SARS

Eerstens moet ek net vir Antie Koekie en Cobus Coetzee dankie sê vir die posting en die brief. Elkeen het my lekker laat lag, en Antie Koeks se brief het sommer my hart geraak. Nou wil ek skryf, my vingers voel skoon dom na die afwesigheid.

My week was opgeneem deur Jan Taks, asof mens nie genoeg aan hulle betaal nie, stuur hulle my ‘n e-mail wat sê ek skuld hulle een moerse bedrag geld. Kyk, na die internet se aftrekking van oor die R1200.00 (wat ek steeds nie uitgesorteer kry nie) is ek baie sensitief oor ons geldsake. Ek het ‘n poging aangewend die laaste finansiele jaar, en e-filling gedoen. Volgens die “tax calculator” moes ons ietsie terug kry, maar toe kom die e-mail.

Wasbleek sit ek daar en lees in my inbox ek skuld vir SARS ‘n mal bedrag.  Mens wil nie sulke dinge lees in Januarie nie. Dis net na Kersfees, ja ek noem dit nog Kersfees, en mens trek swaar deur Januarie. So hier in ons ou dorpie is ons nie geseend met ‘n SARS kantoor nie, en ek vat alles wat ek dink ons gaan nodig hê en ry deur Randfontein toe.

Duidelik dink ek soos my gat, want ek het nie alles gevat wat ons gaan nodig hê nie. So begin die “epic”. Randfontein toe, huis toe, Randfontein toe, huis toe.

Ten laaste eindig ek op by ‘n dame wat nie net Afrikaans kan praat nie, maar ook hier van ons area af ry elke dag om te gaan werk in Jan Taks se kantoor. Sy was vriendelik, dit moet ek ook net noem, iets wat ek nie tot dan in die Randfontein SARS kantoor raak geloop het nie. Sy vra wat is die probleem, en ek verduidelik aan haar dat ek iets moes verkeerd gedoen het op die e-filing ding, want hoekom skuld ons hulle nog geld?

Onthou dis die hoeveelste keer wat ek moes huis toe ry vir iets, net om uit te vind dis nie wat nodig was nie. Sy gaan kliek-kliek en sê vir my ek was reg dis hulle fout. My oorspronklike berekenings was reg. Dis die medies gewees, die aantal lede op ons medies was verkeerd ingelees. Raait, nou skuld ek nie meer vir SARS  geld nie.

Ek begin weer asemhaal…

Noodeloos om te sê ek was lekker bemoerd teen die tyd wat ek daar uitstap, want hoekom kon die eerste aap met make-up nie kliek-kliek en die fout vind nie?

Advertisements

16 Responses to “SARS”


  1. 1 ekisanna Januarie 24, 2010 om 7:00 nm

    Nou weet jy ook hoekom deel SARS ‘n naam met ‘n dodelike griep!

  2. 2 Flintie Januarie 24, 2010 om 8:18 nm

    😆 En dis nie ‘n jok nie Anna!

  3. 3 demoerin Januarie 25, 2010 om 8:32 vm

    Sjoe, ek is bly dit is uitgesorteer.

  4. 5 Antie Koekie Januarie 25, 2010 om 9:44 vm

    Ja, ‘n mens kan lekker magteloos voel as jy mens alleen
    teen “Die Stelsel” te staan kom. Bly jy kon dit uitsorteer, jou stress level is nou seker darem weer amper op normaal?
    Mooi dag vir jou.

  5. 6 parkes1 Januarie 25, 2010 om 9:45 vm

    Dankie tog! Nou kan ons weer gesels!

  6. 7 Flintie Januarie 25, 2010 om 10:17 vm

    Antie Koeks, valiums werk teen die stelsel!

  7. 8 demoerin Januarie 25, 2010 om 10:30 vm

    Nou kan ons seker weer uitsien na ‘n ligter inskrywing… soos, uhhhmmm, vandag ❓

  8. 9 Girl van die Suburbs Januarie 25, 2010 om 10:41 vm

    Dink jy as jy nou jou petrol claim inhandig vir al die nodelose rond gejaag dat hulle dit sal betaal?

    Ek dink try en kyk wat gebeur! 😉

  9. 10 Flintie Januarie 25, 2010 om 10:47 vm

    lol, demoerin. Ek twyfel girl.

  10. 13 kaalvoetinireen Januarie 25, 2010 om 2:27 nm

    So iets is genoeg om jou 10 jaar ouer te maak in split sekondes! Bly dis uitgesort!

  11. 15 dannhauserjuan Januarie 25, 2010 om 3:27 nm

    Ek het simpatie met die sars ding, ek moet Elkanah skool help met hulle s’n. Daar is ook iets groot fout en dit le nog voor dat ons na hulle kantore moet optrek in Welkom.

    Juan

  12. 16 Flintie Januarie 25, 2010 om 3:40 nm

    JD, al wat ek gaan sê is sterkte ou tjom. Nogtans,dis die moeite werd om te hoor hulle gee geld nadat jy gedink het jy gaan verloor.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: