Ons kyk met harde harte na ander…

Foktog, lekker kak voel ek gister middag. Jy sien, ek is vinnig om te noem my buurvrou is kommin. Dit doen ek omdat hulle my kat vol koëls geskiet het, en hy is nou weg. Toe kom ek agter die bure langs die wat ek so graag kommin noem, is nog komminer(?). So kry ek my nuwe kat, ook ‘n aaneem kind wat hier uitgeslaan het vanaf Jozi. Vol wurms, en met ‘n blaas infeksie, maar pragtig. Op die donnerse dak aan die ander kant van die gebou. Hulle het hom daar gegooi.

Anyway, gister sit ek hier by my laptop, hard aan die tik aan ‘n e-mail vir @tlantic. Ek probeer hard om nie te vloek in die e-mail nie, want @lantic is hondkak, kyk self op HelloPeter.com wat mense oor hulle te sê het, toe my voordeur amper af geklop word.

Ek staan op, maak die deur oop, en daar staan kommin buurvrou nommer 1. Oog potblou gebliksem, merke om die nek en ‘n lip wat verby die neus begin stoot.

Hoedefoknou?

Hoekom bly vrouens by mans wat hulle seermaak? Hoekom maak dieselfde mans wat die diere seermaak ook hulle vrouens seer? Hoe rand jy iemand aan vir wie jy veronderstel is om lief te wees? Is daar ‘n “link”  tussen diere mishandeling en gesins geweld?

In ons klein dorpie staan statistieke so. Hoogste inkomste per capita,  hoogste syfer van “abuse” per capita. Dis nou drank, dwelms, en spousal abuse.

Dis hartseer, en wat my nog kakker laat voel is dat ek haar nie gesien het as die slagoffer van dieselfde tiran as die een wat my kat seer gemaak het nie.

Mag ek myself hiervoor kan vergewe….

45 Responses to “Ons kyk met harde harte na ander…”


  1. 1 Tersia Februarie 23, 2010 om 7:27 vm

    Ja, dis seer! Weet jy wat is flippen dom astrant kommin in my lewe? …. Die donnerse blonde sekretaresse wat steeds daar sit in die kantoor en konsuis werk soek…. maar nerens is daar salarisse wat sy kry nie, so sy soek…..nog….seker om nooit te kry nie!

  2. 5 lindzie Februarie 23, 2010 om 7:28 vm

    Ag toema flintie amal maak voute!!!! Darem weet sy nie wat jy gese het nie so sy het jou vergewe!!! Al ooit gehoor van verbal abuse en ‘master manipileerders’?? Dis hoekom vrouens daar bly…. ek weet.. Dis dom van hulle maar dis hoe dit is…

  3. 7 demoerin Februarie 23, 2010 om 7:34 vm

    Die feit dat sy abuse word, verander nie noodwendig aan die kommingeid nie.
    Ek dink net mense (mans en vrouens) wat in ‘n abusive verhouding bly sal vir jou kan sê hoekom. Sad, but true. Ek glo nie daar is ‘n algemene “een-handskoen-pas-almal” formule nie.

  4. 12 Bella Februarie 23, 2010 om 8:26 vm

    flints daar is heeltemal te veel mishandelde vroue wat hoop hul mans sal verander en niks daaraan doen nie en net gelate al die houe en vernedering verduur. Ai, ai, ai. Boernig dankie vir die lekker lag gister.

  5. 14 Andre Februarie 23, 2010 om 8:35 vm

    Ek dink mense is bang om alleen te wees en al gebeur iets so sleg soos mishandeling (of dit nou fisies of andersins is), sien mense vir een of ander rede net nie kans om hulself uit die verhouding te onttrek nie, daar kan seker baie redes wees, by vrouens is hulle ook baie keer geldelik afhanklik van die man. Maar ja daar is ‘n hele paar redes… en die lys groei en groei en groei… Mense is mos maar snaakse goed

    • 15 Flintie Februarie 23, 2010 om 8:38 vm

      Ek stem Andre, die afhanklikheid, hetsy dit nou geldelik of emosioneel is, speel n groot rol in hoekom hulle bly, Dit moet wees, want hoekom anders sal hulle bly? Ek voel net dis verkeerd. Alles in my skree daarteen.

      Soos jy sê, die mens is snaakse goed (ek lees “komplekse wesens”)

  6. 16 Antie Koekie Februarie 23, 2010 om 9:57 vm

    Kersiepit, partykeer is dit vrees wat jou daar hou (hoe stupid dit ok mag klink!)Jy vrees daaidie geweldenaar so erg, dat as hy jou skielik beskuldig van iets of jou dreig, jy jouself net daar op die plek vuil maak. Gross? Ja, maar ongelukkig ‘n harde wrede werklikheid. Partykeer manipuleer die man die vrou met trane: Ek is soo jammer, help my asb? Ek kan dit nie alleen oorwin nie, ek het jou nodig.
    En Boeta, as die arme vrou nog ‘n swak selfbeeld het, is sy ge-hook! Whao, IEMAND HET MY NODIG! Ek’s nie heeltemal so useless nie.
    Hallooo! Been there, done it. Ek het die t-shirts, en ook die merke.
    En ongelukkig ook ‘n diep, diep woede wat wag vir die dag dat ‘n man vir wie ek nie vrees het nie, sy hande vir my lig!!Hy sal my slaan, maar die Vader weet, hy sal ook gaan slaap……………

  7. 18 meermin Februarie 23, 2010 om 10:18 vm

    Jammer ek is so skaars deesdae gaan maar dol hier by die werk!!

  8. 19 Skoenlappr Februarie 23, 2010 om 10:49 vm

    Niemand, maar niemand(!!) kan uitspraak hier oor hierdie onderwerp lewer as jy nog nie self daarin was nie.
    Moet asb nie bespiegel nie. Moenie wonder nie. Dank God dat dit nie jy is nie.
    Om gemoer te word elke dag van jou lewe, maak jou nie kommin nie. Dis soos om tattoos te hê … dit bepaal hoegenaamd nie wie en wat jy is nie.
    Maar eendag word jy wakker en besef … vandag is die dag. Die dag vir wat? Jy weet nie vir wat nie, maar jy weet net, tot hiertoe en nie verder nie …

    • 20 Flintie Februarie 23, 2010 om 12:55 nm

      Lappr, ek dink nie enige iemand het gesê die mense is kommin omdat hulle baklei nie, ek sê hulle is kommin want hulle het my kat vol bb pellets geskiet.

      Ek het eers later uitgevind sy in n abusive relationship.

  9. 21 Dellie Februarie 23, 2010 om 10:53 vm

    Eish, ander mense se boeke bly maar duister ne?

  10. 23 savanha Februarie 23, 2010 om 11:02 vm

    Ja dis sad! Ek sê altyd as jy diere kan mishandel kan jy vrouens en kinders ook mishandel.

  11. 25 BB Februarie 23, 2010 om 11:14 vm

    Been there… a long long time ago. I can’t remember what she was like that girl I once knew. I can’t even remember what she was like before then… but what I know is this: there is NEVER good enough reason to stay in any kind of abusive relationship, be it physically or emotionally. NEVER. I learnt what one needs to survive: a roof, a bed, water & food. What one needs to truly live: self-worth. And that is something money can’t buy.
    Only drawback: once you know you can (survive without much in life) – you become a survivor. I have the tendency to want to pack up and go (eeeehhhhmmm sometimes I don’t even wanna pack – I just want to start running). Die geringste aanduiding van effense ‘marakas’ en ek is: “cheerio-bye-bye!!”. Somehow lost the ability to distinguish between surviving and living… that instinct has never left me 😦

  12. 28 Skoenlappr Februarie 23, 2010 om 11:40 vm

    BB … i know the feeling (too).

  13. 30 ellablou Februarie 23, 2010 om 12:43 nm

    Jis julle. Mens kan seker nie judge as mense bietjie kommin is nie, maar dis darem maar regtig baie erg! Daar is definitief ‘n link tussen diere- en vroue- en kindermishandelig. Die SPCA sal gewoonlik vir die welsynsmense vra om ondersoek in te stel as hulle ernstige dieremishandeling sien…

  14. 32 Skoenlappr Februarie 23, 2010 om 1:16 nm

    Flintie, ek het ooki gesê jy het nie. Peace.

  15. 34 kaalvoetinireen Februarie 23, 2010 om 1:29 nm

    Daar is ook definitiewe link tussen dieremishandeling en torture EN reeksmoordenaars…
    As jy dit aan ‘n dier kan doen, kan jy dit aan enige lewense wese doen.

  16. 36 Charms Februarie 23, 2010 om 1:30 nm

    Ai Flintie, ek verstaan dit ook nie dat party vroumense hulself so kan laat misbruik nie. En die hele tyd hoop sy hy gaan verander, maar dit gaan nooit as te nimmer gebeur – Tragies.

    Viooltjies – Anna Davel

    Sy liefde is al weer op haar lyf ingekleur
    kyk hoe mooi is die blou wat met pers inskakeer
    voeg daad by die woord soos die ou mense sê
    en wys tog ‘n vrou dat jy in haar belê

    gee haar viooltjies wat weke sal blom
    ‘n perse op die arm wat oornag opkom
    op die oogbank ‘n ligroos
    op die bobeen ‘n sny
    wat elke ware vrou haar so sal beny

    sy sê dis net soms, hy’s eintlik ‘n lam
    hy sal na hierdie keer verseker regkom
    sy liefde is anders, probeer tog verstaan
    die stryd van die dag moet hy iewers verslaan

    hy gee viooltjies wat weke sal blom
    ‘n perse op die arm wat oornag opkom
    op die oogbank ‘n ligroos
    op die bobeen ‘n sny
    wat elke ware vrou haar so sal beny

    sporadies versier hy haar vel met sy haat
    smeek dalk haar lyf om vergifnis, wat haar siel
    sit op straat

  17. 39 Weglekind Februarie 23, 2010 om 4:35 nm

    Mense wat diere mishandel is in staad om BAIE erger dinge te doen as om hulle vrouens en kinders te mishandel. As jy gaan kyk hoeveel van die reeksmordenaars het begin as kinders met diere mishandeling dan sal jy verbaas wees. Vir my is ‘n man (of vrou) wat ‘n dier of ‘n mens wat swakker as hulle is mishandel ‘n boelie. Hulle sal nie mense van hulle eie portuur aan vat nie wat hulle weet hulle sal op hulle hell kry.
    Flintie ek weet dat jy nou baie jammer vir die vrou is MAAR moet nie te betrokke raak nie. Ja ek weet dit klink erg om dit te se maar ek was al deur so storie waar ‘n vrienden se man haar geslaan het. Ek het nooit daarvan geweet nie tot sy een nag met haar drie kinders voor my deur staan. Ons (haar familie en ek) het haar ondersteun en haar gehelp (met polisie begelyding) om haar meubels en goed uit die huis te gaan kry. Was baie stress volle ding gewees. Ons het vir haar ‘n nuwe byplek gekry. Hulle was nog besig om veranderings aan die plek aan te bring vir haar maar ons het al van haar meubels en goed in die huis gehaat. Twee dae later (sy het op die stadium nog by my gebly) gaan ek toe met lunch na die nuwe huis toe om te sien hoe dinge gaan en raai wat. AL haar goed was weg en sy het sak en pak terug getrek na die drol toe. En ons vriendskap was ook daarmee heen want ek was toe mos die drol in die verhaal.

  18. 40 Gatvol Februarie 23, 2010 om 7:06 nm

    Flintie jy besef natuurlik jy is heel moontlik die normaalste persoon in die woonstelblok. :mrgreen:

  19. 42 Boernig Februarie 23, 2010 om 9:32 nm

    Ek sou so graag eendag so wetter fyn en flenters wil bliksim wat sy hanne oppe vrou se lyf stempel. Die Here alleen weet, ek raak half beserk om te weet die dinge gebeur en ek is nie daar om orals te help en keer nie.

    My Boerseun en ek, ne? Ons is gelyk. Ons is mense. Soms lekker commin, glo my ek is! Maar ons al-2 se harte maak sag as ons mense in nood sien. Kannit nie lekker hannel nie en help soms oorbodig pragtig. Glo ek wat Boernig is.

    Die lewe is so wreed soms, Flintkind…moenie onnorag skuldig voel nie. Wees net so dan en wan `n oop oor….dis al.
    Jou hart is mooi.

  20. 43 deurdiewoes Februarie 24, 2010 om 4:47 nm

    Ek vir een dink hulle voel dat hulle somehow “belong”. Mens weet nooit waar hulle vandaan kom nie.Mens weet nooit die hele storie nie.

    Then again kry jy ook seker die “suckers vir punishment” Who knows….

  21. 44 Louwie Maart 20, 2010 om 7:51 nm

    Vreemd genoeg Flintie, soek baie van die mishandelde mense weer presies dieselfde soort mens op in `n volgende verhouding. Het dit al self hoeveel maal gesien. En as jy inmeng dan slaan altwee jou by die volgende geleentheid.
    Het sulke bure gehad. Het sulke familie. Is onverstaanbaar en droewig.

  22. 45 webcamgirlnaked.com Julie 10, 2013 om 10:52 nm

    Pain Exchange ‘ Being humiliated or hurt as a part of the sexual arousal. Cambridge has some great old pubs, and today’s students
    make good use of them. The difference is you are on your computer;
    the other person is not aware of this.


Lewer kommentaar op Flintie Kanselleer antwoord




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 771 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf