Posts Tagged 'california'

Amerika is ‘n Poephol

Ek weet nie wie van julle weet nie, maar Amerika is wraggies somtyds agtergeblewe. California is nou besig met ‘n groot hof geveg oor of gay mense mag trou of nie. Die nuutse nuus toe ek die skryf was dat die wat teen “gay unions” is die hof gevra het of hulle die lewendige uitsending oor you tube sal weier. Die hof oorweeg dit nou.

Hulle het so ‘n mannetjie daai kant, at my vreeslik baie ons eie ou Julius Malema laat dink. Hy is mos reeds nou onlangs in ‘n IOL poll gewees. IOL wou weet of ons dink hy is ‘n rassis,  88% het gesê ja, maar dis nie nuus nie.

Amerika se nasionale poehol is Brian Brown, die mees uitgesprokke oor gay huwelike, en niks daarvan goed nie. In ons land, so sleg wat sommiges hom somtyds sê, ek ingesluit, is daar darem nie so ‘n issue nie. Ek as ‘n gay persoon het presies die selfde regte as ‘n getroude hetro paartjie. Is dit nie wonderlik nie?

Amerika wil altyd voorkom asof sy ‘n wereld leier is, tog veroorsaak sy net oorlog, skandes, en blabse wat lewens kos. Onskuldige lewens meestal. Sy wil god speel op ‘n globale vlak, maar sy kan nie sien dat liefde nie ras, sex, of  geld sien nie. Ons almal bloei rooi, daar is mos nie novocaine in ons are nie.

Ek weet my opinie oor die saak maak seker bitter min saak, maar my fok man, Amerika moet bykom. For once kan hulle bietjie hier by ons kom leer.

Amerika ‘n eerste wereld land?

Sure….

Advertisements

Vind uit as ek iets nuuts kwytraak. Dit is natuurlik gratis.

Sluit aan by 12 ander intekenaars

Dis wie ek is:

Ek is ‘n Afrikaner man, ek is gay, en ek is 29 jaar oud. Ek skryf die blog, om uiting te gee aan my taal en my kultuur, ten spyte van die feit dat baie mense dink n gay man is minder man. Ek is lief vir my land, my mense, my taal en ons kos. Ek is lief vir my God. Ek glo ek is wie ek is as gevolg van die oorloë van my voorvaders. My kultuur het my identiteit gevorm. Braaivleis is in my bloed, en ek kan net waarlik gelukkig wees onder die Afrika son.
Tell the world on hellopeter.com
I shmaak SA Blogs, sorted with Amatomu.com

Views since November 2009

  • 22,879 Hits

Vanwaar is die gaste

…en hulle vlaggies.

free counters

RSS Om die kombuis tafel

  • 2017 Januarie 6, 2017 Ingrid Marais

Willie Werfetter

Die Werf
Advertisements