Die kat speel model.

Advertisements

51 Responses to “Die kat speel model.”


  1. 1 Charms Januarie 29, 2010 om 12:56 vm

    Het “Die Kat” nou nog nie ‘n naam nie? Hy en Lulu kon nogal ‘n tweeling wees.

  2. 3 lindzie Januarie 29, 2010 om 7:10 vm

    Is dit die nuwe kind? Sys pragtig!!!

  3. 5 nanuschka Januarie 29, 2010 om 7:58 vm

    Die Kat het gekom om te bly! Ons sal definitief vir hom/haar (which is it) n naam moet kry anders mag dit dalk na n identiteits krisis ly. Glo my, dit wil jy nie he nie. Is so rukkie terug vriendelik verplig om een aan te neem (manlief dink mos sy naam is Noag) en ek en die kat kon mekaar net nie verstaan nie. Dit ly toe na haar wat klokslag 3uur elke oggend op my pp! Na die 3de aand het ek maar vrede gamaak en hallo gese, einde van die pp-ry! Jou Kat is beautifull, hoe gaan dit met die ander diere saam?

  4. 10 Pretorius Alta Januarie 29, 2010 om 8:31 vm

    Beautiful! Met daai oë, dink ek “Jas-Purr” is tog die beste idee. Email tog die foto en sy storie na Feline
    Flirtations dat ek dit kan opsit, asb?

  5. 14 Ingrid Marais Januarie 29, 2010 om 9:04 vm

    Daai kat het persoonlikheid. Sy kyk lyk amper na dit wat ons vir die Malawiese president sal wil se 😉
    Lekker naweek

  6. 18 demoerin Januarie 29, 2010 om 9:32 vm

    Sjoe, tussen die comments deur is ek nou confused… is dit nou ‘n hy of ‘n sy?

  7. 20 Antie Koekie Januarie 29, 2010 om 9:53 vm

    Beslis gay. My Vettie kat is ‘n mannetjie, maar hy is baie beslis ook gay. As hy ‘n man raakloop, wat rook en uit die son uitkom, raak die freaken kat op ‘n high! Hy soen vir Juan seker 10 maal op ‘n dag, of anders, speel hy het met Juan se hare en lek sy arm of sy hand. Ek moes vissmeer op my wang smeer sodat dit op ‘n foto lyk of hy my ook soen! How degrading for me!
    Ek kan nie ‘n man kry nie en nou soen my kat my IT genie!!
    I’m soooo screwed-up.

  8. 26 Dellie Januarie 29, 2010 om 10:02 vm

    Kat is pragtig Flintie! 😉

    Vissmeer op jou maag Antie? Heheheehehehee!

    Lekke naweek julle – kom drink ‘n loopdop inni Kroeg later, hoor! :mrgreen:

  9. 27 Antie Koekie Januarie 29, 2010 om 10:09 vm

    Dellie, die kroegmeisie in jou kom nou uit—- WANG! nie MAAG nie!!

  10. 29 Flintie Januarie 29, 2010 om 10:24 vm

    Meisies, die trant waarteen julle twee aangaan sal maak dat ek ‘n rooi lig buite my voordeur moet hang :mrgreen:

    demoerin sal dit tog vreeslik like…..

    😉

    • 30 demoerin Januarie 29, 2010 om 1:25 nm

      Mmm, dink net al die geld wat ons met 2010 gaan maak. Die ander kan maak taxi ry en kraletjie-kak verkoop… ons sal,mmmmmm, ure verkoop. En dit wat ons verkoop raak nie eers op nie, na capital outlay, of voorraad of enigiets nie.

  11. 31 Antie Koekie Januarie 29, 2010 om 10:57 vm

    Solank ek net die “Madam” van die klub kan wees, jy weet, soos die ou huismoeder van die meisies.Ek bedoel, ou Anties soos ek miet maar ogie hou oor als. Netnou skrik die meisies vir Charms se potplant 😆

  12. 34 Antie Koekie Januarie 29, 2010 om 1:39 nm

    Met die onmoontlike tweeling wat uitkomplek soek………
    Het ek julle vertel van die dag by die klub, so paar jaar terug, in my heydays, so to speak.
    Een van my dogter, Cila se pelle stel sy broer aan my voor. So ‘n lange moer, seker 2m, en ek kyk op na hom, van my 1,52m en hy staar af, na die tweeling.
    Toe staan ek nader, baaaie nader, en ek tik so aan die arm en sê in so sexy stem: “wil jy die twee graag beter leer ken? En skielik kyk hy met so groot glimlag in my oë en sê: Ja, asse-flippen-blieftog.
    Toe tree ek so stappie terug en ek sê: “Jou idioot, kom dan eers HIER uit!” En ek tik so teen my kop. “Eers die binneste, dan aaaal die fringe benefits!”
    Hy’t sy bier net daar gelos en gewaai!

  13. 35 Weglekind Januarie 29, 2010 om 4:32 nm

    Eers hoor ons van Flintie wat “nou nie eintlik ‘n kat mens” is nie…. en nou liefie diefie hy die kittie kat. 😉
    Het jou gese dat daardie plakker kat gaan jou baba word. 😀 Hy is pragtig Flintie, maar jy moet nou vir pragtig ‘n regte naam gee – mens kan mos nie deur die lewe gaan naamloos nie….die aap sal mos vir hom lag… 😀

  14. 39 Boernig Januarie 29, 2010 om 8:49 nm

    My mannetjie-kat en Kietie-Gay kon ook `n tweeling gewees het – as myne nie gaan staan en rondloop het nie. Regte verneuker hy gewees en toe maak dit hom dood. Het 2 jaar gehuil en nooit weer `n kat gekry nie…treur nog.

    FLINDER – jy`t gese jou kat gaan nie baba`a he nie, want hy`s `n mannetjie. Maar jy weet, ek dink manne kan ook babatjies kry. As ek genoeg op Boerseun se tietspiere werk, klink dit soms of hy net daar `n kleintjie kan kry – fullsteam laborpyne, glo my! Soms skreeu hy dat die are op sy voorkop bult en kners op sy tande dat ek dink hy`s 7cm ontsluit! Dis weird om te aanskou, want daar kom nooit iets van gebore nie.

    Geniet jou KAT-vis en Kietie-Gay!

  15. 41 nanuschka Januarie 30, 2010 om 8:22 vm

    Flintie, so wen jy die prys vir die eerste persoon ever wat my laat gemaak het vir werk. Let me explain: ek word half vier vanoggend wakker en soos weerlig slaan dit my: Flintie se Kat se naam moet Queen wees. Hy het leisels van house mistress oorgeneem en is nou nie die butch burly Brutus kind of man nie, so there Queen sal mos werk. Ek word vanoggend wakker en nou Le ek en dink: wat as queen derogatory of discriminating is, so daar vaar ek toe die www in op soek na gay terminology and phrases and their meanings. Nogal interesting,maar toe ek weer sien moes ek al by die werk gewees het. Ek weet nogsteeds nie of dit nou eintlik n kompliment of n belediging is nie so ek gaan maar eerder nie die naam voorstel nie

  16. 43 Antie Koekie Januarie 30, 2010 om 8:50 vm

    Queen!! Of Queenie! Nanuschka, dit is net soooo perfek! I mean—- lees bietjie daai uo post van Flinti waar hy sê hy het met ‘n Cindy Crawford strut geloop. Flinti, help, watter een was dit nou weer?
    O, my soul, I like!!

  17. 47 Dellie Januarie 30, 2010 om 2:51 nm

    Shebeen Queen? :mrgreen: Dan is iets, erens na my ook vernoem … 😆


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: