Posts Tagged 'Afrikaans'

Benjamin Kroep Deel 4

Benjamin Kroep Deel 4.

Benjamin Kroep Deel 3

Benjamin Kroep Deel 3.

Kaalvoet op die grondpad.

Kaalvoet op die grondpad..

Hoe sê?

Vandag sukkel ek so met die internet mense oor ‘n rekening wat belaglik is, en die van julle wat self al so gesprek oor ‘n foon probeer voer het sal weet dis nag. Kom ek vertel julle bietjie hoe myne verloop het.

My skoonma sit oorkant my, siggie in die hand. Sy weet mos nou al ek kan erg ongeskik raak oor ‘n foon. Ek hou ook nie daarvan om haar teleur te stel nie, en soos altyd maak ons land se kliente diens dit vir my moontlik om dit te doen sonder aansit.

Die gesprek was soos volg:

“iburf klyintserwist” hoor ek, klink of dit kan vroulik wees.

“Hello?” sê ek en frons soos ek die gehoorstuk harder teen my oor vasdruk.

“Yeth Hai” sê die stem

“Ek benodig hulp aangaande ‘n moontlike foutiewe rekening, met wie moet ek praat?” sê ek vriendelik.

“njhihkjhuh jshgyo jhgoi0im” sê sy.

“Erm, ekskuus?”  Ek kon nie hoor nie.

“**Sug**, jhjmndhml iej,kzxmkj  jew;kkm baliuhkm b h nkhgkm h” sê sy die keer so stadig mens kon sweer ek is vertraag.

“Dame, ek is regtig jammer maar ek kan nie hoor nie, kan jy herhaal of deursit asseblief?”  vra ek.

Lang stilte….

“Hello?”

Niks.

“Hello?”

“Yeth?” sê dit.

“Nee fok” sê ek vir skoonma.

“May I speak with someone from your accounts department please” probeer ek toe nou maar in brits.

“Yeth, Catfhbjnm” sê dit.

Ek verstaan fokol.

“Dame” sê ek, “haal asseblief daai ding uit jou mond uit en praat met my.”

Stilte…

Ek hoor kliek, en heel duidelik word ek in afrikaans aangespreek.

“Dis Catherine meneer, hoe kan ek help?”

Ek verduidelik haar my hele storie, en sy sê ek moet nou eers met die IT oukie praat.

Raait…

Ek hoor kliek, en verder niks. Vyf Minute, Tien…

Catherine kom weer aan die lyn en vertel my die IT oukie is nou op ete.

“Ek sal seker ook maar iets moet eet” sê ek.

“Ekskuus?” vra Catherine.

“Nee niks, so wat moet ek nou doen?”

“Meneer moet asseblief oor so ‘n uur terug skakel”

“Jy speel seker” sê ek.

“Hoekom?” vra sy.

“Want die vrou wat die telefoon antwoord klink of ‘n hoender in haar mond vas sit.”

Catherine giggel.

“As meneer maar geweet hoe naby meneer aan die waarheid is.” sê sy.

“Wat? Daar sit werklik ‘n voel in haar mond vas?” vra ek half geskok.

Skoonma donner van haar stoel af.

Ek lag so erg saam met die vreemde Catherine, ek moes maar groet en neersit.

More probeer ons weer.

Na 500 jaar.

Quan Zhongli, was ‘n onsterflike vanuit die Han dynastie gewees. Hy was besig om sy student Lu Dongbin die les van hoe om staal in goud te verander te leer. Dit was deel van sy opleiding in alchemie. Dit sou gebruik word om die armste van die armes te help.

Uit die bloute vra Dongbin: ” Sal die goud ooit weer terug verander na staal toe?” Lees aan ‘Na 500 jaar.’

My gesig praat…

Ek kom gereeld in die moeilikheid omdat mense kan sien wat ek dink net deur na my te kyk.

My gesig vertel sy eie storie. Dis nie mooi nie. Dis gewoonlik waneer ek die ergste goed dink. Dis waneer ek my moer so pluk dat ek NASA moet bel om dit te herstel. Lees aan ‘My gesig praat…’

Dis nou genoeg.

Ek is alweer gatvol.

Op my blog het ek nog net 4 spam comments gehad, en drie van hulle was oor die feit dat ek gay is. Ek vra julle nou, sê ek iets wat die hetero gemeenskap ontstel? Lees aan ‘Dis nou genoeg.’

Dertien dinge wat julle nie van my weet nie…

Ok, so Sonkind het my getag, en ek moet nou dertien onbekende dinge omtrent myself vaspen. Dit kan nogal wild raak, so hou vas aan julle broekies meisies….

1. Ek is gay 😛 (grappie, dis moeilik om te mis)

Hier is hulle…

1. Ek dra nie sommer skoene nie.

2. Meisies vra my in die clubs of ek straight is, en dis die heilige waarheid.

3. My gunsteling rooster broodjie is appel en kaas op bruinbrood.

4. My hond se naam is Thandi, my  vis se naam is Kat, en my apie se naam is Gogga. (Daar is die wat dit vreemd vind)

5. Die hardste wat ek ooit geslaan was, was deur my meisie op skool toe ek haar vertel die “ander vrou” is haar ouer boetie…

6. Die tweede hardste wat ek ooit geslaan was, was toe ek vir haar boetie drie maande later sê die “ander ou” is sy Oom…

6. Ek kyk net rugby vir die skrums.

7. Ek het altesaam vyf tatoeer merke. Een op my linker skouer, twee op my regter bo-arm, en een onder my naeltjie (daar is ‘n rede dat ek nie die vyfde se lokasie aandui nie 😉 )

8. Ek het ‘n gaatjie in elke oor, en een deur my tong.

9. Ek het eenkeer ‘n wiel probeer omruil langs die Malibongwe snelweg, en ‘n gat in my kar se vloer gedruk met die domkrag. Ek is  useless met karre.

10.  Ek was nooit skottelgoed nie. Ek HAAT dit. Daar is absoluut niks wat ek meer verpes as dit nie.

11. Ek slaap nog steeds met my Teddy as my man weg is. My Teddy se naam is Tigerteddy.

12. My beste vriend van 11 jaar is ‘n rou Brit, en al wat ek hom in meer as ‘n dekade kon leer van Afrikaans is vloekwoorde.

12. My ma het al ontken ek is haar kind. Dit was tydens ‘n gesamentlik kerk diens in ons destydse buurdorp.

13. In  die winter, as dit baie koud is, sal ek eerder in die bad pp as om uit te klim.

En dis dan my dertien skandes.

Ek tag dan vir demoerin en Boervrou om hulle dertien dinge met ons te deel. 😉

Ek is…

Indien jy ooit sou wonder wie ek is, of jouself sou afvra wat my dryf, dan wil ek die volgende vir jou sê. Ek is in besit van ‘n komplekse siel, met fassete wat ek self nog nie almal ondek het nie. Ek twyfel of ek self my diepte ken.

Wat ek wel weet is dat ek n hart het. In die kern van my menswees is daar sleg sowel as goed. Ek lag en huil in gelyke mate. Omdat trane nie altyd rol as ‘n wond diep in my hart oopskeur nie, wil nie sê dat ek nie voel nie. My bloed is nie Novocaine nie.

Ek het ter wille van my eie behoud en oorlewing geleer om nie te veel op dinge te dwaal nie. Dit mors kosbare tyd. Dit tel nie net vir hartseer nie, maar vir alles behalwe gelukkig wees. Hartseer ; Kommer; Teleurstelling; Pyn; Woede; Spyt en alles wat soveel van ‘n mens se kosbare tyd opneem, roof jou van kosbare tyd om te lag.

Tyd is vir my ‘n groot en waardevolle komoditeit. Ek weet hoe dit voel om te weet die lewe, veral my eie, tik konstant by my verby. Ek dink nie te vêr vooruit nie. My doelwitte is altyd naby, daarna maak ek nuwes. En deur dit alles probeer ek om te lag.

Ai, die familie darem….

Ek onthou een kuier by my Ouma en Oupa op die plaas in Zastron, ek was seker so agt jaar oud.

Imagine my nou op die plaas.

“Donkie” wat brand vir warm water. Hanslammer wat maar net nie kon ophou om my om te spring nie. Goggas.

Koeie en ‘n Oupa wat daarop aandring ek moet melk, maar daarvan afgesien het nadat ek gevra het of poeiermelk uitkom as hulle skrik. Goggas… Lees aan ‘Ai, die familie darem….’

Nog net ‘n week.

As alles volgens plan verloop het sou ek ‘n Baywatch Babe geword het, maar ons liewe Vader het ander planne vir my gehad….

My oorlede pa was ‘n motorwerktuigkundige, ons het n Ford Cortina gery, en hy het brandewyn en water gedrink. Lees aan ‘Nog net ‘n week.’

Mevrou die President.

Ek kan nie slaap nie, so nou is ek lus vir nonsens praat. Ek het vanaand my hele blog se look verander, en vir die eerste keer hou ek van hoe hy lyk. Daar is ‘n ietsie van my daarin. Dis mos goed, is dit nie?

Nou dat dit klaar gedoen is, wil ek graag bietjie droom. Net vir so oomblik. Ek gaan President wees eendag… Lees aan ‘Mevrou die President.’

Ai, die familie darem…

Iets wat nogal baie in ons familie gebeur, omdat ons so naby aan mekaar bly, is spontane “Braai-Aande”. Gister aand was een van daai aande…

En so sit almal weer in ‘n kring om n tafel, “mix and match” stoele en dop in die hand. Die “diep” dinge gaan binnekort deur Oom Callie bespreek word, en my ou, glo my, dis ‘n gedoente. Van sy vorige “debates” was gewees oor die volgende:

Mercedes en Gholf word in Roslin Pretoria in dieselfde fabriek gemaak. ( Die outcome: ‘n MOERSE bakleiery) Lees aan ‘Ai, die familie darem…’

Gesigte.

Ek het so ‘n paar maande terug, vir die eerste keer werklik kennis gemaak met die swaar wat baie ander elke dag moet baasraak. Ek was geskok om te sien dat blankes ook sonder kos gaan, en in karavane sonder vensters bly. Tente. Die kyk in een ou tannie se oë het my amper tot trane gedryf. Ek het nie geweet vir wie ek moet kwaad wees nie. Lees aan ‘Gesigte.’

Gatvol.

Ek hoop ‘n ou mag vloek op n blog, want kyk hier, ek is gatvol. Lees aan ‘Gatvol.’


Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Sluit aan by 14 ander intekenaars

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 23 214 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf