter ‘n salami moes koop en sy smyt die stukkie worsie (so dun soos ‘n droëwors – ons noem dit ‘Knackwurst’) op die toonbank neer en gee haar misnoeë te kenne oor haar man en dié se onvermoë om haar lus vir ‘n ordintlike salami te bevredig.
    En ek vertaal steeds…
    😯 – ek kan nie onthou wat die movie se naam was nie, maar dit was iets soos : “Die Riesen Salami” 🙄 of wassit “Der Schlachter aus Bumsdorf”…
    Ewenwel – toe daai slagter sonder sy rubbervoorskootjie aan by die toonbank verskyn – toe sluk ek my pas hervulde glas wyn amper in – ek wil my verbeel ek het ‘n hap uit die glas ook gevat 😳 en ek weet nie waar om my kop in te druk nie – en hierdie goedopgevoede people sit in afwagting en wag om die ‘storie’ darem ook nog te ‘vang’.
    Iewers tussen die toonbank en die stukkie droëwors het ek ‘dringend’ moes groet – ek het maar nausea gepleit. “te veel geëet…” “voel al heeldag olik…”
    Ek was so tussen dik de dinder in en aan’t giggel. Sien, ek’t my ma se wrang sin vir humor geerf – en tot vandag toe wonder ek steeds hoe in heaven’s name vertaal mens “Oooooooohhhhhh” “Aaaaaahhhhhh” en “Jaaaaaaaa”… :mrgreen:
    Ek het intussen jarre later hier en daar (privately, en sonder groepsdruk) ook weer ‘n 18 beperk movie gesien – en as die storie goed is, is ek ok met SNVL – MAAR as daai ‘akteurs’ begin duits praat – raak ek giggelgroen ommie kiewe. :mrgreen:
    Ehhhmmmm – wat wou ek nou weer sê? Oh ja! Blog away Flint!

    My rule is this: if I want to refer to another bloggers’ posts or opinion in a post I’m writing, it will be in an either positive or complimentary way. If it’s because I disagree or have strong concerns/issues with the matter, I will comment on the relevant blog – and if it’s important enough to me I might post my opinion on my own blog – on which I won’t have to apologize for my viewpoint or defend my beliefs. Ever.

  14. 26 Twilight Januarie 6, 2010 om 9:30 vm

    My verbeelding is heelwat beter as enige pornfliek. 😆

    Anyway, voorspoed vir die nuwe jaar!

  15. 28 demoerin Januarie 6, 2010 om 9:36 vm

    Ag toggie… ek is so bly jy het dit nou uit jou sisteem uit, so nou kan ons weer uitsien na ‘n gewone post vol porn en vuil taal en sluwe onderwater gutterseks en godsdiens-bashing… o wag, dit was nie hier nie… 😆

  16. 39 boervrou Januarie 6, 2010 om 9:40 vm

    Elkeen het sy eie opinie en dit is sy reg. Moenie mense sleg sê of hul persoonlikheid aanval oor jy nie saam stem nie. Deel jou opinie en gedra jou!EK sê dit nie vir jou nie mannetjie nie, dis in die algemeen. As jy vroetel-flieks kyk is dit jou eie ding. As dit nie jou verhouding of huwelik beinvloed nie, en julle geniet dit, wat is die bleddie issue???

    Dit kan jou huwelik so bietjie skop gee as dit reg gebruik word…

  17. 42 Girl van die Suburbs Januarie 6, 2010 om 9:53 vm

    More gesiggie!

    As mense nie hou van jou posts nie…moet hulle nie hier lees nie. OF moet nie kommentaar lewer nie.

    Bou ‘n brug mense… en vinnig ook… :mrgreen:

  18. 44 Lindzie Januarie 6, 2010 om 12:33 nm

    ja ou ” flintie” weer lekker bitchie ne? Ag maar dis mos hoekom ek en jy so goed oor die weg kom…. Mis jou lewe jy nog?

    Jy is nou eers getroud maar jy bly al laaaank saam die ou!!! Hoekom moet alles nou verander!!!

    En by the way!!!! Ek is nou amper ‘n jaar getroud en pornagrafie is nogsteeds lekker om te kyk veral saam my man!
    Dit spice dinge net soveel meer op!!!

    Proebeer dit ingrid?
    Dan kom lewer jy weer komentaar…

    MIS JOU FLINTIE!!!!

  19. 49 Smurfi Januarie 6, 2010 om 12:53 nm

    Ek stem elkeen se blog is sy eie spasie waar hy kan besluit wat hy oor wil praat en wat nie. Flintie jy kan net bly wees jy is nie ‘n celeb nie dan plaas hulle nog alles wat jy sê op elke voorblad en Huilgenoot 😆 en dan bestook die hele land jou van ‘n kant af.

    Ek is maar nog nuut hier by jou kuierplekkie, so ek sal nog jou leer ken deur jou skrywes, as ek so deur die comments lees kan ek sien die ouens geniet jou skrywes baie en ek sien uit daarna, wil mos lyk jy is nie op jou bek geval nie! 😉

    Ek glo ook as Ingrid eers terug is sal julle weer lekker gesels, sy is nie regtig ‘n fighter nie. Ek hou nogal van Ingrid se blog ook.

    Daarshy nou kan jy begin lekker skryf dat ons kan kom lees!! lekker dag vir jou!

  20. 50 kaalvoetinireen Januarie 6, 2010 om 3:18 nm

    Als is reeds gese…
    Ek dink nog steeds as jy ie daarvan hou nie, moet dit dan nie lees nie.

  21. 52 henkvstaden Januarie 6, 2010 om 6:41 nm

    Hey Flint, dankie dat jy opkom vir my. En almal kan gerus wees, niemand sal ooit MEER sien as wat ek reeds geplaas het nie. Ek hou ook nie van blatante porn nie, maar net ‘n lusmakertjie is iets anders.

    En vir die wat omgee, dit is etiese porn. Geen akteur is mishandel tydens die foto sessies nie en almal kon hule pizza lek sonder om te hap en sigarette en vodka was volop!

  22. 53 flintstoned Januarie 6, 2010 om 7:00 nm

    Die etiese porn ding gaan my vir lank nog laat lag, ons vriend George het nou wraggies my dag gemaak met sy comment.

    Klink jou models os klaar super-klas, hulle leef mos op Vodka en smokes.

    lol @ pizza lek sonder om te hap

  23. 56 demoerin Januarie 7, 2010 om 7:21 vm

    😆 O fok… etiese porn bwahahahaha.
    Weet julle, ek dink altyd aan daardie twee porn-actors in Love Actually, wat so oor koeitjies en kalfies gesels gedurende die verfilming… skreeusnaaks!

  24. 58 annora Januarie 7, 2010 om 10:55 vm

    ek het eintlik gelees daar bestaan nie eintlik iets soos pornografie nie, maar want dit kan edukasioneel wees, maar die net gepose seker, ek hou van kunstige naaktheid kunssinnig gedoen en origioneel k weet nie hoe om dit te se nie, vrouens ook kan nie kaal mans of halfkaal mans eintlik altud so mooi uitstaan vreemdheid als my seun is baie mooi ek het nie iets teen mooi mans nie
    eks biki moeg vandag
    bai

  25. 59 buffy21s Januarie 10, 2010 om 11:46 vm

    LMGA vir julle almal. Gaan voort Flintie, niks fout hiermee nie.

  26. 61 Ingrid Marais Januarie 11, 2010 om 7:08 vm

    Dankie Flintie vir jou briefie, ja, soos Smurf se ek was met vakansie. Die renostervel ding, is ‘n goeie plan. Net soos jy het ek ook in die algemeen geskryf oor pasgetroudes wat na pornografie kyk, maak nie saak of hulle hetro of homoseksueel is nie. Ek sien en hoor van baie sad stories gereeld waar mense seer kry omdat hulle minderwaardig voel teenoor die persone op die skerm in hulle eie huise. Ek het gedink ek het dit duidelik gestel dat ek niemand veroordeel nie en dat jou skrywe my net aan die dink gesit het. Jy sal nog sien dis iets wat ek nogal baie goed kan doen en alles wat hier in my kop aangaan het nie altyd direk verband met dit wat dit in die eerste plek getrigger het nie en beslis ook nie noodwendig wat op daardie stadium in my eie lewe gebeur nie.
    Tot ‘n groot mate is my blog ‘n dagboek van ons lewens, maar daar is ook dele wat in mense se lewens waar is en wat hopelik vir mense kan wys dat jy deur seer kan kom en steeds kan glimlag.
    Sterkte met jou blog, ek sal steeds van tyd tot tyd hier kom inloer, maar soos ek gese het is daar kinders wat by my lees en as ek ‘n link daar op sit moet ek seker wees dis vir klein ogies bedoel.

  27. 63 Tog so bly Januarie 11, 2010 om 10:04 vm

    Ek is tog so bly dat daar ‘n blog is waar ek miskien my sê kan sê sonder dat ek ge-moderate word. Ek ken toevallig die pasgetroude “Bruid en Bruid” en een van die bruide het eendag so paar jaar gelede vir my gesê – en ek haal aan: “ek en my man kyk blou movies want dit kikker ons sekslewe op”

    • 64 Ingrid Marais Januarie 11, 2010 om 11:11 vm

      Ek het ‘n antwoord hier kom sit, gevra dat dit verwyder word en besluit om wel terug te kom en my se te kom se:
      Tog so bly, ons weet toevallig wie jy is, skuilname gaan nie werk nie.
      Guess what, wat Hannie in haar vorige verhoudings gedoen het, het minder as niks met my te doen nie, al was sy self die hoof ster in so ‘n movie, so what? WTF, kry ‘n lewe.

      • 65 Tog so bly Januarie 11, 2010 om 1:36 nm

        Ingrid, ek ken toevallig jou bruid beter as wat jy ooit sal. Ek gebruik ‘n skuilnaam omdat ek lus het om dit te doen en dit my reg is.

        Flintie, ek het niks, absoluut niks teen gay mense nie. Inteendeel, ek ken ‘n hele paar dierbare gay mense, sommige vir ek toevallig baie lief is.

        Ek het iets teen mense wat hulle self keer op keer weerspreek en nooit verantwoordelikheid sal of wil aanvaar vir wat hulle doen nie. Hulle gee ook nie ‘n bloue duit om hoe seer hulle ander mense in die proses maak nie,l want al wat vir hulle saak maak is hulle eie intieme kringetjie. Jammer ek moet op jou blog galbraak, maar soos ek reeds gesê het, as ek gaan comment waar dit saak maak, word ek ge-moderate – hoekom weet ek nie, seker maar omdat mense bang is ander mense kry ‘n ander prentjie as die een wat hulle gerieflikheidshalwe skep. Ek kan ook enige iets skryf om myself mooi en goed te laat lyk, maar dit wat ek doen, dit is wat eintlik saak maak.

        Wonderlike dag vir julle

        • 66 Ingrid Marais Januarie 11, 2010 om 2:13 nm

          Ek se jou weer ek gee nie ‘n bloue f*k om wat my bruid in die verlede gedoen het om jou en julle gelukkig te hou nie. Kom wees so braaf soos jy voorgee en as jy werklik eerlik en oop wil wees mail my: ingjevon@yahoo.com, jy het mos die adres. Hou op om te probeer om ons lewe op te donner net omdat jy ongelukkig is en ja jy’s reg op die einde van die dag is dit ons intieme kringetjie wat saak maak. Beter nog bel jou suster of mail haar jy het mos haar adres. Moenie hier kom modder gooi nie, hierdie is ‘n decent ou wat nie jou tipe hier nodig het nie.
          Kom ek daag jou openlik uit stuur jou mail met al jou diep donker geheime uit haar verlede waarmee jy my al gedreig het om my lewe te verwoes. Vertel sommer ook hier wat jy gaan bereik as jy ‘n gelukkige huwelik vernietig het, nog ‘n stukkie nuus vir jou, jy gaan nie slaag nie, nie vandag nie, nie more nie, nooit nie.
          Los ons uit, ons het minder as niks met jou te doen nie, jy’t gekies om nie meer ‘n sussie te he nie so f*k off asseblief al wat ons vra is vrede om op ons eie in ons eie klein kringetjie gelukkig te wees.

  28. 67 flintstoned Januarie 11, 2010 om 10:12 vm

    Jong, ek moderate nie comments nie, elkeen het die reg om te sê wat hulle wil, al is dit nie altyd goeie dinge omtrent my skrywes nie.

    Elke verhouding het maar sy eie dinge, en geen twee verhoudings is dieselfde nie. Ons kan nie werklik iets sê omtrent Ingrid se verhouding nie, dis persoonlik tussen haar en haar vrou.

    Ek sal ook nie haar verhouding aanvat of kritiseer nie, dis nie my besigheid nie. Dis moeilik genoeg soos dit is, om mense te laat verstaan dat ons (gay) huwelike net so baie “ups & downs” het soos straight huwelike.

    Ek dink ek verstaan nou dat dit regtig net gaan oor die kinders wat op haar blog lees, en ek skryf regtig nie vir Wiellie-Wallie nie, so ek verstaan haar redes.

    • 68 Ingrid Marais Januarie 11, 2010 om 11:17 vm

      Flintie, dankie. Ja enige huwelik het mooi en slegte tye, enige verhouding for that matter. Eintlik is ek bly jy skryf nie vir Wiellie-Wallie nie so nou kan ek hier se wat ek wil. Die persoon wat voel sy ken ons, ken ons toe nie so goed soos sy dink nie. Shame hoe jammer voel ek vir die persoon wat genoem word wat pron nodig gehad het om sy sekslewe op te kikker. Het julle wat my bruid so goed geken het selfs toe nie gedink dat sy alles doen om julle almal gelukkig te maak nie? Noudat sy dit doen wat vir haar reg is, is gimmics nie meer nodig om haar sekslewe op te kikker nie, dit is vanself amazing, sonder movies ens kry ons soms nie juis veel slaap nie en niemand kla nie. Sorry vir die kombuistafel gaste wat voel dit was ongevraagd, maar ek is verby gatvol vir mense wat dink hulle kan uispraak lewer oor ons lewe en dat hulle opinie of wat ookal jare gelede gebeur het ‘n impak op ons geluk sal he. 👿
      Sorry Flint, as dit bietjie te veel is vir jou haal maar af, ek gee nie om vir moderation nie.

  29. 70 Andrew Januarie 11, 2010 om 8:13 nm

    Prikkel flieks, speelgoed en Vodka? Dit klink amper soos my 2010 nuwejaars partytjie … net sonder die prikkel flieks, speelgoed en Vodka.

    Hi Flintie, vandag lees ek van hierdie stoot pop:

    http://www.nuus24.com/Content/Sci-tech/Nuus/1529/91718a0e88ae4d1e83724623cc16a997/09-01-2010-08-19/Roxxxy_die_Seksrobot_maak_haar_(eerste)_buiging

    Ja dis vreeslik ek weet … dis in Afrikaans geskryf wat die skok faktor opstoot soos ‘n tiener ereksie.

    Hulle sê nie of daar ‘n Alexxx is nie maar ek neem aan dit kom nog. Ek hoop dit sluit 3D goggles en virtual programme in wat ‘n mens kan aflaai van die internet.

  30. 73 Andrew Januarie 11, 2010 om 8:29 nm

    O ja Flintie, jy ken my nie en wonder dalk of my komentaar sarkasties bedoel was, nee dit was nie. Dankie dat jy nou en dan die guts het om kaal mans op jou Afrikaanse blog uit te stal.

  31. 75 koeksister Januarie 12, 2010 om 7:41 vm

    Ja, ek’s ook nuuskierig om te sien hoe lyk boetie 😉
    Wat die porn-storie aanbetref: “to each his own” Punt

  32. 78 koeksister Januarie 12, 2010 om 7:42 vm

    Ag nee man, waa’s my avatar, ek voel skoon kaal….

  33. 84 Cupcake Januarie 12, 2010 om 8:43 vm

    Julle moet mooi wees met Koekie …. julle belowe van pizza en vodka en free smokies en sluwe onderwater springe ….. toe daag sy nou sonder haar frokkie hier op, reg vir die foutou shoot ….. have a heart 😆

  34. 86 Ingrid Marais Januarie 12, 2010 om 9:29 vm

    Ek stuur daai valiums, maar die vodka bly net hier, kan ek dit ruil vir whisky? 😉

  35. 88 platkuif Januarie 12, 2010 om 12:43 nm

    porn is under rated
    viva Tshwane!
    viva Julius!
    viva Julius!

  36. 89 flintstoned Januarie 12, 2010 om 12:52 nm

    😆

    Welkom platkuif ❗

    …ek sal like om Julius se gesig te trap.

  37. 93 Ingrid Marais Januarie 12, 2010 om 1:14 nm

    Kuif!, ek slat jou, vir wat kuier jy hier en nie by my nie, het jy vergeet ek’s jaloers 😆

  38. 96 Dellie Januarie 12, 2010 om 1:42 nm

    lmga – julle klomp is skreeu snaaks! 😆

  39. 97 parkes1 Januarie 12, 2010 om 2:10 nm

    Hallo ek het ook maar gou draaitjie kom maak.

  40. 99 lindzie Januarie 20, 2010 om 7:32 vm

    Flintie!! Hoop nie jy is een van hulle nie, jy is gay onthou! Hahaha joke!! mis jou baie. Soentjies xxx

  41. 101 Charms Januarie 27, 2010 om 3:06 nm

    Nee kyk, as jou comments meer plek inneem as jou oorspronklike “post” dan weet jy “You’ve made it!!!”.

    Hou so aan ek het my gate uit geniet.


  1. 1 Vrydagskool….Biologie101 « Demoerin se Wêreld Terugskakeling op Januarie 8, 2010 om 7:26 vm

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: