Ek het vir so ‘n rukkie in die begrafnis bedryf gewerk. As bestuurder van die tak, sit jy elke dag met hartseer, trane en selfs soms verwyt voor jou. Jy onwikkel maar ‘n donker sin van humor as jy elke week te doen het met longe uithaal, en long boks nommers ens. Die begrafplaas word Saterdag oggende jou huis vir so 6 ure van die dag. Jy onthaal, jy troos.
Jy druk graf nommers op die hopie sand in, en vertel die tannie sy is welkom om die nommer te kom haal by die kantoor indien sy sou vergeet.
“Ja” sê sy. “Een hoop lyk maar soos ‘n ander ” Haar woorde word sag en dan raak haar woorde weg. Gebukkend loop sy daar weg, en jy weet dat sy weet, die hartseer begin nou eers.
‘n Stukkie van my siel sit op haar skouer en waai vir my totsiens. Ewig aan haar trou kleef hy vas.
Soos swart begrafnisse mos gaan, loop almal stadig agter haar aan. Die Dominee kom agter aan.
“Hello Mêrete”
Hy frons, en ek wonder nou wat nou?
Ek hoor die assistent hier langs my proes. Hard aan die probeer om lag in te hou.
Ek staan hand uitgestrek. Dominee vat nie, hy frons nog.
“My son” sê hy stig. ” I have been called many things in my life, but not this.”
“Hoe nou?” vra ek. Gereed om befok te word.
“I believe you meant to say Muruti.” sê hy.
Die assistent sluk op daai stadium sy vuis in, en ek kan hoor hoe hy daaraan sluk.
Dis nou my beurt om te frons.
Hy sien seker toe ek is verward en besluit toe om my uit te help.
Met sy toga wat agter hom in die wind wapper kleef hy aan sy swart Boek en bring my aarde toe met die woorde:
“Mêrete means testicles”
Nou wat sê mens nou terug?
Sorry ou Bal?
Oeps! Dankie, nou het jy my Saterdag met ‘n lekker giggel begin. Nou wonder ek net: Kry mens dalk Ma Mêretes Shêba?
Groot groot plesier!!
LOL @ Mêretes Shêba
hehehe ja jong!!! stoutgat!
😉
Flinti!!! Hoop jy het asem opgehou tot in die kar voor jy begin lag het?
O, my soul! Gelukkig was jou bedoelings edel en opreg.
Ek kan net sien hoe vertel die waardige ou muruti die storie vir sy vrou en hoe hulle lag.
Antie Koeks, ek wens ek kon. Gelukkig het die man darem op die einde ‘n sin vir humor gehad. 😆
😆 😆 jy sit beslis ‘n smile op elkeen se gesig vandag!
Heya Smurf, dankie vir die inloer!
Whahaahahahahaa! Ag nee! 😆
Ja, soms maak ek net my mond oop om voete te ruil 😉
Kersiepit, jy kan my maar begrawe, solank jy net die klomp bietjie sal laat lag ook, OK?
Jy gaan ons almal nog uitleef Antie Koeks!
ROFLMAO! Dis een van daai oomblikke wat mens partykeer kry wat jy wens die aarde wil jou nou maar insluk…
Jy het GEEN idee nie tjomma!
Hehehe..
Hmmm, as jy die Martin is wie ek dink jy is moet ek sê: “Happy Birthday”
Awe, jy skryf jou stories mooi.
Hierdie ene is beyond skreeusnaaks!
Die Werf het my hienatoe gelok en dis die moeite werd.
Nou maar welkom hier, kom maak gerus weer ‘n draai.
😆 Sjala gabotse, Flint – I laaik you ava hoor!
Nyabonga Kakulu Sussie!! 😉
Ngiyabonga ka khulu — 😆 ek sien jy ken van Zulu! moes eers opkyk wat dit meen…gedink dis wat jy gese het…ek ken net van Noord Sotho 🙂 o ja en so bietjie Shangaan en as ek diep dink, sal ek dalk fanagalo ook kan doen, moet net nie vra nie! en dis eintlik Sala gabotse met ‘n omgekeerde kappie op die s, maar ek kon nie dit op die keyboard kry nie en dit maak die “sj” 🙂 Lekker dag!
Kyk, praat is een ding, maar om dit te skryf is iets heeltemal anders! 😆
In afrikaans spel ek soms baie kreatief, so oor die inheemse tale gaan ek nie eers praat nie.
Jy wen met die spelling 😉
😆
😆 O fok, dit is ‘n klassieke voet in die mond.. bwahahahaha. Maar jy het darem goeie bedoelings gehad… maar moer snaaks!
Ek sê mos, ek maak net soms my mond oop om voete te ruil, ek is die koning van naam gat maak (dis op my goeie dae) 😆
“‘n Stukkie van my siel sit op haar skouer en waai vir my totsiens. Ewig aan haar trou kleef hy vas.”
Flints – dis dié tipe woorde wat mens wragtig soms net eenkeer in mens se leeftyd iewers blessed genoeg is om raak te loop – dis sulke woorde wat die skrywer vir ‘n mens só spesiaal maak – wat mens laat terugkom om keer op keer klein juweeltjies op te spoor. Daar’s so ongelooflik diep baie in hierdie 2 sinne gesê – en al kan ek dit eendag as quote dalk nooit woord vir woord spesifiek onthou nie – kleef dit in my vas… sulke woorde wat in prentjies praat en so mooi skilder dat die woorde amper oorbodig raak.
Hier’s baie b(l)oggers wat by tye sulke juwele spreek – en dis hulle waar ek teruggaan na – cause of hulle kik en kerm, lag of huil, baklei, stry of paniek saai – hulle sit met ‘n méns-mens binne in hulle en ek teer heerlik op hierdie stukkies siel wat hulle so vrygewiglik uitdeel.
Ehhhhmmmm – maar dis nie wat ek wou sê nie (ek bedoel ek wou ja, maar ek wou eintlik sê: ons het darem ietsie in gemeen – ek het ook vir ‘n rukkie in die ‘bedryf’ gewerk… en ek het eendag ‘n ruk terug begin vertel daaroor en skuld my b(l)oggers nog steeds die res van die storie…
Dis darem ‘n ander tipe naastediens dié, nê?
“Sorry, ou bal!” WAAAAAAAhahahahahA!!!
BB, dis wragtig nie altyd vir my maklik gewees om in daai bedryf te werk nie, ek kan mos nie blind wees teen ander se hartseer nie. Jy sal self weet aangesien jy ook daarmee gewerk het, dis ‘n rou emosie wat jy in jou kantoor teekom.
…en soms is woorde net nie genoeg om iets daaraan te doen nie.
Lekker dag vriendin!!
En moenie dink ons het vergeet nie BB….
Ek haal ook my hoed af dat iemand in die bedryf kan werk.