Flintie se “Pool Party Flop”

Ja, glo dit of nie. Soos enige ander girl daarbuite was ek nooit die verleentheid gespaar nie. Jy sien, dit gebeur as jy in ‘n wêreld rond beweeg wat bestaan uit vriendinne, dragqueens, “wigs” en make-up.

Ek was so 19, ‘n fyn ou dingetjie, as ek nog een maagvirus gehad het sou ek sekerlik ‘n stok gewees het. Hare in ‘n “chinese-bob”, en geklad in “fake-leather” en “fake-fur”. Knee high boots. Sjoe broekie. Die hare was omtrent al wat eg aan myself was, maar daar het jy dit. Lyk soos iets uit ‘n horror fliek, maar dis Flintie op pad na ‘n “pool  party.”

Kyk, daar is nie ‘n manier wat ek in ‘n swembroek gaan verskyn voor ‘n spul mense nie. Ek gaan om konsert te hou. Iemand moet ander se kak uitsorteer, en dis gewoonlik ek.

Het ek al aan julle genoem dat ek ‘n tiener met issues was?

Anyway, daar mince ek in by die garage winkel, gewapen met twee lesbeens, en die hulp van ‘n paar bottels wyn vroeer die aand. Dis mos normaal om wyn te drink terwyl jy aantrek vir ‘n makietie, of is dit nou weer net ek? Ek kom by die toonbank.

“Yes, ma’am, what can I get you?” Vra die oukie agter die toonbank, Smile met tanne wat jy net in Afrika sal sien. Dis werklik iets besonders. Amper soos ‘n grondpad.

Niemand antwoord nie. Hoekom nie? Die dag as ‘n butch antwoord op “Ma’am”, moet dit of “roll-play” wees, of ‘n gewapende roof. nou kyk ons maar vir mekaar, en ek voel so hier in my nek dat hier ‘n ding kom.

“Gunston 20, and a redbull please” sê ek in my man stem. Fok, ek rook nie eers Gunston nie.

“Joh” sê Tanne. Ogies groot. Daai “look” so eg aan ons “heritage”.

Ek vat my siggies, ruk vir *Cindy* uit die handsak, en daar gooi ek my strut. Die vriendinne agterna.

Terug in die kar, speel die musiek, dinge gaan goed. Ek rook maar Gunston en voel hoe die plooie oor my gesig verdiep met elke teug. Borshare skiet uit in klossies.

Tot op my voorkop.

Net voor my linker long platval, stop die kar. Ons is in Sunnyside.

😯  Watdefok …

“Hoekom stop ons” vra ek en tel my Donald Duck Tjoepie op wat afgerol het met die skielik stop. Die kar ruik na die see omdat my sak onlangs nog daar was.

“Ons is hier”  sê Baard 1.

“Het jy die stokke onthou?” vra Baard 2

“Huh?” vra ek en kyk so skerp regs. Dis Vests, en Bikes, en girls met groot boobs. Dis bierblikke in die hand, op die grond even tussen van die boobs.

“Waar’s die swembad?” vra ek.

Advertisements

25 Responses to “Flintie se “Pool Party Flop””


  1. 1 Bella Februarie 3, 2010 om 11:27 nm

    Borshare skiet uit in klossies. Whahahahaha. Dankie flintie.

  2. 2 weglekind Februarie 3, 2010 om 11:38 nm

    LOL Flintie hoe lekker lag ek nou. Ek sien al die ou se gesig met die groot oe 😀
    Maar wat ek meer in my geestes oog kan sien is jou ENTRANCE by die bikerbar met jou sjoe broekie en knee high boots 😆

  3. 3 ekisanna Februarie 4, 2010 om 5:25 vm

    Oeps!
    😯
    Ek sal graag wil hoor of jy darem die geleentheid gegun was om op die tafel te dans 😆

  4. 4 boervrou Februarie 4, 2010 om 6:06 vm

    Jy moet ‘n boek skryf!

  5. 5 Dellie Februarie 4, 2010 om 8:33 vm

    Whhahahaahahaa dankie my ding! Ek het nou kliphard gesit en giggel. Tanne wat jy net in Afrika sien – amper soos ‘n grondpad …. heheheheehehe! 😆

  6. 6 BB Februarie 4, 2010 om 9:30 vm

    ‘n Tiener met issues? Nee regtig? 🙄 JY??
    LOL!!!

  7. 7 kaneelsuiker Februarie 4, 2010 om 10:21 vm

    Goed om te sien jy het die aand oorleef. Balls of steel!

  8. 8 Flintie Februarie 4, 2010 om 10:45 vm

    Ja, dit sou gehelp het as iemand my vooraf gesê het dis nie ‘n swembad “pool” party nie, maar ‘n “bal en stokke” pool party 😳

  9. 9 Charms Februarie 4, 2010 om 10:51 vm

    Ek stem saam met Boervrou. Ek het nou so lekker gelag – dankie.

  10. 10 demoerin Februarie 4, 2010 om 10:53 vm

    😆 Sjoe, dit is wreed….
    Ek sou ook graag jou entrance wou beleef 😆

  11. 21 kaalvoetinireen Februarie 4, 2010 om 3:37 nm

    Wens ek kon dit aanskou! Whahahaha!

  12. 22 koeksister Februarie 4, 2010 om 3:44 nm

    Dis nou frickin snaaks, ek crack myself vir die Donald Duck tjoepie en “die strut”, dit wil gedoen wees in knee high boots, even ekke, kon dit op my d nog nooit reggekry het nie. 😆

  13. 24 Smurfi Februarie 4, 2010 om 4:13 nm

    Aplous en ‘n buigingkie!!! Flintie jy is die beste skrywer op die blok!! of is dit nou blogs!! moet tog nooit ophou nie, jy is sekerlik gebore om te skryf.

    Ek dink elkeen wat die dag in ‘n goor bui is moet Flintie se inskrywings kom lees, as jy dan nog nie kliphard lag nie is daar moerse fout! 😆

    Wag in spanning vir episode 2


  1. 1 Flintie se “Pool Party Flop” Deel 2 « FlintStoned Terugskakeling op Februarie 4, 2010 om 7:27 nm

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: