Ouma hou basaar- Deel 1

‘n Befokte entjie mens gewees daai Antie Geyer. Almal het haar so genoem, tot my ouma. Ek onthou net pap soene en die reuk van vicks wat swaar deur haar huis hang. Ek onthou sy het Bovril gedrink uit ‘n blikbeker uit. Haar blomtuin was spatsels van geel en rooi, en het gestink soos net ‘n afrikanertjie blom kan.

Sy het so op elke tweede slaan van die klok ‘n oomblik weg geraak in haar dolheid en dan moer sy haar knieg so hard dat die honde wip en begin blaf. Sy het nooit geweet waar haar tande is nie, en later het sy opgegee om te probeer onthou.

Jy het mos nie tande nodig vir Bovril nie.

Sy het ‘n bolla gedra, so grys soos die wolke op ‘n kaapse winters oggend. Haar liggaam so stewig soos die berg homself. Sy was ‘n natuur toneel wat gevloei het van vegete tyd tot nou. Saam met haar het sy stories gebring. Die stories was nie altyd die soort wat ons vir ons kinders vertel nie. Sy het Dallas se stories vertel sonder advertensies of “bleeps”.

Enige matroos kon sy onder ‘n tafel invloek, maak haar net kwaad genoeg. Ure daarna sit en kla sy dan oor of die ouderling langsaan haar gehoor het.

Sy kon glad nie konfyt inlê nie, maar kon sy bak! Hertzoggies en Botterkoek. Heuningkoek en die enigste Vrugtekoek wat ek nog ooit kon sluk sonder om gesig te probeer koop, was die een wat sy gebak het. Vrot van die brandewyn, jou asem skoon weg geslaan.

En dit bring my dan by wat ek eintlik vandag wil vertel.

Antie Geyer was my ouma se buurvrou. Nou kyk, my se ouma is nie die ou tannie met die “blue rinse” nie. My ouma is die laaste van haar soort. Sy is 70, en blond, speel kaart elke Woensdag by die Hotel, en drink Cape Velvet. Sy rook Craven A Slim en verf haar naels en lippe dieselfde rooi as die strepie in haar kuif.

Toe dit Kerk-Basaar tyd word, toe vra sy maar vir ou Antie Geyer om vir haar te bak. En dit doen sy toe ook. Vrugtekoek.

So staan al wat ‘n ou tannie is ook toe nou die dag daar om die beoordeelaars tafel. Dis net “zimmerframes” en “greencross” waar jy kyk. Laas jaar se wenner moet die nuwe wenner aanwys.

My oumsie skuif so mooi agter haar koek in, almal dink mos sy het hom gebak, en die tannies proe-proe so by die ry af.

Ten laaste kom hulle by my ouma uit. Die tannie vee haar vurkie af met n sakdoek, en breek ‘n stukkie van die koek af daarmee. Sy proe.

My ouma frons en lê so bietjie oor die tafel om iets beter te sien.

“Hannie, wat op aarde, daar is ‘n setpil in jou oor!” sê ouma.

“Goeiste!” sê Tannie Hannie en haal die setpil agter haar oor uit.

Sy staar so rukkie na hom en sê: “Goeiste tog, nou weet ons seker waar ek my “hearing-aid” moet soek….”

Advertisements

21 Responses to “Ouma hou basaar- Deel 1”


  1. 1 Bella Februarie 14, 2010 om 3:16 nm

    L0L…. Nee kyk, ek laaik daai ouma. Heeltemal waar Flints daai soort oumas kry jy nie meer nie….GOEIE OU DAE.

  2. 2 Alta Februarie 14, 2010 om 4:21 nm

    Bwaahahahaha!! Ai tog!

  3. 4 Antie Koekie Februarie 14, 2010 om 5:08 nm

    Ja, want jy’t nie vertel wat die beoordeelaars toe van die koek gesê het nie……………!
    Het hulle tipsy geraak en dit 1ste plek gegee of het hulle agtergekom dis Antie Geyer se koek wat hulle laasjaar by ‘n verjaarsdagpartytjie ge-eet het?
    Ek SIEN die 2 ou dames so voor my, veral jou ouma met Craven A slims en Cape Velvet—— met haar sal ek ‘n pad kan loop.
    Mooi gedoen Flintie, gee ons nou net Hfst. 2?

  4. 6 boervrou Februarie 14, 2010 om 6:28 nm

    Wanne kom die boek nou uit?

  5. 8 Dellie Februarie 14, 2010 om 7:35 nm

    Whahahahaha 😆

    Ons wag in spanning v die tweede deel, Flintie 😉

  6. 9 Charms Februarie 14, 2010 om 9:55 nm

    Jy’t mos nie ‘n hearing aid nodig om ‘n koek te beoordeel nie – Ek wag in spanning vir deel 2……

  7. 10 demoerin Februarie 15, 2010 om 9:01 vm

    😆 … ek sien al die movie: The Mystery of the Lost… very lost hearing aid – bwahahaha

  8. 11 Boernig Februarie 17, 2010 om 8:41 nm

    Get lost…almal van julle…en ek hoop van harte dis nie agter iemand se oor nie.

  9. 13 Boernig Februarie 18, 2010 om 9:46 nm

    Jass, maar IS die mense nou almal nog doof ook?

  10. 16 Boernig Februarie 18, 2010 om 10:07 nm

    Ja, voktog…ek mag gehoor aparate dra, maar ek druk dit nie jy weet, ne? Ek is nie tannie Hannie nie! Grhhhhmfff!

  11. 18 Boernig Februarie 18, 2010 om 10:18 nm

    O? Ek dog net jy spot met my Widex.

  12. 20 Boernig Februarie 18, 2010 om 10:32 nm

    Ok. Dan kan ek beegin saamlag oor die prentjie, ne?
    Noulat antie Hannie obviously nie mette setpil kan hoor nie, ne? As jy moet skree lat sy moet hoor, dan moet jy seer sekerlik vraa:” Antie, sit Antie op Antie se oooooorhu, Antie!!!!?


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,024 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: