Flintie se “Pool Party Flop” Deel 2

Heya julle, ek moes in drafts bêre toe “publish” ek en sien dit eers vanoggend toe die comments al hier begin het. So hier gaan die storie aan. Die eerste deel kan jy hier lees.

“Watse swembad?” vra Baard no. 1.

“Erm, pool party?” dinge maak nou nie meer sin nie. Ek begin dink ek het te veel weed gerook by skool sokkies of iets. Ek kon sweer ons het party by ‘n swembad.

“Pool soos in die tafel en balle my bra” sê Baard no.2.

“Hoekom het julle nie so gesê nie?” vra ek. “Wat gaan ek doen met ‘n strandsak in ‘n bikersbar, en fokken weet jy wat ek aanhet?”

Visions van bloed en haat geweld speel voor my af. Ek sien hoe ou ooms wat pruim en spoeg my “oogle”, en jong manne hulle moue oprol. In my geestesoog speel my dood voor my af.

“Kom van simpel probeer wees” dink ek so by myself. Wil mos konsert hou, en op daardie oomblik sou dit beter gewees het as ek  maar  net ‘n PT swembroek aan getrek het.

Nog nooit het ek so gewens ek het nie hare gehad soos daardie dag nie. Ek vat my sak, druk ‘n ekstra bottel wyn in hom, en maak reg om gallows toe te stap. Hier word ek vandag gedonner soos daardie dag in Pretoria Wes.

“Jy trek nog altyd vreemd aan” antwoord die Baarde.

“Ek gaan gedonner word” sê ek.

Hulle lag.

“En die wyn in jou sak?” vra een van die Baarde.

“Mens weet nooit” sê ek. “Hopelik stop hulle my by die ingang”

Ek klim toe maar uit die kar uit. Haal diep asem, en bekyk die klomp wat my nou ook aanstaar.

“Hoekom kuier bikers BUITE die club?” wonder ek.

“Wat de fok is dit?” hoor ek iemand sê.

Nou julle ken my, as die moer begin pluk hou die brein op met werk.

Flintie klim in sy handsak, en “Sister Porn Again” klim uit. Sy is ‘n bitch, en ‘n kommen platvloerse teef. Sout van die aarde.

Ek draai om en kyk na die poephol wat die blinkse uitspraak van sy lewe sopas gelewer het.

Hy kyk na my, en stamp so aan sy vriend se skouer.

“Dis ‘n fairy” sê hy, en almal lag soos net ‘n klomp blankes vir Julius Malema kan lag.

“Ekskuus?” vra ek.

“Jy het gehoor” sê hy.

Die Baarde staan nou langs my.

“Jou moer man, ek lyk beter as jou dikgat cherrie” sê ek en gooi my mooiste glimlag.

Toe bliksem hulle vir my, met my twee Baarde en al.

Dit sou nie so erg gewees het as dit die ouens was nie, maar dit was die chicks wat my dik geskop het…

Advertisements

28 Responses to “Flintie se “Pool Party Flop” Deel 2”


  1. 1 ekisanna Februarie 4, 2010 om 7:41 nm

    Jaloesie! Dis wat dit was, jaloesie! :mrgreen:

  2. 3 Antie Koekie Februarie 4, 2010 om 7:51 nm

    Nou kyk nou net!! Net omdat dié antie vir 2 dae suffer van stress related migraine, aangebring deur die Groot Opgewondenheid, mis ek freaken TWEE posts deur jou. Hoop nie jy’t my geblacklist omdat ek altyd 1ste by die keyboard is nie……………………….?
    In elk geval, ek’s weer by.Arme Kersiepit, bikers is nie so bad nie’ ons is eintlik die sout van die aarde.
    Maar selfs biker chicks is fyngevoelig oor hul gewig— miskien moes jy liewer net die “boks” wat dit gesê het, aangevat het. Wat het verder gebeur? Jy moet vertel!

  3. 5 Dellie Februarie 4, 2010 om 7:51 nm

    Whahhaahahahahaa! Ag Flintie, ek sien die hele ding afspeel in my mind …. jy was sooo dapper! 😆 Het jy darem letsels om te wys? :mrgreen:

  4. 9 boervrou Februarie 4, 2010 om 8:09 nm

    Excéllénté!! Die baas het ook lekker gelag.

  5. 11 Alta Februarie 4, 2010 om 8:24 nm

    Bwaahahahahha Flintie, ek het nou sommer so 1 en 2 gelees en my in n koma in gelag. kannie glo die girls het jou gebliksem nie. Ai man, Net party keer issit beter om “Sister Porn” in die handsak te los!!! Bwaaahahahahhahha!! En ek het gedink ek is n Super Bitch! 😆

  6. 13 Bella Februarie 4, 2010 om 8:36 nm

    Whahaha. Ek kyk al heeldag uit vir Deel 2. Hoop die tjoepie het darem gehelp dat die houe nie so baie skade aangerig het nie. ( dis nou as jy dit nog om die middel gehad het.)

  7. 15 kaneelsuiker Februarie 4, 2010 om 9:37 nm

    Dis hilarious! Eintlik goed so in die 2 dele. So jy was toe nooit eens in die pub nie? 😀

  8. 16 BB Februarie 5, 2010 om 7:39 vm

    Flitsie – jy’s wragtig jou naam in my boekies oor en oor werd – LIG van my blogdag!!!
    Oh my jinnetjie tog!!! : “wil mos konsert hou” – Waaaahahahaha!!! ek wéét van – ek wil alewig opdress – hell, nooi my virre fancydress en ek gaan gróót!! 😳
    Ek het dus ook ‘n hele paar ‘geraamtes’ in daai fancy-dress-party-kas – will tell one day :mrgreen:
    But, thank you Sweetie!! Thank you for sharing – is sooo lekker om te weet ander mense slaan ook hulle se naampies (be it Butch or Bitch 😉 ) met ‘n moerawiese plank….
    Lekker naweek! Be good…. and if you can’t be good – take photos!!!!

  9. 18 Charms Februarie 5, 2010 om 8:29 vm

    Jy het my nou die dag in trane gehad omdat ons jou amper verloor het en nou sit ek hier en lag so hard dat die trane loop en Bettie kom kyk of ek oraait is. Dankie, dis nou net wat ek nodig gehad het om hièrdie Vrydag mee te begin. Ek stel voor jy bêre vir Sister Porn Again baie diep in ‘n handsak wat jy nooit weer gaan gebruik nie anders gaan die mense jou nog stukkend bliksem. 🙂 Ag ek lyk sommer stukke beter met my happy face.

  10. 19 Twattie Februarie 5, 2010 om 10:12 vm

    Wat ‘n lekker lag – ek kan net imagine hoe dit verloop het!

  11. 20 Ingrid Marais Februarie 5, 2010 om 11:26 vm

    Dankie vir die glimlag en dit nogal ten koste van jou. Gelukkig het jy bly leef om ons te kom vertel.
    Lekker naweek vir jou en manlief.

  12. 21 Andrew Februarie 5, 2010 om 2:43 nm

    Whahaha … weereens skreeu snaaks, jy kan rerig goed skryf. 😆

    Geniet julle naweek en maak NOG skandes om Maandag oor te skryf. :mrgreen:

  13. 22 koeksister Februarie 5, 2010 om 4:14 nm

    Kon jy darem ‘n hou of 2 ingekry het? 🙂

  14. 25 demoerin Februarie 5, 2010 om 4:17 nm

    😆 Bwahahaha, hierdie was nou net die ligpunt in ‘n annerste BAIE kak dag!

  15. 27 Smurfi Februarie 6, 2010 om 5:19 nm

    😆 😆 laat waai met deel drie!

  16. 28 Boernig Februarie 6, 2010 om 11:13 nm

    LMGA @ Sister porn again – dis amper soos pms, ne? As jy ha voel aankom, moet jy weet dis nie doekies omdraai nie – dis bloei!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: