Dom vraag.

Nou die dag gaan koop ek ‘n sak EPOL hondekos by Pick ‘n Pay en terwyl ek so
in die ry staan, vra ‘n vrou agter my of ek ‘n hond het.

Sommer aspris, sê ek vir haar: Nee, ek het nie ‘n hond nie – ek begin weer met die EPOL diëet.
Ek sien sy kyk my so snaaks aan, maar ek gaan aan:

“Eintlik weet ek dat ek nie weer op die diëet moet gaan nie, want laaskeer het ek in die hospitaal
beland – wakker geword in die intensiewe eenheid met pype wat uit elke
gaaitjie in my lyf kom . Maar ek het 22kg verloor en dit was die moeite
werd.”
Ek vertel haar dat die EPOL diëet eintlik volledig voedsaam is met al die
vitamienes en minerale wat mens nodig het. En dis so maklik!

Al wat jy doen is om jou broeksakke vol te maak met EPOL nuggets en jy eet een of twee
wanneer jy ookal honger voel.
Teen hierdie tyd luister al wat ‘n persoon is na my storie – veral die ou
wat agter die vrou staan.

Heel geskok vra die vrou my toe of ek in die hospitaal beland het van
voedselvergifting.

Ek antwoord toe: “Nee, ek het in die straat gesit en my gat lek, toe ‘n
kar my raakry!”

PS: E-pos se dinge die.

Advertisements

36 Responses to “Dom vraag.”


  1. 1 Ingrid Marais Februarie 9, 2010 om 11:24 vm

    Dankie, jy tonic vir die dag gekry 😆

  2. 2 Charms Februarie 9, 2010 om 11:31 vm

    Dankie Flintie, jy maak my so lekker lag.

  3. 3 Dellie Februarie 9, 2010 om 12:11 nm

    😆 Mense kan rerig soms stupid vrae vra … en ken jy vir my?

    So paar weke terug was ek die Saterdag middag by pels, ons het sommer geloop, want dis lekker naby. Anyways, toe ons terugkom vang die reen ons so halfpad en ons reen lekke nat. By die huis gekom, kry ek toe koud en besluit ‘n lekker warm bad is nou net die ding.

    Tap water in die bad, skuimbolle tot amper tenie dak, en alles ruik die ene rose … kom my man ingestap, en hy vra: ‘Gaan jy nou bad?’

    Ek kyk hom so verdwaas aan en vra: ‘Is jy nou helemal van jou trollie af? Ek gaan net metti bubbles speel … ‘

    Hy was NIE impressed nie 😆 Maar ek reken kak vrae, verdien kak antwoorde … :mrgreen:

  4. 5 demoerin Februarie 9, 2010 om 12:22 nm

    😆 Bly dit was jou gat en nie jou… ja toe maar bwahahahaha

  5. 18 boervrou Februarie 9, 2010 om 8:02 nm

    *Bloos* was vir vloekwoordjie bedoel! As die kinders sien ek het ‘n nuwe glas of ‘n hemp of ‘n whatever, vra hulle altyd. Mamma wa kry jy dit??? My antwoord: Ek het dit gesteel!(Hulle weet mos ek het dit gekoop!) Die kleintjie(7) raak nou so cheaky, sy lag en vra al waaa steel ek dit! LoL.

  6. 19 Boernig Februarie 9, 2010 om 8:37 nm

    Proes!!!! Nee, nie voedselvergiftinging nie! O myvolk! Ek gaan nou dadlik op die Epol dieet. Ek weet nettie hoedit gaan lyk as ek op straat sit ek lek nie!

    Kids ne? Hulle werk saam met oupa in die tuin. By die aarbei bedding. Kom aldrie in vir koffie en ek vra:” het julle aarbeie uitgeplant?”
    Neehu!! Ons het aarbeie INGEPLANT!! Voktog, as ek nie voor die handliggende kan sien nie!

  7. 20 VerdantSF Februarie 10, 2010 om 2:42 vm

    Hahah, baie snaaks! Ek het ‘n vraag. Ek hoop dis nie dom nie! Wat eet jou troeteldier aap? Is daar spesiale kos vir ape dat jy kan koop? Of maak jy dit?

    • 21 VerdantSF Februarie 10, 2010 om 2:44 vm

      Verskoon asseblief my gebroke Afrikaans!

    • 22 Flintie Februarie 10, 2010 om 4:01 vm

      Heya Verdant,

      Die aap het spesiale kos wat jy aankoop. Hulle noem dit “Monkey Chow” en dit maak 40% van sy daaglikse kos uit. Dan vul ek dit aan met vars vrugte, en groente. Drie maal per week ‘n gekookte eier, en baie vrugtesap.

      Hulle mag glad nie uie of advocado’s eet nie. En die Herpes virus wat vir ons koorsblare gee maak hulle dood binne drie dae. Dis pynlik en vreeslik om te aanskou. Mens moet maar versigtig wees terwyl jy hulle versorg.

      Hy eet ook meelwurms en krieke wat jy by spesiaal aankoop. Krieke en wurms uit jou tuin is nie gepas nie want hulle is besmet met parasiete en gifdoders.

      Marmoset Ape is die kleinste werklike aap in die wêreld, maar hulle brein is baie klein, en hulle is nie vreeslik slim nie, net vreeslik oulik.

  8. 23 VerdantSF Februarie 10, 2010 om 6:31 vm

    Dankie vir die verduideliking. Klink my jy is ‘n baie verantwoordelike troeteldier eienaar!

  9. 24 Andre Februarie 10, 2010 om 8:43 vm

    So hoe werk die Epol dieet??? lol

  10. 26 Andre Februarie 10, 2010 om 10:14 vm

    Flintie ek sal maar jou commision moet uitkanseleer met myne. HAHAHAHAHAHA! Ek werk saam met 4 “meisies” en het hulle almal van jou blog vertel, hulle dink jy is fokken snaaks!

  11. 28 Savanha Februarie 10, 2010 om 10:51 vm

    😆 nou lekker gelag!

  12. 29 demoerin Februarie 10, 2010 om 11:10 vm

    Wie het jou breakfast gesteel?

  13. 31 koeksister Februarie 10, 2010 om 12:48 nm

    Whaha 🙂

    Ons het ‘n vrou hier by die werk wat omtrent elke sin eindig met: “verstaan jy wat ek sê?” Huh? nee, my kop is te vlak, herhaal weer. Ek vlug as ek haar sien.

  14. 32 twattie Februarie 10, 2010 om 4:38 nm

    Briljant! 🙂

  15. 33 Pikkie Februarie 11, 2010 om 9:00 vm

    Bwhahahahahaha…. Innie Noordkaap eindig almal elke sin met ‘jy weet’… Ek sukkel nog steeds met daai een… Nee hel – ‘Ek WEET nie, jy het dan nou net in detail vir my verduidelik, hoe de koek moet ek nou WEET?’ My grysstof is mos van watte idioot!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: