Ek sal baie graag ‘n blogroll wil maak van blogs wat handel oor gay-wees of geskryf is deur gay-mense. Mans en vrouens. Indien julle so gaaf sal wees om die links vir my hier te los sal ek baie dankbaar wees.
Die rede hoekom ek dit wil doen is omdat ek baie vriende het wat van facebook af lees, en hulle sê dat hulle sukkel om gay leestof in Afrikaans op die net op te spoor omdat ons nie altyd ‘n gay tema gebruik vir ons skrywes nie.
Ek hoop nou nie ek trap op iemand se tone nie, ek het net gedink dit sal help.
Hoe sê?