Bevryding.

Ken julle die storie van die vrou wat weer moes opstaan?

Dis ‘n seer storie, maar ‘n mooi storie. Dis die storie wat in my kinder tyd voor my afgespeel het. Ek was een van die hoof spelers daarin. Sien, ek is eerste gebore. Ek moes die naam verder vat. Die vrou van wie ek praat is Magriet Joans.

Sy was my ma.

Ek onthou drie van haar. Daar was die Ma Magriet, die Bang Magriet en die gebliksemde Magriet. Soggens dou voor dag as sy die gordyne so by die venster weg trek, dan was sy Ma Magriet. Reg met ‘n koppie koffie. Sy het geglo ek moet eers regop sit voordat ek wakker is, en sy was reg. As ek so  begin blaas op my koppie stap sy uit. Nou is sy Bang Magriet. Jy sien, die toppie, hy is nie die coolste ou op die blok gewees nie. Hy en sy skurwe tjommies was gereeld tot laatnag uit terwyl my ma moes swoeg om die pot aan die kook te hou. “As dit nie vir die kerk was nie, weet ek darem nie my kind.” Dit het my ma altyd gesê en moeg die hare van haar sweeterige voorkop afgevee met die agterkant van haar hand. Haar hande altyd vol deeg. “Jy bak ses broode vir die prys van drie gekooptes” sê sy. “So kan ons een oor stuur vir Antie Babs, en dan is nog ‘n huis gevoed”

Swaarkry, my ma het dit nooit erken vir wat dit is nie, en daarom het dit geen mag oor haar gehad nie. Elke dag was vir haar soos hy moes wees. Bedags ander se wasgoed, ons wasgoed. Stryk sewe dae ‘n week, ons was baie kinders. My toppie het geglo, soos al sy dronk tjommies, dat “mans nie sweets met papiertjies eet nie.” Hoe fucktup wil jy wees? Ek dink ek was die enigste een van al nege van ons, wat werklik op ‘n manier deur liefde verwek is. Die ander was die eindproduk van ‘n dronk man wat haar in submissie in
gebliksem het. Sy was tog lief vir elkeen van hulle, nie een voorgetrek nie.

Jonny, hy’s sy pa se kind daai een, en my tweede jongste broer. Stoot nou tyd in Pollsmoor. Gangsterism is nie vir die pissies nie.

“You want to run with the big dogs, don’t piss like a puppy bra” Dis wat ou skylie Jonny altyd vir my gesê het met sy stink drank asem. Ek het hom seker laas nugter gesien toe hy 14 was. Niks respek nie, daai kind. Alles in die huis gesteel.

Drugs.

“Dis soos om die duiwel se voël te suig” sê Jonny. Hy hou sy pyp waarmee hy rocks rook so tussen sy wys en duim vinger vas “Jy kry nooit genoeg nie” maak hy sy sin klaar. Ek sien hom wegraak in sy eie wêreld. Paranoia in sy oë. My hart breek. My ma, ai, sy sit verslae en vra die vraag wat alle ouers seker maar in die begin vra.”Wat het ek verkeerd gedoen Here?”

Soos altyd is daar net stilte. God antwoord nie trick questions nie, Hy watch jou net so, en laat jou toe om self die antwoord te gaan soek. Hy het mos nou vir jou die vryheid gegee om te dink. Dis groot. Hy forseer jou om daai geskenk te gebruik.

Elke knie sal buig….

En die fout lê nie by haar nie, maar ‘n ma sien nie die sleg in haar kind nie.Sy het nog in die ander God geglo. Die een wat uit die wolke praat. “Soos ‘n kind Charlie, glo soos ‘n kind”. Sy was nie die een wat wou voorgee nie, sy wou net wees.

Hoe sy aan my pa gekom het weet ek nie. Hy was glo “Handsome soos Elvis” sê my ma. Toe ek kon begin onthou, toe drink hy al die heeltyd. Hy en Jonny, altyd saam gewees. Tot daai dag…

My ma het hulle probeer keer, maar hier by ons word alles gewreek. “Bly weg van die gansters” het my ma altyd gewaarsku as ons gaan buite speel. My pa en Jonny was in die Reds. “..want as ons lem, trek ons gazi” het Jonny gesê, en dan sê my pa: “Hosh!”

Soos die seun wat dood was, het ek buite hulle kring gestaan. Ek wou ook my pa so saam my sien lag. Dit het nooit gebeur nie. Jy sien, die ding staan so. Jonny se meisie was swanger, en toe vind hy uit ‘n member van die Kings is die pa. Die ding word toe nou ‘n familie-naam ding.

“Watse familie naam!” skree my ma. “Jy het dit weg gegooi toe jy daai klomp bliksems as jou BROERS aanvaar het!”

Saam, saam is my pa en Jonny  daar weg. My ma in trane oor wat gaan gebeur. Ek hulpeloos in my stoel. Soos my ma my instoot huistoe sê sy:”Mag die Here die ding stop my kind.” Ek hoor haar, maar weet daar kom moeilikheid. So was dit ook.

My pa is dood geskiet daardie aand. Jonny is tronk toe.

Toe die regter sê:”Skuldig”

Toe sê my ma: “Dankie Here”

Advertisements

34 Responses to “Bevryding.”


  1. 1 Xena Phoenix Februarie 18, 2010 om 6:18 vm

    Dit is besonders dat jou ma terwyl sy self swaarkry, daaraan kon dink om iemand anders ook te voer.

  2. 3 Gatvol Februarie 18, 2010 om 6:54 vm

    Dis baie goed geskryf Flintie.

  3. 5 Bella Februarie 18, 2010 om 7:52 vm

    Baie mooi flints. Damn jy is goed. Skryftalent het jy beslis.

  4. 7 Andre Februarie 18, 2010 om 7:56 vm

    Bliksems hartseer maar moer goed geskryf!

  5. 9 Savanha Februarie 18, 2010 om 8:04 vm

    Sad storie maar baie goed.

  6. 11 demoerin Februarie 18, 2010 om 9:03 vm

    Sjoe dit is cool!!
    Ja, ons kan nie net altyd wil lag nie nê!

  7. 13 Skoenlappr Februarie 18, 2010 om 11:58 vm

    ag fokkie dankie tog dis net ‘n storie … lappr vee die sweet af … want sy’t gewonder waffer stoel Flintie in rondgestoot word! En sy wou vra, maar sou dit ordentlik wees??

    *phew*

    Stunning storie! Draaiboek materiaal …

  8. 15 Ingrid Marais Februarie 18, 2010 om 2:02 nm

    Baie goed geskryf, was dit nie vir die instoot stuk nie, kon ek amper dink dis outobiografies. Wanneer kan ons jou boek loop koop?
    Lekker aand 😉

  9. 18 flippiefanus Februarie 18, 2010 om 2:42 nm

    Flintie, wat gaan in jou kop aan? Die storie is $%#& ontstellend. 8-| Wel dis seker die idee. Dis hoe outeurs hulle boeke verkoop kry.

  10. 20 Charms Februarie 18, 2010 om 3:58 nm

    Ek kan die prentjies helder sien voor my – jy “skilder” darem maar mooi met woorde Flintie.

  11. 22 koeksister Februarie 18, 2010 om 4:26 nm

    Sjoe, goed geskrywe Flintie.

  12. 23 Antie Koekie Februarie 18, 2010 om 7:08 nm

    Haai Flinti, jy maak nie reg nie—– jy kan nie nou sulke priceless goed so rondgooi nie! Bere eers bietjie vir “Die Projek”!
    Netnou is al jou mooi skryf opgeskryf en wat dan? 😆
    Gelukkig weet ek skryf is soos seks– hoe meer jy dit doen, hoe beter word jy en die beste is, jy verleer nooit hoe nie!

  13. 25 Griffel Februarie 18, 2010 om 8:05 nm

    Baie goed gedoen Flintie…..

    **APPLOUS**

  14. 27 Dellie Februarie 18, 2010 om 8:11 nm

    Netjies Flints … jy mag maar weer so maak. Mens kan ook mossie heeltyd giggel nie, ne? 😉

  15. 29 Boernig Februarie 18, 2010 om 9:54 nm

    “You want to run with the big dogs, don’t piss like a puppy bra”
    Jirrikitog! Ek dink ek pass uit as my boetie so met my sou praat. Veral as ek nou fyn en klein gebou is, soos die hoofkarakter in die storie. Dem, woordtowenaar jy, Flinder.
    En ek het waarlik amper gestik aan `n lugleegte in my keel, toe ek lees van die stoel instoot! Amper dog ek NEE!!!! Ons Flintie? Nee, man NEE! Toe sien ek, hierso is darem ma vijou `n grend storie, ne? En ek verstaan toe.

    So mooi.

  16. 30 Skoor Februarie 19, 2010 om 9:45 vm

    Hel Bra, dies ‘n kwaailappies storie. Hoop jy maak nog sulke stukkies!

  17. 31 lindzie Februarie 19, 2010 om 2:24 nm

    sjoe dis nou ‘n flippen mooi hartseer storie!!!!

  18. 33 Sonkind Februarie 19, 2010 om 9:24 nm

    Excellent! Dis flippin stunning. En djy ken van daai manier van praat, my bra. I like 😉


Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 12 other followers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 21,943 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf

%d bloggers like this: