Man 2 Man.

As ek soms so na jou sit en kyk wonder ek hoekom jy juis vir my so lief het. Nog nooit hoef ek vir een oomblik in jou te getwyfel het nie. Jy is my rots, my sekuriteit teen die nare aanvalle wat die lewe soms na ‘n man se kant toe gooi. In storms wat om ons woed is dit net jou aanraking wat nodig is om my toe te vou in ‘n kombers van rustigheid.

Die lappieskombers (wat ons die lewe noem) wat ons deur die laaste paar jare saam geweef het, is kleurvol. Teksture wat wys waar ons grondpad gery het en die naalde nie mooi wou saamwerk nie. Waar die moere gepluk was, is die weefwerk dalk bietjie stywer, maar nooit was dit nodig om enige iets los te trek nie.

Jy is my hart.

As ek soggens sien hoe jy wakker word, en jou apie ogies begin te lag as jy my sien. Dan weet ek, jy is my “Toemaar-man”. Niks is ooit so erg dat jy jou staan verloor nie. Ek ry mal op die rug van emosies rond, en jy bring altyd vrede met die woorde: “Toemaar my ding, dit sal alles regkom” My buie, en die wiplank waarop ek dinge ervaar, een uiterste tot die ander, is vir jou net nog ‘n ou oulike ding omtrent my.

Jy lag vir my as dit nodig is, en ek sien dan hoe laf ek regtig is.

Ek het jou lief my man. Jy sê ‘n duisend woorde deur net na my te kyk. Ek het nog nooit alleen gevoel vandat ek jou ken nie. Jy is my hero. My “bosgod”  op wie se rug ek veilig ry deur die gevaarlike paaie waarop ons soms op eindig. Jy het nog nooit probeer om my te verander nie. Al is ek soms iets vreesliks.

Vandag toe jy moeg by die huis aankom, en ek bars in trane uit oor die @lantic storie, het jy net vir my gelag omdat ek al afskeid briewe skryf. Dis so tipies ek. Doen nou, dink later. Praat nou, sit netnou met die gemors. Skryf, en gee nie ‘n hel om nie. Jy verstaan dat die lewe te kort is vir doekies omdraai, en jy verstaan dat ek eendag eerder spyt sal wil wees oor ek iets gesê het, as wat ek dit nooit gesê het nie.

Jy is die een mens wat my waarlik ken.

Weet jy dat ek die grond aanbid waarop jy loop. Gaan slaap jy elke aan met die wete dat ek jou met my menswees wil dien? Dat ek nooit aan enige iemand anders wil behoort nie.

Dat ek jou liefhet met alles wat ek is?

Ek kan blywees vir ‘n lewensmaat soos jy my tjom. Jy is die maatstaf waaraan ek myself meet. Jou hart is goed, jou hart is groot.

My hart is joune.

Advertisements

20 Responses to “Man 2 Man.”


  1. 1 Antie Koekie Februarie 2, 2010 om 10:49 nm

    Ai Kersiepit, daa tjank die ou Antie sommer weer S&T! Dis so ontsettend mooi!Kan nie wag om jou en Liefie te ontmoet nie.
    Baie dankie dat jy vir ons dié kosbare kykie in jou hartskamers gegee het.
    En dankie Liewe Vader, dat Flintie nie ophou skryf nie!!

  2. 2 Nanuschka Februarie 2, 2010 om 10:50 nm

    Snot en trane mooi, wragtag. Jy is geseend om so ‘n man in jou lewe te he! So lief as wat ek en my man mekaar het, wens ek iemand het so oor my gevoel

  3. 3 Sonkind Februarie 2, 2010 om 11:24 nm

    Hel, gee aan die Twinsavers! Flints, dis nou wragtig een van daai onvergeetlikes wat ek altyd gaan onthou.

  4. 4 demoerin Februarie 3, 2010 om 8:04 vm

    Ons dink ook dat Flintie-man cool is!

  5. 5 ekisanna Februarie 3, 2010 om 8:28 vm

    Ai Flintie, hier slaan jy nou my voete skoon onder my uit met hierdie post. “…met die wete dat ek jou met my menswees wil dien”. Ek ken nie die Afrikaanse woord daarvoor nie so ek gebruik maar die Engels: “Profound”! Jy is ‘n besonderse mens en ek dink jou ander helfte is gelukkig om jou te he.

  6. 6 BB Februarie 3, 2010 om 9:34 vm

    Mooi-mooi Flitsie. Maar wee’ jy wat Flitsie? Aanbid die grond waarop die Here julle 2 saam vooruitloop, want dán Flitsie, dan sal hierdie woorde vir langer kan staan as die oogwink wat ons hierdie grond bewandel.
    “Gaan slaap jy elke aan met die wete…” Og, dis sielsmooi vir my – disse song se werd… mag ek maar plagiaat Flits?? 😉

  7. 10 Dellie Februarie 3, 2010 om 10:52 vm

    Dis een van die mooiste posts wat ek in ‘n lang tyd gelees het Flintie. Ek voel sommer julle liefde vir mekaar. Kyk mooi daarna, voed dit elke dag, wat julle het is nie almal beskore nie. 😉

  8. 11 Tersia Februarie 3, 2010 om 11:02 vm

    WOW!! Dis pragtig!! Dink net as almal mekaar so kon liefhe!

  9. 12 Bella Februarie 3, 2010 om 11:37 vm

    Flintie, dis soooo mooi. Ek het dit so geniet om dit te lees.

  10. 13 Alta Februarie 3, 2010 om 1:39 nm

    Flintie, dis vreeslik mooi. Ek het sommer oor alles en almal begin tjank. Jou liefde is so eerlik en opreg. BB, ek weet die gaan n baie nice song maak soos net jy kan. Ek wag inspanning.

  11. 14 Daizy Februarie 3, 2010 om 3:44 nm

    En hier kom ek op die gevoelvolste post af wat ek nog raak gelees het….jy het dit volmaak verwoord Flintie….alles wat mens voel vir jou ander helfte is hier deur jou verwoord…..Finominaal!!!

  12. 15 Weglekind Februarie 3, 2010 om 4:14 nm

    Donder Flintie dit is nou twee oggende wat jy my in trane het…. Dit is so mooi.

  13. 16 Charms Februarie 3, 2010 om 4:22 nm

    Ag en hier pis ons al weer (en deesdae vat dit nou nie veel nie) – so mooi geskryf mens voel sommer hoe warm en snoesig en vol liefde jy is.

  14. 17 flippiefanus Februarie 3, 2010 om 8:18 nm

    Sjoe! Flintie, kyk ek is nie ‘n baie emosionele mens nie maar hierdie het my geroer. Ek wens skoon iemand wil so iets oor my skryf.

  15. 18 Girl van die Suburbs Februarie 3, 2010 om 8:46 nm

    Hehehe Ou flints… Nou weet ek wie van julle twee is drama queen… strutting the boa…. crown and flying low on the broom….

    Bly jy het iemand wat jou rustig maak!

  16. 19 Ingrid Marais Februarie 4, 2010 om 2:53 nm

    Pragtige woorde, bly jy’t so iemand in jou lewe ons het elkeen ‘n rots nodig.

  17. 20 Boernig Februarie 6, 2010 om 10:58 nm

    Dis so siel-mooi, onvergeetlik mooi – ek dink elke liewe mens wil graag so verhouding he. Dis al – almal soek net eintik om lief te he.

    Jy maak die lewe mooi met jou woorde.

    DANKIE


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: