Flintie se dieretuin.

Ok, julle wen. Ek is van “nie eintlik ‘n kat mens nie” tot die eienaar van twee in minder as twee weke. Ja, die een wat self hier aangekom het word nou Thabo genoem. Hy is weg op loop vrou soek. Ek hoor die katte snags, en ek voel trots om te weet my kat sien om na die buurt se dames se belange. Ek verwag hom nou enige dag hier instrompel. Die vorige eienaars sê hy doen dit. Loop net weg vir ‘n week. Ek weet van beter. My ma het my vertel van blommetjies en bytjies, en die is gin wegloop nie. Dis sy huis die.

So nou kom hier vandag toe nog ‘n kat aan. Haar naam  is Lisa, en sy kom van Johannesburg af.  Skoonouers bel vanoggend uit Jozi uit om te vra of ons die kat soek. Ek is nou nie mooi seker waar die kat vandaan kom nie. Dis of van ons aangetroude famile af, of die woonstelblok waar hulle bly af. Dit was ‘n ja voordat hulle die foon kon neersit. As iemand ‘n dier wil weg gee, gaan hulle begin lelik raak met hom want hulle soek hom nie meer nie.  So nou staan die telling as volg.

1 x Aap. (Gogga)

1 x Vis (Kat)

3 x Honde (Thandi, Vodoo, Cindy)

2 x Katte (Thabo, Lisa)

Tog loop soek ons nie die diere nie. Hulle kom almal met hulle eie storie hier aan. Snaaks hoe hulle weet dat jy hulle nie gaan verjaag nie. Hulle is binne minute tuis, en vol ge-eet, en uitgekam.

Hehehehe. Flintie is mos nie eintlik ‘n kat mens nie…

Advertisements

32 Responses to “Flintie se dieretuin.”


  1. 1 Antie Koekie Februarie 7, 2010 om 10:14 nm

    Dis wat JY gedink het! Ek dink dis Pam Brown wat gesê het: “Coming home to an empty house with a cat, is like coming home.”
    Welkom by die geledere van katmense!Onthou: You own a dog; you feed a cat!
    Ek kan my nie my die lewe voorstel sonder ‘n arrogante, flikflooiende, purrende, manipulerende bol wol in my huis nie.

  2. 2 Antie Koekie Februarie 7, 2010 om 10:16 nm

    BTW, lief jou header! Stunning!

  3. 4 VerdantSF Februarie 8, 2010 om 6:19 vm

    Haha! Jy het baie troeteldiere! Ek hou van honde, maar ek is lief vir katte.

  4. 6 Girl van die Suburbs Februarie 8, 2010 om 8:37 vm

    More Wintie Flintie! 😛

    Eending van ‘n mannetjies kat…. behalwe vir die rondloop en die gekattemaai wat aangaan… Hulle merk hulle areas… net leeu mannetjies… Hulle sproei ‘n olierige substance wat stink! Baie erg stink.

    Dalk moet jy maar laat kyk vir regmaak… Dan sal die gemerkery ophou!

  5. 10 Antie Koekie Februarie 8, 2010 om 8:42 vm

    O vrek, en KAN dit stink!Dis een reuk wat nie maklik is om weg te kry nie—- eintlik amper onmoontlik.
    Is Lisa reggemaak? Want as sy nie is nie en sy begin jimpel raak, gaan jy ‘n parende sirkus op hande hê, met die hele buurt se mannetjieskatte wat die saak uitbaklei.
    So, knip maar liewers altwee se plesier spiere af, dan het almal rus en vrede.

  6. 12 Smurfi Februarie 8, 2010 om 8:43 vm

    Ja nee ek stem saam met Girl vd S. daardie Katturpis kan stink en jy raak nie maklik van dit ontslae nie!!

    Maar nou raak jy grênd met die nuwe look op die blog 😉 lyk oulik.

  7. 14 Smurfi Februarie 8, 2010 om 8:46 vm

    😆 Antie Koekie, daardie “Kerneels! Kerneels! … ja Maraai, ja Maraai! … kom ons laatwaai!” (dis mos wat die katte so skree as hulle so laat nag kattermaai! 😆

  8. 15 Antie Koekie Februarie 8, 2010 om 8:49 vm

    Ek weet nie watter cat litter jy gebruik nie, maar as jy dit kan bekostig, gaan vir daardie wit silicone kristalle, die “1 cat, 1 bag, 1 month” soort. Dis oor en oor die moeite werd.
    Die stink-faktor word in ‘n groot mate uitgeskakel.
    ek hou ‘n outydse putty mes by die sandboks en roer dit net gereeld om en verwyder die solid stuff.

  9. 16 Antie Koekie Februarie 8, 2010 om 8:51 vm

    Smurfie, my oorle pa het altyd gesê hulle sing: Kerneels, Kerneels, come over the waaalll? Dan antwoord hy: Maraai, Maraai, not noooww!

  10. 18 parkes1 Februarie 8, 2010 om 9:23 vm

    Flintie STERKTE! Ek is glad nie n dier mens nie. Ons het wel 2 Pappegaaie maar die een skreeu so, ek wil sy tong uit sny.

  11. 19 Xena Phoenix Februarie 8, 2010 om 10:27 vm

    Een van die dae word daar gepraat van die Flintstoned DBV. Hoe lyk dit met ‘n koei daar? En miskien ‘n baba krokodil?

  12. 21 Andre Februarie 8, 2010 om 10:53 vm

    Nie ‘n groot dier myself nie, maar soos jy se, hulle weet seker as hulle welkom is, en dan daag hulle sommer net op!

  13. 23 koeksister Februarie 8, 2010 om 11:50 vm

    Toe ek jonk was het ek gedurig diere aangesleep huistoe wat my ma weer radeloos spca toe gevat het, sy het altyd gesê ek is op hitte. “wink”

  14. 25 demoerin Februarie 8, 2010 om 1:04 nm

    😆 Sjoe, klink my jy maak lekker bymekaar daar!!

  15. 28 Alta Februarie 8, 2010 om 4:03 nm

    Ai Flintie, jou hart sit oppie regte plek. Ek issie n kat mens nie maar sal nooit n kat kan wegjaag van my huis af nie MAAR, my worsie stem nie saam my nie. Sy jaag mos alles wat 4 pote het en eendag het sy lekker op haar moer gekry deur n kat. Maar ore is min!

  16. 30 Weglekind Februarie 8, 2010 om 4:25 nm

    Flintie=sagte hart push over…… Maar dit is een van die redes hoekom ons jou so like.
    Flintie so aanmekaar gelaste huisgesin wat almal ‘n history het is die beste gesin ooit. Hoop jy het baie pret met jou dierehuis.

  17. 31 Dellie Februarie 8, 2010 om 5:08 nm

    Flintie my ding – jy kort noggi voël! ‘n Ou kokketieliekie wat heeldag op jou skouer kan sit … hulle word soooo oulik 😆 En vryerig verby hoor!

  18. 32 Boernig Februarie 9, 2010 om 8:31 nm

    Melk die koei. Nr 1
    Moenie lat Dellie jou `n gat in jou kop praat nie. Nogge voel in die huis = moeilikheid. Nr 2
    Mooi name vir die katters, ek dink dit roep lekker.
    Kry `n baba as jy broeis is. Dis mos polities korrek as ek reg onthou? Of is dit net Nagtegaals wat babas kry?

    Gees!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: