Gay Uganda

Ek gaan nie vir julle lieg nie, my hart is moer seer. Toe ek net klaar met skool was, het ek vir ‘n organisasie met die naam GLOP uitgehelp. Dit was die gay en lesbian organisation Pretoria gewees. Die organisasie het toe later fondse van HIVOS bekom, en groot gegaan. Vandag word hulle OUT genoem. Aktivisme oor dinge soos Aids, en GLBT regte (Gay, Lesbian, Bi-Sexual and Transgender) is in my bloed.

Ek was betrokke by die Internasional Aids Conference 2000 op die ouderdom van 19. Navorsing was ons ding, en dis ook waaroor ons direkteur Dawie Nel destyds ‘n voorlegging gedoen het. Ons het lesings bygewoon, kontakte opgebou, en baie geleer oor wat die mense deurgaan.

Nou, ek het al so bietjie gehoor van die Uganda ding, en bietjie gelees, en bietjie bebliksemd geword, en weer bietjie gelees. Dit so hier en daar in gegooi in ‘n post. Dit moes al vir my gesê het het hier is iets aan die kom, maar ek wou nie “heavy” word op die bloggers nie. Mense wil lag, gesels en vir ‘n oomblik vergeet van al die lelik daar buite. Tog, nou sit dit soos ‘n bol doring-draad in my keel vas, en dit wil uit.

Ek weet dit gaan pynlik wees, maar asseblief ouens en vriendinne hoor my.

Die deel wat my diep getref het van die berig wat op 08/01/2010 op IOL se web blad verskyn het, was die volgende:

President Yoweri Museveni has told colleagues he believes the bill is too harsh and has encouraged the ruling party to overturn the death sentence provision, which would apply to sexually active gays living with HIV or in cases of same-sex rape.

Verstaan jy die implikasies? Ons is die kontinent met die hoogste HIV + syfers. Hoeveel gay mans en vrouens in Uganda is HIV +? Statistieke  wys nie sommer tussen gay en straight nie, veral nie in ‘n land waar jy so bang is om dit te erken dat jy maar eerder net lieg en sê: ” Ek eet soos jy oom” nie.

Asof dit nie al reeds hel moet wees om met  Aids saam te moet leef nie, nou moet hulle nog met die lewe wat hulle het ook gedreig word as hulle liefde maak met ‘n volwasse wettige groot mens wat in gestem het tot dit. Hoe de hel gaan jy ‘n siekte soos dit hanteer, en beheer in ‘n land waar mense net gaan stilbly? Eerder in die donker nag van siek wees en sukkel sal krippeer, as om na ‘n dokter toe te stap en Arv’s te bekom?

Ek raak bietjie, bietjie befok dat daar mense is wat so iets sal ondersteun. Vanaand flits dit onder die nuus dat die President van Uganda homself distansieer van die aansoek om die wet.

…a bit to harsh…

Sy woorde oor die wet, nie myne nie. Bang vir die “backlash from foreign investors”, wat de blou kersie pik bliksem, beteken dit?

Waar is die mense in die redes? Verstaan my asseblief, ek raak opgesweep met die feit dat dit rand en sent is, alweer. En hoe aktief is ons land in die saak? Wat het geword van verantwoordelikheid vir jou mede mens?

Ek weet skryf gaan nie veel doen nie, maar nou lees ek vanmiddag op ‘n blog genaamd GayUganda dat so tussen die “power cuts” en storms deur kon hy ook nie werklik uitvind wat aangaan nie. Dit moet ongelooflik erg wees om te weet dat jy kan gemoor word, omdat jy gay en positief is, en om nie verseker te weet of dit al wet is of nie, maak sekerlik van jou ‘n kluisenaar in jou eie angs.

Sy opskrif :  “What do the papers say?”

Ek lees boeke daarin nadat ek sy skrywe gelees het.

Advertisements

50 Responses to “Gay Uganda”


  1. 1 Girl van die Suburbs Januarie 13, 2010 om 11:54 nm

    Die stryd gaan nog baie lanl en vrek moeilik wees. Ek wou se third world countries… Third world views… Maar na die California insident weet ek dis nie so nie.

    Mense is bang vir indifference, maar ry ook die perd se rug hol op die een …. Die dag wat ons kan praat van my vriend ipv my gay vriend of my swart vriend… Is die dag wat ons met ons self kan vrede maak. Almal probeer so polities korrek klink … Dis genoeg om van te kots.

    Wat van ‘n globale bill of human rights? Hoekom moet minority groepe v hulself baklei? I am human and therefore have a right! En nie ek is gay en nou moet ek baklei vir nie.

  2. 8 bobbejantjie Januarie 14, 2010 om 6:27 vm

    Haai siestog my hart bloei vir hulle! Flintie ek lees elders jy sê ek’s ‘n poepol? Komende van jou is dit mos ‘n reuse kompliment vrou? Ten minste het hierdie poepol nie ‘n verrekte kringspier.

  3. 17 George Maru Januarie 14, 2010 om 7:13 vm

    Kalifornië en Uganda is nie so ver van mekaar nie. Hulle het iets in gemeen: Amerikaanse fundamentalistiese Christene. Google bietjie Box Turtle Bulletin. Hulle het fantastiese werk gedoen om oor die Uganda-wetgewing te dokumenteer en waar alles begin het met die uhm “Christelike” konferensie van ‘n klomp Amerikaners in Uganda, begin 2009.

  4. 19 Antie Koekie Januarie 14, 2010 om 8:00 vm

    Ai Kersiepit, ek VOEL jou eina en frustrasie! Al klop die issue nie aan my deur nie, verstaan ek die mense se vrees en pyn. Ons wereld het regtig f#&ked-up geraak.
    Om te dink, met SOVEEL siek en verkeerde goed wat net onder die surface aangaan, wil hulle die doodstraf inbring @ gays………..?
    En jy sê dit so mooi….”Dit veroorsaak weer dat ons ander se pyn beter verstaan en dis hoekom ons sulke great vriende is.”
    Sterkte vir jou vandag.Wens ek kon nou vir jou ‘n lekker Antie Koekie koppie koffie gee en ‘n paar koekies!

  5. 21 Boernig Januarie 14, 2010 om 8:47 vm

    Ek wil vloek, maar ek ganie.
    Flinder – dit maak my hart en my kop pyn…ek kan wel glo dat daar onmense is wat so iets aan mense wil doen en dat sulke persepsies bestaan, maar dit gaan my verstand te bowe dat die menigtes niks daaraan doen nie of A-emosioneel teenoor dit staan. Mense is in hierdie eeu nog gebreinspoel om mekaar se polisie te wees en is inherent vrekbang wat ander van hulle dink en daarom ontbreek die wil om uit hul gemaksone te beweeg en te se: I love people – all of them – including myself. Jirre, dis `n groot begrip…lees weer!

    Ekself het jare voor mense nog hardop Aids kon se, boeke daaroor gelees – vok, nou weet ek ook wat ek weet (die bliksims! die vuil bastards wat dink ek is onnosel genoeg om die groenaap teorie te glo? Ek wil net voor my ma my hoor, se…ek hoop hulle vrek eendag moer pynlik)

    Ek is so reguit soos wat die N1 voel as jy aanmekaar vir 19 ure in `n 4ton lorrie Kaap toe ry, ne?
    Maar, Flinder…mense was nog altyd vir my mense. Ek kan nie anders nie. (Oky, soms is diere vir my beter mense as sommige mense)
    Ek is HIV-negatief (het nog altyd net die een maat) maar is so positief oor HIV positiewe mense.
    Hulle bly mense – ek kan nie anders nie.

    Daarom huil my hart vandag – oor ek weet – die heel beste, goedste, mooiste iets wat jy `n HIV of Aids mens kan gee, is ONDERSTEUNING.

    Nie dinge soos Uganda nie.

  6. 25 demoerin Januarie 14, 2010 om 8:57 vm

    Ai toggie…. en hoekom het ek sommer dadelik gewonder of een of ander Bybel-onder-die-arm Amerikaners is al weer hier betrokke is….

    Dit is sad as geld belangriker as mense geword het. Die politici se prioriteite is iewers in hulle moer in.

  7. 34 Andrew Januarie 14, 2010 om 9:44 vm

    “President Yoweri Museveni has told colleagues he believes the bill is too harsh…“

    Too what … too harsh? It’s state controlled genocide you crazy fuck. If you want to stem the spread of HIV, try changing the mindset of 12 million Catholics in Uganda (45%) who refuse to use condoms because their spiritual leader, Pope Benedict XVI, forbids them to do so.

    This religious ignoramus told reporters:

    … a tragedy that cannot be overcome by money alone, that cannot be overcome through the distribution of condoms, which can even increase the problem.

    Outright lies. Consistent condom use reduces the incidence of HIV infection by approximately 80%.

    Unsurprisingly, Uganda which is plagued by the disease is one of view places where Catholicism is on the increase.

  8. 37 ekisanna Januarie 14, 2010 om 6:38 nm

    Ongelukkig het ons hierdie mense ook in ons eie land. Ek ken mense wat glo AIDS is God se straf vir gays – nou wonder ek wat is dit vir ‘n baba wat HIV Pos gebore word? Agterlikheid is een van die dinge waarvoor daar nie pille is nie!

  9. 43 Alta Januarie 15, 2010 om 1:45 vm

    Kom net groet Flintie, sal eendag met jou gesels as ek mag.

  10. 45 Nikita Januarie 15, 2010 om 2:00 vm

    En wat se die res van die wereld hieroor? Is daar enige bohaai van iewers? Waar is – soos julle reeds gese het – BASIESE menseregte?
    Sterkte Flintstone! Jy het my simpatie. Ek het nie veel tyd vir sommige Ugandese nie…sal nie hier se waarom nie, dan bemors ek jou blog! Dis presies 1 min voor 12 hier! Ai…dis bedtoe gaan tyd!-poef! 12uur middernag! Daar ry die koets amper weg vir my!

  11. 46 lindzie Januarie 15, 2010 om 6:41 vm

    Bring die dood straf eder terug vir rapers en moordenaars… En moet dit nie net trug bring vir gay rapers en moordenaars nie!! Wat? Omdat ek nou straight is mag ek rape en moordpleeg…??? Dis alklaar erg genoeg vir mense wat aids het, sê nou maar die gay ou is verkrag en kry aids? Dan word hy met dood gevonnis en die ou wat verkrag het loop nog lekker rond in ‘n land van freedom?
    Watte kak is dit?

    Hierie land het al lankel sy gat gesien!!! Eers sit ‘n ou in die tronk, en as hy uitkom dan is hy PRESIDENT?(MADIBA) EN DAN….. Verkrag ‘n ander een en dan word hy ook president?(ZUMA) SIEK ….


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: