Flintie leer sy naam.

Ek was sestien.  En sestien was ‘n groot jaar vir my gewees. Ek kon ‘n wit hemp skool toe aantrek, en moes skoene dra. Ek was nou ‘n “senior”  en het geblok eksamens. Ons kon pouses hande vashou, maar dit was ‘n fokop vir obvious reasons, cause why, ek en Thys Luddick was amper geskors daaroor,

Dit was ook die jaar wat ek uitgevind het my naam is nie Moerstkont nie.

En dit was een moerse skok vir my gewees.

Dit en die feit dat ek moes aanvaar die tieties gaan nooit kom nie, en ek sal MOET begin baard skeer. Dit was loutere hel.

Die een dag, Biologie klas, ek onthou…

Mnr. Mulder was die onnie. Jong blok van ‘n man, en ek bedoel nou blok in die goeie manier. Altyd die mooiste “chinos” gedra, met so ‘n swaar leer belt. Ek onthou ongelukig nie so baie van sy gesig nie. Wonder hoekom?

Maar sy stem onthou ek.

“MOerstkont, vir wat laat jy die padda gaan?”

“Hy was bang mnr.”

“Bang se moer man, vang die ding en bring hom terug”

“Nee mnr.”

“MOerstkont, ek praat nie weer nie”

Ek wonder of hy so rooi word as hy…

…toemaar.

“My naam is Flintie mnr.”

Gits, lyk die ding pop ‘n aar, en daar trek hy los met wat ons almal altyd verstom het.

Hy trek los met iets wat klink soos die Oxford van aaa tot zzz aamekaar.

“P” uitgesluit want jy moet jou mond toe maak vir die klank.

Nou kyk, waar ek vandaan kom, skrik ons nie vir hard praat nie. Gebore kapenaar wat ek is, 13 verskillende skole in my skool loopbaan van 12 jaar. Hard praat maak my net doof.

Anyway….

Ek sê toe maar vir hom hy het die “t” vergeet, en toe kak ek.

Ai, en dan Mnr.Stonehouse. Hy was my drug. En hy het my gelike soos wat ”n Boer ‘n moffie like. Fokkol. Niks wat ek ooit gedoen het was reg nie. My kas se deur was onderstebo, en afgewerk met ‘n staal vuil. My sketse was skeef “Net soos jy Moerskont” het hy altyd gesê.

Net so skeef soos ek.

Hy het nooit geweet ek het altyd gedink hy is die epitoom van ‘n pa nie. Iemand wat jou sou kon laat veilig voel nie.

Hy was ook die Rugby man, en moet ek vertel? Dit was net plein fucked-up.  Ek kon netsowel gaan lê het sodat almal oor my hardloop en klaarkry. Twee los tande later het ek besluit vok die liefde, ek gaan speel trompet.

Die eerste keer wat ek daai stuk koper in my hande vasgehou het, het ek geweet…

Nou het Flintie ‘n stem, en niemand sal ooit weer sê ek is nie goed genoeg nie.

Ek het my hart uitgespeel. In operettas begin sing. Mense het verander. Nou was daar applous. Die les was geleer, entertain, entertain, entertain…

Swak les, maar eg in sy naaktheid van die wreedheid waarin baie jong mense soos ek moes en steeds wandel.

Flintie het geleer.

Moerstkont het gesterf.

Advertisements

26 Responses to “Flintie leer sy naam.”


  1. 1 Antie Koekie Februarie 11, 2010 om 11:06 nm

    Bravo! Uitstekend!Uit die siel geskryf. Flinti op sy rou beste.
    Ek wens vanaand ek kan ‘n slag die masker afhaal en so eerlik skryf—– maar daardie nagmerrie-spook, genaamd “Verwerping” ry my nog elke oomblik bloots, grootbek of te not!

  2. 3 ekisanna Februarie 11, 2010 om 11:08 nm

    Flintie, hoe kry jy dit reg? Jy skryf ‘n snaakse pos en ek wil huil. Simpel Agtertangers!

  3. 5 Skoenlappr Februarie 12, 2010 om 9:04 vm

    Flintie … my motto … “live and let live”

    wa bly jy nou? ek is ‘n kapenaar.

    ma weereens amper my fêncy swart pêntie vanoggend natgepieps soos ek lag! fanks, jy maak my dag!

    Nadat ek News24 gelees het soggens, is jy BESLIS my 2de stop!

  4. 9 Skoenlappr Februarie 12, 2010 om 9:28 vm

    ja kyk, ek stem beslis saam, pênties is ekstra wasgoed! LOL!

    Potch van alle plekke … met sy rooigrond.

  5. 11 demoerin Februarie 12, 2010 om 10:19 vm

    😆
    Definitief ‘n beter en meer heugliker stop as Nuus24 en Beeld, veral vir ‘n Vrydag.

  6. 13 Andrew Februarie 12, 2010 om 10:36 vm

    Ek is nie gelowig nie maar vandag wil ek bid.

    Liewe Here, maak asseblief dat Flintie ‘n spelfout gemaak het met die onderwyser se naam en dat dit eintlik http://mnrmuller.wordpress.com/ is sodat ons hom kan spot oor sy sexy chinos.

    Whahaha … wel Flintie is dit hy? Ag toe sê ja. 😆

  7. 15 Charms Februarie 12, 2010 om 10:38 vm

    Diep gedelf Flintie – gelukkig is jy sterker as hulle.

    So, jy bly so katspoegie van my af in Aardklop wêreld 🙂

  8. 17 Boernig Februarie 12, 2010 om 11:36 vm

    Disse oopbek, agteroor lag storie, maar ook hel hartseer. Daar is nie nog so `n spesie soos `n onderwyser wat kinders se lewe kan opvok vir die res van sy lewe nie. Dis kots! Weet jy, as jy nie jou soort humorsin gehad het nie, sou jy baie swaarder deur als moes gaan.

    Ek is bly jy kon jou naam kry – Flintie – dis mooi.

  9. 18 Boernig Februarie 12, 2010 om 11:41 vm

    Ps. My pa was Sant Major innie Army. Ons was 6 kinders en ek dink hy het soms ons name vergeet of verwar met iemand ander. Soms het dit so geklink:” Jussus! Ek praat! Het jy vokkun oorhu!” of “bluksumse, bluksumse, bluksumse moerskonner!” Dan lyssster ons, ons het nie doof geword nie.

    Later het ek my naam iewers in die Alfabet gaan soek, en gekry – Boernig, ne? Baie later toe kom Boerseun, toe word my naam Hey!

  10. 20 Bella Februarie 12, 2010 om 2:02 nm

    Dis n humor en hartseer storie. Dankie flints dit wys jou net niks kry jou onder nie. Jy het sterk anderkant uitgekom.

  11. 21 ekisanna Februarie 12, 2010 om 8:33 nm

    Potch! Dis mos waar die dominee gesien het hoe twee studente staan en vry toe se hy vir hulle: “Kinders, kinders, le liewers, netnou dink die mense julle dans” 😉

  12. 23 Smurfi Februarie 13, 2010 om 5:25 vm

    Lees altyd lekker hier by Flintie, Dis goed om die seer op so manier uit jou uit te skryf, en dan nog ander te kan laat lag daaroor. Ek dink ou Flintie is ‘n baie nice mens geen mens wat sy seer in humor kan verander kan ooit sleg wees nie. Love jou skrywes Flintie!

  13. 24 Smurfi Februarie 13, 2010 om 5:29 vm

    Flintie, ek ken ook Potch, Klerkdorp, Stilfontein, en Orkney baie goed lank daar in die omgewing gebly, die Westransvaal, ek dink dit word nou Noordwes genoem.

  14. 25 Dellie Februarie 14, 2010 om 6:46 nm

    ‘n Storie vol lag, maar metti traan … I like Flintie …

    Mmmmm – Potch is glad nie so ver nie – bewaar jou siel as jy ooit jou voete in Welkom sit sonder om my te laat weet, ne? Jy weet noggie hoe ek eintlik kan stalk nie … 😆


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: