Blog Addiction?

Ok, ek begin iets ontwikkel.

Ek loop  met ‘n swart nota boekie rond en skryf dinge neer, bang ek vergeet dit. Dis dinge waaroor ek wil skryf. ‘n Dag gaan verby wat ek nie skryf nie en ek voel nie goed nie. Asof niks gedoen is die dag nie, al het ek alweer gestofsuig, weer die katbak skoon gemaak (kak job daai), julle kry die prentjie…

Dis asof daar ‘n duisend stories vlak onder my vingers wegkruip. Hoeveel keer kom sit ek hier en staar net na die skerm? Die storie kom net nie, dan skielik kry ek stories wat myself verbaas en ander is net plein gemors.

Die gogga het gebyt, maar wat is skryf sonder die “comments”. Dis dit wat dit lekker maak.

Julle moet ‘n mooi dag hê, en dankie vir die ondersteuning. (Ek weet julle kom lag net vir hoe ek spel :mrgreen:  )

Advertisements

36 Responses to “Blog Addiction?”


  1. 1 Bella Februarie 16, 2010 om 6:56 vm

    Nee wat flints ons lag nie nie vir jou spelling nie, ons geniet jou stories. Hoop daai swartboek is al halfpad vol.

  2. 3 demoerin Februarie 16, 2010 om 7:36 vm

    Ag jou goed lees so lekker, en laat soms my kakker dae net bietjie beter voel.

  3. 5 BB Februarie 16, 2010 om 8:42 vm

    Ditto Dmi!!
    Ek doen daai ding ook Flitsie… vir my songs – en as ek nie ‘n pen of papier by my het nie, tik ek maar die topic of idee of title op my selfoon… ek het nie meer plek op my drafts nie 😯 !! Dan tik ek die spulletjie maar in ‘n Word doc en save dit op my pc onder ‘n Draft folder – eendag as die lus my pak, scroll ek so deur die goedjies – en is daar wel die een of ander wat jy vingers laat jeuk. (Ek het al vir myself sms’e gestuur as my saved/draft sms folders vol was) :mrgreen:
    En boonop tap ek baaaaaaaaie lekker sêgoed en mooi goed en seer goed oppie blogs vir songs ook – ‘n oneliner by jou kan maklik ‘n hele song word. Ek weet, ek weet – dit grens aan plagiaat 😳 – maar as ek iets gebruik sal ek darem laat weet… 😉

    • 6 Flintie Februarie 16, 2010 om 9:23 vm

      Ai ou Beeps, the life af an artist is hell. nee dis reg jy mag oneliners steel, maar ek vra jou net een ding, as “Die Antwoord” of “Kurt Darren” dit sing vertel jy vir niemand die woorde kom van my af nie…….

      Ek is mos “ou agteros” so ek vind eers nou die dag uit jy skryf songs!!

      • 7 BB Februarie 16, 2010 om 9:38 vm

        Waaaaaaaahahahahahaha!!! Ja, jou ou siel – en daar dink jy alliepad ek “gil soos ‘n 🙄 (wat was jou woorde nou weer??) Afrika Dame”…nogal 👿 – het vir my alte veel geklink of jy te gemanierd was om ‘kombuismeid’ te sê :mrgreen:
        Ah well – it probably depends on how you listen to it – I’m certainly no Celine, Madonna or Cher… but I looooooooove writing them – and a song… well, for some reason it ain’t a song until you sing it, right?? 😉

        • 8 Flintie Februarie 16, 2010 om 9:52 vm

          😳

          Jy moet nie al die comments lees wat ek op Skoor se blog los nie, sy is n slegte invloed (nou gaan ek bars oor die comment ook) 😯

          ……ag ok, kombuismeid dan, jy wen……

          P.s: Indien ek weg raak soek my in BB se boot!

    • 9 demoerin Februarie 16, 2010 om 10:56 vm

      Hou maar aan skryf en plagieer BB… eendag as jy famous is gaan ons jou kom opspoor vir ons gedeeltes van die miljoene 😆

  4. 11 Juan Februarie 16, 2010 om 9:12 vm

    Hi, ek comment nie alteid nie maar jou stories maak ‘n mens se dag, hulle is partykeer die lig in die donker tonnel van die lewe.

  5. 13 Charms Februarie 16, 2010 om 9:38 vm

    “kak job daai” – LMGA… Nee kyk, ek dink jy moet ‘n groot swart boek kry want ek dink die klein boekie gaan nie lank hou nie. Jy’s ‘n ligstraaltjie in my lewe en sit altyd ‘n glimlag oppie gesiggie. Jy sien die lig waar ander net donker sien en dit maak jou spesiaal.

  6. 15 Dellie Februarie 16, 2010 om 9:41 vm

    ((Flintie)) Jy is terapie v my elke dag. Dankie maaikie, ek waardeer jou geweldig. En ek lief jou humorsin … kyk net hoe het jy my vmore uit die gutters gelig … omdat rondkruip daar mens se skoene opfok 😆

  7. 17 Skoenlappr Februarie 16, 2010 om 10:52 vm

    Jissis Dellie ek is bly jy voel beter vandag … jou gemoedsbekakking van gisteraand het my heel ontstel … daai sakkie wat ek jou op facebook gegee het om in te breaf, het ek toe maar later gebruik! LOL!

    Dankie Flintie viri lekker skryf en lag. We love u Fliiiinty, oh yes we dooooo. We love the way u write, u’r gayness tooooooo!

  8. 19 Skoenlappr Februarie 16, 2010 om 1:30 nm

    glad i could return the favour! hehe

  9. 20 Plaasjuppie Februarie 16, 2010 om 1:35 nm

    Ja toema’ Flintie, ko’ sit maar in die kring van die spotters. Groet nou mooi, “my naam is Flintie en ek is ‘n blogverslaafde” en ons almal antwoord, “naand Flintie, skryf vir ons nog ietsie!”

    Jy is skerp en funny en ‘n vars briesie. Doen so voort.

  10. 22 Bella Februarie 16, 2010 om 2:07 nm

    Flints ek wonder waar is antie koekie. N mens mis haar. Ek was nou daar by haar blog, maar kan nie daar in nie.

  11. 24 demoerin Februarie 16, 2010 om 2:59 nm

    Ja… blogging-siekte is soos stupid-siekte… geen pille nie.

  12. 28 koeksister Februarie 16, 2010 om 3:10 nm

    Ek het ‘n skelrooi boekie waarin ek my notes maak, as ek moet omkap en hulle kry daardie boekie in my sak! Gaan ‘n paar kopkrap dae veroorsaak.

  13. 30 Dellie Februarie 16, 2010 om 5:26 nm

    ai jaaai jaai – ek maak somme vnaand alles skoon … my arme family… as ek ‘weg’ is en hulle moet hier land … hulle sal nooooooit vstaannie, en heel moontlik dink ek moes lankal inni sponskamers gewees het 😆

  14. 31 VerdantSF Februarie 16, 2010 om 8:12 nm

    Flintie, dis ‘n plesier om jou blog te lees. Dankie vir die daaglikse lag!

  15. 33 muffia Februarie 16, 2010 om 10:48 nm

    Cool plek die ook Flintie – ek geniet jou skrywe

  16. 35 Alta Februarie 17, 2010 om 6:27 nm

    Ek lees baie lekker hier Flintie. Oefening vir my maag spiere! 😆

  17. 36 Boernig Februarie 17, 2010 om 8:48 nm

    Elke woord hierbo is waar. Ekself sou nie hier wou wees as ek nie lekker gelees het aan jou stories en jou pragtige humor nie. Dis sommer net “huis-lekker” om hier te wees.
    Gees!


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,035 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: