Spuitpoep

Ek dink dit was op Dellie se blog wat ek die woord “spuitpoep” onlangs raak geloop het. Of was dit iewers in die kroeg? Dis nou al ‘n week at ek met die woord in my kop rondloop. As iemand op skype tik: “ek k@k in my broek” vra ek: “spuitpoep?”

Spuitpoep is die nuwe woord op my tong, darem net in woord.

Manlief vra: “Waaraan dink jy so?”

Ek sê: “Spuitpoep”

“Huh?”

“Spuitpoep, ek dink aan spuitpoep” sê ek

Hy trek die cell nader, dalk moet daar gebel word vanaand. Met my weet mens nooit.

My sus bel en vra hoekom ek so stil is. Ek vertel haar.

“Ek dink die heeltyd aan die woord spuitpoep”

“Is jy ok?” vra sy “Jou maag nie lekker nie of iets?”

“Nee, dis die woord” sê ek.

“Die woord?” vra sy

“Ja”

“Jy weet daar is dementia in die familie nê” sê sy.

“Huh?” vra ek.

“Boetie is jy oraait?”

“Ja, jy sal nie verstaan nie.”

En dan so gaan sy toe ook weer haar gang, en ek top verder oor wat ek moet doen omtrent spuitpoep want ek kan dit nie soos ‘n vaandel voor my dra daar waar ek gaan nie. Ek loop kerk. Mense ken my.

So ok, ek het dit nou uit my sisteem probeer uitwerk. maak julle nou maar iets van die spuitpoep ding want fok weet, ek kan nie meer nie….

P.s: Mag die een wie spuitpoep op my skerm laat verskyn het se tone vir altyd geverf word met cheap lalola cutex.

Advertisements

34 Responses to “Spuitpoep”


  1. 1 VerdantSF Februarie 16, 2010 om 11:49 nm

    “Jou maag nie lekker nie of iets?” LMGA!

  2. 3 ekisanna Februarie 17, 2010 om 5:26 vm

    Is spuitpoep nou iets soos die Wille Skitterykoors? Dis wat my Ouma Toit dit genoem het. Sy was ‘n regte ou dame wat altyd sykousek, lipstiffie, pereltjies en oorbelletjies gedra het, maar kon soms met sulke juweeltjies vorendag kom.

  3. 5 Ingrid Marais Februarie 17, 2010 om 7:19 vm

    whahahahahaha, toe maak jy my nog meer lag met die onbedoelde spelfout.

  4. 8 Bella Februarie 17, 2010 om 7:44 vm

    Mmmmm…..het ook daai foutjie gesien Ingrid. L0L. lekker dag flints.

  5. 9 demoerin Februarie 17, 2010 om 7:50 vm

    Julle weet dis is ‘n erkende hollandse woord nê?
    Hier is nog ‘n paar sinonieme:

    spuitpoep komt niet voor als trefwoord.

    diarree (zn) : buikgriep, buikloop, dunne, poeperij, racekak, rees, schijterij, spuitpoep

  6. 12 BB Februarie 17, 2010 om 8:03 vm

    🙄 Oits Flitsie! EK hoop jy voel nou eeehhhmmmm ‘beter’? of issit wyser? Of watookal jy voel??
    Jip jip Flitsie – ek kan nog die heeltyd die spuitpoep-ding hanteer – (ek verstaan dalk nou nie heeltemal jou concern daarmee nie – tensy jy boereraat daarvoor sou soek – Hmmmm wonner ek nou of Skoor enige raat het hiervoor op haar blog??
    Anyways… fix tog virrie antie daai leeeeelike ‘s’ foutjie in jou 3de laaste paragraaf, sal jy skat?? Wat gaan die mense sê?? 😯 !! ‘Coz that would be a TOTALLY differnet ailment altogether!! :mrgreen:

    maar aangesien jy nou so preoccupied is met die topic – is hierdie spesiaal vir jou:

    Birdy, Birdy in the sky,
    Why’d you do that in my eye?
    Looks like ice cream, tastes like spit 🙄
    Oh my G..! It’s birdy sh!t! 😯

    Birdie, Birdie in the sky,
    Drop a spuitpoep in my eye 😳
    I don’t fret and I don’t cry
    I’m just soooo glad that cows don’t fly! :mrgreen:

  7. 14 boervrou Februarie 17, 2010 om 8:20 vm

    Nog ‘n baie lelike woord is “gieter-gat”, en DIT is nou ‘n woord om oor te wonner

  8. 19 Exotica Februarie 17, 2010 om 10:17 vm

    Hier is ‘n lekker grappie en ‘n goeie voorbeeld van spuitpoep:

    TWO MEDICAL STUDENTS AND THE OLD MAN

    Two medical students were walking along the street when they saw an old man walking with his legs spread apart. He was stiff-legged and walking slowly.

    One student said to his friend: “I’m sure that poor old man has Peltry Syndrome. Those people walk just like that.”

    The other student says: “No, I don’t think so. The old man surely has Zovitzki Syndrome. He walks slowly and his legs are apart just as we learned in class.”

    Since they couldn’t agree they decided to ask the old man. They approached him and one of the students said to him:

    “We’re medical students and couldn’t help but notice the way you walk, but we couldn’t agree on the syndrome you might have.. Could you tell us what it is?”

    The old man said, “I’ll tell you, but first you tell me what you two fine medical students think.”

    The first student said, “I think its Peltry Syndrome.”

    The old man said, “You thought……. But you are wrong.”

    The other student said, “I think you have Zovitzki Syndrome.”

    The old man said, “You thought……. But you are wrong.”

    So they asked him, “Well, old timer, what do you have?”

    The old man said, “I thought it was a Fart…….. But I was wrong, too!”

  9. 24 Skoenlappr Februarie 17, 2010 om 2:54 nm

    wat ‘n kak onderwerp …
    *lappr lê op die grond soos sy lag!*

  10. 25 Nesbit West Februarie 17, 2010 om 5:09 nm

    as ek hierby mag aanhaak…

    hier in holland is die toilets (WC’s) ingerig om paraat te wees vir nadelige gevolge van spuitpoep, hardlywigheid, bloed ‘bij jou poep’ etc.

    I.p.v. ‘n egalige donker diep toilet bowl met net water, loop hier die toiletbak in ‘n kom-vorm na onder. Op die manier word jou stront eers ‘opgevang’ op die wit porselein waarna jy dit at your leisure kan inspekteer, aantekeninge in jou logboek kan maak en daarna kan deurspoel die oneindige waters in. Op die manier geen onvoorspelbare, nare siektes of epidemies sonder dat jy onwetend die slinger trek nie.

    dankie vir die mooi verhaal.

  11. 27 Savanha Februarie 17, 2010 om 7:10 nm

    Spuitpoep is ses voet sonder spatsels! Hiehie arme ek Cheap lalola Cutex!!! 😆

  12. 28 Boernig Februarie 17, 2010 om 9:00 nm

    Dis wat liedjies met my doen – kom net een oggend in my kop en hak vir die volgende 24 uur non-stop vas soos `n ou lp met `n krapmerk. Waarom op dees aarde kan die mense nie verstaan het dat die woord in jou kop rondhol soos `n stokou tuimeldroeer sonder rubber-voetjies op `n konkrytbald nie?
    Plaas ky my gepla het, ek maak mince van woorde.
    Vertel net eers mooi vir Niggie, ne? Waffer gedeelte van die woord het jou gepla?

    Dalk het ek ook bygedra tot jou worries, ne? Ek`t mos vertel (by Skoor) van `n sopnat poep bo-op my stiefma se skoot! Kon haar mos agterna nooit weer kry en sit stil nie. Tsk, tsk, tsk…sjame. Sy moes my en haar skrop.

  13. 30 Boernig Februarie 17, 2010 om 9:01 nm

    Dem, dem toetsbort!

  14. 31 Skoor Februarie 18, 2010 om 8:58 vm

    Flonkie, as jy spuitpoep kry, poep eers alles uit. Antoinette Pienaar daar in die Karoo ne? Sy se jy moet eers al die kieme uitkry. Moenie stopmiddels drink en die kieme binne hou nie.

    Nou reken ek so…jy moet maar aanhou met jou gedagtes. Want as jy dit inhou kry jy dalk kakker gedagtes 😆

  15. 33 hartskommels Februarie 18, 2010 om 9:44 vm

    ek het lank terig ‘n persies kat gehad in my woonstelletjie in houtbaai voor ek engeland toe is, so eendag het ek ‘n brievie om die kat se nek gekry… jufrou, jou kat ly an spuitpoep en betjorts my potplante op my balkon, van anomiem

    hm, ek het toe die katjie se dieet verander ek dink.. as ek reg onthou sou ek als in my vermoë gedoen het om die buurpersoon nie te afronteer nie

    groete uit Cornwall

    • 34 Flintie Februarie 18, 2010 om 2:24 nm

      Ja nee skommel, ek kry ook nou die dag ‘n klop aan die duer, my kat betjorts die bure se potplante. Die vrou vertel my nog so ewe sy gaan glas in haar blombakke sit. Ek het haar een kyk gegee en vir haar vertel wat ek van haar plan dink. Sy sal betaal as een van my katte seer kry. Soos dit is kos haar kat my n fortuin om die pellets uit hom uit te kry wat hulle in hom ingeskiet het.


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: