Die kat.

Ek is nie ‘n kat mens nie, maar ek is ‘n dier mens. Nogtans sou ‘n kat nie my eerste opsie wees nie indien ek eendag ‘n dier sou wou gaan koop nie. Nie dat dit al ooit nodig was nie. Elke dier wat ek besit het sy eie storie. Ok, behalwe miskien nou my vis (sy naam is Kat). Hy sou bietjie gesukkel het om hier te kom indien ek hom nie gekoop het nie. Die ding met Kat, dis nou die vis, is dat hy my nie toelaat om ‘n ander vis te koop nie. Hy maak hulle almal dood. So vir die afgelope drie jaar sit ek met ‘n moerse tenk, en een angelfish in hom. Ek kan hom net nie flush of vries, of weg gee nie. My rede is net dat ek hom al kos gee vir so lank en ek glo hy is geheg aan my. Moerse simpel ek weet, maar dis nou maar ek.

Wel, dan is daar Thandi. My Worsie kruis Staffy. Ons het haar uit haar oorspronklike huis geneem met “force”. Dit was my sussie se hondjie, maar toe eendag skop sy na die hond en net daar en dan word sy toe in ons kar gelaai deur my man. Toe het ons ‘n hond. Ek doop haar toe Thandi, en huil myself bloedrooi by die veearts toe sy reg gemaak word ‘n paar weke later. ‘n Oom met ‘n boerbull het vreeslik naar gelyk daaroor, maar fok hom…

Toe kom die aap. Raait, so Skoonma en haar man besluit dis tyd vir ‘n marmoset apie. Hulle koop die dingetjie, en dadelik soek my man een.Teen die prys waarvoor hulle verkoop word, kan die twee pas getroudes dit nie bekostig nie, maar met ‘n stroke of luck eindig die eindste aap hier by ons op. So word Gogga toe ook deel van die huishouding. Ek kan nou enige tyd saam gesels oor purity, doeke, seuntjies wat alles nat-pp ens. Ek kan ‘n gemsqause fyn genoeg druk in 30 seconds flat, so pap ‘n 5 maande oue baba sal dit kan eet. Ek kan ook huis skoon maak met ‘n aap wat heeltyd van my skouer af spring in my potplante in, en terug, en dan op my kop klim en my hare nat pp. Hy sit ook gereeld en wegkruip, en dan geniet hy dit te vreeslik as ek die hele donnerse huis omkeer om hom op te spoor. Ek moet gewoonlik daarna weer skoonmaak.

Wel, mens sou dink dis nou genoeg. Ken julle my lewe? Duidelik toe nie.

So lê ek heel snoesig in die bed, balkon deur so effe oop om die kamer so bietjie af te koel, en dis nie lank nie of ek slaap. Iewers deur die nag word ek wakker agv ‘n geluid wat ek nie ken nie. Ek sien vir ta so rustig,rustig deur die balkon deur insluip. Hy staan en kyk my stip in die oë, purrrr, en ek dink ek het daar weer aan die slaap geword want toe ek wakker word, toe soek ek kat. Na die soveelste uur begin ek dink ek droom ernstig vivid drome, en daar is regtig nie ‘n kat nie.

Anyway, so staan ek in die kamer en ek wil afbuk om ‘n amp aan te skakel. Toe ek so buk kyk ek en die kat mekaar vierkantig in die oë. Raait, nou wat nou? Die kat is so moer oulik, hy kom lê by die eerste geleentheid op my skoot. Toe ek so oor sy lyf vryf voel ek knoppe. Seker veertig van hulle, sulke klein knoppies, net aan sy flanke. Niks op sy rug of maag nie. Natuurlik voel ek net ribbes, die dier is dood van die honger. Dit voel ook of een van sy ribbertjies op ‘n tyd gebreuk was.

Reg, nou voer ek die kat. Hy eet een bakkie kos na die ander op. Hy raak weg vir so rukkie en kom terug en eet weer. Ek gaan stoep toe om te rook, hy het my potplant uitgekrap en ‘n longdrop daarvan gemaak. Ek kan hom vergewe, honger mense en diere maak my hart sag.

Maar waar kom die kat vandaan? Al wie ek kan dink om te vra is die nuwe bure, ek weet mos die ander het nie katte nie. So gaan vra ek toe ook, en sy vertel my die storie.

Dis haar kat, naam is glo Pamper. Sy vertel my sommer so oor ‘n koppie koffie dat sy die kat, nie een keer nie, maar vier keer in ‘n swartsak langs die pad afgelaai het. Sy kan nou nie verstaan hoekom die kat terug kom nie. (Simpel giggel). Ek dog sy maak ‘n grap, dis gewoonlik my eerste reaksie as iets vir my regtig skokkend en onverwags is.

Die knoppe op die kat is bb pellets wat daar vas sit, vertel sy my en vra of ek nog ‘n koekie soek. Ek dog ek kots op haar mat. Sy en haar man het die kat uit ‘n boom probeer skiet so ‘n paar maande terug. Dit was glo baie snaaks om te aanskou vertel sy my.

Op die stadium drink ek nie eers my koffie nie.

Ek vertel haar toe ek is baie lief vir katte, en van my beste vriende is katte, so ek sal dan nou maar die kat vir my vat. Sy stem toe darem genadiglik in, en so ek is nou die trotse eienaar van ‘n kat. Ook maar goed ek het aangebied om hom te vat want hy lyk nie of hy van plan is om iewers heen te gaan nie. Hy doen darem ook nie meer sy ding in my blom bakke nie. Na my tweede dag as ‘n kat eienaar, moet ek sê die kat is nie so bad nie.

Nou moet ek vir hom naam soek…

Advertisements

63 Responses to “Die kat.”


  1. 1 Boernig Januarie 21, 2010 om 9:58 nm

    Jis! Ek sou graag met die buurvrou wou gesels – verkieslik met haar voor die loop van `n haelgeweer en dan kyk ons wie lag die lekkerste!

    Jou vis klink bederf en jaloers.

    Wag net bietjie met die naamgee – leer mekaar nog so week ken, dan sal jy weet wat gaan pas of nie.

  2. 2 Antie Koekie Januarie 21, 2010 om 10:02 nm

    Hy leef!Glorie Halleluja! En hy’t ‘n KAT gekry!!
    Nou wag ek net om te hoor wat die kate se naam is? En miskienkan ek ‘n foto kry vir Feline flirtations? Want nou sal Flinti verstaan van katte wat met jou flankeer! Welkom terug, nou kan ek gerus slaap—all is puurr-fect in Blogosphere!

  3. 5 Sonkind Januarie 21, 2010 om 10:31 nm

    Jy is terug!!! Amper soos die kat (wat weer en weer gekom het) 😆

  4. 7 Antie Koekie Januarie 21, 2010 om 10:38 nm

    Kyk, Sonkind, as die flippin Flinti darem nie nou soos die kat se snor voel nie, weet ek darem nie!
    En ons kan nie eens sê “toe die kat weg was, was die muis baas nie”, want almal het hom gesoek!

  5. 8 Weglekind Januarie 21, 2010 om 10:54 nm

    So ‘n ou poephol!!!!! 😦
    Nie jy nie Flintie die stupid vrou wat langs jou bly. Sulke goed maak my so moerrig. Hoe kan jy dit aan ‘n arme dier doen. Jy moes sommer haar ‘n vet klap gegee het. Mag sy ‘n kramp in haar se hol kry wat nooit op hou nie.
    Ek is BAIE bly die kittie kat het nou ‘n nuwe huis. Jy gaan sien daardie kat gaan jou baby word.

  6. 9 Weglekind Januarie 21, 2010 om 10:55 nm

    O ja en welkom terug

  7. 11 demoerin Januarie 22, 2010 om 7:06 vm

    He is alive!! En die kat kom weer… la la la la la
    Ek kan nie glo die vrou vertel jou sonder om te blik of bloos die dinge nie. Dit is skokkend.
    Elk geval, die kat gaan beter by julle af wees.

  8. 12 Twilight Januarie 22, 2010 om 7:41 vm

    Grote griet, jou huishouding klink nes myne. Sterkte.

  9. 15 parkes1 Januarie 22, 2010 om 9:12 vm

    hie hie hie hoe lekker giigel ek nou vir mnr.muller.
    Welkom Terug Flintie!!! Het die kat jou weg gehou??
    Nou dan sal ons maar jou moet help met n naampie vir daai kat. Maar as die kat se naam Pamper is, moet dit seker maar so bly.

  10. 17 Skoor Januarie 22, 2010 om 9:26 vm

    Die bleke bliksems. Ek wens ek kon pellets in sulke absolute fokkers se rugspekke inskiet.

    Dankie dat jy omgee. Geniet jou diere.

    PS: angelfish is great. Hulle is heluit slim en volg jou as jy in die vertrek is.

    PPSS: noem maar die kat WINDBUKS, aangesien hy reeds gelaai is met die pellets…

  11. 19 Andrew Januarie 22, 2010 om 9:27 vm

    Studies toon ‘n verband tussen mense wat diere mishandel en aggressiewe geweldadige gedrag wat verkragting en moord insluit. Meer en meer lande plaas wetgewing in plek wat sielkundige evaluering verpligtend maak vir mense wat skuldig bevind word. In sekere kulture is diere mishandeling ‘n sosiale aanvaarde neweproduk. In sulke gevalle moet individue persoonlik verantwoordelik gehou word vir hul dade deur swaar boetes en tronkstraf.

  12. 20 Gatvol Januarie 22, 2010 om 9:30 vm

    Hi Flintie
    Sterkte met jou bure!

  13. 22 Ingrid Marais Januarie 22, 2010 om 9:56 vm

    Flintie, daai bure van jou 👿 😈 ek hoop die goed het die verstand om nie weer naby ‘n dier te kom nie, maar wat is die kanse? Ek is te bang om te vra, het hulle kinders? Die arme goedjies sal monters word, want dit is wat hulle sien. Ek begin sulke beelde sien van watter martelings ek vir die vrou kan uitdink.
    Mooi vir julle om arme Pamper onder dak te gee.
    Lekker naweek.

  14. 23 Girl van die Suburbs Januarie 22, 2010 om 10:06 vm

    Genugtig nee….. As ek jy was sou ek die DBV ingeroep het sodat sy haar einste storie aan hulle kan vertel. Sulke mense moet nie net in die publiek verneder word nie, maar sommer lyfstraf kry.

    Dankie tog julle gaan ou Karel help 😉

    Net een ding…. Hou gogga en Kat baie fyn dop… Dis heerlike speelgoed vir jou nuwe viervoetige!

  15. 25 Smurfi Januarie 22, 2010 om 11:39 vm

    darem maar lekker om jou skrywes te lees.

    Ek sien iemand het al voorgestel die naam “Vis” aangesien die vis “Kat” is 😆

    Ja, en onthou as mens die diere so invat en jy gee hom/haar ‘n naam dan is dit joune nê “one of the family”. Flintie ek is maar net so met die diere eintlik is dit seker maar ook ‘n oorerflike ding in ons familie, ons wil al wat hond, kat, voël, ag sommer alle diere wat mishandel word aanneem en grootmaak. So vir my klink jy na ‘n heel normale mens, jou hart sit beslis op die regte plek..

    Jy moes sommer daardie buurvrou gevra het of sy nie ook kan doen met so paar bb. pellets in haar lyf nie 👿 aaklige mens sy.

  16. 26 Smurfi Januarie 22, 2010 om 11:42 vm

    Ek het al gedink jy het die Lotto gewen, toe jy so verdwyn het vir ‘n paar dae 😆 dag jy is op ‘n wêreld toer of iets!

  17. 28 parkes1 Januarie 22, 2010 om 12:39 nm

    Ai Flintie praat met ons man!!

  18. 29 parkes1 Januarie 22, 2010 om 12:40 nm

    Of hou die kat jou te besig

  19. 30 Flintie Januarie 22, 2010 om 2:22 nm

    Hi julle, sorry ek is so stil. Dit gaan dol en my tyd is min my eie. Ek voel soma special met al julle geworry oor my. 😆 mrmuller, Vis is dalk nie n slegte naam nie. Ek sal sometime iets skryf oor die sonde met die bure, die Vader hoor my… En ja hulle het kinders…

  20. 32 kaalvoetinireen Januarie 22, 2010 om 2:25 nm

    Ek sal daai mense vol lood wil pomp! Blixems!

    Ek het nooit met katte grootgeword nie, want my ma haat hulle, maar ek sal dit dalk nog eendag probeer om ‘n kat aan te hou.

    So het hy nou al naam? Wat van Pasella?

  21. 34 Antie Koekie Januarie 22, 2010 om 2:30 nm

    Hi Flinti, ek dink dis nét jy wat 20 comments op jou eie blog kan kry, sonder dat jy deelgeneem het aan die gesprek!Flippit! Hoe kry jy dit reg?
    Maar dankie dat ons hier mag kuier, al is jy nie tuis nie. Ons belowe om die ligte af te sit en die deur toe te sluit as ons klaar is.

  22. 35 Xena Phoenix Januarie 22, 2010 om 3:00 nm

    Ek sal daardie buurvrou van jou graag met ‘n BB gun wil skiet.

    Kan jy nie per ongeluk die DBV op haar los laat nie?

    • 36 Flintie Januarie 23, 2010 om 3:40 nm

      Ek dink ek moet die kat dbv toe vat om te sien of die pellets van lood is, ek sal dan die hele storie aan hulle vertel. Wat my rillings gee is dat hulle ‘n ses maande oue baba het, en dwelms lyk my is ‘n probleem ook in die huis.

  23. 37 demoerin Januarie 22, 2010 om 4:00 nm

    Sjoe, dis lekker om met onsself te praat.

  24. 38 Flintie Januarie 22, 2010 om 4:39 nm

    Demoerin, sorry tjomma volgende week maak ek op daarvoor. Groete aan Rasta 😉

  25. 39 Antie Koekie Januarie 22, 2010 om 5:41 nm

    Kersiepit, doen jou ding, ons gaan nêrens nie.Jou getroue aanhangers sal stil sit en wag vir Wyse Woorde uit die mond van Onse Flintstoned.

  26. 40 Kobus Coetzee Januarie 22, 2010 om 6:09 nm

    Jislaaik Flintie – ek het al na jou begin soek! Ek het juis op my blog geskryf jy is dalk so bietjie lui vir tik. Hehe. Grappie.

  27. 42 maxie Januarie 22, 2010 om 8:41 nm

    Bly jy’s terug!
    Ek is nie ‘n moorddadige mens nie, maar as ek daai boerebiets in die hande kry sal sy smeek om genade. 👿

  28. 44 Boernig Januarie 22, 2010 om 9:50 nm

    Desember het hier die alleraakligste pikswart basterbrakkie baba aangemeld op ons plaas. So wild soos `n leeu en so honger soos een. Sy het my so 3 keer fyn en flentirs gebyt, haarself natgamaak en bevuil as ek haar wou vaskeer om op te tel. Ek het deurgedruk, force gebruik en ha gewys hoe `n drukkie voel, ha gebad, in die kombuis lat slaap en met `n leiriem laat rondloop, want los ek ha weer kruip sy in die store weg soos `n hondsdolding.

    Nou na 3 weke, is sy mak, blink gebad, vet gevoer, 4 dae gedokter vir bosluisbytkoors (ek mak `n mean nurse!) en nou eet sy uit my hand, lek my en slaap by die ander honnekinders. En soms slaap sy op my skoot.

    Ha naam is Liefie en sy gaan nie kinders kry nie.

  29. 47 ekisanna Januarie 22, 2010 om 10:26 nm

    Ou Flintie ek is so bly jy is weer met ons, maar terselfdertyd is ek skoon hartseer (en sommer van voor af woedend) oor die storie van die kat. In September het my baie spesiale kat weggeraak en ek moes later hoor (uit haar eie mond, maar sy het my nie gesien nie) dat my buurvrou my kat in ‘n sak gesit het en vir haar seun gegee het om van ontslae te raak. Ek sal nog Massey se hele storie eendag in ‘n blog vertel. Geniet jou kat.

  30. 48 Flintie Januarie 23, 2010 om 2:34 nm

    Heya julle, die kat is nou tuis. Nou nog net die kat veearts toe vat om uit te vind of die pellets nie dalk van lood kan wees en die kat siek maak nie. Ook sommer om te “deworm” en inentings te ontvang.

    LOL, julle is so snaaks met julle stories dat ek ontvoer is!!

    Trust my, hier kom ‘n lekker lag storie oor wat die week gebeur het.

  31. 49 lindzie Januarie 23, 2010 om 3:28 nm

    hey flintie …. wat se seun van jou nuwe kind? Hy wou dan nie eers nog ‘n hondjie gehad het nie… Nou moet ons nog net vir jou weer ‘n voëlkie kry dan het jy alles…

  32. 51 lindzie Januarie 23, 2010 om 3:41 nm

    Hoe lyk jou nuwe buurvrou? Sy klink vir my soos een van daai blyvoor tannies… Daai met die lang olierige hare wat lyk of jy slapchips op haar kop kan bak… met die lang cutex naels wat so afdop en ‘n lang lexington sigaret watse punt so in haar mond wapper as sy met jou praat met haar lang rok en crocks?

  33. 54 Boernig Januarie 24, 2010 om 11:00 vm

    Flinder? Ek sien nie dat jy my mail soos ek beleef gevra het nie. Jy muni warrie nie, ek`t nie `n secret schoolgirl crush op jou nie! Al wat ek wou voorstel is dat Jasper `n oulike naam kon wees. Mens kry Jasper stene en dit het healing propperties – nes ek glo jouse kat gaan nou in jul lewe maak. Hulle skuur mos alewag die liefde aan mens af. Nou ne? Besluit mar eers mooi orie naam, dis belangrik dat dit pas en lekker op die mond rol. Indien Jaspurr nie te sleg klink nie, stuur ek vir jou kat `n Jasper steen.

    Gees!

  34. 56 Antie Koekie Januarie 24, 2010 om 1:03 nm

    Jas-Puurr klink net soooo reg!Kani wag dat Flinti vir ons ‘n mooi foto van sy seuntjie kat post nie.

  35. 57 Boernig Januarie 24, 2010 om 5:24 nm

    Ek sweer jy`s tipies!
    Ek kyk in my stokou e-pos adres en daso sit jy toe lewensgroot – en dankie, maar
    Lewensgroot is my nuwe e-pos adres op jou blog en jy pos wragtag verkeerd. Mag die SARS jou weer ry en weer laat ry en weer en weer!
    Al wat ek nou voor wag is die kat se naam…ek sit en duime tik,tik,tik,tik,tik so allangs die keyboard.

  36. 58 Charms Januarie 27, 2010 om 3:41 nm

    Ek was ook nie ‘n kat-mens nie, maar my weeskind Lulu ruil ek vir niks! Sy’s haar Ma se meisiekind (en die klein hel weet dit ook ne).

    Flippen kommin buurvrou wat jy het – wonder hoe sy sal voel na ‘n paar skote op haar neerdaal?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: