Oppas vir daardie hekkie.

Lekker om blind deur die lewe te gaan, soms is ons ogies so toe vir die waarheid ons fok elke keer in die tuinhekkie vas as ons by die huis uitstap. So was dit ook met my, ek is mos nie anders as enige iemand anders nie.

Eendag in my donker tiener tyd, het ek my Dad se kar ‘n duik in die deur geskop, ek gaan nie eers begin verduidelik hoe hard hy my gedonner het nie. Ek was vir drie dae nie skool toe nie. My les het ek geleer, skop net karre van wie jy nie die eienaars ken nie.

Wat ek probeer sê is dat dit nodig is vir ons om so in die tuinhekkie vas te bliksem elke keer as ons so toe ogies deur die lewe gaan. Hoe anders gaan ons leer?

Ons is mos ‘n trotse klomp skepsels. Ons sukkel om te aanvaar ons maak foute. Ons wil net altyd perfek wees. Die beste wees, van kleins af word ons geleer van sterretjies op die voorkop, en so neuk ons aan in ons soeke na daardie sterretjie. Besef jy hoeveel ure jy mors in jou gejaag na wind?

Kom ek vertel jou nou die storie. Ek is huisman, baie geseënd om dit te kan doen. Nogtans is dit fokken harde werk. En as jou ma soos my ma is, dan is ‘n skoon huis die toonbeeld van jou karakter. So nou werk ek elke dag my bene lam, my humeur op, en my geduld klaar. Die huis blink, en dan kom my man tuis…

Ek donner oor skoene in die sitkamer, ek tel klere op in die gang. Ek vee siggie-as onder, bo, en uit die rekenaars uit. Ek maak kos. Ek probeer die berg strykwerk wen, en faal elke week. Die nuwes is daar voor die oues klaar gestryk is. Ek gee die kat kos (dis die nuutste takie), en ek probeer nog ‘n bad ook inpas. Ek probeer nog vir hom ook ‘n bad inpas anders sal hy net aangaan en aangaan. Hulle stort mos by die werk as hulle onder die grond uitkom, maar ek wil hom sien bad. Dis seker sielkundig. Dan was ek die bad…

Dan pluk ek my moer omdat niks skoon bly nie.

Ek gaan kuier by ander en hulle laat dit so maklik lyk. Huisvrou in ‘n tweestuk, perfek gemake-up. Huis silwerskoon. Fok die BBB (Biggy Best Bende) sommer verskriklik. Dink jy my moeder het simpatie? Nee wat, sy lag net en sê: “Het jy gedink jou huwelik gaan anders wees as elke man en vrou in die wêreld sin?”

Nee ek het nie.

Kyk ek moan nou weer soos ‘n Hillbrow meisie wat nie betaal is nie, maar ek is lief vir my man. Ek sal seker nooit kan ophou lief wees vir hom nie, hy is my lewe. Nogtans dink ek my lewe sal makliker wees as ek net wil ophou om die donnerse sterretjie vir huisvrou van die jaar te jaag. My oorgee aan die georganiseerde chaos van saambly, en fokus op die lekker cuddle voor ons nag sê.

Dis mos wat saak maak is dit nie?

Advertisements

53 Responses to “Oppas vir daardie hekkie.”


  1. 1 Antie Koekie Januarie 26, 2010 om 10:39 nm

    Flinti my kind, wees gerus, maak nie saak wat ander sê (who cares anyway?), maar jy’s so ‘n “normale” huisvrou as wat kan kom!
    Maak nie saak hoe lief jy jou liefie het nie, een of ander tyd word ‘n mens gatvol vir dieselfde sleurwerk oor en oor, tot in ewigheid!
    Ek bedoel, hoe boring moet jou lewe wees as die toppunt van jou bestaan, jou blink vloere is?? Hallooo!!!
    Ek dink dis hoekom my geslag bietjie opgefrommel is— ons ma’s wat bekommerd oor blink vloere as ons sieleheil.
    (Dis my verskoning, OK?)

  2. 2 Antie Koekie Januarie 26, 2010 om 10:40 nm

    Sorry—- ons ma’s was MEER bekommerd oor die blink vloere as ons sieleheil.

  3. 3 Gatvol Januarie 27, 2010 om 12:13 vm

    Kry ‘n bediende!
    My liewe mens – skep ‘n tuiste! Bogger die ou stoffies! 😉

  4. 4 ekisanna Januarie 27, 2010 om 5:29 vm

    Vasbyt Flintie, jy sal leer. Na 34 jaar skop jy die skoen uit die pad (onder die bank in sodat hy moet buk om dit te kry), koop net hemde wat nie stryk nodig het nie, en manipuleer hom in kosmaak in – van die bad weet ek nie want ek bad en hy stort (en die stort is sy probleem). Dit sal nie beteken dat jy minder lief is vir hom nie, net dat jou oorlewingsmeganismes so 30 jaar gelede ingeskop het.

    Verskoon my, nou moet ek eers vir hom gaan tee maak.

  5. 5 Ingrid Marais Januarie 27, 2010 om 6:55 vm

    Jou fokuspunt is reg en dis al wat saak maak. Ek stem saam met die ander, ‘n tuiste is ‘n plek waar mense lewe en alles nie perfek skoon hoef te wees nie. Moes daai een vinnig leer toe daar kinders is, jy moet sien hoe lyk dit as vier pare voete deur die huis is! Later besef jy die energie wat jy spandeer aan bitch kan beter vir daai einste cuddle gebruik word. 😉
    Lekker skoonmaak 😆

  6. 6 demoerin Januarie 27, 2010 om 7:36 vm

    Ek dink ook julle moet investeer in ‘n black-o-matic, al is dit net vir een dag in die week vir die stryk en bietjie skoonmaak.
    Ons kan nie toelaat dat hierdie huiswerk inmeng met jou gebloggery nie.

    En ek is jaloers… ek soek ‘n ryk vrou sodat ek huisman kan wees, ek het geen probleem daarmee nie. Nog beter as sy boervrou.

  7. 8 Flintie Januarie 27, 2010 om 9:04 vm

    thanks, nou moet ek eers gaan mop… Ons praat na ek met toilet klaar is, so net voor ek begin kos maak. Anna, ek moer sommer die skoene weg, minder moeite 😉 demoerin, daai voorstel klink regtig vir my na ‘n goeie plan.

    • 9 Sonkind Januarie 27, 2010 om 9:27 nm

      😆 goeie plan, moer die skoene weg. Dis wat ek begin doen het met klere en goed wat rondle, toe leer almal vinnig van ‘n ding op sy plek te bere. Sorry, maar daar is nie compromise by my nie. Almal werk, ek ook, en hier is nie bediendes nie, so jy doen jou deel, maak agter jou gat skoon en bere jou goed of jy loop kaalgat. En ek koop jare al nie meer klere wat gestryk moet word nie!

      • 10 Flintie Januarie 28, 2010 om 1:00 vm

        Klere wat nie gestryk word nie is hoog op my shopping list. Ek leer nog van getroud wees, maar gee tyd.

        Enter: Ina Paarman! (dankie Antie Koekie, dis jou sê ding wat ek hier verkrag tot my voordeel)

  8. 11 Xena Phoenix Januarie 27, 2010 om 9:23 vm

    Ek soek ook ‘n huisman. Een wat verkieslik ryk geerf het, want op my salaris sal ek hom nie kan bekostig nie. 😦

  9. 12 Antie Koekie Januarie 27, 2010 om 9:49 vm

    Xena, ek soek nie ‘n huisman nie, want EK is die een wat eerder by die huis wil bly. En sê nou net ek kry ‘n huisman wat plesier put uit skoonmaak en die ou begin om my ore kerm soos my ma, al die jare?
    Nee, dis daarom dat Liewe Jesus bestem het dat daar chars sal wees, wat @ betaling my lewe makliker sal maak. In die Kaap is hierdie huisskoonmaak dienste GROOT! 1 x pw kom ‘n span van 5 en binne 2ure is ALLES spotless.
    Nee, sal maar vir my ‘n local black-o-matic (nice een, Laaitie!) kry, sodra ek geld maak.

  10. 13 parkes1 Januarie 27, 2010 om 10:12 vm

    Flintie ek is mos ook so lief vir n mop, Desember was die mense wat in die woonstel langs on was sommer bedonnerd vir my as hylle sien staan ek met mop in die hande, paar dae later is my hand so seer, die vrou hak af dis van daai bleddie mop!HIE HIE HIE

  11. 14 Flintie Januarie 27, 2010 om 10:52 vm

    En daar dog ek demoerin flirt met Boervrou… Amper ‘n post begin skryf oor dit 😉

  12. 16 Flintie Januarie 27, 2010 om 10:54 vm

    Parks, as jy lief is vir ‘n mop kan jy net baie bly wees ek is nie jou kind nie. Ek HAAT ‘n mop, en ‘n besem, en skottelgoed, en wasgoed, en stryk, en vacuum…..

  13. 18 Flintie Januarie 27, 2010 om 11:03 vm

    Antie Koeks, beteken dit ek moet nog vier bywywe kry, dan maak vele hande ligte werk? Demoerin sou so setup LOVE by sy huis. Ek wou nou se ek grap net maar ek is nou nie so seker of ek nie dalk die spyker op die kop geslaan het nie…

  14. 19 Antie Koekie Januarie 27, 2010 om 11:24 vm

    Wel, as DeMin 4 wywe het wat skoonmaak en koskook en was & stryk, amper iets soos 1 in elke vertrek, gaan hy beslis nie tyd kry om te kla oor TV ads——— hy gaan nie TYD kry om TV te kyk nie 😆
    Maar ons Laaitie is ‘n sterk mannetjie; hy kan dit handle.
    Enter: Die Grotman!

  15. 23 Plaasjuppie Januarie 27, 2010 om 12:08 nm

    Ek is ook ‘n househusband as gevolg van die feit dat my kantoor hier is.
    Maar anders as jy is nie ek of die Lyfieding vreeslik domesticated nie, skoonmaak gebeur regtig net in case of emergency en stryk is ‘n vloekwoord.
    In die dae toe ek nog gerook het het sy en skoonma my omgekoop met sigarette om die vloere te was, maar gelukkig rook en lankal nie meer nie :mrgreen:
    As ‘n bietjie stof die prys is wat ek moet betaal vir happyness en ekstra tyd saam met lyfie . . . dan betaal ek sommer dubbel 😉

  16. 25 dannhauserjuan Januarie 27, 2010 om 12:15 nm

    Ag wat ons kan in elk geval niemand perfek wees nie, ‘n ou stoffie hier en daar het nog niemand dood gemaak nie. Die cuddle is die belangrikste dit kan ‘n mens se dag maak of breek. Ek dink jy doen ‘n moer goeie job.

    Juan

  17. 27 Boernig Januarie 27, 2010 om 4:08 nm

    Dis Boerseun van my wat elke keer in die hekkie vasloop. Mind you en die kinders se fietse, die hond se bed, sy skoene, wasgoed wat van die bed afgeval het, die stofsuier (wat ek dalk more sal gebruik) en die botteltjie kraletjies wat ek op die vloer vergeet het. En my lappe! Dit le die wereld vol.

    As hy kla is dit net nog een hekkie wat sy tande laat rattle soos wat hy daarin vasloop. Ek laat my nie dreig, omkoop of op skreeu nie. Ek sal huis skoonmaak soos ek voel. Ten minste word die bed opgemaak – en hy weet dis die belangrikste.

    Wie`t nou weer `n boervrou gesoek?

  18. 28 Weglekind Januarie 27, 2010 om 4:28 nm

    Flintie daar is baie meer belangrike dinge in die lewe as ‘n skoon vloer. As jong getroude het ek ook so geskarrel om alles skoon te kry – ma se standaard moet mos gevolg word. Toe eendag kak ek vir manlief uit oor ek nou net daar skoon gemaak het en hy mors weer vuil en uitkak draai toe in trane en arme hubby moet net troos. Hy sê toe vir my dat die dag toe hy met my getrou het was dit om by my te wees en ‘n lewe te bou met my. Hy het NIE met my getrou om ‘n huisbediende te he nie. Hy het NIE met my getrou om ‘n silwer skoon huis te he nie. As hy dit wou hê sou hy vir MollyMaid gehuur het. En die storie dat die huis so skoon soos op my ma se standaard moet wees is kak storie. My ma het nie gewerk nie en sy het ‘n voltydse huishulp gehaat, so dan sal jou huis mos skoon kan wees.
    Dink so daar aan. As jy more dood gaan gaan jou liefie jou nie onthou en mis vir die silver skoon huis wat jy gehou het nie, hy gaan jou onthou en mis vir die liefde wat julle gedeel het – hy kan iemand kry om die huis skoon te maak maar hy kan nooit weer ‘n Flintie kry nie.
    Los die stof streep en gaan cuddle met jou man.

  19. 30 Charms Januarie 27, 2010 om 4:38 nm

    Ons het ‘n paar goed in gemeen – Ek bly ook saam ‘n gatkruiper (nog in sonde – sien ek hou nie baie van dinge legal doen nie). Hy stort darem die aarde se stoffies af as hy nou klaar met die molle ondergrond kompetisie gehou het oor wie se gat nou die grootste is, en ek kry in die oggend my eerste koppie koffie by hom. Hy maak soms kos (danksy my vrywillige lesse) en hy dek die tafel af as ons klaar geëet het – mooi geleer.

    So al hierdie dinge hou my darem “sane” voor ek die volgende oggend besef ek moet dit als weer doen anders sal Ouma by my kom spook oor die deurmekaar gemors.

  20. 31 Flintie Januarie 27, 2010 om 6:09 nm

    weggie, jy mag maar coments los wat langer as my post is. Ek hou van lees… 😉

  21. 32 Flintie Januarie 27, 2010 om 6:11 nm

    Bwahaha charms, goeie een…. Wie het gewen, jou man of die mol?

  22. 34 Girl van die Suburbs Januarie 27, 2010 om 11:11 nm

    Ek sal net huisvrou word as die pakket ‘n helper insluit… Sarrefina kan die skrop, mop en stryk doen en ek sal decorate, blog en kinders groot maak. Dalk kook ook….. :mrgreen:

    Hoe gaan dit nou met katie?

    • 35 Flintie Januarie 28, 2010 om 12:57 vm

      Die kat is aan die gang en tuis soos jy nie sal glo nie. Sy nuwe bed is op die boonste rak in my kas as ek nie by die huis is nie. Sodra ek terug kom by die huis baklei hy en manlief oor wie slaap langs my.

      Ek hou van hoe jy wil huisvrou speel, ek werk nou aan my Sarifina voordat die honeymoon verby is! 😆

  23. 36 Alta Januarie 27, 2010 om 11:53 nm

    Ek haat huis skoonmaak maar wat kan mens doen. In s.a was dit liesbet se werk. Nou sien ek eers regtig watse kak werk sy gehad het. Invoer kan ek haar nie invoer nie want dit sal nie lank neem nie dan trou sy dalk met die buurman. En dan moet ek en sy koekies en tee drink. 😆

  24. 39 Skoor Januarie 28, 2010 om 8:48 vm

    Haha, dit lyk of dit makliker was om in die tuinhekkie was te kletter?

    Maak tee en sit terug. Bogger die werk vir ‘n week en sien of hy iets agterkom!

  25. 40 Flintie Januarie 28, 2010 om 10:25 vm

    Skoor, hy gaan dit dalk nie agterkom nie, maar dis ek wat dan ‘n hele week se gemors sal moet skoonmaak, ek moet dalk die hekkie afskop. Dis die maklikste.

  26. 42 Flintie Januarie 28, 2010 om 1:15 nm

    😆 demoerin, gaan groot nê?

  27. 44 Nanuschka Januarie 28, 2010 om 9:59 nm

    Flintie, ek het nog altyd gese “Liewe Jesus het goed geweet toe hy my gemaak het soos ek is.” As Hy my dalk ‘n Liesbet gemaak het, sou ek elke tweede dag ander werk moes soek, want hulle sou my bitter vinnig fire. Maar nou ja, my ma het my geleer daar is belangriker dinge in die lewe as ‘n skoon kombuis. Bless her soul!

  28. 45 Nanuschka Januarie 28, 2010 om 10:01 nm

    Dan het Hy my gelukkig nog geseen ook met ‘n man vir wie kosmaak (wat hy self doen!) en sy computer baie belangriker is!

  29. 46 Antie Koekie Januarie 28, 2010 om 10:14 nm

    Lyk my Nanuschka se ma se prioriteite was reg.’n Man wat kan kosmaak— wat ‘n blessing! Antie is mos ok so gelukkig om ‘n skoonseun te kan hê wat soos ‘n koningskok kan kosmaak. Sy mieliepap by ‘n braai— ons slaan gewoonlik vuis om die pot uit te lek. (Wens net my kinders was weer naby?)

  30. 47 Flintie Januarie 28, 2010 om 11:04 nm

    Ag ou Antie Koeks, jy het nou sommer baie kinners, moenie stress nie. Nanuschka, ek het die wereld se beste este este man, hy is ietwat slordig, maar moan darem nooit. As ek vandag terug dink aan dit wat hy moes eet toe one net begin saambly het, en kosmaak nog vir my vreemd was, dan het hy senuwees van staal. En met my is dit nodig om geduld te hê. Ek lewe mos in ‘n drama.

    Nee wat, jou ma het die regte idee gehad. Ek begin dit nou werklik agterkom.

    As mense kom kuier moet hulle maar die kat hare afskud as hulle opstaan, of wegbly, maar die Vader hoor my ek spandeer nooit weer meer as ‘n uur en ‘n half aan huis skoon maak nie.

    Skottelgoed is man se baba, as daar nie skoon potte is nie, maak ek nie kos nie. 😉

    Hellooooo Take-Aways!

  31. 48 BB Januarie 29, 2010 om 3:30 nm

    Is so Flitsie – uiteindelik is dit AL wat saakmaak! x

    My stiefpa is stoere ou duitser – opgeleide Chef – dus VOL kik assit by higiene etc in die kombuis kom, MAAR – eendag sit ons so met vriende en kuier en iemand vertel van Suzy Sus-en-So van so ‘n awesome huisvrou is – jy kan die plek deur ‘n ring trek en NEVERMIND dit 🙄 jy kan van haar vloere af eet 😯
    Seg my stiefpa ewe droog met sy heavy duitse aksent : “Who se fuck vould vant to eat from a floor???” 😕 Ons kuier baie eerder met vriende en pelle en familie saam, lewendige gesprekke, lotsa laughter & love en rustic food as om te voel ons moet ons skoene by iemand so voordeur uittrek oor daai blink vloere…
    Ain’t NOBODY gonna remember you for your floors – but EVERYBODY (including Liefie) vir jou cuddles en liefde.

    • 49 Flintie Januarie 29, 2010 om 6:26 nm

      Ek laaik jou stiefpa se manier van dink. Dis waar Beeps, ek leer mos maar nog van getroud wees. Dis baie werk om aan te pas, maar die moeite werd. Ek veruil dit vir niks.

      Ek vandag met trots sê my huis lyk soos ‘n hoer se handsak, kathare oralste, en die berg strykgoed is nou eers groot, nie te praat van die hoop wasgoed wat wag nie, but who gives a shit? Ek is gelukkig, dis al wat saakmaak.

  32. 50 Antie Koekie Januarie 29, 2010 om 4:05 nm

    DubbelB, jy praat waar. Vriendin se ma was altyd pynlik netjies, tot die ingeboude kaste was leeg, want sy het nooit iets opgegaar nie. Vandag het sy Dementia, en haar kinders voel dat sy in elk geval nooit daar was vir hulle nie—– hulle moes net altyd oppas vir die skoon vloere.Maats was nie welkom, en verder het sy elke dag met oorjassie en kopdoek om die krullers geloop.As sy uitgegaan het, kon jy haar deur ‘n ring trek.
    Wie gee nou om vir daai blink vloere?

  33. 52 nanuschka Januarie 29, 2010 om 10:43 nm

    Flintie, jy is nou is vir n ding. Hoe klink dit die girls het jou vinnig vinnig bekeer! Droee brood en liefde is mos hoeka al wat mens nodig het!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,035 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: