Nostalgie.

Ek was 16, jonk, dronk en ‘n skatkis vol vuil gedagtes het my snags gejaag. Op 16 is seuns mos net vrot voete en “hormonal” puberteit sweet. Ouma het gesê ons het rooi hakskene, en my pa was minder poeties daaroor. Ek dink hulle het wel dieselfde ding bedoel, en vir die eerste keer in my Pa se volwasse lewe was hy en sy ma, my Ouma, aan die selfde kant oor ‘n saak.

Flintie moet koshuis toe….

Minder snaaks. Ek raak so depresief daardie dag ek luister my ma se ABBA cd in sy moer in, verf my toon naels swart(dis al naels wat ek kon verf sonder om onterf te word), en bad die hond drie keer. As ek reg onthou was ek daardie dag so gefok in my koppie, ek het selfs skottelgoed gewas. Geen volwaardige tienerseun was sommer net skottelgoed nie, en ek was vir weke daarna angsbevange dat my ma dit aan iemand sal oor vertel.

Twee dae voor ek konsentrasie kamp toe gestuur word probeer ek die onderwerp weereens met my ouers bespreek. Tot my spyt, dit ontketting een van die grootste gevegte in die geskiedenis van ons gesin. Ek besluit om maar eerder te los, anders gaan my ouers se huwelik dit nie hou nie.

Die dag voor die skool begin, is my tassies gepak, my cutex toegedraai in ‘n paar rugby kouse wat ek tot vandag toe nie weet ek waar gekry het nie, en my posters van Nirvana en Nine Inch Nails mooi opgerol. Op Nirvana se poster vang hulle ‘n baba met ‘n vishoek in ‘n swembad.

Nine Inch Nails lyk dood normaal, soos altyd op die brink van “overdose” met een of ander demoon wat om hulle sweef. Ek was wat hulle noem ‘n tiener met issues. Dis na die derder keer wat die polisie my by die skool kom haal het dat die ouers besluit het dis tyd vir bietjie disipline, en aangesien die verpligte weermag afgestel is, was koshuis die naaste aan daardie hel.

Toe ons voor Huis Veltman stop, toe weet ek hier gaan ek gedonner word. Dis net boer seuns, rugby balle, rugby tokse en vuil grappe. Natuurlik ook stink voete want dis tiener seuns.

…en die kamer is so snaakse blou wat my laat dink aan “bergie-gums” in paartyd.

Tot my skok is ek ook toe nie alleen in die kamer nie. My kamer maat is niemand anders as die Koshuis Vader se seun, en kaptein van die tweede rugby span nie. Vir ‘n oomblik het ek gedink ek is in die hemel, maar toe begin ta te praat. Sy stem was so dik ek was op die plek “pap-sop-water-nat.” As gewese tiener seun kan ek vandag getuig dat ‘n ou nie altyd beheer het oor wat jou liggaam doen nie, en dis nog moeiliker om weg te steek in ‘n “stovepipe” broek. As julle vir iemand vertel ek het “stovepipes” gedra dagvaar ek. 😳

Toe ek sien ek moet in ‘n ry staan vir kos, toe crack ek. Ek begin weer rondvra vir ‘n ABBA cd, maar niemand ken hulle nie. As ek nou terug dink was dit dalk ‘n goeie ding want my cutex word toe ook ‘n probleem omdat storte gedeel word. Ek strewe na perfeksie en al daai dinge, maar ek het regtig my cutex remover by die huis vergeet. Thinners doen dit net nie dieselfde nie en ek het my berus by die swart strepies oor my toon naels.

Dis stort tyd, en ons staan almal so bewe-bewe handoek om die lyf in ‘n ry en wag ons beurt af om te gaan stort. Die matriek seuns rook skelm by die venster uit en die reuk van rugby hang swaar in die lug. Ek gaan nie begin oor die visuals nie, want dan is my skrywe weer pornografie. Ons is mos Afrikaans, ons spyker nie. Ons loop kerk en vang vlinders.

Die ou voor my draai om en sien my tone. Hy frons.

“En dit?” vra hy en wys na my tone. Cutex sit nog stewig vas op die naels.

“Gangreen” sê ek.

Hy draai vinnig om. Ons is Afrikaans, ons vra mos nie uit nie. Ons loop met oogklappe en sien net dit wat vir ons mooi is, teef bietjie oor wat sleg is, en dan gaan ons aan.

Dis my beurt om te stort. Ek val amper om. My ma het ‘n moffie groot gemaak, nie ‘n pornster nie. Ek het in my lewe nog nooit so ontbloot gevoel nie, ok, miskien op my 21 ste verjaarsdag, maar dis ‘n ander storie. Die ou in die stort langs myne vra ek moet help sy bene skeer, hy speel hokkie en dit help glo met die tights wat hulle dra onder hulle broeke sê hy. Ook net my geluk dat dit ‘n paar bene is om oor liries te raak.

Ek help toe maar die maat skeer, die probleem is dis toe op daai oomblik met sy gladde bene onder my seep hande dat biologie sy gang gaan. Ek kan nie omdraai nie, ek kan net sit en vooroor buig om die bewyse te probeer verbloem.

“Wats fout?” vra maat wie se bene nou net geskeer is.

“Gangreen in sy voete” hak maat wat voor my in die ry gestaan het af.

“Dankie Jesus” dink ek by myself, en ek herstel in so ‘n mate dat ek kan opstaan en vinnig uitloop kamer toe.

Dis my eerste dag in die koshuis, en ek sien klaar probleme kom dink ek by myself. Ek lê en sien drogbeelde van hoe ek pap geslaan in die rugbyveld gevind word. Afrikaners maak nie hase groot nie. Ons bid kinders straight.

Daar is ‘n klop aan die deur, en ek sit my lig aan.

“Wie is dit?” vra ek.

Mnr. Bene antwoord, en ek maak die deur stadig oop. Ek loer om te kyk of hulle in groepe aanval, maar dis net hy wat daar staan.

“Mag ek inkom?” vra hy.

Ek nooi hom in, en hy gaan sit op my bed.

“Jammer as ek jou in die verleentheid gestel het” sê hy.

Ek bloos, want op daardie oomblik weet ek hy weet wat die waarheid is.

“Dis cool” sê ek.

“Probeer ‘n ander kleur op jou tone” sê hy en ek sien sy siel lag in sy oë.

Hy steek sy hand uit en stel homself aan my voor, en ons skud blad.

Ons drink koppie koffie na koppie koffie, hy straight en ek gay. Ons lag,en nie lank nie of ons word kamer maats. My beste vriend gewees reg deur skool.

En nooit het ons aan mekaar geraak nie…

Advertisements

69 Responses to “Nostalgie.”


  1. 1 Plaasjuppie Januarie 25, 2010 om 2:56 nm

    ” Ons is mos Afrikaans, ons spyker nie. Ons loop kerk en vang vlinders ”

    😆 O vrek jy is snaaks!

  2. 6 Antie Koekie Januarie 25, 2010 om 3:18 nm

    O, Kersiepit! Dis great! Boy, you’ve got a way with words!
    Ek sien ‘n boek op die horison. Onthou, 1ste boek uit die pers is myne, met ‘n handtekening, OK?
    Nice to have you back 😆

  3. 8 Ingrid Marais Januarie 25, 2010 om 3:26 nm

    Welkom terug, nogal gewonder wat gaan aan. Sulke pelle word ‘n groter wins as wat ons seker kan dink. Lekker aand

  4. 10 dannhauserjuan Januarie 25, 2010 om 3:39 nm

    Dit is nou ‘n GREAT storie, dit is ook tipies hoe ons hier in hierdie land is, het seker nog nooit in ‘n paar honderd jaar verander nie.

    Baie bly jy is terug.

    Juan

  5. 12 Boernig Januarie 25, 2010 om 4:23 nm

    Ongelooflik lekker gelees, dankie Flinder.
    Ek sal ook wag vir die boek. Jy skryf amper beter as Nataniel – en ek like hom kwaai!
    Gees!

  6. 14 koeksister Januarie 25, 2010 om 4:30 nm

    Lmga, baie oulike storie 😆

  7. 18 Xena Phoenix Januarie 25, 2010 om 4:30 nm

    Hoe bly is ek dat ek ‘n meisie is. Ek is nie veel jonger as Flint nie, maar ons kon darem privaat bad en stort. 😉 Ons eie been hare ook skeer.

    Ek is in st 9 koshuis toe en het my eie kamer gehad. In matriek het ek my eie badkamer ook gehad.

  8. 20 demoerin Januarie 25, 2010 om 4:32 nm

    😆 Flintie, dit is moer goed geskryf! Ek het nou so lekker oor die vlinders gelag!

  9. 21 Jenny Januarie 25, 2010 om 4:43 nm

    Hey Flintie,

    Jy mag dalk nie kan spel nie, maar dis cool, ek laaik jou kwaai ;)! Baie cute geskryf!

  10. 24 ekisanna Januarie 25, 2010 om 5:28 nm

    Dit klink amper soos ‘n storie van John van der Ruyt (Spud) – net beter, want dis in Afrikaans. Sal jou eendag vertel hoe ‘n ander gay vriend van my die Army hanteer het. Toe al het ek geleer: Moenie eers met ‘n gay probeer mors nie!

  11. 26 Andrew Januarie 25, 2010 om 5:35 nm

    Whahaha … o hel dis snaaks geskryf. 😆

  12. 28 Smurfi Januarie 25, 2010 om 8:41 nm

    Flintie, jy laat mens elke keer so lekker lees dat dit amper jammer is as jy die storie se einde bereik, mens wil net aanhou lees en giggel, moet sê julle gay ouens is maar net iets anders, baie skerp en soms skreeu snaaks met die sêgoed. Ek dink julle het die vermoë om mense uiters goed op te som, en ‘n sin vir humoer wat skrik vir niks.

    Ek het ‘n Andrew (Tarren) daar in Witbank geken (haarkapper gewees daar, het later getrek Pretoria toe) net so flippen skerp en vinnig met die sêgoed.

    Die deeltjie van ons loop net Kerk en vang vlinders, is so flippen waar, almal wil mos hoog heilig wees altyd Hahahaha! nee wat Flintie jy mag maar skryf!

    • 29 Flintie Januarie 25, 2010 om 10:55 nm

      Ek ken vir Tarren, so blonde kop. Maak een befokte mooi meisiekind. As ek dit nie mis het nie was sy salon naby die woolworths…

      • 30 Smurfi Januarie 26, 2010 om 12:41 nm

        Dan praat ons hier van een en dieselfde Tarren, Jy is reg omtrent een mooi meisiekind, het eenkeer vir my een van haar videos (destyds) geleen om te gaan kyk toe sy deelgeneem het aan mej. gay SA. ongelooflik! mens sou nooit eers kon droom dit is Andrew nie.

        Hoe gaan dit met Andrew, seker maar nog steeds in die haarkapper bedryf? Kyk daardie enetjie is ook nie op die bek geval nie, baie gelag vir die sêgoed. Dink baie dae aan Tarren en hoop dit gaan sommer baie goed met haar.

        • 31 Flintie Januarie 26, 2010 om 1:45 nm

          Smurfi, ek het haar voor haar troue laaste gesien, laat 90’s vroeg 2000. Iewers daar rond. Hulle was destyds nog op soek na ‘n kuns esel vir hulle interior decorating of iets.

  13. 32 maxie Januarie 25, 2010 om 9:01 nm

    Gangreen nogal? 😆 😆 😆
    Moet asseblief nooit ophou skryf nie!

  14. 34 Gatvol Januarie 25, 2010 om 9:26 nm

    Flintie, jys rerig ok 😉

  15. 36 Girl van die Suburbs Januarie 25, 2010 om 10:28 nm

    Mag ek nou maar ‘n vraag vra?

    “bergie-gums” – WDH is dit ❓

  16. 37 Antie Koekie Januarie 25, 2010 om 10:33 nm

    Meisiekind, dit kry jy in Kaapstad (as ek reg is?)
    Daai bergies wat so onder bosse bly—- hulle het wall-to-wall “passion gaps” en die tandvleise is maar so blouerig van aansien.

  17. 42 Antie Koekie Januarie 25, 2010 om 10:36 nm

    Kersiepit, ek wag die hele flippin Maandag in afwagting op jou baie spesiale gevatte gevleuelde woorde oor my post van die cabbie & die non—————- maar NIKS!
    Vang jy nou weer te veel shine hier op jou eie possie om jou stempel by my af te druk?
    Toe, toe, toe, dis nog nie te laat nie………..

  18. 46 Weglekind Januarie 26, 2010 om 7:29 vm

    Wat is dit van ABBA wat so lekker op die oor is as jy depro is? Ken daardie een 😀

    Jou stories is great en jy is vrek funny (maar ek is seker ek hoef jou dit nie te se nie 😛 )Kan nie wag vir die volgende een nie.

  19. 47 Boernig Januarie 26, 2010 om 8:44 vm

    As ek vanoggend so afloer – het ek ligtepienk gangreen!

    Die meisie wat my hare die heel beste nog ooit gesny het – sy was ook van Witbank se wereld – Dawid oftewel Meisie. Die fynste mooiste vrou wat ek nog gesien het – met `n moerse bass stem as hy kwaad was!

  20. 49 boervrou Januarie 26, 2010 om 9:28 vm

    Vreeslik goed vir die siel, soos gewoonlik mannetjie!

  21. 52 parkes1 Januarie 26, 2010 om 11:14 vm

    En nooit het ons aan mekaar geraak nie…
    Man jy kon gescore het!!

  22. 54 Girl van die Suburbs Januarie 26, 2010 om 11:53 vm

    Nou Flintie… Hoekom is julle dan nie meer pelle nie?

  23. 55 Flintie Januarie 26, 2010 om 12:16 nm

    Girl, die lewe het ons maar net elk op sy eie pad gevat. Kry hom nerens nie eers op facebook nie.

  24. 56 kaalvoetinireen Januarie 26, 2010 om 1:56 nm

    Ek het van my beste pelle in die koshuis gemaak en ek het dit geniet. Dalk omdat ons ons nie veel aan al die reels gesteur het nie 😉

  25. 57 Antie Koekie Januarie 26, 2010 om 2:03 nm

    Antie Koekie se Wyse Woorde # 1103: ” Om al die poeding in die wêreld op te eet, maak jou dik gevreet.” Owergeset synde: “Daar moet altyd iets waaroor jy kan droom” (Of dit nou in die verlede was en of nog in jou toekoms lê en wag.)

  26. 59 Sonkind Januarie 26, 2010 om 9:42 nm

    Wat maak ons met die vlinders as ons hulle klaar gevang het 😈

  27. 61 Boernig Januarie 27, 2010 om 3:58 nm

    Ja en dan gaan ons kerk toe en bid.

  28. 62 Charms Januarie 27, 2010 om 4:07 nm

    Ek is ‘n nuwe besoeker en ek dink ek is al klaar hooked.

    “Ons is mos Afrikaans, ons spyker nie. Ons loop kerk en vang vlinders.” – LMGA.

  29. 63 Flintie Januarie 27, 2010 om 6:00 nm

    Charms, dan heet ek jou hartlik welkom hier op my blog, wel dis net in naam myne want almal se stempel is hier afgedruk. Skink ‘n dop, skop jou skoene uit, bitch na hartelus (dis goed vir die siel), vergeet van die bitch in die 4×4, en geniet jouself. :mrgreen:

  30. 65 Petunia Januarie 27, 2010 om 7:51 nm

    Ag Flintie, what a pleasure! Jou skryfstyl is awesome en trek soveel emosie uit mens, of jy nou wil of nie. Selfs my man, ‘n stoere “typically straight” Afrikaner het lekker gelag en saamgestem met die emosie wat in die skryf stukkie is. Well done!

  31. 66 Flintie Januarie 27, 2010 om 8:42 nm

    Petunia, welkom aan jou en jou man hier op my blog. Ek is baie bly julle geniet die skrywes en ek hoop om julle gou weer hier te sien. Los maar so ‘n stukkie komentaar as jy verby kom. 😉

  32. 67 nanuschka Januarie 27, 2010 om 9:26 nm

    (voorheen Petunia) Ek sal definitief aanhou om jou skrywes te volg. Loer asb by myne ook in en se wat jy dink. Nuut hiermee en wag nog om te sien hoe dit gaan uitwerk


  1. 1 Best of the Best « Herriemerrie Terugskakeling op Februarie 19, 2010 om 2:38 nm

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: