Sal jy kan?

Kyk, ek ken van in die mall wees en jou magie besluit dis tyd. Of dis op die bus, nog erger! Nou toe sien ek die blink toilet, en ek wonder hoe gemaklik sal ek wees as ‘n Antie aan die buitekant kom staan en lipstick aansit terwyl ek kluite druk….

Lyk vreeslik mooi en skoon. Modern ook.

Dis net ek sal worry iemand sien iets…..

Advertisements

21 Responses to “Sal jy kan?”


  1. 1 Dellie Februarie 8, 2010 om 8:16 nm

    Geez – ek weet darem nie …. ek kan danni eers slaap as my boude en boobs nie toe is nie … daai sal bietjie ‘blootgestel’ voel :mrgreen:

  2. 2 Sonkind Februarie 8, 2010 om 8:49 nm

    Ek kan weer nie slaap as my een been (en dalk stukkie boud) nie OOP is nie, so dalk sal ek okay wees hiermee 😈

  3. 4 Flintie Februarie 8, 2010 om 8:49 nm

    Ek dink wat ooms met voyeur streke daarbinne aanvang. 😯

  4. 6 Xena Phoenix Februarie 8, 2010 om 10:09 nm

    Dit is nogal cool. Ek sal betaal vir so ‘n kantoor, lw, nie toilet nie.

  5. 8 maxie Februarie 8, 2010 om 10:47 nm

    Nee, wraggies, ek sou nie kon nie.

  6. 9 Charms Februarie 8, 2010 om 11:23 nm

    Ek sal liewers my knypers beproef tot by die huis – daai sal voel asof almal vir jou staar en wag vir ‘n performance.

  7. 11 Alta Februarie 9, 2010 om 2:09 vm

    Nee jammer maar vir my sal dit voel of almal na my staar. En ek is maar skamerig. Miskien as ek dronk is want dan is ek gewoonlik baie braaf! 😆

  8. 12 VerdantSF Februarie 9, 2010 om 3:57 vm

    Eenrigtingspieëls?! Lol, ek sal dit net in ‘n noodgeval gebruik!

  9. 13 Andre Februarie 9, 2010 om 8:56 vm

    Nee bliksem, dink nie dis vir my nie!

  10. 14 parkes1 Februarie 9, 2010 om 9:22 vm

    Verseker net as ek n noot het!

  11. 15 Skoor Februarie 9, 2010 om 9:48 vm

    AAG JULLE KLOMP BANG GATTE! EK SAL GAAN SIT DAAR BINNE. Daai glas is anyway so dik, jy sal moet woelig wees voor iemand ‘n wenkbrou gaan lig.

    Ek dink as die loo op ‘n as is wat stadig roteer, sal dit fantasties werk. Imagine jy is hardlywig en draai ini rondte, en hier staan jou juffrou uit St.6 wat jou so bang gehad het en wag vir ‘n piepie beurt!!!

    😆 😆 😆

  12. 16 demoerin Februarie 9, 2010 om 11:58 vm

    Ek dink dit is cool… sla mens 2 daarin kan inpas ❓

  13. 18 Vlam Februarie 9, 2010 om 12:28 nm

    Oooooo, neeeeee….. Ek knyp eerder tot ek blou is! 😆

  14. 19 kaalvoetinireen Februarie 9, 2010 om 3:43 nm

    Ek sal nie kan p-p nie…die stage fright sal te erg wees…dis soos as die dr vir ‘n sample vra…fok weet ek het nie ‘n knoppie wat aan en afgeskakel word nie!

  15. 20 Boernig Februarie 9, 2010 om 8:42 nm

    Great! Wel nie vir my nie, maar ek dink vir al die mammas wat die 2jariges moet potty-train, ne?
    Dan se jy net:” Poef gou, maak klaar…al die tannies kyk vir jou.”
    `n Kind wil mos nie aandag he nie en sal vinnig leer.

  16. 21 koeksister Februarie 10, 2010 om 12:50 nm

    Dis nogal cool, imagine jy vang ‘n skelm knypie daarbinne, whaha, dit sal nogal iets wees om te onthou vir die res van jou lewe.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: