Hoe sê?

Vandag sukkel ek so met die internet mense oor ‘n rekening wat belaglik is, en die van julle wat self al so gesprek oor ‘n foon probeer voer het sal weet dis nag. Kom ek vertel julle bietjie hoe myne verloop het.

My skoonma sit oorkant my, siggie in die hand. Sy weet mos nou al ek kan erg ongeskik raak oor ‘n foon. Ek hou ook nie daarvan om haar teleur te stel nie, en soos altyd maak ons land se kliente diens dit vir my moontlik om dit te doen sonder aansit.

Die gesprek was soos volg:

“iburf klyintserwist” hoor ek, klink of dit kan vroulik wees.

“Hello?” sê ek en frons soos ek die gehoorstuk harder teen my oor vasdruk.

“Yeth Hai” sê die stem

“Ek benodig hulp aangaande ‘n moontlike foutiewe rekening, met wie moet ek praat?” sê ek vriendelik.

“njhihkjhuh jshgyo jhgoi0im” sê sy.

“Erm, ekskuus?”  Ek kon nie hoor nie.

“**Sug**, jhjmndhml iej,kzxmkj  jew;kkm baliuhkm b h nkhgkm h” sê sy die keer so stadig mens kon sweer ek is vertraag.

“Dame, ek is regtig jammer maar ek kan nie hoor nie, kan jy herhaal of deursit asseblief?”  vra ek.

Lang stilte….

“Hello?”

Niks.

“Hello?”

“Yeth?” sê dit.

“Nee fok” sê ek vir skoonma.

“May I speak with someone from your accounts department please” probeer ek toe nou maar in brits.

“Yeth, Catfhbjnm” sê dit.

Ek verstaan fokol.

“Dame” sê ek, “haal asseblief daai ding uit jou mond uit en praat met my.”

Stilte…

Ek hoor kliek, en heel duidelik word ek in afrikaans aangespreek.

“Dis Catherine meneer, hoe kan ek help?”

Ek verduidelik haar my hele storie, en sy sê ek moet nou eers met die IT oukie praat.

Raait…

Ek hoor kliek, en verder niks. Vyf Minute, Tien…

Catherine kom weer aan die lyn en vertel my die IT oukie is nou op ete.

“Ek sal seker ook maar iets moet eet” sê ek.

“Ekskuus?” vra Catherine.

“Nee niks, so wat moet ek nou doen?”

“Meneer moet asseblief oor so ‘n uur terug skakel”

“Jy speel seker” sê ek.

“Hoekom?” vra sy.

“Want die vrou wat die telefoon antwoord klink of ‘n hoender in haar mond vas sit.”

Catherine giggel.

“As meneer maar geweet hoe naby meneer aan die waarheid is.” sê sy.

“Wat? Daar sit werklik ‘n voel in haar mond vas?” vra ek half geskok.

Skoonma donner van haar stoel af.

Ek lag so erg saam met die vreemde Catherine, ek moes maar groet en neersit.

More probeer ons weer.

51 Responses to “Hoe sê?”


  1. 1 Xena Phoenix Januarie 7, 2010 om 9:46 nm

    😆 😆

    Wanneer ek eers ‘n Thembi op die foon kry, dan kan ek die pipperellakoors kry. Veral as hulle nie Kombuistaal of Rooitaal kan praat nie. Al dink hulle hulle kan.

    • 2 flintstoned Januarie 7, 2010 om 9:51 nm

      Xena, vrou, kyk om mee te begin is ek nie baie lief daarvoor om oor ‘n foon dinge uit te sorteer nie, en as ek daai situasie kry hou ek aan neersit tot iemand in Brits of Kombuis antwoord.

      • 3 Xena Phoenix Januarie 7, 2010 om 9:57 nm

        Ek bel nou die dag iemand om iets te bestel. Die Thembi was toevallig blank gewees. Ek soek die sterkste x wat hulle het. Raai wat vertel sy my? Haar rekenaar gee haar 242 resultate en sy het nie tyd om dit deur te gaan nie. Ek vertel haar ek het ook nie tyd nie, sy moet iemand kry wat weet. Jammer, sy kan nie. Ek vertel haar toe baie vriendelik dat sy nie bekommerd moet wees nie. Ek kan en ek sal seker maak dat ons (die maatskappy) nooit weer iets van hulle bestel nie. ‘n Paar honderd duisend rand verlies vir hulle.

        • 4 flintstoned Januarie 7, 2010 om 10:03 nm

          Jinne, dis net ongeskik van haar, ek sou begin vloek het. Ek weet, glad nie volwasse nie, maar ek raak bietjie bemoerd met sulke mense op ‘n telefoon. En as sy nou nog vir my vertel sy het nie tyd nie (op ‘n oproep waarvoor ek tien teen een moet betaal) dan sal ek net begin bloed soek. Ken sy vir my, ek trek vinnig bitch op myself in die situasie 😉

  2. 5 Krista Januarie 7, 2010 om 9:46 nm

    Wetter ek amper van my stoel af soos ek lag!

    Jy moet asb nooit ophou stories deel nie, jy maak my week!

  3. 7 Girl van die Suburbs Januarie 7, 2010 om 10:17 nm

    Whahahahahahahah :mrgreen: Whahahahahahahah

    Ek HAAAAAAATTTTTTT Call centres met ‘n passie! Daarom help my queen maaikie Gigi my… Sy baklei AL my fights en die maak of sy my PA is. I just love my alter ego. Ek moet wel so nou en dan ‘n facial opdok of lunch koop maar dis die moeite werd.

  4. 9 Girl van die Suburbs Januarie 7, 2010 om 10:40 nm

    Hy werk saam my…Hy baklei regtig al my public battles vir my want maak nie saak wat hy se nie.. Hy klink altyd of hy presies weet… al verstaan ons albei fnokkol!

    Tot ons twee die dag aan mekaar spring 😉

  5. 13 Girl van die Suburbs Januarie 7, 2010 om 11:08 nm

    Oeg jy moes ons oukersaand gesien het… 3 bottels champers en 2 bottels wyn later… 😛

  6. 16 Dellie Januarie 7, 2010 om 11:31 nm

    Whahahaahaha! Ek ken daai deel van druk die foon harder teen jou oor in die hoop om beter te verstaan … 😆

    • 17 flintstoned Januarie 7, 2010 om 11:33 nm

      Jy ook ‘n iburst account? 😛

      • 18 Dellie Januarie 7, 2010 om 11:50 nm

        lmga – gelukkig nie … maar ek kry soms navrae oor kursusse waarvan ek nie kan uitmaak wat hulle bedoel nie … ‘excuse me?’ en ‘you’re breaking up’ is nou al standaard frases. 😆

    • 19 Smurfi Januarie 8, 2010 om 9:18 vm

      Dellie, 😆 mens druk nie net die foon al hoe harder teen jou oor nie , jy praat ook al hoe harder in die hoop dat dit dalk net die lyn is wat so sag en fluisterend is! 😆 Die beste is hulle skree altyd op mekaar as hulle gesels maar o, wee oor ‘n foon fluister dit so dat jy wil gek word daarvan.

  7. 20 BB Januarie 8, 2010 om 7:46 vm

    Ek het báie geduldige ‘telefoonmaniere’ – en ek kan nogal sê “touch wood” – is bitter bittermin in my lewe al teleurgestel met swak telefoniese diens van enige aard… (keeping my thumbs crossed as we speak :mrgreen: )

  8. 22 Martin Januarie 8, 2010 om 7:49 vm

    HAHAHAHAA!!!!! Ek sou graag ‘n vlieg teen die muur wou wees om skoonma se gesig te sien!

  9. 24 demoerin Januarie 8, 2010 om 8:09 vm

    😆 Ek haat ‘n telefoon… en as so iets gebeur moet die brandblussers sommer dadelik byderhand gehou word – al probeer ek baie geduldig wees. Ek weet nie waar hierdie mense training kry nie… fokkit, dit is die eerste indruk wat iemand van die company kry – die persoon wat die foon antwoord.

  10. 27 Plaasjuppie Januarie 8, 2010 om 8:26 vm

    Ek ervaar dieselfde probleem daagliks maar uit ‘n nader perspektief uit. Ek is die arme sucker wat die foon optel as die klient bel vir support.
    As die gesprek begin met . . . eeee . . . this computa is not working . . . dan weet jy die gaan ‘n flippen laaaang dag raak.

    Persoonlik bel ek glad nie ‘n call centre nie, ek ry eerder na die plek toe waar ek iemand persoonlik kan aanrand as ek nie geholpe raak nie. Of as my moer regtig suur is vir hulle, dan stuur ek my vrou :mrgreen:

  11. 28 flintstoned Januarie 8, 2010 om 8:31 vm

    😆 @ “stuur ek my vrou”

    Aangaande die “. . . eeee . . . this computa is not working . . .”

    ….wel. dis seker soos die “Coffee Holder is fucked”

    :mrgreen:

  12. 29 BB Januarie 8, 2010 om 9:01 vm

    Flints – jy het so mooi gemaak daar by my! Dankie!

    Ek wens soms ek kan net briek en ‘n profound oneliner tik – maar dit sôkkol!! 😳

  13. 32 Smurfi Januarie 8, 2010 om 9:14 vm

    Flintie!! dankie tog ek dag ek is al een wat besig is om gek te raak elke keer as ek ‘n call centre moet skakel!! Daardie oor en oor herhalings, en hoeveel keer kan mens sê “Sorry I can’t hear you!!” sonder om histeries te wil raak! Alian English!! noem ek dit, dit is nag om enigsins met sommiges te praat.

    Telkom het die ding van om jou te skakel en te vra hoe jou klagte hanteer was, wel ek het hulle mooi vertel dat hulle asb. tog net eers hulle mense moet leer praat en ook dat hulle tenminste Engels goed moet kan praat voor hulle enigsins ‘n foon kan hanteer.

    HIer was so paar weke terug een van hul tegnikuste by my huis om ‘n fout te kom herstel, ek belowe jou nie ek of my man kon ‘n woord uitmaak wat die man sê nie, ons sit en kyk vir mekaar ewe gepuzzle wat die ou nou eintlik probeer sê, en om elke keer te vra “sorry what dit you say?” voel jy naderhand soos ‘n Idioot.

    Meeste van die tyd kan hulle jou anyway nie help nie.

  14. 34 lindzie Januarie 8, 2010 om 11:31 vm

    hehe… pfff… ‘n regte sipo,of victoria… Hulle love mos KFC!!

    • 35 flintstoned Januarie 8, 2010 om 4:55 nm

      Moenie dat ek oor Victoria begin nie vriendin, jammer ek moes vanoggend jou vacuum cleaner uit plug, maar sy maak of sy my nie hoor nie!! 😯

      • 36 lindzie Januarie 15, 2010 om 9:00 vm

        Dis nog okay… sy het nou al die polisie vir my gebring en sy wil ons hof toe sleep omdat sy gefire is…. Kan jy glo?

        • 37 flintstoned Januarie 15, 2010 om 9:03 vm

          Ek het n oproep van die department of labour af ontvang, ek het die oproep gemis,toe ek terug bel hoor ek dis hulle.

          Nou wonder ek of dit nie ook dalk sy was nie….

          Ding is sy het een maand, een dag n week by my gewerk, sy kan my gin hof toe vat nie.

          • 38 lindzie Januarie 15, 2010 om 9:10 vm

            Selfde met ons sy moet drie maande by jou werk voordat sy jou kan hof toe vat…

            Sy moes nog net een week by my gewerk het dan het ons nou groot kak gehad.. Want na drie maande moet jy mos kontrak teken..

            Wel sy het die polisie vir my gebring omdat ek haar yt my yard yt gejaag het..

            Ek dink hulle het die verkeerde nommer gebel toe hul jou bel want hulle het vir die polisie gese hulle het ons proebeer bel maar ons antwoord nie ons foon nie. Wel ons het ‘n brief gekry dat ons vir haar moet blyplek gee anders sien ons hulle in die hof maar hulle is so voken dom sy hou aan sy moet ‘n maand hier bly maar die brief se ‘n week…

            Ai die rainbow nation!!

  15. 39 Antie Koekie Januarie 8, 2010 om 1:05 nm

    Kersiepit, laat jy nou my depressiewe IT genius homself nou skoon op ‘n ander vlak lag!Kostelik!
    Telkom fone hou nie in my huis nie— elke keer as ek moet aanhou of ‘n beste toon kry, word die arme foon met verskriklike geweld “saggies” op die mikkie teruggesit.
    En daai vrou van Telkom—die een wat sê”U hhat onvholdhoendhe vhondse…..” of so iets. Sy maak my gek!!
    klink soos ‘n tannie met styfgepermde hare, sykouse, ‘n stepping en ‘n Michel Herbalin horlosie wat haar ryk skoonseun oorsee gekoop het.
    Julle ken mos die tipe? Daai soort wat jou bewus maak van al jou tekortkominge, net as jy haar stem hoor.

  16. 40 Antie Koekie Januarie 8, 2010 om 1:06 nm

    Moet eintlik wees: BESET toon. O, blondi!!

  17. 42 kaalvoetinireen Januarie 8, 2010 om 2:11 nm

    Ek sit hardop en lag! Wonder wat is die voel-vrou se storie?

  18. 44 koeksister Januarie 8, 2010 om 2:16 nm

    Whaha, goeie storie. Ek moet sê ek het al my naam en van hoor uitspreek dat ek self moet wonder vir wie hulle soek.

  19. 46 demoerin Januarie 8, 2010 om 3:50 nm

    Nou wonder ek net hoe het vandag afgeloop ❓
    Of het jy ‘n aar gebars en lê nou in die ongevalle… of het jy PJ se raad gevolg en soontoe gegaan…. en nou sit jy in die tronk ❓

  20. 48 Sonkind Januarie 8, 2010 om 9:16 nm

    Eendag sal ek jou nog vertel van die dag wat ek Telkom kliphard gedreig het dat ek myself gaan vasketting aan hul toonbanke totdat hulle my probleem opgelos het. Dit, nadat hulle vir die 4de maand die maatskappy waar ek gewerk het, se telefone afgesny het oor ‘n nommer wat NIE aan ons behoort het nie! En ek deur my baas uitgekak is omdat ek nie die prbleem opgelos kry nie.

  21. 50 Alta Januarie 15, 2010 om 1:49 vm

    Bwaaahahahaha agge nee!!!


Lewer kommentaar op flintstoned Kanselleer antwoord




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 771 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf