Pyn se morfien deur Katryn

Ek is bietjie vlak as dit by digkuns kom. Al daai draaie waarmee hulle die punt probeer maak, maak my net deurmekaar. Nogtans het die gedig my vasgehou tot op sy einde. Oopbek het ek gesit en lees, en na die tyd, toe wonder ek….
Hier volg die gedig,vir die wat te lui is om te kliek. Lekker lees!

Liefde is die lewe se heroien
Dit is die sintuig -onderdrukking dwelm van die siel.
Dit laat jou dryf op die dooie see van emosie,
Waar jy geen gevoel van pyn, spyt of skaamte sien
Dit is ‘n slapende heelal wat elke atoom van jou liggaam binnedring
‘n Onverantwoordelike vrede en stilheid wat vasmessel in jou hart
sonder bangheid of die vrees vir pyn, dalk vir more se smart

Jy besef soms te laat jy is verslaaf
Wanneer die lewe dit wreed uit jou hande ruk
Wanneer dit voor jou gehou word, jou grypende hande desperaat vir nog ‘n laastekeer
Wanneer dit sy rug draai op jou en jou los
In ‘n donker kamer van realiteit
Wanneer die alleenheid -monster van elke hoekie nader kruip

As jy jou emosies moet vasbind aan rante van jou hart se bed
As jy jou trane moet keer met ‘n muilband,
en jou seerkry se skreeu moet stop
Wanneer jou hart voel soos ‘n stekende lem
Wanneer alle funksies van jou liggaam soek na ‘n pynstiller
En trane die enigste morfien is wat jy ken

Wanneer die trane kom, is dit in die vorm van houe
wat neeslaan op jou reeds gekneusde hart
Die snikke los oor die hele wese van jou bestaan wonde rou
Trane begin in die hart, maar ons veloen ons hart soveel keer
Dat wanneer hy praat, ons nie net een
stem hoor maar honderde skree
Ego’s van ons seer in die diepte van ons hart se dal
Al is huil nie ‘n swakheid, maar juis waar ons sterkte le
Ontwortel dit jou, sodat jy elke keer ontnugterd aarde toe val

Oppas vir liefde..
Dit kruip weg in die hoeke van jou hart,
en bly by jou elke dag
Ongesproke, stil tot dit homself sleep
Soos ‘n olifant homself sleep na sy eie graf

Advertisements

13 Responses to “Pyn se morfien deur Katryn”


  1. 1 nanuschka Januarie 30, 2010 om 9:55 vm

    Wow! Gedigte het nog nooit by my n sagte plekkie ingeneem, as n matter of fact ek vind dit boring, maar die een gryp mens se hartsnare vas sonder dat jy n keuse het. Dankie dat jy dit met ons gedeel het!

  2. 3 Antie Koekie Januarie 30, 2010 om 10:32 vm

    Ek stem saam. Dankie, Kersiepit, dit is eenvoudig so mooi, dit praat met ‘n mens.
    “Waar jy geen gevoel van pyn, spyt of skaamte sien”
    Elkeen wat al werklik liefgehad het,sal hiermee identifiseer.
    Wie is die Katryn?

  3. 4 Flintie Januarie 30, 2010 om 11:11 vm

    Geen idee nie, sy skryf op aardvark.co.za. dis ‘n site wat hom toespits op kreatiewe Afrikaans.

  4. 6 Alta Januarie 30, 2010 om 7:14 nm

    Baie mooi Flintie!

  5. 11 Dellie Januarie 31, 2010 om 9:28 vm

    Baie mooi ja. Ek dink nou aan iets wat ek erens raakgelees het: “Fall in love – visit both heaven and hell for the price of one!” 😉

  6. 13 Charms Februarie 2, 2010 om 11:33 vm

    Baie mooi gedig – ware woorde.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: