Flintie se “Pool Party Flop” Deel 3

So daar sit ek toe nou, tjoepie  in die een hand, wynbottel in die ander. Hare ‘n “mess”, want Biker Chicks trek hare. Gmph, at least mine is real, daar sit nog  ‘n stuk van die een se “weave” in my boot vas.

Bloed stroom oor my gesig, ek het opgehou om dit te probeer keer. En waaroor ek die meeste upset is op daardie oomblik is die feit dat ek nou moet loop vertel straight VROUENS het my gedonner.

Die gay- wêreld sal frons. Ek sal sleg wees. So ek besluit toe maar om dit alles ‘n geheim te hou.

Dis natuurlik makliker gesê as gedoen met vier steke op jou voorkop.

Dis toe ook net my geluk dat die intern wat na my moet omsien by die hospitaal ‘n gillende hasie is, en ek ken hom. Die pelmet het losgekom vertel ek hom.

Hy frons en las my oogbank weer aanmekaar met gut en ‘n breinaald.

Die Baarde is ook nou weer reg, en nou wil ons gaan wonde lek. Die probleem is geen mens wil met ‘n dik, blou oog iewers instap nie. Baard no.2 onthou van ‘n theme party, en ons almal kry koers daarna toe.

Die aand was op die ou einde ‘n sukses. Maar daar was ‘n les om daaruit te leer…

Respek gaan beide kante toe. Jy as gay persoon kan nie verwag dat ‘n straight persoon jou moet respekteer as jy nie sy oortuigings respekteer nie. Niemand hou daarvan om kak vertel te word nie, maak nie saak of jy man/vrou of “confused” is nie.

Noem hulle “breeders”, en jy GAAN ‘n “moffie” genoem word. Noem ‘m girl vet, en sy gaan jou klap dat jou tande by jou alie uit “march”

Respek is die een ding wat ons almal sal leer om in harmonie saam  te leef.

Advertisements

9 Responses to “Flintie se “Pool Party Flop” Deel 3”


  1. 1 Charms Februarie 8, 2010 om 4:22 nm

    Dis seker die mees extreme manier om voor te berei vir ‘n theme party – lol

  2. 3 Dellie Februarie 8, 2010 om 5:14 nm

    “Hy frons en las my oogbank weer aanmekaar met gut en ‘n breinaald.” Whahahahaahaha – dit voel omtrent so ne?

    En ja, ek stem 100% met jou saam – mense moet leer om mekaar te respekteer. Al issit dan nou oppi harde manier …

  3. 7 Andrew Februarie 9, 2010 om 8:47 vm

    Jinne dit was seker nie nodig om jou so te donner nie. Maar soos my gay pal sê, as jy jou uitgee vir ‘n sucker moet jy verwag om gesuig te word. 🙂

  4. 8 demoerin Februarie 9, 2010 om 11:57 vm

    😆
    Yip, ‘n bietjie respek vir jou medemens gaan baie vêr.

  5. 9 Boernig Februarie 9, 2010 om 8:47 nm

    Respek is `n groot woord. Jy maak wel lig daarvan met jou pragtige humoristiese post, en ek waardeer hierdie blog HUGE. Ek wens almal het GEWEET wat die woorde respek beteken. Ek verpes dit as mense agter sogenaamde “status”, “finansiele sukses”, “magsposisies” of flippin ouderdom skuil en reken jy moet dan die MENS respekteer. Se moer!

    Ek het respek vir wie dit VERDIEN.

    Gees anyway


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: