En toe word ons dronk…

Dis Maandag, dis tyd vir werk. Jy moet nie hier lees nie, jy moet jou sleutelbord  laat sing onder syfers en jou brood in die sweet van jou aangesig verdien. Jy moet vir jou baas smile, en hom ‘n moerse pit in jou mind’s eye druk. En as jy die baas is , wel, sorry hey.

Anyway….

Hier moes ek nou ‘n pose kon gooi, en my “Patrica Lewis haarskud” ding gedoen het, want die hemel weet, ek voel gay vandag. Lus vir lewe, lus vir draf (kan jy dit glo?), maar dit sal seker weg gaan sodra ek die klaar getik het. By the by, is Patrica Lewis dalk ‘n dragqueen? Goeiste, die vrou raak nie ouer nie en lyk elke dag meer en meer soos Divorced Barbie. Ek is amper seker as ek my “Bitch-Radar” se knoppie aanskakel dat sy iets in daardie lippe inspuit.

Sy is nou in my oorlede oupa se woorde :” Gebou soos ‘n goeie stoet koei, sterk bene en vol spene”

Hy was ‘n man van min woorde.

Terug by my storie, wat ek sien nou eers nog nie begin het nie, sorry 😳 ,

Nou die dag se storie oor vriendskap wat op skool begin het, het my laat dink aan my ou vriend Clive. Vir meer as ‘n dekade kom hy maar elke jaar, twee of drie keer van Engeland af om te kuier. Dis gelukkig meestal besigheid vir VSO, so moet nou dink hy is met ‘n silwer lepel in elke denkbare gat gebore nie. Die man het ‘n hart van pure goud, en ‘n siel wat ‘n duisend jaar oud is. Dog vreeslik “engels” in die ware sin van die woord, is hy nie snobisties nie. Praat net jou ore van jou kop af in die rooi taal.

En dan  is my man nog ‘n bliksem en vertel my al vir jare lank hy verstaan nie engels so mooi nie. Dit vertel ek vir Clive. ‘n Paar aande later gaan bad ek, ek hoor stemme. Ek dog dis Clive op die foon maar nee, daar sit manlief en gesels hond uit ‘n bos uit in die rooi taal asof hy so gebore is. Groot woorde ook nogal. Verstar staan en “scan” ek alles wat ek deur die week voor hom gesê het 😳  Darem alles goed gewees.

So eindig ons by my sussie in Pretoria op gedurende een van die kuiers saam met Clive. Manlief gewapen met ‘n bottel P10c, en ek met ‘n bottel en Coke. Clive het voorgestel hy gaan sy bottel wyn drink. Ken hy my familie? Julle verstaan nie…

So begin hy ook met sy bottel wyn. Nogal so ewe in ‘n glas. As ons partykie hou, doen ons dit in “plastic”. Jare se foute het ons so geleer, want iemand gaan netnou iets oor iets uitbliksem. Dis gewoonlik ek, en oor my sus se nuwe banke of iets. Sy lag terwyl ons kuier, maar die volgende dag ry ek vroeg. Moet nie vir ‘n oomblik dink dis omdat ek sleg voel nie, nee wat, as jy wil partykie hou moet jy voorsiening maak vir baie dinge. Ons is almal tussen 20 en 30, dinge word wild.

Dis omdat sy die een girl is wat vir my sal ore aansit. Ek vat haar nie aan nie. Maar wag, terug by storie…

So staan ons almal om die braai. Ons is mos Afrikaans, ‘n vuur trek ons soos ‘n klomp stom motte na hom toe. Steek ‘n vuur aan en ‘n afrikaner wil “party”. Dis magic.  Niemand kan dit verduidelik nie.

Clive staan so langs my en ek vertaal nou al die hele aand die gesprek, in die begin was dit ok, maar nou praat die manne dat dit wit sit. Hulle kan nie meer  tussen hand, dop, vertaal,vloek en sluk wissel nie. Nou sluk en praat hulle maar net. My vertaling is toe nou op die stadium ook nie meer watwonders nie. Clive frons meer as wat hy praat, maar sy wyn is ook klaar.

Ek besluit toe maar dis die leë glas wat die stomme man so laat frons, en gaan gooi vir hom ‘n bierglas vol P10c met ys is.  Dalk help dit.

Intussen drink ek ook maar verder, en die vertaling raak nog vreemder, Clive frons en sluk. Die manne het intussen onthou hulle praat mos ook engels.

“So Clive, you trawel from ower da see hey?” sê een.

Clive begin met sy storie, Manchester en London, Vso, en ek besluit dis tyd om my stem te rus. Ek gaan loer by die girls in. Kry my man in ‘n blonde pruik en twee meisies oor hom in elke denkbare posisie, en twee wat cheer.

Ek word nie kwaad nie, gay wees het sy “perks”, en hulle speel “twister” voordat julle nou snaaks dink.

Nou raak mens aan die kuier daar en wat voel soos ‘n paar minute later word ek geroep. Ek stap uit en Clive staan en ek kyk my reg in die oë volgende oomblik slaan hy neer  in die middel van sy sin.

Almal bars uit van die lag en ek staan vas gepen in my spore.

Ek dog dis ‘n grap, maar ek is so geskok ek lag nie. Dit skemer tot my deur dat hy wragtig netso “uitgepass” het. Kop  amper in die visdam.

Ek word net daar, op die plek mal,  want hy het net sy ou botteltjie Shiraz  wyn en een glas  P10c gedrink.  Ons almal weet P10c is net ‘n “sletsappie” so dit tel nie.

Ek hardloop na hom toe.

Kom daar, en wat kry ek. Die P10c is net mooi in die tuin in gesmyt toe ek my rug draai, toe gooi die manne vir hom, wat hulle noem:” ‘n REGTE dop.”

‘n Bierglas vol mampoer…

😯

Advertisements

27 Responses to “En toe word ons dronk…”


  1. 1 BB Februarie 1, 2010 om 6:50 vm

    Waaaaaahahahaha!!! Ai! So, nou weet ek hoekom hulle dit mamoerpa noem – of neermoer 😆
    “Steek ‘n vuur aan en ‘n afrikaner wil “party”. Dis magic. Niemand kan dit verduidelik nie” – fyn, fyn waarneming daai – so true – almal weet dit en niemand het dit nog ooit só gesê nie.

  2. 2 Flintie Februarie 1, 2010 om 8:33 vm

    Jy gaan nou dink ek is stupid, maar die mamoerpa het my ‘n hele ruk gevat om te verstaan. Ek is maar lekker simpel somtyds 😆

  3. 3 boervrou Februarie 1, 2010 om 8:37 vm

    Hi Mannetjie
    Nice storie, dankie tog, ek het nog nie te ver geval nie!

  4. 5 Dellie Februarie 1, 2010 om 8:50 vm

    Bwhahahahaaha! Dit klink nogals na een van ons parties ook. 😆 Ons doen ook daai plastiek ding “want iemand gaan netnou iets oor iets uitbliksem.”

    Thanx v die lekker giggel op ‘n Maandag oggend – nou het ek krag v die dag! Mag jy ‘n stunning dag hê Flintie! 😉

  5. 7 demoerin Februarie 1, 2010 om 10:04 vm

    😆 Wat ‘n cool storie. Shame, by vriendin van my se b’day laas jaar was ons so dronk, haar vriendin uit Londen moes braai – moet sê sy het nogal goeie job gedoen, ek dink.

  6. 11 Andre Februarie 1, 2010 om 10:08 vm

    HAHAHA, dit het nou my Maandag sommer beter gemaak!!! lol

  7. 14 Juan Februarie 1, 2010 om 10:17 vm

    Baie baie goeie een, het eenkeer gesien hoe ‘n ou reg agteroor moer bierbottel nog by die mond. Die plastic werk gewoonlik baie goed, beperk ook beserings.

    Have a great one.

  8. 17 kaneelsuiker Februarie 1, 2010 om 11:24 vm

    😀 nice one. Ek moet meer hier kom lees! Poer in sy mamoer.

  9. 19 Sonkind Februarie 1, 2010 om 3:02 nm

    Braaivleis, rugby, sonskyn, Ford en Mampoer (Of brandewyn en coke). Dan’s jy ‘n boer. 😆

  10. 21 Weglekind Februarie 1, 2010 om 4:26 nm

    Ag hoe verlang ek nou. Ja dit is iets wat jy nie uit ‘n Suid Afrikaner kan uit haal nie. Daar moet ‘n vuur wees en daar moet drank wees en daar moet tem minste een erge dronk gat wees dan is jy by ‘n Suid Afrikaanse party.

  11. 23 Andre Februarie 1, 2010 om 4:35 nm

    “…en dit lyk my visvang ook ^.^”

    Natuurlik visvang ook!!!!

  12. 25 nanuschka Februarie 1, 2010 om 6:55 nm

    Dankie vir die giggle Flintie. Ek het nou wel nie dit vroegoggend gelees nie, maar dit het net soveel aan die einde van ‘n laaaang Maandag! Remind my ook aan ‘n paar byeenkomste by my huis. Louisa sal kan getuig van Buckets en dies meer… Dit ly na gevaarlike tye!

  13. 27 Charms Februarie 2, 2010 om 12:10 nm

    Sjoe, dit klink amper asof julle by my huis was hahahahahaha. Sal hom leer om sy gestel gewoond te maak aan meer as sletsappies as hy kom kuier.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: