Women drivers – Uit die boks

Ek kry die vanoggend in die inbox. Dit sê dis geskryf deur Nataniel, maar ons sal nou nie weet nie. Of sal ons?

Lekker lees!

Vanoggend terwyl ek (minding my own business-as men normally do) op die snelweg ry, kyk ek oor my skouer en sien ‘n vrou hier langs my … in ‘n splinternuwe Polo, met haar gesig tot teenaan die tru-spieëltjie gedruk, besig om maskara aan te sit.

Kan jy dit glo?
Ek het net vir ‘n paar sekondes weggekyk, maar toe ek my weer kon kry, is sy halfpad oor in my baan, nog steeds besig met haar blerrie maskara.

Nou kyk, as ‘n man skrik ek normaalweg nie maklik nie. Maar die vroumens het my so die horries gegee dat ek my elektriese skeermes uit my hand laat val het, wat op sy beurt die “Steak & Kidney pie” uit my ander hand laat glip het en ‘n gemors op die “gearlever” laat los het.
In die hele deurmekaarspul – terwyl ek die kar probeer stuur met my knieë -glip die selfoon toe weg van my oor, drop in die vuurwarm Wimpy koffie tussen my bene, verbrand vir grootseun en die tweeling dat ek gil van pyn en natuurlik my sigaret voor in my hemp laat val.

Die gevolg: my selfoon in sy moer, my broek papnat, my nasaat masjien uit aksie vir wie weet hoe lank, my beste hemp vol gate gebrand en ek het boonop ‘n belangrike oorsese oproep verloor.

Blerrie vroumens-bestuurders…………………

Advertisements

19 Responses to “Women drivers – Uit die boks”


  1. 1 Antie Koekie Februarie 3, 2010 om 1:18 nm

    Ja, wel…………
    IEMAND moet die skuld kry, hoekom dan nie maar ‘n arme weerlose vroutjie nie?
    Boelies!!

  2. 6 BB Februarie 3, 2010 om 1:24 nm

    LOL!! Ek het eendag ‘n songetjie geskryf wat vaagweg ook hierna verwys – ek erken ruiterlik dat ek vrééslik multitask agter die stuurwiel. Heng, ek is soms só besig dat ek as ek by my eindbestemming aankom nie kan onthou hóé ek daar gekom het en waar watter landmarks ek verbygegaan het nie 😳
    Sorry then…..

  3. 8 Daizy Februarie 3, 2010 om 3:38 nm

    Gits ek het nou lekker gesit en giggel hier in my enigheid….dit is wraggies goed hoor…dankie dat jy dit geplaas het….ek sal voorwaar weer kom inloer….

  4. 9 demoerin Februarie 3, 2010 om 4:35 nm

    Ek het ‘n vriendin wat grimering aansit, op haar sel praat en met haar knieë bestuur… sy sê dit is maklik.

  5. 14 Alta Februarie 3, 2010 om 5:38 nm

    Lol! Mans in die aneer kant, ry waar hulle kyk en nie kyk waar hulle ry nie!!

  6. 16 Dellie Februarie 3, 2010 om 8:16 nm

    Queen of multi-tasking? 😆

  7. 17 Girl van die Suburbs Februarie 3, 2010 om 8:50 nm

    Ook maar goed jy bly op ‘n kleinerige dorpie… wee’ jy watse kak jy in die joburg verkeer sal aanjaag? Indien jy eintlik die skrywer was…. 😉

  8. 19 Boernig Februarie 6, 2010 om 11:02 nm

    Dis waarom ek eers hierrie jaar my liksens kry! Boerseun haat dit om te gil van angs as hy ver van `n kleinhuisie is – nou dink hy dat ek al groot genoeg is om alleen te ry.

    Flinder – jip, dit klink soos onse Nataniel. Tipies, ja.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: