Ek is nie hoogs geleerd nie, en ek het nie ‘n graad nie. Tog weet ek, ek wil skryf. Ek wil nie skryf om boeke te verkoop nie, ek wil skryf omdat ek wil goed wees daarmee.

Ek wil ‘n idee kan vat, en dit in woorde omsit. Ek wil mense laat lees en prentjies in hulle koppe laat sien. Ek wil raakvat.

Kan ‘n mens iets so passievol nastreef, en nie obsesief genoem word nie? Ek lag soms baie vir my spelling, maar weet jy wat, na die maan daarmee. Die meeste van hulle is darem van so ‘n aard dat dit ‘n tikfout kon wees 😛

Hoekom skryf ek die?

Wel, ek het dalk nodig om een eerlike “post” op my blog te hê. Een ou stukkie van my siel wat nie met fiksie saam gesmelt het nie. Die mens darem…

Ek “cruise” deur die blogs wat my oog vang, en party van julle is wragtig goed. Ek lees , en lees, en hoop om so bietjie te leer. Nie net van ander se tegniek en skryfkuns nie, maar ook oor wat ons as volk laat klop. Ek moet eerlik wees, tot ek hier geland het, het ek nie geweet ons mag sê ons is ongelukkig nie. Dis in my geval ingeprent dat ons moet skuldig voel oor ons verlede.

En as iemand sou wonder of ek nie soms oorboord gaan nie, of te diep delf in myself nie (lees Depressing), dan wil ek daai een vra:” Maar is dit nie waaroor skryf gaan nie?” Is dit nie wonderlik om met woorde te kan speel, en die lyne tussen werklik en kamma-kamma te kan dof maak nie.

Alles in perspektief natuurlik, as jy n stuk skryf wat op feite gebasseer is, hou by die feite, maar ander dinge…

Maar nou ja, ek moes net ietsie skryf, en hier is dit.

Lekker blog!!!

19 Responses to “Hoekom blog ek?”


  1. 1 Girl van die Suburbs November 27, 2009 om 10:45 vm

    Welkom in ons midde kersiepit! 😉

  2. 3 Sonkind November 29, 2009 om 12:34 nm

    Ek wou nog vra, is Flint nou stoned, of lees ek al weer te veel tussen die lyne deur 😆 😆

    Somtyds wens ek dat ek die luukse gehad het van somtyds stoned wees, maar sjt, moet asb nie oorvertel nie! 😈

    • 4 flintstoned November 29, 2009 om 12:46 nm

      HAHAHAHAHA!!!

      Jy lees gans en al te gretig tussen die lyne dogtertjie van die Son. Flinstoned beteken:“The act of messing something up so bad to the point that it can never be fixed, such as a measurement, relationship, etc.”- Urban Dictonary”, of “the Art of pushing a car from the inside” Urban Dictionary

      😆

  3. 5 Antie Koekie Desember 18, 2009 om 8:05 nm

    Kersiepit?????!!!Mooi een, Girl. En dankie Flintstone, vir die betekenis van die woord. As Antie nou iemand was wat lelik gepraat het, sou ek gesê het: Is dit nie dieselfde as F#*$-ed up nie?
    Maar nou is ek mos nie daai tipe nie, OK?
    Ek sien nou jy’s nog eintlik ‘n virgin met die bloggery—— en jou stats staan al hier?
    Hoe de flip het jy dit reggekry??
    Mooi so, hou net aan, OK?

  4. 6 flintstoned Desember 18, 2009 om 8:15 nm

    Ag dankie Antie, en ek sweer ek het geen idee oor hoe my stats is waar hulle is nie. Ek is self nogal bietjie verbaas, dis nog nie eers twee maande nie!!

  5. 9 ingrid Desember 23, 2009 om 7:09 vm

    Hello, bly jy’t daar by my kom kuier, sal gereeld hier wees. 😉

  6. 11 koeksister Desember 23, 2009 om 1:08 nm

    Welkom in die blogsfeer 🙂

  7. 13 Dellie Desember 24, 2009 om 7:32 nm

    Hello, weereens? :mrgreen: Ek hoop jy blog lekker.

  8. 16 JustJane Januarie 2, 2010 om 5:49 nm

    Welkom hier – en lekker blog!

  9. 18 rianabrand Februarie 12, 2010 om 11:38 vm

    Eerste dinge eerste. Welkom in “space” – dis goed om te praat, dis goed om jou gedagtes op virtuele “papier” te sit. Skryf broer (suster dan!) skryf en dankie vir jou inloer by my. Ek kom weer op besoek. Lekker dag vir jou.


Lewer kommentaar op ingrid Kanselleer antwoord




Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Join 14 other subscribers

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 771 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

Willie Werfetter

Die Werf