Elke bord verg ‘n gebed.

Kyk, toe ek saam my man begin bly het drie jaar terug was ons gelukkig nog by sy ma. Ek kon vir ‘n jaar wegsteek dat ek soos my gat kos maak, en die naaste wat ek daaraan gekom het was braai. Nou ons almal weet dat braai ingebore is in ons. Ek kan nie dink dat iemand my ooit leer braai het nie, dit het vanself gekom. Net soos masturbasie.

Anyway, my moeder was al gewoond aan oproepe nege uur in die aand met my wat nou eers vra hoe kry ek die sout uit my mince uit. Sy het gesê potato sal dit reg maak. Ek het sakke in gesny, gerasper en gemash. Lot se vrou se moer. Dit het geproe soos beeste se soutlek.

Manlief het ge-eet. Borde vol terwyl ek ‘n broodtjie afgesluk het.

Pap, so rou dit proe of jy kluite kou. En moet nie eers dat ek begin met my bak pogings nie. Een woord…

Fokkop.

Die twee keer wat ek gebak het was as volg. Die eerste keer moes ek dit vir die honde gee. Drie dae later het hulle nog getjank  as ek verby stap. Die tweede keer het hulle weg gekruip vir dae toe ek ‘n bakplaat uit die kas haal. Ek het die boodskap gekry, maar wou nie luister nie.

Toe besluit ek, ok, ready-mix, dis nou al genade. Nee wat, een woord…

Fokkop.

Die honde het opgehou om my te lek of stert te swaai as ek naby is na daai een. As ek net vir myself opskep maak hulle gatskoon. Dit breek my hart. Nogtans het manlief elke keer genoeg ge-eet , en nog ‘n bietjie.

“Toemaar dis nie so bad nie” sê hy altyd.

Hmmm, hy dink ek sien nie hoe sy oë rek met elke hap nie. Gits hy drink soms die Vaaldam leeg met elke bord.

Die goeie ding is dat na so paar maande van my in die kombuis, begin ons toe maar bid voor elke bord. Geloof trek jou  deur donker skaduwees, en my man leef nog.

Vanaand toe is dit ek en shrimp, watefokop, proe soos plastic. Manlief het ge-eet, twee borde vol en ek moet nog besluit op kaas of boerwors “two minute noodles” vir myself.

Julle moes die misnoë in sy ogies sien toe ek hom ‘n derde skep aanbied. :mrgreen:

Advertisements

50 Responses to “Elke bord verg ‘n gebed.”


  1. 1 Antie Koekie Februarie 10, 2010 om 6:20 nm

    Ai Kersiepit! Oor 10 jaar, as jy ‘n gourmet sjef is, dan lag julle oor jou pogings. Ek het altyd gedink dat gay outjies al kan kook nes hulle uit die doeke is (moenie my vra hoekom nie?), maar steriotipes werk nie altyd so nie. Ek’s ‘n volbloed kreef en ons is veronderstel om met “kook en Geniet” in die hand gebore te word—– en ek HAAT kook! My arme ma moet maar elke aand dankbaar haar oë sluit vir iets op die bord!
    Maar hou maar by die gebidery voor ete—- hulle sê mos: A family that prays together, stays together!

  2. 3 kaneelsuiker Februarie 10, 2010 om 7:29 nm

    Bahahaha! Dude, ek is ook nou hooked aan jou blog. Al is jou kookvernuf dalk nie vars nie, hierdie is!

  3. 5 Sonkind Februarie 10, 2010 om 8:26 nm

    Wanneer verjaar jy? Dan stuur ek vir jou ‘n Kook en Geniet 😆

  4. 7 Alta Februarie 10, 2010 om 10:20 nm

    Vat jy my n paar jaar terug Flintie, ek dink baie van ons wat getrou het se wederhelfte was jou proef konyn. En gin genade. As hy honger is, sal hy nie n woord se nie. Gee kans tot so na 20 jaar, dan word daar sommer dadelik gevra “nou watse kak gee jy my vanaand om te eet?” So moet hom nie te gou gewoond maak aan lekker kos nie!!! 😆

  5. 9 VerdantSF Februarie 11, 2010 om 1:00 vm

    Lol! Flintie, jy is te hard op jouself! Dit neem net tyd.

  6. 11 Andre Februarie 11, 2010 om 8:38 vm

    HAHAHA, mater ek dink die honde moet terug gan op die epol dieet

  7. 13 Dellie Februarie 11, 2010 om 9:12 vm

    Ja, dis ons almal se lot inni begin. Ek het in my laat tienerjare by ‘n stiefma gebly wat elke liewe dat ten minste iets laat verbrand het … so ek kon niks by haar leer nie. Toe ek getroud is, kon ek chips, varktjops en slaai maak. Die res het my man my geleer.

    Hy het ook vir 2 jaar rou pap geëet sonder om ‘n oog te knip. My eerste vetkoeke het die hond begrawe, en my eerste soetkoekie poging was ammunisie om die rotte onder in die myn glo mee dood te gooi. Hy het ook ‘n BBQ hoender (wat ek WEER gespice het) oorleef!

    Liefde oorbrug baie goed! 😆

    NS. Moenie ‘n hartaanval kry oor my avvi nie – die Super 14 begin more, en ek’s gedress vir die okkasie! :mrgreen:

  8. 15 Skoor Februarie 11, 2010 om 9:25 vm

    Ag nee fokit Flonkie. NOG ‘n bloubul?

    Maak vanaand 2 pakkies 2 minute noodles. 2 blikkies tuna. 2 lepels mayo. 2 teelepels mrs Balls.

    En yskoue wyn.

    Vir julle altwee. Watse gesnaaks etery is dit. Eet saam aan dieselfde kos!

    More koop jy ‘n ciabata, en ek sal jou die res later vertel.

    Nou gaan ek eers vir jou bid. Oor daai rugby nonsens.

    • 16 Flintie Februarie 11, 2010 om 9:38 vm

      Nou wat moet ek met ‘n italiaanse brood doen skoortjie? My man daarmee slaan as hy moan? Skoor, om vir my te bid oor rugby is so goed soos jy moer jou naam met n ceder balk. Ek wiet fokkol van rugby af nie. As die span wat skrum mooi bene het skrie ekke vir hom, as altwee mooi bene het gly ek vanni bank af en cheer vir albei spanne. Ek is ‘n regte plattelandse rugby hoer 😳

  9. 17 koeksister Februarie 11, 2010 om 9:38 vm

    My man het my ook alles geleer, ek kon nie eens ‘n eier bak nie, ek het eenkeer ‘n hoender gekook, as jy hom op die grond gegooi het, sou hy wegbons. Hou moed, met ondervinding gaan jou man later met ‘n lekker boepie brêg teen die tyd wat hy 40 is 😉

  10. 18 BB Februarie 11, 2010 om 9:42 vm

    Flitsie – ai tog!!
    Hier’s die long and short of pap (easy-peasy surprise hom nou, ok??)
    1 koppie mieliemeel in ‘n groterige glasbak (pyrex – nie slaaibak nie!!)
    sit netso in die mikrogolf en kook (droog, ja) op HI vir 3 minute.
    Sit die ketel solank aan tot hy kook.
    PING!! (seg die microwave)
    Gryp ‘n houtlepel of vurk of watookal gemaklik is – net nie daai draad-pap-roerders nie! als sit binne in vas!!) en gooi staaaaaadig die kokenede ketelwater by die pap.
    Moenie die hele spul ingooi nie!! die droë pap is warm!!!

    So : gently-gently gooi jy water by en roer die spul – en jy hou aan gooi TOT jy die regte consistency het… netsoos jy verkies – Stywe pap, slap pap, sagte pap – en as jy ‘n braaivurk gebruik selfs krummelpap…
    Ok: sit ‘n bord (of die bak se deksel op) en weer ini mikro vir 3 minute op HI.
    PING!! (seg die microwave)
    Roer bietjie.
    Nog 3 minute op HI.
    PING!! 😉
    en roer nog ‘n keer…
    Jy kan nou ‘n blikkie of ‘n half blik sweetcorn of mielies bygooi, en ‘n handvol gerasperde kaas – gebraaide uie, mushrooms, spek – whatever jy voor lus is of hom netso au naturelle hou vir ‘n shebatjie – roer in alle geval maar weer deur en….
    jipjip – reg geraai:
    3 minute ini micro
    PING!!! 🙄
    Voila!!!
    Njam-Njam!

    Ek sou regtig nie sout ingooi as jy iets byvoeg aan die einde nie – al daai goedjies het genoeg smaak – gebruik ook eerder goeie cheddar as gouda – soetmelk het nie regtig taste nie…
    jy kan selfs ‘n dollop botter of ‘n skoot room in roer – dis HEERLIK saam met gerasperde of sliced biltong ook – veral op krummelpap.

    You got it now Flitsie?
    1 koppie meel (vir 2-3 persone)
    3 minute HI (droog)
    kookwater
    3 minute HI
    roer
    3 min HI
    roer – voeg lekkerte by
    3 min HI

    As jy 2 koppies meel gebruik – verdubbel die bak se grootte en die tyd: 2×3 = 6 min

  11. 20 Skoor Februarie 11, 2010 om 9:56 vm

    Okay Flonkie, tussen my en Graatjie sal ons jou huwelik help red. Kombuis gewys, dit is…

    Hier is jou reseppie vir die brood

    http://skoorkos.wordpress.com/2008/02/01/kom-hier-dat-ek-jou-vry-brood/

    En hier is jou grappie wat jy hom vanaand vertel

    http://blixemseblog.wordpress.com/2010/02/11/oupa-se-plan/

    En verder gaan jy op jou kniekoppe en se dankie dat ek en jy NIE naby mekaar woon nie, want dan was daar chaos in die dorp.

    En bid sommer dat die Stormers vanjaar sal beter vaar. En daas nou vir jou bene en boude, jy sal nooit weer na iets blous kyk nie (anyway, as dit blou is, is dit seer sekerlik half vrot, half dood, of half gefrustreerd. Of het ek nou die hoender aan die hol beet?)

  12. 23 Antie Koekie Februarie 11, 2010 om 10:20 vm

    KERSIEPIT!! Jy’s besig om op die Gautrein se spore te speel! Balletgroep??
    Nee, kyk, ‘n mens met klas, kultuur, smaak en styl skree: “WiePie, jou leke ding!”
    Hoekom skree ek Stormers? Toe Karel Du Plessis destyds (vroeë 80’s, omtrent toe jy gebore is 😆 !!) hulle kaptein was, het ek EEN kyk gegee en gesê: Prooovvince!
    En ek skree dit tot vandag!
    Ek kyk ook net vir die mooi boudjies, so moenie worry nie, jy’s halfpad oukei!

  13. 25 Skoor Februarie 11, 2010 om 10:20 vm

    Kouewater en Liefde…

    Ek gaan nou eers ietsie vat vir my bloeddruk. Voor ek JOU ballet platdruk, tsk.

  14. 26 Charms Februarie 11, 2010 om 11:26 vm

    My tannie sê altyd “As ‘n man maer is beteken dit dat sy vrou nie kan kook nie” – Hierdie is nie altyd waar nie. My opinie is natuurlik dat die arme man maar die kos opeet (al is dit onverteerbaar) net om liefie gelukkig te hou want anders is daar nagevolge 🙂 Sterkte met jou eksperimente en hou maar eno’s, spasmogel, kimodene, rennies ens. in jou medisynekassie tot die kook storie nou makliker raak.

  15. 28 Skoor Februarie 11, 2010 om 12:01 nm

    Flonkie, ek wou nog vra…daai pic links bo op jou header…dis mos jy daai…nou hoekom is jou gesig dan so vuil? 😯

    Prooooooovince. Is so Charms!

  16. 30 Skoor Februarie 11, 2010 om 12:49 nm

    Daai boetie daar regs?? 😯

  17. 32 Bella Februarie 11, 2010 om 12:58 nm

    ST0RMERS!!! Flints jy moet tog eendag die game kyk as hulle speel. Mens mooier boudjies is daar nie GEWAARBORG.

  18. 34 demoerin Februarie 11, 2010 om 1:49 nm

    😆 Bwahahaha, ek het nou so lekker gelag. Daar is niks wat jou so vinnig leer kook soos alleen-bly nie (**sug van veligting**)… ek het ongelukkig nie raad vir jou nie, miskien soos Sonkind sê – Kook en Geniet… en oefen, oefen, oefen. Bly eers by kos kook – bak is bietjie meer hoërgraad.

  19. 35 BB Februarie 11, 2010 om 1:57 nm

    Flitsie – as jy nou wil hê “Pappa” moet uit jou hande uiteet – maak dié:

    Shopping lysie:
    1 rol frozen blaardeeg (by die roomys en frozen veggies in die supermarket – koop sommer 3 of 4 en hou byderhand vir annerdag se unexpected guests) – ontdooi hom oornag of laat lê hom virre uur oppie kas – hy ontdooi nogal vinnig…
    2 eiers
    Brie of Camembert Kaas – goeie ou Mozarella sal ook deug – en selfs Blaauwkrantz as julle into daai smaak is

    Poerjarrie-bestanddele:
    Uie(gekap)
    Mushrooms(gekap)
    Bacon of Ham of Salami (blokkies)
    Green Peppers/Peppadews/Chillies(Jelapeno’s is nice – sny in die lengte deur en krap die pitte met ‘n teelepel uit – dis waar die meeste brand sit – die ‘vleisie’ is meer tangy as brand)
    (ag chop sommer als op wat vir julle lekker is)
    Aspersies/Tuna/Hoender what-have-you-als…
    (Nou nie als SAAM nie 😯 – maak nice combo’s

    Braai jou keuse in ‘n pan (goeie riglyn – kyk na die grootte/hoeveelheid van die ui wat jy gebruik – jou ander bestanddele gaan omtrent net soveel wees in verhouding.)
    Jy kan maak soos ek en als oor lae hitte sagbruin maak – of eers die bv. bacon en dan die goedjies een vir een bygooi – braai die hele spul – tot daar darem nou nie meer vog (waterigheid) is nie.
    Haal die pan van die stoof af en…

    Here goes:
    Sit die oond op 180 C.
    Smeer ‘n bakplaat botter of spuit hom Spray-n-Cook

    Strooi bietjie koekmeel op jou werksoppervlak en rol die deeg oop – moenie uit rol nie – deeg MOET ontdooi wees – m.a.w maklik plat neersit.

    Sny met ‘n mes of pizzacutter squares uit – 3×3 cm is nice happie size – maar jy kan groter ook gaan.
    Vat ‘n ronde koekiedrukker (of dunnerige glas as jy nie koekiedrukkers het nie) – kleiner as die square wat jy gesny het en “draai” die liggies in die middel van die square een of 2 keer in die rondte – maar MOENIE DRUK nie – jy wil net so halfpad deur die deeg ‘n sirkel maak…

    Ok – vat daai geklitste eier en smeer met ‘n kombuiskwas – (of sommer so met die wys en middelvinger saam ‘n lekker dun eierlagie op die squares.

    Sit op die bakplaat – en bak die squares vir sowat 8 – 10 minute (max).

    Sny intussen eweredige skywe Brie of Camembert of krummel Blaauwkrantz in ‘n bakkie of rasper Mozarella…

    Jy sal sien dat die sirkels wat jy so half ingedruk het op die squares nou maklik uitgehaal kan word uit die squares uit, ja?

    Haal hulle ammal uit – en vul die holtes in die quares nou met jou poerjarrie.

    Kasie bo-op

    Sirkel ‘doppie’ bo-op die kaas – sit terug in die oond vir 2-4 minute.

    Haal uit – sit die oond af en laat afkoel. Enige varsgebakte paai MOET ten minste 5-10 minute staan voor jy dit kan eet – anders brand jy jou dwarsdeur tot in jou parradys!!

    Voila!!! Njam-NJAM!!!

    Maak eers ‘n horde sulke kleintjies – en dan kan jy besluit om groter te gaan – moet hulle darem nooit groter sny as wat ‘n eierspaan se wydte is nie! Hulle hanteer dan te moeilik met die skep- en die eet-slag.
    Jy kan mengelslaaitjie of Caprese daarmee saam maak – hou dit eenvoudig – tomato wedges of slices, basil blare, mozarella – ditch die alewige groen slaaiblare – net ‘n drizzle olyfolie en vars gemaalde peper en ‘n paar druppels suurlemoensap… less is more!!

    MOENIE sout gebruik op jou poerjarrie nie!!! Eerder net ‘n KNYPIE tiemie of roosmaryn – of oreganum virre ‘taljaanse flavor.
    Jy kan die degies die oggend bak as jy mense later verwag – onthou net om die poerjarrie eers in te skep voor jy dit weer bak – anders raak die paai ‘soggy’ – imagine jy sê virrie peoples: “Verskoon my, ek gaan net gou ‘n snackie maak…” :mrgreen: Sit die oond aan – vul jou degies – sit die sirkel terug en bak dan vir 3-4 minute… Binne 10 minute serve jy die awesomste eetgoedjies ever ooit!!

    En jy gaan ‘n pro raak – want jou verbeelding gaan vlerke kry!
    EN: jy kan al drie pakkie se squares klaar sny en die sirkels indruk – en hulle dan in ‘n houer vries – volgende keer ontdooi jy net soveel as was jy nodig.

    (LOS TOG NET DIE SOUT!!!!) 👿

    Jy

  20. 36 Skoenlappr Februarie 11, 2010 om 2:19 nm

    Ag jissis! hoe lekker het ek nou gelag!! lmga!!

    By the way … hoe weet jy hoe smaak beeste se soutlek??

    LOL!

    hi, ek is skoenlappr … dis my virgin-besoekie hier aan jou blog.

    • 37 Flintie Februarie 11, 2010 om 2:45 nm

      Heya Skoenlappr;

      Welkom jong, hoop ons sien jou nog baie hierso. aangaande die beeste se soutlek, my se ouma en oupa het naby Zastron geboer met beeste en skape en bokke. Ek was nog baie klein en wou alles beproef. Ek was daai tyd so stupid ek het gedink poeiermelk kry jy as die koei skrik terwyl jy haar melk. :mrgreen:

  21. 38 Skoenlappr Februarie 11, 2010 om 2:58 nm

    Jy’s natuurlik heeltemal van die subject af … jy praat van trixie se spene en eintlik het ek gevra oor die soutlek … of het jy die spene beproef?? FOCLMAO! … eeeekkk!

  22. 41 Skoenlappr Februarie 11, 2010 om 3:34 nm

    LOL!! ek sien ek gaan nog lekker vir jou lag!

  23. 43 lindzie Februarie 11, 2010 om 6:05 nm

    Toema flintie, by my gaan dit erger ons is nou amper ‘n jaar getrout en ons het nie saam gebly voor ons getroud is nie, voor ek met hom getrou het het ek nog nooit eers aan ‘n stoof geraak nie. As ek vir hom pap maak …. shame!!!! Terwyl hy eet dan vra ek hom of dit reg is …. ag dan antwoord my manlief altyd ” dis lekker my lief!” maar ek kan mos sien hoe dit soos poeier elke keer by sy neus ytkom as hy asemhaal!!!! SO ROU IS MY PAP! Ek weet nie, my pap is altyd gaar bo maar rou onder!!!

    Nou is ek nie seker nie: Jy het vir my gese hoe maak mens shrimp en nou soek hy steak en shrimp as hy van die rugby af kom!!! ag nee vok hoe de moer gan ek dit nou doen????????

    Hoe maak mens nou eintlik shrimp gaar????(dis klaar geskil)

  24. 46 Skoor Februarie 12, 2010 om 8:47 vm

    Ja, ek het al van prawns geskryf. Vreeslike lekker goeters daai, en dis nogal ‘n challenge. Ek stel voor jy oefen op jou eie voor die man tuis kom, en as dit ‘n flop was, maak jy ook maar 2 minute noodles Lindzie!

    http://skoorkos.wordpress.com/2008/11/24/prawns-op-die-rooster/

  25. 48 lindzie Februarie 22, 2010 om 10:46 vm

    ag DANKIE JULLE…. mY LEwe gered!!!!!

  26. 50 esther November 17, 2010 om 2:03 nm

    Probeer mos nou ook hertzoggies bak maar ai kan iemand vir my dalk sê hoekom die deeg so krummel as ek dit PROBEER ROL!!!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: