Amerika is ‘n Poephol

Ek weet nie wie van julle weet nie, maar Amerika is wraggies somtyds agtergeblewe. California is nou besig met ‘n groot hof geveg oor of gay mense mag trou of nie. Die nuutse nuus toe ek die skryf was dat die wat teen “gay unions” is die hof gevra het of hulle die lewendige uitsending oor you tube sal weier. Die hof oorweeg dit nou.

Hulle het so ‘n mannetjie daai kant, at my vreeslik baie ons eie ou Julius Malema laat dink. Hy is mos reeds nou onlangs in ‘n IOL poll gewees. IOL wou weet of ons dink hy is ‘n rassis,  88% het gesê ja, maar dis nie nuus nie.

Amerika se nasionale poehol is Brian Brown, die mees uitgesprokke oor gay huwelike, en niks daarvan goed nie. In ons land, so sleg wat sommiges hom somtyds sê, ek ingesluit, is daar darem nie so ‘n issue nie. Ek as ‘n gay persoon het presies die selfde regte as ‘n getroude hetro paartjie. Is dit nie wonderlik nie?

Amerika wil altyd voorkom asof sy ‘n wereld leier is, tog veroorsaak sy net oorlog, skandes, en blabse wat lewens kos. Onskuldige lewens meestal. Sy wil god speel op ‘n globale vlak, maar sy kan nie sien dat liefde nie ras, sex, of  geld sien nie. Ons almal bloei rooi, daar is mos nie novocaine in ons are nie.

Ek weet my opinie oor die saak maak seker bitter min saak, maar my fok man, Amerika moet bykom. For once kan hulle bietjie hier by ons kom leer.

Amerika ‘n eerste wereld land?

Sure….

Advertisements

44 Responses to “Amerika is ‘n Poephol”


  1. 1 Weglekind Januarie 13, 2010 om 12:39 vm

    Flintie die average Yank is common soos gras. Hulle is die grootste twitte wat jy kan kry. Ja hulle dink hulle is die wereld so voor maar as jy uit die groot stede uit beweeg sal jou bek oophang….. Kyk na die twit http://www.youtube.com/watch?v=lj3iNxZ8Dww dan sal jy nie meer wonder nie.

  2. 2 Weglekind Januarie 13, 2010 om 12:40 vm

    Ag hell nou is ek in die modderbox….. 😦 wat het ek gemaak

  3. 3 flintstoned Januarie 13, 2010 om 12:41 vm

    😆 dit was die link wat dit veroorsaak het, maar daar is hy nou 😉

  4. 4 Plaasjuppie Januarie 13, 2010 om 12:48 vm

    As jy ‘n Aussie vat en jy rek sy bek met 50% en krimp sy brein met 50%, dan kry jy ‘n Amerikaner. Arrogante klomp fokkers

  5. 9 BB Januarie 13, 2010 om 7:12 vm

    Jy weet Flitsie, ons kan bly wees dat ons hier onder aan die punt van die donker kontinent nie regtig iets het wat die Ammies wil hê nie – nada olie en boonop is ons seriously bietjie vêr en beslis nie sentraal nie – dus, moet ons dalk ons sterre en geologiese posisionering dank vir die feit dat hulle ons nog nie goed genoeg/oppressed genoeg ag om ons te kom ‘red’ nie 😕

  6. 15 flintstoned Januarie 13, 2010 om 7:39 vm

    BB, nou wil jy maat laat gesels, in die 80’s het hulle al wat n sanksie is teen ons ingestel omdat ons mense “oppressed” het, ek sê nie dis verkeerd gewees nie onthou ek sou seker in die tronk gesit het as dit nie vir die nuwe grondwet was nie, maar nou doen hulle dieselfde net op ‘n ander vlak met hulle eie mense.

    En wie gaan hulle sanction?

    Niemand. Die olie lande klap hande want hulle is mos netso erg daaroor om gay mense se regte te skend. Arabs suck soms net so erg met hulle fanatiese uitkyke op die lewe. In hulle geval kak die vrouens ook sommer af.

  7. 16 demoerin Januarie 13, 2010 om 8:22 vm

    Vertel my iets wat ek nie weet nie…. en die poephol is seker ook een van daardie Bybel-onder-die-arm Amerikaners wat agter toe deure in die aande hulle families panelbeat…. My ex-baas bly in Texas, die Amerikaanse Bybel-belt… sy sê jy sal van jou stoel afbliksem elke keer as jy uitvind wat regtig in hierdie heiliges se lewens aangaan.

    • 17 flintstoned Januarie 13, 2010 om 8:26 vm

      Dude, dont get me started on the roll of the church…

    • 18 BB Januarie 13, 2010 om 1:35 nm

      Ek dink nie die Bybel-onder-die-arm Amerikaners is anders as die Bybel-onder-die-arm Afrikaners of any other Bybel-onder-die-arm creature nie… 😕
      Die probleem met mense wat met die Bybel onder die arm rondloop is dat hulle hom nie gelees gekry solank as wat hulle hom onder die arm vasknyp nie. Dieselfde mense wat ‘n oneliner gou-gou uit daai Bybel aanhaal en dit aan die mensdom as die ‘reël’ of ‘n ‘wet’ probeer afsmeer of afdwing, sonder om ooit self die konteks te verstaan of ter harte te neem. Hulle wat hulself “Model-Christians” noem en nie besef – ‘n ‘model’ se definisie is “a small plastic imitation of the real thing”. Jip jip! Synthetic FAKE!

      My ma (‘n Christen) wat haar ousie (‘n MEDE-Christen) wil aanvat oor die se kultuur en tradisies wat so NON-Christian is 🙄 TERWYL sy self gladnie ‘n probleem het met Kersvader of die wonderlike ‘tradisie’ van die Paashaas nie 😯 .
      Oits, sorry Flitsie – verkeerde plek verkeerde tyd… eeehhhmmmm verkeerde blog 😕
      Hahaha!!! No offence DMi!! Maar daai Bybel-onder-die-arm ding is NIE volks/kultuur/USA beperk nie – dis Christen beperk – hulle sit almal weerskante van jou in die kerk – ENIGE kerk.

      • 19 flintstoned Januarie 13, 2010 om 5:18 nm

        BB, as jy ooit weer onverskoning vra vir wat jy op my blog tik, ruk ek jou eierstokke uit 😆

        Ek dink daai bybelonderdiearm bliksems is genoeg om enige mens naar te maak. Ek stem hulle is oralste!

        Genoeg om van te kotz…

  8. 20 Xena Phoenix Januarie 13, 2010 om 9:29 vm

    Amerika wat so aandring op vroueregte het nie eers kraamverlof nie.

    En hulle is veronderstel om wereldleiers in demokrasie te wees

  9. 22 Cupcake Januarie 13, 2010 om 11:06 vm

    @BB … ek hoop nie dis oor gister se “hol” in plaas van “hel” nie …. 😆

  10. 24 Andrew Januarie 13, 2010 om 11:12 vm

    Wat my befoktgeid rooi warm laat gloei en maak dat ek my breinbeen teen die muur stamp is die feit dat Amerikaners nog die Imperial sisteem gebruik en gereeld praat van grade sonder om te sê watse grade … is dit Kelvin, Celsius, Fahrenheit of freakin Rankine?

  11. 27 BB Januarie 13, 2010 om 1:17 nm

    WIE de dinges is Rankine, Andrew???

  12. 28 BB Januarie 13, 2010 om 1:18 nm

    Oits!!:oops: toema skat – ek sallit G 😯 gle – bietjie blonde en baie lui… but I’m about to learn something new!! :mrgreen:

  13. 32 koeksister Januarie 13, 2010 om 1:32 nm

    Hulle en die Aussies is ‘n windgat nasie, ek hou boggerol van hulle, toe my dogter in Korea was vir die wêreldkampioenskappe (Taekwondo) het sy dikbek ‘n brons medalje gekry (3de plek). Ek het vir haar gesê solank sy die Yankees en Aussies geklop het is die saak reg met mamma. En sy het.

  14. 38 flippiefanus Januarie 13, 2010 om 6:54 nm

    Ja die Amerikaners …

    As jou nou ‘n Kanadees wil kwaad maak moet jy net vir hulle se^ hulle is nes die Amerikaners.

  15. 40 Girl van die Suburbs Januarie 13, 2010 om 9:18 nm

    Hmmm…. Daai vrou van hulle wat so geblindoek staan met die skaal…wat hulle regstelsel verteenwoordig of uitbeeld…

    Een hand van die weegskaal…. iemand wat homoseksueel is…ander hand… ‘n verkragter/molesteerder…

    Wat de fok maak dit nou saak vir watter span jy bat…wat van al daai engergie channel na iets wat die boewe laat les opse…

  16. 42 Nikita Januarie 13, 2010 om 10:48 nm

    Wel, as ‘n Amerikaanse voetbalspeler nie eers geweet het dat jy in die UK Engels praat nie…dan moet jy weet hoe ver “agterlik” is hulle…wonder wie van julle weet van daardie “geval”. As jy ‘n Suid-Afrikaanse vlag met die WOORD South Africa BY die vlaggie sien geskryf staan (ek meen, vlag EN woord) en jy vra vir die persoon, “…where in AFRICA do you live?” – ha-aalllooo! Africa is ‘n kontinent…by my vlaggie se dit “South Africa” – [en ons vlaggie is daar!] terloops, dit was ‘n skaakspeler op die skaak site – Amerikaner.- dis maar twee vinnige voorbeelde wat ek hier kan gee…ek het meer – maar ons hoef nie eers voorbeelde te gee nie, ons weet hulle is bietjie terug…selfs my skaakvriend Dan [wat sommige van julle al gesien kommentaar lewer het op my blog] erken dit![hy’s ‘n Amerikaner]

  17. 43 Boernig Januarie 14, 2010 om 8:57 vm

    As Amerika `n poelol is, Flinder – screw it.
    En moet nie waag om MY eierstokke te kom ytpluk nie – dis nie meer daar nie!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: